Woord vir Vandag - 29 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 29 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.” Johannes 17:26 AFR83 God werk in jou, met jou en deur jou Net voor Hy in hegtenis geneem en na die kruis geneem is, het Jesus gebid: ‘Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.’ Wanneer dit by die erkenning van en reaksie op God se teenwoordigheid in ons lewens kom, sê die Christelike skrywer John Ortberg dat hy volgens hierdie twaalf waarhede leef: 1) God is altyd teenwoordig en aktief in my lewe, of ek Hom nou sien of nie. 2) Om God se teenwoordigheid te herken en te ervaar, is aangeleerde gedrag; ek kan dit kweek. 3) My werk is om God in hierdie oomblik te ontmoet. 4) Ek is altyd in die versoeking om ‘buite’ hierdie oomblik te leef. Wanneer ek dit doen, verloor ek my aanvoeling van God se teenwoordigheid. 5) Soms lyk God ver weg om redes wat ek nie verstaan nie. Daardie oomblikke is ook geleenthede om te leer. 6) Wanneer ek misluk, kan ek altyd dadelik weer begin. 7) Niemand weet die volle mate waarin ‘n mens God se teenwoordigheid kan ervaar nie. 8) My begeerte na God eb en vloei, maar sy begeerte na my is konstant. 9) Elke gedagte dra ‘n ‘geestelike lading’ wat my ‘n bietjie nader aan of ‘n bietjie verder van God af beweeg. 10) Elke aspek van my lewe - werk, verhoudings, stokperdjies en bewegings - is vir God van belang. 11) My pad om God se teenwoordigheid te ervaar, sal nie presies soos iemand anders s’n lyk nie. 12) Dit help nie om te hard te probeer nie. Die woord vir jou vandag is dus - God werk in jou, met jou en deur jou!

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 29 Mei 2026

0:00 2:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!