Woord vir Vandag - 28 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 28 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie…” Jesaja 58:6 AFR83 Probeer om te vas God het vir sy mense die volgende redes gegee om te vas: ‘...om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek’ (vers 6 AFR83). Om te vas is een van die beste maniere om die mag van die vlees te breek. As jy vir kos kan nee sê, kan jy vir omtrent enigiets nee sê. Maak nie saak met watter verslawing jy sukkel nie, vas is die manier om die juk van slawerny te breek. Wanneer jy jouself van kos weerhou om God te soek, wys dit vir Hom dat jy ernstig is. Hy neem jou ook ernstig op as die saak Hom eer. Sommige geestelike deurbrake is slegs met die kombinasie van gebed en vas moontlik. Wanneer jy vas en bid, is die sinergie meer as die som van sy dele. As jy voel dat jou droom nie vorder nie, probeer om te vas. As jou huwelik in die moeilikheid is, probeer om te vas. As jou hart vir jou kinders breek, probeer om te vas. As jy ‘n deurbraak nodig het, probeer om te vas. As jy ‘n groot besluit moet neem, probeer om te vas. Wanneer jy vas, word vestings afgebreek en deurbrake gemaak. Dis die manier waarop ons aan God verklaar dat ons Hom nodig het en Hom meer as kos self nodig het. Dit verg geweldige dissipline om kos op te gee, maar om dit te doen, kweek dissipline in ander areas van ons lewe. Die beste manier om sondige begeertes dood te maak, is deur hulle uit te honger. Dis presies wat vas doen. Dit verswak nie net jou fisiese liggaam nie; dit verswak ook jou sondige vlees en versterk terselfdertyd jou gees.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 28 Mei 2026

0:00 2:03

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!