Woord vir Vandag - 6 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 6 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…wie ruimhartig saai, sal volop oes.” 2 Korintiërs 9:6 NLV Saai en oes Die Bybel leer ons duidelik dat diegene wat vrygewig vir God se koninkryksdoeleindes gee, iets terug in ruil vir hul deelname sal ontvang. Verder is daar ‘n korrelasie tussen hoeveel jy gee en hoeveel jy terugkry. ‘…wie ruimhartig saai, sal volop oes.’ Dit is goeie nuus vir mense wat huiwerig is om te gee. Wanneer jy iets waardevols weggee, kan dit soos ‘n verlies voel. Paulus het egter hierdie konsep in ‘n heeltemal ander lig gestel. Hy het gesê dat wanneer jy vir God se werk gee, jy dit nie weggee nie. Dit is ‘n belegging, nie ‘n verlies nie. Die boer wat saai, verloor nie saad nie; hy kry ‘n oes terug. Geen rasionele boer sou sê: ‘Ek is bang om my saad te saai, want dan sal ek nie meer die saad hê nie. Wat sal gebeur as ek hierdie saad nodig kry?’ nie. Enige boer weet dat as hy ‘n oes wil hê, hy saad moet saai. Dit is kragtige inligting vir enigiemand wat as gevolg van finansiële onsekerheid bang is om te gee. Dit dui daarop dat die wysste stap wat ons finansieel kan neem, is om ons finansiële saad te begin saai. Wanneer ons dit doen, raak God by ons finansies betrokke. Dit is die veiligste plek waar ons finansieel kan wees. Hoekom? Want wanneer ons gee, stel dit God in staat om meer aan ons terug te gee, om meer aan ons in hierdie lewe toe te vertrou. Dit stel ons weer in staat om meer te gee. ‘In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees…’ (vers 11 NLV). Dit beteken as jy gee soos jy veronderstel is om te gee, sal God jou meer gee.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 6 Sep 2026

0:00 1:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!