Woord vir Vandag - 7 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 7 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“...Die aanklaer van ons medegelowiges is neergewerp…” Openbaring 12:10 NLV Vry van skuld en oordeel Satan word ‘die aanklaer van ons medegelowiges’ genoem omdat hy probeer om ons aan alles wat ons verkeerd gedoen het, te herinner. Hoekom? Sodat al ons emosionele energie aan die verlede bestee word en ons niks oor het om groot drome mee te droom of ons Godgegewe lewensopdrag mee te vervul nie. Die ironie van sy beskuldigings is die volgende: Hy laat ons onbelyde sondes met rus. Hoekom slapende honde wakker maak? Hy wil jou nie aan jou onbelyde sonde herinner nie. Hy herinner jou aan sondes wat jy reeds bely het - sondes wat reeds vergewe is. Daarom is dit valse beskuldigings; die sondes is reeds vrygespreek. Ons moet egter ‘n kritiese onderskeid tref. Veroordeling is om skuldig oor belyde sonde te voel, terwyl oortuiging nodig is om oor onbelyde sonde skuldig te voel. Oortuiging is die manier waarop ons die saak met God regmaak en met ons lewe aangaan. Leer dus om op die oortuigende stem van die Heilige Gees te fokus en die veroordelende stem van die vyand te ignoreer. Die Bybel sê: ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). As ons onskuldig pleit en nie ons sondes bely nie, is ons skuldig aan dit waarvan ons aangekla word. As ons egter oor ons sondes skuldig pleit, word ons onskuldig bevind en God bewaar en beskerm ons. Ons rekord van sonde word heeltemal uitgewis. Jy kan ook nie twee keer vir dieselfde sonde verhoor word nie. Sodra jy dit bely het, word jou sonde eens en vir altyd vergewe. Die sondelose Seun van God het die skuld geneem, die houe verduur en die val namens jou gedra (sien 1 Johannes 3:5).

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 7 Mei 2026

0:00 2:12

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!