EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN
Woord vir Vandag - 30 Mei 2026
from Radio Pulpit · host Radio Pulpit
“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap’ (Job 33:14-15 NLV). ‘n Droom kan ‘n belangrike boodskap van God of ‘n antwoord op jou gebed wees. God het vir Paulus ‘n droom gegee waarin ‘n man van Masedonië aan hom verskyn en gesê het: ‘…Kom oor na Masedonië toe en help ons’ (Handelinge 16:9 NLV). Paulus het daarheen gegaan en die evangelie verkondig. Salomo se heerskappy as koning van Israel begin met hierdie woorde: ‘Daardie nag het die Here in Gibeon in ‘n droom aan Salomo verskyn en God het gesê: ‘Wat wil jy hê? Vra, en Ek sal dit vir jou gee!’’ (1 Konings 3:5 NLV). Salomo het God vir groot wysheid gevra en God het hom wysheid, eer en rykdom gegee. Praat God vandag nog in drome met ons? Ja. Hy sê: ‘Ek is die Here, Ek verander nie…’ (Maleagi 3:6 NLV). Die Hebreeuse woord vir droom is ‘chalom.’ Dit het vyf betekenisse: 1) ‘Om stewig te bind.’ Jy is veilig in God se liefde toegdraai. (2) ‘Om mollig te wees of te word.’ In die Bybel is vetheid of molligheid ‘n beeld van gesondheid, welstand en voorspoed. (3) ‘‘n Gevoel van onkunde.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, deel Hy inligting met jou oor dinge waarvan jy onkundig is. (4) ‘Om in voorkeur te wees.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, betoon Hy guns aan jou. (5) ‘Om te herstel.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, werk Hy daaraan om dit wat jy verloor het, te herstel. Vra dus vir God vir ‘n droom.
Embed this episode
NOW PLAYING
Woord vir Vandag - 30 Mei 2026
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.