Skip to content
AfriPod podcast artwork

AfriPod

by AfriForum Media

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na [email protected].

From the show's RSS feed, refreshed Mar 30, 2023. Source feed.

Subscribe Bookmark

Episodes

  1. Stolen Ground: The Hermanus Story

    Joe Emilio, aanbieder van NewsFlash, se tweede dokumentêr Stolen Ground: The Hermanus Story, is verlede week in die AfriForum Teater bekendgestel. Hy het by AfriPod kom inloer om oor hierdie dokumentêr en van sy ander werk te gesels.

  2. AfriForum veg vir privaat vuurwapenbesit

    Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se jaarverslae toon sedert 2020-2021 ’n skerp toename in die aantal vuurwapenlisensie-aansoeke. Jacques Broodryk, AfriForum se hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, verduidelikin hierdie episode van AfriPod wat moontlike redes hiervoor is en hoe...

  3. NWU weier om die sing van “Kill the Boer” te veroordeel

    Die dreunsang “Kill the Boer” is op 22 September 2025 tydens ’n EFF Student Command-protesaksie by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus gesing. AfriForum het die NWU gevra om die sing van dié dreunsang te veroordeel, maar hulle het geweier om dit te doen. In hierdie episode van...

  4. Tshwane kry weer bloedneus in die hof oor stadsreinigingsheffing

    Die Tshwane-metro het Maandag vir ’n tweede keer bloedneus in die hof gekry oor die omstrede stadsreinigingsheffing wat op omtrent 250 000 munisipale rekeninge aangebring is. Dit volg nadat die metro se aansoek om verlof tot appèl, in die saak wat AfriForum vroeër gewen het, van die hand gewys…

    more
  5. Ultimate Marksmanship Championship kom op AfriForumTV

    Suid-Afrika se beste skuts word gesoek vir die Ultimate Marksmanship Championship wat vir ’n TV-reeks op AfriForumTV opgeneem sal word. Groot prysgeld is in dieonderskeie afdelings op die spel met soveel as R100 000 wat aan kategoriewenners toegeken sal word. Klik ⁠hier⁠ om meer oor die…

    more
  6. AfriForum soek swaarder strawwe vir kabeldiewe

    Koperkabeldiefstal veroorsaak elke jaar miljarde rande se skade en ongerief. Eskom en Transnet loop die ergste deur en die belastingbetaler moet boonop vir die skade opdok.AfriForum doen daarom ’n beroep op die instelling van swaarder strawwe vir kriminele wat hulself aan hierdie misdaad skuldig...

  7. Wanneer mag jy skiet? (Deel 2)

    In hierdie episode van AfriPod word die gesprek met Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, voortgesit oor wanneer ’n vuurwapen vir selfverdediging binne die raamwerk van die wet gebruik mag word.

  8. Wanneer mag jy skiet? (Deel 1)

    Wanneer mag ’n wettige vuurwapeneienaar sy of haarvuurwapen in selfverdediging gebruik? Mag ek skiet wanneer ek in my huis oorval word? Het ek die reg om te skiet wanneer ek gekaap word? Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, beantwoord dié en verskeie ander brandende vrae oor...

  9. AfriForum en Tshwane-metro se samewerking gaan steeds voort

    AfriForum het verlede jaar kort voor die nasionale verkiesing ’n memorandumvan verstandhouding met die Tshwane-metro onderteken. Die koalisieregering onderdie DA is egter intussen uit die kussings gelig. ’n Stap wat dié ooreenkoms ingedrang gebring het. Die nuwe burgemeester het egter sedertdien...

  10. AfriForum teen stadsreinigingsheffing in Tshwane gekant

    Die Tshwane-metro beplan om op 1 Julie 2025 ’n omstrede stadsreinigingsheffing in te stel. Hiervolgens sal inwoners wat nie van die stad se vullisverwyderingsdienste gebruik maak nie, bykans R200 per maand moet opdok om selfs meer tot die metro se begroting by te dra. Arno Roodt, AfriForum se...

