Woord vir Vandag - 7 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 7 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis.” Psalm 56:10 NLV Meer verantwoordelikheid verg meer gebed Iemand het een keer gevra hoe hy George Washington onder diegene wat by die Kongres teenwoordig was, sou kon herken. Hy is meegedeel: ‘Jy kan hom maklik onderskei wanneer die Kongres bid. Washington is die enigste een wat kniel.’ Washington was bekend as ‘n man wat gebid het. Toe die lot van Amerika by Valley Forge in die weegskaal gehang het, het hy gereeld rus en verligting in gebed gevind. Eendag het ‘n boer wat verby Washington se militêre kamp op pad was, ‘n ernstige stem gehoor. Toe hy nader kom, het hy Washington op sy knieë gesien, sy wange nat van die trane. Die boer het teruggekeer huis toe en vir sy vrou gesê: ‘George Washington sal die geveg wen en die Amerikaners se onafhanklikheid verseker.’ Sy vrou het gevra: ‘Isak, wat laat jou so dink?’ Hy het geantwoord: ‘Ek het hom vandag in die bos hoor bid en die Here sal sekerlik sy gebed verhoor. Hy sal, Hannah, wees verseker, Hy sal!’ Wanneer ons minder het, is ons meer bewus van ons behoefte en bid ons meer. Soos ons egter meer verkry en bereik, word ons meer selfonderhoudend en bid ons minder. Dis ‘n fout. Hoe meer God aan jou toevertrou, hoe meer het jy sy krag, sy wysheid, sy leiding en sy genade nodig. Dawid het op ‘n troon gesit en oor Israel geregeer. Was hy trots of arrogant? Nee. ‘Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis… in God stel ek my vertroue. Daarom sal ek nie bang wees nie!..’ (verse 10, 12 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: meer verantwoordelikheid verg meer gebed.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 7 Julie 2026

0:00 2:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!