Woord vir Vandag - 8 Mei 2026 episode artwork

EPISODE · Apr 22, 2026 · 1 MIN

Woord vir Vandag - 8 Mei 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“Maar hulle het Hom nie herken nie.” Lukas 24:16 DB God is vandag by jou Wanneer jy ‘n krisis in die gesig staar, is dit maklik om perspektief te verloor. Dit het met twee van Christus se dissipels op die Emmauspad gebeur. Ontmoedig oor sy dood, was hulle ‘…ernstig aan die gesels oor die gebeure van die afgelope naweek. Terwyl hulle met swaar harte geloop en praat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle verder gestap. Maar hulle het Hom nie herken nie’ (verse 14-16 DB). Wanneer jy jou oë van Jesus afhaal, begin jy hulpeloos oor jou situasie voel. Dr Michael Youssef sê: ‘Wanneer ek ‘n groot krisis in die gesig staar, is ek geneig om die soort persoon te wees wat se visie vaag word. My persepsies word verdraai. My argumente word eensydig. Ek sluit dikwels die einste mense wat my van die probleem kan verlos uit, net soos daardie twee dissipels gedoen het. Hul visie oor die persoon wat saam met hulle geloop en met hulle gepraat het, was vaag. Die een wie se dood hulle betreur het, was lewend, maar hulle het dit nie besef nie, want hulle het op die verkeerde dinge gefokus.’ Alles het egter verander die oomblik toe hulle Jesus herken het. ‘Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan… Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het deur die breking van die brood’ (verse 33-35 NLV). In ‘n oomblik het hulle vrees in moed, hulle pyn in vreugde en hulle wanhoop in hoop verander. Paulus het geskryf: ‘Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak…’ (Efesiërs 1:18 DB). Wanneer jy ophou om op die probleem te fokus en jou oë op Jesus vestig, kry jy 20/20-visie en word jy met hoop vervul.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 22, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 8 Mei 2026

0:00 1:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 1 minute long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on April 22, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!