Woord vir Vandag - 7 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 7 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“’Ek weet wat Ek vir julle beplan het,’ sê die Here. ‘Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.’” Jeremia 29:11 NLV Streef God se doel vir jou lewe na Niks is meer bevredigend as om jou lewensdoel te ken nie - selfs wanneer teenstand ondraaglik lyk en ander afleidings dreig om dit te oorskadu. Dikwels wanneer mense sê dat hulle nie ‘n passie vir enigiets het nie, bedoel hulle eintlik dat hulle nie die geloof het om te glo dat hulle dit kan doen wat hulle werklik in hul harte begeer nie. Jesus het geweier om toe te laat dat enigiemand sy aandag van sy doel aflei. ‘Toe het iemand uit die skare geroep: ‘Leermeester, sê asseblief vir my broer om ons pa se boedel met my te deel.’ Jesus het geantwoord: ‘Vriend, wie het My as regter oor julle aangestel om oor sulke dinge te besluit?’’ (Lukas 12:13-14 NLV). In wese het Jesus gesê: ‘My aandag gaan nie afgelei word deur ‘n arbitrasieverhoor tussen julle twee te hou nie. Dit is nie deel van my doel hier op aarde nie.’ Selfs op die dag wat Jesus sy lewe aan die kruis gegee het, was daar baie siek mense wat genesing nodig gehad het en ‘n magdom ander onmoontlike situasies wat sy aandag vereis het. Hy het egter geweet dat alles deur die krag van sy dood en opstanding aangespreek sou word. Dus, ten spyte van onopgeloste probleme, het Hy vol vertroue aan sy hemelse Vader hierdie verslag oor sy bediening gegee: ‘Ek het U op aarde verheerlik deur die werk te voltooi wat U My gegee het om te doen’ (Johannes 17:4 NLV). Jesus het geweier om toe te laat dat sy dissipels, Satan, welmenende familielede, behoeftige mense of enigiemand anders Hom van sy doel weerhou het. Jy moet ook leer om dit te doen. Dit laat die vraag ontstaan: Kan jy jou Godgegewe doel in ‘n enkele sin stel? Streef jy dit na?

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 7 Sep 2026

0:00 2:06

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!