Woord vir Vandag - 9 Sep 2026 episode artwork

EPISODE · Aug 17, 2026 · 2 MIN

Woord vir Vandag - 9 Sep 2026

from Radio Pulpit · host Radio Pulpit

“…Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!” Josua 6:16 NLV Hou aan marsjeer en glo Jerigo was die grootste vesting in Kanaän en moes verower word voordat Israel die land kon intrek en besit. Daarom het God vir hulle gesê om ses dae lank een keer per dag om die mure te marsjeer, en op die sewende dag sewe keer. Op die sewende dag het Josua vir die volk gesê: ‘…Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!’ Is daar ‘n vesting in jou lewe? Is jy mismoedig en voel dat jy al lank sonder enige teken van oorwinning veg? Dit het dalk ook so vir die Israeliete gelyk. Let op dat God vir Josua gesê het dat die mure op die sewende dag sou ineenstort, maar Josua het dit nie vir die mense gesê nie. Hulle moes net aanhou marsjeer. Die Here vertel ons ook nie alles nie! Deur die pen van Paulus spoor Hy ons aan: ‘…staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd’ (1 Korintiërs 15:58 NLV). Hou dus aan marsjeer, hou aan bid en hou aan glo. Vandag mag dalk die dag wees wanneer die mure van jou Jerigo ineenstort. Jy is dalk net ‘n paar treë weg van ‘n oomblik soos hierdie: ‘Toe die volk hoor dat die ramshorings die teken gee, het hulle die aanvalskreet uitgeskreeu. Die mure het inmekaar gestort. Almal het oorgeklouter, reguit die stad in. Hulle het die stad ingeneem’ (Josua 6:20 NLV). Die einste mure wat hulle uitgehou het, het die trappe na oorwinning geword. Hou dus aan marsjeer en glo. Verslaan jou vestings met die geestelike wapens van aanbidding, Skrif en gebed. Dis net ‘n kwessie van tyd voordat jou Jerigo val.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 17, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Woord vir Vandag - 9 Sep 2026

0:00 2:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radio Pulpit?

This episode is 2 minutes long.

When was this Radio Pulpit episode published?

This episode was published on August 17, 2026.

Can I download this Radio Pulpit episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!