Woord vir Vandag - 3 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 3 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen?” Amos 3:3 NLV Voor jy in die huwelik tree Hier is drie dinge waaroor jy duidelikheid moet hê voordat jy jou tot ‘n lewenslange verhouding in die huwelik verbind: 1) Het jou maat ‘n sterk verhouding met Christus? ‘Sal twee mense saam op reis gaan sonder om eers af te spreek om dit te doen ?’ (Amos 3:3 NLV). Om ‘n suksesvolle huwelik te hê, moet julle in pas en in dieselfde rigting loop. 2) Groei jou maat geestelik? ‘Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus…’ (2 Petrus 3:18 NLV). As julle nie saam groei nie, sal julle uiteindelik uitmekaar groei. ‘n Gedeelde geloof en waardes sal julle vir die langtermyn bymekaar hou. 3) Watter soort gesinsagtergrond het jou maat? God kan ons help om ons probleme en gewoontes wat deur disfunksie in ons gesinne veroorsaak is, te oorkom. Julle moet egter weet waarmee julle te doen het, voordat julle ‘n belofte aflê om mekaar in goeie en slegte tye lief te hê. Paulus het geskryf: ‘Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus’ (Galasiërs 6:2 AFR83). Jy moet egter vooraf weet wat daardie laste is, voordat jy jou daartoe verbind om hulle ‘n leeftyd lank te deel. ‘Daarom - iemand wat één is met Christus, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Dit beteken egter nie dat jy die verlede kan toesmeer of daaroor kan lieg nie. Wedersydse deursigtigheid is van uiterste belang. Wanneer julle die volle waarheid oor mekaar ken, verloor die verlede sy krag om julle hede en toekoms te saboteer. Geen eggenoot is perfek nie, maar moenie met minder as God se beste tevrede wees nie.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 3 Julie 2026

0:00 2:12

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!