Woord vir Vandag - 4 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 4 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer…” 1 Konings 3:9 NLV Vertrouelinge, ondersteuners, kamerade Byna alle sleutelverhoudings in jou lewe kan in drie kategorieë verdeel word: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade. Kom ons kyk na elkeen. 1) Vertrouelinge. Dit is die mense wie se verhoudings met jou lewenslank duur. Hulle is onvoorwaardelik lief vir jou, staan by jou en staan agter jou, in goeie en slegte tye. Jou beste belang is hul nommer een prioriteit. Hulle probeer nooit om wat hulle van jou weet vir hul eie gewin te gebruik, of jou geheime in jou gesig terug te gooi nie. Paulus het aangaande Timoteus gesê: ‘Timoteus is immers die enigste persoon wat met dieselfde opregte gesindheid as ek aandag sal gee aan julle belange. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het…’ (Filippense 2:20-22 NLV). 2) Ondersteuners. Hierdie mense deel dieselfde doelwitte, waardes en beginsels as jy, maar hulle is nie altyd daar vir jou nie. Dis egter belangrik om ondersteuners in jou lewe te hê. Hulle dra energie, passie en entoesiasme by. Jy kan saam met hulle werk om gemeenskaplike doelwitte te bereik en brûe te bou. Maak net seker dat jy nie verwag dat ondersteuners dieselfde lojaliteit as vertrouelinge sal hê nie. Hulle is vir ‘n rede en ‘n seisoen by jou betrokke en dan beweeg hulle aan. 3) Kamerade. Dit is die mense wat as gevolg van ‘n gemeenskaplike saak tot jou aangetrokke is. Hulle leer jou dalk nie ken nie, of hou dalk nie van jou nie, maar op die slagveld sluit hulle by jou aan om ‘n gemeenskaplike vyand te verslaan. Sodra die geveg verby is, eindig die verhouding of dit koel ten minste af. Jou enigste band is jou gemeenskaplike vyand. Leer dus die mense wat in jou lewe is ken: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 4 Mei 2026

0:00 2:12

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!