Woord vir Vandag - 31 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n monoloog. Kommunikasie tussen die Here wat by jou is, en jy wat by die Here is, vind hoofsaaklik in jou gedagtes plaas. Twee mense mag dalk dieselfde kamer deel, maar as een van hulle slaap of in die televisie verdiep is, is hulle nie regtig bymekaar nie. Daar moet interaktiewe bewustheid wees. Ons het as mense nie direkte toegang tot mekaar se gedagtes nie. Ons kan woorde, menslike aanraking of handgebare gebruik om ‘n ander persoon se gedagtes te rig. God is egter almagtig, dus is Hy in staat om ons gedagtes direk te rig. Hy kan met ons deur die Skrif of deur die woorde van ‘n ander persoon praat. Hy kan egter ook sy gedagtes direk in ons gedagtes plant. ‘…ons is ingestel om soos Christus te dink’ (1 Korintiërs 2:16 NLV). Dit kan enige tyd en enige plek gebeur. Jou gedagtes is dus jou ontmoetingsplek met God! Daar is baie omtrent God wat met jou kommunikeer wat ‘n raaisel is. Daar is geen formule nie. Jy kan nie God se kommunikasie met jou beheer nie. Jy kan Hom nie dwing om te praat deur meer vroom of opreg te wees of deur hard te werk nie. Jesus het vir Nikodemus gesê: ‘Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy suising, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy op pad is nie. Só is dit met elkeen wat uit die Gees gebore is’ (Johannes 3:8 NLV). Hiervan kan jy vandag seker wees: God is met jou en Hy sal met jou praat as jy die tyd neem om te luister.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

0:00 1:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!