  11. 160 jaar van vriendskap: Afrikaners en die Seleka Barolong

    ’n Vriendskap van 160 jaar tussen Afrikaners en die Seleka Barolong van Thaba Nchu is onlangs gevier. Barend Uys, hoof van Interkulturele Verhoudings en Samewerking by AfriForum, gesels in hierdie episode van AfriPod oor dié besonderse verhouding tussen hierdie twee kultuurgemeenskappe.

  12. Vuurwapens: Só werk die aansoekproses

    Die aansoek om ’n vuurwapenlisensie kan ’n gekompliseerder proses word as ’n mens nie weet waarom te begin nie. Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe die aansoekproses werk en gee wenke oor wat ’n mens tydens die aansoekproses moet en...

  13. Só gaan die NGV jou raak

    Sedert die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aangekondig is bly dié stuk wetgewing ’n warmpatat vir die regering. In hierdie episode van AfriPod verduidelik Louis Boshoff, veldtogbeampte by AfriForum, hoe die NGV gewone burgers kan raak.

  14. AfriForum vra minister om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree

    AfriForum het kommentaar ingedien op die Wetsontwerp opTradisionele en Khoi-San-leierskap en ’n brief is ook aan die minister van Samewerkende Regering en TradisioneleSake gestuur waarin ’n beroep gedoen word om in belang van kultuurgemeenskappe op te tree. Barend Uys, hoof van Interkulturele...

  15. Onteieningswet: Wat jy moet weet

    Daar is nog baie onduidelikheid rakende die nuwe Onteieningswet. Rindt Pretorius, regs- en risikobeampte by AfriForum, verduidelik in hierdie episode van AfriPod hoe dié wetgewing Jan Alleman kan raak.

  16. AfriForumTV

    Die Desember-vakansie is net om die draai en of jy nou weggaan of met Jan Tuisbly se karretjie ry, AfriForumTV het iets vir jou. Shinelle Brewis, koördineerder by AfriForumTV, gesels vandag oor hoe AfriForumTV werk en oor van die programme wat op hierdie platform gekyk kan word. Dis boonop gratis...

  17. AfriForum se Vakansiegids propvol veiligheidswenke

    AfriForum het ’n vakansiegids aanlyn beskikbaar gemaak met veiligheidswenke vir die vakansietyd. In hierdie episode van AfriPod gesels Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum, oor die inhoud van die gids en werp die kollig op ’n paar eenvoudige wenke om veiligheid by die huis of op…

    more
  18. Vuurwapens uit boedels: Dís hoe dit werk

    Vuurwapens wat in ’n boedel agtergelaat word kan maklik in ’n tameletjie ontaard as die regte prosedure nie gevolg word nie. Daar was selfs onlangs gevalle waar die Suid-Afrikaanse Polisiediens vuurwapens summier gaan afneem het. Daar is egter stappe wat gedoen kan word om persone te beskerm wat...

  19. Die Bela-wet, moedertaalonderrig en 2024 se grootste optog

    Die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette oftewel die Bela-wet hou ’n groot bedreiging in vir moedertaalonderrig en skole se taal- en toelatingsvereistes. Die Solidariteit Beweging hou op 5 November ’n vreedsame protesoptog oor dié wet om die organisasie en duisende ander mense se...

  20. Platsak tot stinkryk

    Sluit aan by Katinka Oosthuizen in Platsak tot stinkryk op ’n opwindende reis deur Suid-Afrika! Sy ontdek die land se buitengewone toeriste-ervarings, van die goedkoopste na die mees luukse. Ervaar alles, van bekostigbare treinritte en unieke klein verblyfplekke, tot die luukse Rovos Rail en die...

  21. NUUSKOMMENTAAR: Migrasie-uitdagings en wysigings aan die Suid-Afrikaanse immigrasiewetgewing

    In aanloop tot die verkiesing is migrasie een van die kwessies wat heelwat aandag geniet. Van die kandidate maak uitlatings wat gevaarlik na aan xenofobie klink, terwyl ander Suid-Afrikaners frustrasies met die land se swak grensbeheer verwoord.

