Woord vir Vandag - 30 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak ons almal foute. Een van die beste voorbeelde van iemand wat sy fout erken het, word in die verhaal van Dawid wat onregverdig deur koning Saul agtervolg is, gevind. Dawid het ‘n voortvlugtige geword en in die proses onwetend die lewens van sekere priesters in gevaar gestel toe hy hulle om hulp genader het. Agimelek, die priester, het hom kos en ‘n swaard gegee en God namens hom geraadpleeg. Doëg, koning Saul se hoofveewagter, het die hele ding aanskou. Saul het Agimelek gekonfronteer, hom daarvan beskuldig dat hy met Dawid saamgesweer het en Doëg beveel om hom en vyf-en-tagtig ander priesters en hul hele families dood te maak. ‘Net Abjatar, een van die seuns van Agimelek en kleinseun van Agitub, het weggekom en na Dawid toe gevlug. Toe hy vir Dawid vertel dat Saul al die priesters van die Here doodgemaak het, roep Dawid uit: ‘Ek het so gedink! Toe ek dié dag vir Doëg die Edomiet daar sien, het ek geweet hy sou vir Saul vertel. Ek het die dood van jou pa se hele familie veroorsaak’ (1 Samuel 22:20-22 NLV). Wat ‘n erkenning! Geen verskonings nie, net ‘n erkenning dat hy ‘n verskriklike fout gemaak het deur by hulle hulp te soek. Hy het hom egter daaraan verbind om nie die fout te herhaal nie en daarvoor probeer vergoed: ‘Bly hier by my en moenie bang wees nie. Die een wat jou wil doodmaak, wil my ook doodmaak. By my is jy egter veilig’ (1 Samuel 22:23 NLV). Mense maak foute. Hulle het blindekolle. Vrede vind plaas wanneer ons ons tekortkominge aan mekaar erken.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

0:00 2:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!