Woord vir Vandag - 7 Aug 2026 episode artwork

EPISODE · Jul 28, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 7 Aug 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.” Jakobus 1:19 NLV Hoe om woede vir jou te laat werk (1) Jy kan woede gebruik om die band en intimiteit tussen jou en jou eggenoot te verdiep. ‘n Mens doen dit as volg: 1) Erken die woede. ‘n Persoon wat deur woede beheer word, is nie veilig, gesond of wys nie. ‘Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos ‘n stad sonder ‘n muur wat beskerming bied’ (Spreuke 25:28 NLV). As jy en jou eggenoot kan leer om woede te beheer, in plaas daarvan om deur dit beheer te word, kan dit van onskatbare waarde wees. Vind ‘n manier om julle gevoelens te erken. As jy sukkel om jou woede te beheer, neem eers ‘n tree terug en word kalm. Kom dan terug en hanteer die probleem. 2) Moenie weghardloop nie. As jy werklik in gevaar is, moet jy na veiligheid vlug. As jy egter nie in gevaar is nie, sal jy julle beide se gevoelens bevestig deur te bly en die probleem met jou eggenoot te bespreek. Dis die enigste manier om ‘n oplossing te kry. Besluit om julle kwessies te hanteer wanneer julle kwaad raak. Julle moet dalk ‘n tyd afspreek om dit te doen as julle nie dadelik kan nie, maar moenie te lank wag nie. Probeer ten minste om die probleem aan te spreek voor julle daardie aand gaan slaap. Julle mag dalk nie ‘n oplossing vir die hele probleem vind nie, maar kom ooreen om die situasie te ontlont voor die dag verby is. ‘…Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ‘n houvas gee nie’ (Efesiërs 4:26-27 NLV). Indien nodig, maak ‘n tyd vas om die probleem aan te spreek. Julle verdien dit albei, en julle huwelik is dit werd.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 28, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 7 Aug 2026

0:00 2:03

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on July 28, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!