Woord vir Vandag - 4 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 4 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby.” Jakobus 5:8 NLV Beoefen geduld Geduld, vanuit ‘n Bybelse perspektief, behels die volgende vier dinge: 1) Vertroue in God se onfeilbare liefde en getrouheid teenoor ons: ‘…Sy liefde het geen einde nie. Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut’ (Klaagliedere 3:22-23 NLV). 2) Vertroue dat Hy sy beloftes aan ons sal nakom: ‘Loof die Here… Nie een woord van al die goeie beloftes… het onvervuld gebly nie’ (1 Konings 8:56 NLV). 3) Vertroue dat Hy alles wat betrekking op ons het, onder beheer het: ‘Die Here sal vir my alles goed laat afloop…’ (Psalm 138:8 AFR83). 4) Vertroue dat Hy selfs in die moeilikste omstandighede, alles ten goede vir ons sal laat uitwerk: ‘En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet…’ (Romeine 8:28 NLV). Vertroue in God stel ons in staat om volgens die Woord te leef. Ongeduld is die bron van soveel van ons mislukkings. Daarom het die apostel Jakobus geskryf: ‘Net so moet julle geduldig wees. En skep moed, want die koms van die Here is naby.’ Kyk na Moses: sy ongeduld het veroorsaak dat hy die rots geslaan het in plaas daarvan om daarmee te praat soos God beveel het; daarom het hy die Beloofde Land nie binnegegaan nie (sien Numeri 20:1-13). Kyk na Abraham: sy ongeduld terwyl hy gewag het vir God se belofte van ‘n seun om vervul te word, het tot die geboorte van Ismael en ernstige probleme in sy gesin, gelei (sien Genesis 16:1-16). Daarom het Paulus geskryf: ‘Ons moet leer uit wat al lank gelede reeds in die Skrif opgeteken is. Die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee, help ons om aan ons toekomsverwagting te bly vashou’ (Romeine 15:4 NLV). Die woord vir jou vandag is dus – beoefen geduld!

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 4 Julie 2026

0:00 2:18

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!