  22. NUUSKOMMENTAAR: ANC, EFF, MK: Is ’n ‘oordeelsdag-koalisie’ op hande?

    Die vraag ontstaan nou hoe ver die land se grootste partye sal gaan om mag te behou of te bekom? Sal daar wel ’n sogenaamde “oordeelsdag-koalisie” tussen die ANC, EFF en oudpres. Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe (MK)-party wees? Of erger, sal die DA ’n koalisie met die ANC aanknoop om die...

  23. NUUSKOMMENTAAR: Graaff-Reinet of Sobukwe? Naamsverandering laat die tonge klap

    Wat is in ’n pleknaam? Dit hang af wie jy vra. Vir party is ’n pleknaam ook die geskiedenis van die betrokke plek. Dit is die mense wat was, is en nog gaan wees – hoe mooi of lelik dit ook al dalk mag wees. Vir ander is dit sinoniem met onderdrukking en uitsluiting. Hoe dit ook al sy, ’n pleknaam...

  24. NUUSKOMMENTAAR: Werklike verandering en die uitsprake van politici

    Politici in Suid-Afrika kan nie net doen wat hulle wil nie – nie hééltemal nie. Elke politikus, hoe magtig en korrup ook al, se dade word beperk deur gewone indiwidue en gemeenskappe se optrede.

  25. NUUSKOMMENTAAR: Ramaphosa se mooipraatjies maar net verkiesingsbeloftes

    Hierdie week se nuuskommentaar is saamgestel en voorgelees deur Carina Bester.

  26. Onderwysekspo: Oplossings en geleenthede vir skole

    AfriForum bied op 25 Julie ’n onderwysekspo by die AfriForum Teater aan. Dit is 'n gratis geleentheid waartydens AfriForum ook twee gidse gaan bekendstel wat unieke oplossings bied vir die unieke uitdagings wat skole in die gesig staar. Chanté Kelder het met Alana Bailey, Marnus Kamfer en Jacques...

  27. Hoe nou met raskwotas vir water?

    Die Departement van Water en Sanitasie het onlangs hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies in die Staatskoerant gepubliseer. Hierdie hersiene konsepregulasies vereis dat aansoeke om sekere watergebruike te lisensieer, voortaan slegs deur die Departement van Water en Sanitasie oorweeg...

  28. Skoleplasings 2024 - Registreer so vroeg as moontlik

    Die aanlyn skoleregistrasieproses om gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2024-skooljaar te registreer, open op 15 Junie. Aansoeke sluit op 14 Julie in die skoolvakansie. Daarom word ouers aangemoedig om dit so gou as moontlik te doen en om ook gesertifiseerde afskrifte van die nodige dokumentasie by...

  29. Die Val - 'n Kortfilm met 'n kragtige boodskap

    Wanneer dit voel asof alles inmekaar begin tuimel, wil Melissa Strauss net haar oë toe maak, oorgee, val en vergeet. Vergeet van loopbaankeuses, eindeksamen, matriekafskeid, Wian se ondraaglike afknouery, haar kuberboelies en Stefan, haar beste vriend wat toegee aan groepsdruk. Die Val, ’n…

    more
  30. ARGIEF: Boekgesprek: Dirk Hermann - Ons sal self

    *Hierdie episode het op 27 November 2020 verskyn Dr. Dirk Hermann kuier in die AfriPod ateljee om te gesels oor sy jongste boek Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika. Ons sal self en ander briewe aan Suid-Afrika bevat meer as 20 brutaal eerlike ope briewe waarin dr. Dirk Hermann…

    more
  31. ARGIEF: Sal jy ’n belastingboikot ondersteun?

