Woord vir Vandag - 4 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 4 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.” Romeine 8:14 NLV Leer om deur God se Gees gelei te word As jy ‘n verloste kind van God is, woon die Heilige Gees in jou. Hy sal jou na God se seëninge vir jou eie lewe en na geleenthede om ander te seën, lei. In sommige gevalle kan jou vermoë en bereidwilligheid om die goed bedoelde raad van ander te ignoreer en deur God se Gees gelei te word, ‘n wêreld se verskil vir iemand in nood maak. Admiraal Sir Thomas Williams was in bevel van ‘n skip wat gereeld die Atlantiese Oseaan oorgesteek het. Sy roete het hom in sig van Ascension-eiland, wat grootliks onbewoon was, gebring. Dit was op ‘n keer skaars sigbaar op die horison toe sir Thomas ‘n groot drang gevoel het om sy skip daarheen te stuur. Hoe nader hy aan die eiland gekom het, hoe groter het die dringendheid wat hy gevoel het, geword. Toe hy die bevel gee om na die eiland te vaar, het sy luitenant-offisier hom respekvol daarop gewys dat so ‘n verandering van koers hulle reis baie sou vertraag. Tog het die admiraal vasberade gebly. Die innerlike drang, wat hy as God se leiding herken het, was baie sterk. Toe die skip die eiland nader, het sy bemanning ‘n wit vlag gewaar. ‘Dit moet ‘n teken wees!’ het Williams afgelei. Inderdaad, op die strand het hulle sestien mans, wat baie dae tevore skipbreuk gely het, gekry. Hulle was honger en het amper moed opgegee. Sestien lewens is daardie dag gered omdat ‘n man na die stem van die Heilige Gees in hom geluister en dit gehoorsaam het. Jy kan dit ook doen. ‘Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders.’

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 4 Aug 2026

0:00 2:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!