Woord vir Vandag - 9 Julie 2026 episode artwork

EPISODE · Jun 25, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 9 Julie 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak.” Romeine 8:5 NLV Herprogrammeer en vernuwe jou gedagtes Neurowetenskaplikes noem dat elke klank, elke ervaring, elke bewuste gedagte en elke onbewustelike droom opgeneem en op ons eksterne hardeskyf, die serebrale korteks, gegraveer word. Vergelyk dit nou met die volgende Skrifgedeelte: ‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). Jesus Christus se gesindheid is die Woord van God. Jesus is immers ‘die Woord’ (sien Johannes 1:1). Wanneer jy bid, mediteer, of die Skrif memoriseer, graveer jy Jesus op jou brein. Neurologies gesproke maak jy nuwe neuroverbindings en herlei oues. Stadig maar seker word jou brein herbedraad en vernuwe. Dink so daaraan - jy laai God se woorde en gedagtes op jou hardeskyf af. Mettertyd word jou hardeskyf dan deur God se woorde en gedagtes opgegradeer, totdat Christus se gesindheid in jou gedagtes begin vorm. Mark Batterson sê dat hy die Bybel as volg lees: ‘Ek lees totdat ek ‘n vers teëkom wat my aandag trek en laat huiwer. Dis dikwels iets waaroor ek moet dink of bid. Soms is dit die oortuiging van die Heilige Gees en moet ek eers ‘n gesprek met God hê voor ek kan voortgaan. Wanneer ek by so ‘n vers kom, doen ek drie dinge: Eerstens onderstreep of omkring ek die vers in my Bybel. Tweedens skryf ek dit met die hand in my joernaal neer. Derdens skryf ek gedagtes, belydenisse en idees wat daarmee geassosieer word, neer. Wanneer ek voel dat die Heilige Gees afsluiting bring, beweeg ek aan na die volgende vers.’ Dit is drie goeie idees wat ook vir jou sal werk.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 25, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 9 Julie 2026

0:00 2:03

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on June 25, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!