Woord vir Vandag - 5 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 5 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Tevergeefs werk jy so hard, van vroegoggend tot laatnag… vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap.” Psalm 127:2 NLV Hoe om ‘n goeie dag te hê In die Westerse kultuur dink ons dat ‘n dag begin wanneer die son opkom. Die Bybel sê egter: ‘…Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag’ (Genesis 1:5 AFR53). Elke dag begin met die aand. Die skrywer, Eugene Peterson, het opgemerk dat die Bybel op hierdie manier ons help om te onthou: ‘Alles hang nie van my af nie. Ek gaan slaap; God gaan werk. Dis sy dag. Die wêreld hou aan draai, die getye eb en vloei en lewens begin en eindig, selfs al is ek nie daar om enige iets daarvan te bewaak nie. God is teenwoordig wanneer ek slaap.’ Dus het die Psalmdigter geskryf: ‘Tevergeefs werk jy so hard, van vroegoggend tot laatnag, soos jy swoeg om te bestaan, maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap’ (Psalm 127:2 NLV). Daar word beraam dat daar in Amerika 24 000 mense jaarliks in motorongelukke, wat deur slaapgebrek en moegheid veroorsaak word, sterf. Gebrek aan slaap veroorsaak dat mense met hul eggenote en vriende stry, minder goeie werk lewer, minder liefdevol en meer geïrriteerd met kinders en geliefdes is en oor die algemeen ellendig voel. Hoe kan jy dus ‘n ‘goeie dag’ hê? Voordat jy gaan slaap, neem ‘n paar minute om jou dag met God te hersien. Probeer om enige huishoudelike konflikte voor slaaptyd op te los. Paulus het geskryf: ‘…Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ‘n houvas gee nie’ (Efesiërs 4:26-27 NLV). Bely enige sonde wat by jou opkom en vra vergifnis daarvoor. Neem die tyd om aan die oomblikke wat jy seën ervaar het, te dink en daarvoor dankie te sê. Gee God met ander woorde die laaste sê in jou dag.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 5 Julie 2026

0:00 2:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!