Woord vir Vandag - 29 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad geword. ‘Hoekom het jy hierheen gekom?’ vra hy. ‘En by wie het jy daardie klompie vee in die wildernis gelos? Ek ken jou domastrantheid en vermetelheid. Jy wil net die geveg sien!’ ‘Wat het ek dan nou gedoen?’ antwoord Dawid. ‘Ek het maar net ‘n vraag gevra!’ Hy gaan toe na iemand anders toe en vra dieselfde vraag en kry dieselfde antwoord’ (1 Samuel 17:28-30 NLV). Moenie in die strik trap om te veel aandag aan ‘n ontmoediger te gee nie. Bring jou tyd met diegene wat jou aanmoedig, nie afbreek nie, deur. Selfs koning Saul het vir Dawid gesê: ‘…Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ‘n seun, terwyl hy van jongs af ‘n vegter is!’ (vers 33 NLV). Dawid was egter nie bekommerd oor hoeveel ondervinding Goliat gehad het nie, want hy het geweet dat sy God almagtig is. Hoe tragies is dit wanneer ons ons geloof tot slegs dit wat ons kan sien, beperk. Deur te dink dat ons onvoldoende vir ‘n taak is, raak ons selfgesentreerd en fokus ons op ons eie vermoëns, eerder as op God. Hierdie onafhanklike ingesteldheid sluit God uit en ignoreer die feit dat Hy verklaar het dat sy krag in ons swakheid tot volle verwesenliking kom (sien 2 Korintiërs 12:9-10 NLV). Dawid se oudste broer se naam was ‘Eliab,’ wat ‘God is my vader,’ beteken. Hoe ironies, want hy het glad nie vertroue in God gehad nie. Om dus oorwinning te ervaar, moet jy dalk eers die twyfel en ongeloof van diegene naaste aan jou oorkom.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

0:00 2:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!