Woord vir Vandag - 6 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 6 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

Die lewendmaking van die Heilige Gees Die Bybel is bedoel om oor gebid, gemediteer en uitgeleef te word. Die sleutel daartoe is die lewendmaking van die Heilige Gees. ‘Julle weet baie goed dat God Jesus uit die dood laat opstaan het. Daarom is dit vanselfsprekend dat Hy wat nou deur sy Gees in julle bly, eendag ook elkeen van julle se sterflike liggaam met die hulp van sy Gees lewend sal maak’ (Romeine 8:11 DB). In hierdie geval verwys ‘lewendmaking’ na ons liggaamlike opstanding uit die dood. Die Heilige Gees maak ons egter op meer as een manier lewend. Soms is dit ‘n Godgegewe idee wat deur ons sinapse vuur. Soms is dit ‘n aansporing om in geloof op te tree, in te tree of uit te tree. Soms is dit ‘n woord van wysheid in ‘n moeilike situasie. Die woord ‘lewendmaking’ kan na verskillende dinge verwys. Kom ons kyk na drie daarvan: 1) Om lewend te maak, beteken om te kataliseer. Dink aan ‘n chemiese reaksie. Hebreërs 4:12 sê dat die Woord vol lewenskrag en energie is. Dieselfde Gees wat die skrywers van die Skrif geïnspireer het, inspireer jou ook terwyl jy dit lees. Wanneer die Lewende Woord deur geloof gekataliseer word, vind ‘n bonatuurlike reaksie plaas wat sonde vergewe, vrees verlig, siekte genees, idees inspireer en drome laat waar word. 2) Om lewend te maak beteken om eienaarskap oor te dra. Deur geloof neem ons eienaarskap van die Woord en die Woord neem eienaarskap van ons. Wanneer die Woord lewend gemaak word, beklink dit die ooreenkoms. 3) Om lewend te maak beteken ook om swanger te raak. Wanneer die Woord verwek word, bevrug dit jou met moontlikhede, verander dit jou begeertes, roei dit jou vrese uit en vorm dit Christus se denke in jou.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 6 Aug 2026

0:00 2:20

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!