Woord vir Vandag - 31 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV Hou aan Van die wêreld se suksesvolste mense is deur sogenaamde kenners meegedeel dat hulle nie sukses in die beroepe wat hulle gekies het, sal behaal nie. In 1927 het ‘n instrukteur by die John Murray Anderson Dramaskool vir Lucille Ball gesê: ‘Probeer eerder enige ander beroep. Enige ander een.’ Universal Pictures het beide Clint Eastwood en Burt Reynolds van die hand gewys en gesê dat Reynolds geen talent het nie en dat Eastwood te stadig praat. Malcolm Forbes, die voormalige hoofredakteur van die Forbes-tydskrif, kon nie daarin slaag om deel van sy skoolkoerant se redaksie te word toe hy ‘n voorgraadse student aan Princeton Universiteit was nie. Bestuurders van die Decca Recording Company het negatief op die oudisie van vier jong musikante gereageer en gesê: ‘Ons hou nie van hul klank nie. Groepe met kitare is uit die mode uit.’ Gevolglik het die Beatles hul klank elders geneem. Vir sewe jaar lank het ‘n jong uitvinder genaamd Chester Carlson sy idee na twintig verskillende maatskappye geneem, wat hom almal die deur gewys het. Die Haloid Company het uiteindelik die regte op sy elektroniese papierkopieerproses gekoop. Haloid het later Xerox geword. Moenie moedeloos word as jy nie die aanvaarding en sukses wat jy op die oomblik begeer, vind nie. Jou storie word steeds geskryf! Die Bybel sê: ‘Dan sal julle nie geestelik afgestomp raak nie. Inteendeel, julle sal die voorbeeld volg van hulle wat deur hulle geloof en uithouvermoë besig is om te verkry wat God beloof het’ (Hebreërs 6:12 NLV). Geloof en geduld is die twee eienskappe wat sukses sal meebring. Daarom het die apostel Paulus geskryf: ‘Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 31 Aug 2026

0:00 2:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!