Woord vir Vandag - 8 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 8 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Hy het ons gered uit die mag van die duisternis…” Kolossense 1:13 NLV God is lief vir jou en aanvaar jou Jimmy Wayne het nooit sy pa geken nie en sy ma het meer tyd in die tronk as daarbuite deurgebring. Toe Jimmy twaalf was, is sy ma uit die tronk vrygelaat en het sy ‘n verhouding met ‘n berugte moeilikheidmaker aangeknoop. Sy ma en haar nuwe kêrel het vir Jimmy in hul kar gelaai en vir ‘n hele jaar lank was daardie kar hulle tuiste. Toe, eendag, het hulle hom by ‘n busstasie afgelaai en weggery. Hy het geen huis, geen toekoms en geen geld gehad nie. Terwyl hy deur ‘n buurt rondgedwaal het, het hy ‘n ouer man wat houtwerk in sy motorhuis doen, gewaar. Hy het die bejaarde man genader en gevra of hy vir hom werk het. Hy het nie net ‘n werk vir Jimmy Wayne gegee nie, maar hom ook ingeneem om by hom en sy vrou te woon. Om in ‘n huis te woon het vir Jimmy soos die hemel gevoel. Tog, ten spyte van hul vriendelikheid en gasvryheid, het hy geweier om sy sak uit te pak. Vir vier dae het sy plastieksak vol klere op die vloer gelê, gereed om gegryp te word wanneer die man en vrou van plan verander. Hulle het Jimmy egter uiteindelik oortuig om hulle te vertrou om vir hom te sorg. Miskien bevraagteken jy jou plek in God se familie of sy liefde vir jou. Wat as Hy van plan verander? God het daardie vraag aan die kruis beantwoord. Toe Jesus gesterf het, is daar vir altyd in jou guns besluit. ‘Hy het ons gered uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun.’ Wat het op die ou einde van Jimmy Wayne geword? Hy het sy plek in sy aangenome familie ingeneem, ‘n opvoeding ontvang en ‘n country-sanger en liedjieskrywer geword.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 8 Julie 2026

0:00 1:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!