    *Hierdie episode het op 19 Mei 2021 verskyn Jacques Broodryk het in Mei 2021 met prof. Koos Malan en Johan Kruger gesels oor die wanbesteding van belastingbetalergeld en of die publiek se frustrasies met die regering oor hierdie wanbesteding kan lei tot ’n belastingopstand. Op 30 Augustus 2021…

    more
  32. Episode 26: Die rimpeleffek van NGV

    AfriForum het onlangs ’n voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gedoen waarin verskeie redes aangevoer is waarom die voorgestelde Wetsontwerp vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedoem is om te misluk. Carina Bester gesels met Reiner Duvenage oor sy voorlegging…

    more
  33. Boekgesprek: Spioenmeesters - Henning van Aswegen

    Wie was die Russiese spioen wat so bietjie Afrikaans kon praat? Wie was die twee Boerespioene wat tydens die Eerste Wêreldoorlog in Oos-Afrika teenoor mekaar te staan gekom het? Chanté alias Die Stille Gevaar, gesels met Henning van Aswegen alias Agent Waaghalsige Wapen oor sy nuutste boek...

  34. Episode 25: Die verspreiding van foto’s en video’s op sosiale media

    Weet jy wanneer mag jy foto’s van vermeende misdadigers of ’n misdaad versprei? Weet jy wat die gevolge is wanneer jy foto’s of video’s van misdadigers of ’n misdaad versprei? In hierdie episode gesels ons met Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, oor die verspreiding van foto’s…

    more
  35. Episode 24: Geskiedenisverslag ontbloot ANC se verdraaiing van die geskiedenis

    AfriForum het vandeesweek 'n geskiedenisverslag in reaksie op die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming en landbou se finale verslag bekendgestel. Hierdie geskiedenisverslag is deur dr. Jackie Grobler en onder leiding van die Opinor-ideesentrum saamgestel. Chanté Kelder het met Barend…

    more
  36. Episode 23: Die boublokke van 'n sosialistiese staat

    Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van Veldtogte, gesels oor dié burgerregteorganisasie se nuwe doku-reeks, "Eight Levels of Control," waarin Broodryk dieper delf in die idees en boublokke agter sosialisme in Suid-Afrika. Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger: Andrea van Wyk

  37. Episode 22: AfriForum stig medaljefonds vir Suid-Afrika se Olimpiërs

    Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, gesels in AfriPod se ateljee oor dié burgerregteorganisasie se medaljefonds wat onlangs gestig is om atlete wat presteer het by vanjaar se Olimpiese Spele te vergoed. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger: Andrea van Wyk

  38. Episode 21: Artikel 25, grondonteiening, grondeise en hoop

    Marnus Kamer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum kuier in die AfriPod ateljee om uit te brei oor die prosesse rondom onteiening sonder vergoeding, grondeise en jou regte as grondeienaar. Aanbieder: Chanté Kelder Vervaardiger / regisseur: Chanté Kelder

  39. Episode 20: Immuunversterking en COVID-19

    Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum, praat oor die belangrikheid daarvan om 'n sterk immuunstelsel te hê tydens die COVID-19-pandemie. Aanbieder: Andrea van Wyk Vervaardiger / regisseur: Andrea van Wyk

  40. Episode 19: Sal jy 'n belastingboikot ondersteun?

    ’n Woede is onder gewone mense aan die opbou oor hulle steeds belasting moet betaal, terwyl hul hardverdiende geld deur die ANC-regering gesteel en deur amptenare aangewend word om hulself te verryk.

  41. Episode 18: Geldwassery, terrorisme en die Butterfly

    AfriForum se privaatvervolgingseenheid is onlangs aangestel om die sogenaamde “Butterfly” in Botswana te vervolg. Dis ’n saak wat ernstige misdrywe soos geldwassery en die finansiering van terrorisme insluit. Andrea van Wyk praat met Natasha Venter, adviseur vir dié eenheid, om te praat oor wat...

  42. Episode 17: AfriForum Teater - Die nuwe tuiste vir die Afrikaanse kunste

    Die AfriForum Teater is die nuwe tuiste vir die Afrikaanste kunste. Dié teater, met plek vir meer as 380 teatergangers, is in die hartjie van Menlopark in Pretoria geleë. Kallie Kriel sê self die teater is vanuit die gemeenskap vir die gemeenskap. Carien Bloem, teater bestuurder, kuier by Chanté...

