Woord vir Vandag - 6 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 6 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie.” Jakobus 4:2 NLV Het jy daaroor gebid? Van die begin tot aan die einde van die Bybel vind ons klinkklare bewyse dat God gebede verhoor. Dinge wat ons dink onmoontlik is, doen God wanneer mense daarvoor bid! Wanneer ons bid, vereenselwig ons onsself met God se doeleindes en maak van die krag van die Almagtige gebruik. Omdat ons bid, werk God deur ons op maniere wat Hy andersins nie sou doen nie. God het sekere dinge van gebed afhanklik gemaak, dinge wat nooit sal plaasvind tensy ons bid nie. Kan God doen wat Hy wil, sonder dat ons daaroor bid? Natuurlik. God het egter bepaal dat Hy die gebede van sy mense sal gebruik om sy doeleindes te bereik. Wanneer ons nie bid nie, beperk ons dit wat God in ons lewens sal doen. Dit mag dalk vreemd klink, maar as dit nie waar was nie, hoekom sou Jakobus dan geskryf het: ‘En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie’? Waarom sou Paulus sy vriende vra: “…bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense….’ (2 Tessalonisense 3:1-2 NLV), as hy nie geglo het dat gebede die krag het om sy omstandighede te verander nie? Omdat beide Jakobus en Paulus al die seën wat vir hulle beskikbaar was wou hê, het hulle nie net self gebid nie, maar ook ander gelowiges gewerf om vir hulle te bid. Hulle wou nooit dit wat God in en deur hulle wil doen beperk deur nie te bid nie. Indien jy al die seën wat God beskikbaar stel wil hê, moet jy ook bid.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 6 Julie 2026

0:00 1:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!