Woord vir Vandag - 5 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 5 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle...” Josua 5:14 NLV Jy is nie alleen nie, God is by jou! Die Bybel sê: ‘Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik ‘n man voor hom sien staan met ‘n swaard in sy hand. Josua het na hom toe gegaan en vir hom gevra: ‘Is jy ons vriend of ons vyand?’ ‘Nie een nie,’ sê die man, ‘ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle.’ Josua het op die grond neergeval in aanbidding. Hy vra vir die man: ‘Wat wil Meneer vir sy dienaar sê?’ Die leëraanvoerder van die Here se mag sê toe vir Josua: ‘Trek uit jou skoene. Jy staan op ‘n heilige plek.’ Josua het so gemaak’ (verse 13-15 NLV). Die boodskap hier is onmiskenbaar: Jerigo mag dalk sy mure hê, maar jy, Josua, het meer. Jy het God. Hy is by jou. Is dit nie presies wat jy nodig het nie - om te weet dat God naby is, dat jy nooit alleen is nie en dat die Here jou in jou donkerste uur, in jou diepste vrae, nooit sal verlaat nie? Dawid het gesê: ‘Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming… Ek prys die Here wat my insig gee… Die Here is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand, daarom sal ek nie struikel nie. Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof en rus in veiligheid’ (Psalm 16:5-9 NLV). Staan jy voor ‘n uitdaging van Jerigo- proporsies? Doen dan wat Josua gedoen het: ‘En toe Josua by Jerigo was, slaan hy sy oë op en kyk… daar staan ‘n man teenoor hom met sy ontblote swaard in sy hand…’ (Josua 5:13 KAB23). Jy het lank genoeg na die probleem gekyk. Slaan nou jou oë op na die probleemoplosser - Jesus!

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 5 Aug 2026

0:00 2:09

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!