  43. Episode 16: Vuurwapenamnestie - Wat jy moet weet.

    Vuurwapenamnestie is 'n kwessie wat talle Suid-Afrikaners met hul hande in hul hare laat. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer, regs- en risikobestuurder vir Gemeenskapsveiligheid by AfriForum, oor wat presies die vuurwapenamnestie behels en hoe dit jou raak.

  44. Episode 15: AfriForum wil Ramaphosa kruisondervra en drama met wysigingskommentaar

    Chanté Kelder gesels met Ernst Roets oor AfriForum se versoek aan die Zondo-kommissie dat pres. Cyril Ramaphosa voor dié kommissie moet verskyn en ook oor die voorlegging wat Ernst vandeesweek oor die wysiging van artikel 25 gedoen het.

  45. Episode 14: Waterdienste en hofoorwinnings

    Carina Bester gesels met Lambert de Klerk oor gemeenskappe se reg tot water en tot watter mate gewone mense die munisipaliteite hiervoor verantwoordbaar kan hou. AfriForum het ’n groot oorwinning vir inwoners van Naboomspruit behaal nadat dié organisasie die Limpopo Hooggeregshof in Pietersburg...

  46. Episode 13: Tinteltong Toekennings 2021

    Plaaslike entrepreneurs moes die afgelope jaar meer as ooit wys wat in hulle steek om kop bo water te hou te midde van die COVID-19-pandemie. Só moes AfriForum Sakenetwerk se Tinteltong Toekennings - wat jaarliks entrepreneurs vereer wat Afrikaans as dienstaal gebruik en uitbou - óók aangepas…

    more
  47. Episode 12: Beveilig ’n Plaas-veldtog

    Dit is in die belang van elke boer om ’n veiligheidsplan in plek te hê in die geval van ’n plaasaanval. AfriForum het onlangs sy Beveilig ’n Plaas-veldtog bekendgestel om boere hiermee te help. Andrea van Wyk gesels met Marnus Kamfer oor hierdie veldtog.

  48. Episode 11: AfriForum stel jongste plaasmoordverslag bekend

    Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Februarie sy jongste verslag oor plaasmoorde en -aanvalle tydens ’n mediakonferensie bekendgestel. Volgens dié verslag was daar in 2020 ’n toename in plaasmoorde ten spyte van die feit dat misdaad in Suid-Afrika in dié jaar afgeneem het. Andrea…

    more
  49. Episode 10: Ivermektien vir die behandeling van COVID-19

    Die gebruik van ivermektien om COVID-19 te behandel het behoorlik die land aan die gons. AfriForum het onlangs ’n skikking met SAHPRA bereik dat dokters wel ivermektien vir menslike gebruik mag voorskryf. Barend Uys kuier in die ateljee om meer hieroor te gesels.

  50. Episode 9: Verhoogde belasting vir entstof-program

    Daar is nog heelwat onsekerheid oor die finansieringsplan vir die entstof-program. Andrea van Wyk gesels met Jacques Broodryk oor die plan wat op die stadium lyk na die waarskynlikste opsie - verhoogde belasting.

About this show

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself binne die raamwerk van die wet te beskerm en nog baie meer. Vrae en voorstelle kan gestuur word na [email protected].

Hosted by

AfriForum Media

Categories

Frequently asked questions

How many episodes does AfriPod have?

AfriPod has 50 episodes on PodParley. The most recent episode was published on November 2, 2026.

What is AfriPod about?

AfriPod is ’n weeklikse aflewering van belangrike nuus en inligting wat jou raak. Elke week gesels ons aanbieders met kenners sodat jy toegerus kan wees met inligting en goeie raad. Jy kan uitsien na onderwerpe soos grondgrype en wat jou te doen staan, onteiening sonder vergoeding, hoe om jouself...

How often does AfriPod release new episodes?

AfriPod publishes about every 45 days, based on its 50 episodes since October 2020.

Who hosts AfriPod?

AfriPod is created and hosted by AfriForum Media.
Link copied