Woord vir Vandag - 5 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 5 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer…” Jakobus 3:17 NLV Bid vir ‘die wysheid wat van Bo kom’ Die Bybel sê dat die wysheid wat uit hierdie wêreld kom, ‘…aards… sondig… demonies…’ is, want dit kom uit ‘…jaloesie en selfsugtige ambisie…’ en ‘…allerhande gemene dade…’ (verse 15-16 NLV). Die wysheid wat jy nodig het, kom vanuit ‘n ander bron: ‘Maar die wysheid wat van Bo kom, is in die eerste plek suiwer. Verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam. Dit is bereid om deernis te bewys en het goeie gevolge’ (vers 17 NLV). Mense het deesdae toegang tot meer kennis as ooit tevore. Tog lyk dit of wysheid amper glad nie bestaan nie. Paulus se woorde aan die Korintiese kerk kan heel moontlik ook aan ons gerig word: ‘…Is daar dan regtig niemand in julle gemeente wat oor genoeg wysheid beskik…nie?’ (1 Korintiërs 6:5 NLV). Daar is ‘n groot verskil tussen kennis en wysheid. Kennis is die opgaar van feite en inligting. Enigeen kan feite opgaar. Ons probleem is ons gebrek aan wysheid; ons is nie in staat om die feite wat ons geleer het, in die praktyk en in werklike situasies toe te pas nie. As ons ons geloof in aksie wil omsit, sal ons ‘die wysheid wat van Bo kom’ nodig hê. As paartjies het ons dit nodig om sterk huwelike te bou (sien 1 Petrus 3:7). As ouers het ons dit nodig om ons kinders op die pad wat hulle moet loop, te lei (sien Spreuke 22:6). As Christen-sakemanne het ons dit nodig om in die werksplek te slaag (sien Jesaja 48:17). As jy wys is, sal jy bid: ‘Here, ek nooi U uit om saam met my te werk, in my te werk, deur my te werk en vir my te werk.’ Dis ‘n gebed wat Hy sal verhoor.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 5 Sep 2026

0:00 2:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!