PODCAST · news
Agriskoops (Afrikaans)
by Newskoop
Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
-
150
Agriskoops - 16 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor die belangrikheid om jou sonkragstelsel se prestasie te monitor en om dit gereeld te diens, veral in kouer maande of lang periodes van swak son en swaar weer.
-
149
Agriskoops - 15 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Arno Moore van BISA (Bio-Insectaries SA). Hy verduidelik hoe hulle biologiese metodies toepas om vlieë op plase te beheer. Hy gee ʼn oorsig van die belangrikheid van vliegbeheer, hoe hulle program werk en hoe boere by die program kan inskakel.
-
148
Agriskoops - 14 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies en wat dit laat uitstaan van ander. Sy verduidelik hoe dit nie net bedoel is vir die gholfbaan nie, maar ook gebruik kan word op die plaas, by winkelsentrums en woonkomplekse. Sy deel ook nuus oor hulle nuwe vertoonlokaal in Centurion.
-
147
Agriskoops - 11 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die nakomingsbeampte by Winfield United Suid-Afrika, Jandri Nienaber. Sy gesels oor haar rol as WinField United Suid-Afrika se eerste groep nakomingsbeampte en hoe haar kinderjare op die plaas haar besluit om in die landbousektor te werk beinvloed het. Sy deel ook ʼn inspirerende boodskap vir ander jong vroue in landbou.
-
146
Agriskoops - 10 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Hansel Isaks by die DFM Technologies Noord-Kaap-tak. Hy verduidelik wat die Noord-Kaap tak anders maak as ander takke in die land weens spesifieke weeruitdagings in die provinsie. Hy verduidelik hoe hulle produsente in die Noord-Kaap help en adviseer om die regte water in die regte hoeveelhede aan hul gewasse toe te dien, sodat hulle nie net water spaar nie, maar optimale oeste verseker.
-
145
Agriskoops - 9 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Fanie Meiring van Limagrain Field Seeds Suid-Afrika. Limagrain is hierdie week by NAMPO Kaap en Fanie gee ʼn oorsig van wat koringprodusente hierdie jaar kan verwag.
-
144
Agriskoops - 8 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy fokus vandag op koringproduksie. Hy deel praktiese raad vir produsente wat hul koringkeuse vir die komende plantseisoen beplan en verduidelik hoe Limagrain produsente ná die aankoop van saad ondersteun om die beste moontlike resultaat uit hul koringaanplantings te kry.
-
143
Agriskoops - 7 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy gesels oor die belangrikheid van die bestuur van watergehalte en waterverbruik op die plaas. Hy ontleed 'n voorbeeld van hoe wateruitdagings 'n groot hoenderboerdery beïnvloed het, en hoe NuWater se ingryping werksgeleenthede beskerm het, 'n moontlike stilstand voorkom het en voedselprysstygings vermy het. Hy verduidelik verder hoe betroubare waterbehandeling direk gekoppel kan word aan sosio-ekonomiese stabiliteit in landelike gemeenskappe.
-
142
Agriskoops - 4 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besturende direkteur by AgriSeker, Reinhard Kuschke. Hy verduidelik die belangrikheid van oesversekering en hoekom dit belangrik is om jou oes van die begin af volledig en reg te verseker. Hy gee ook ʼn oorsig van die belangrikste praktiese stappe wat ʼn boer onmiddellik moet neem om die proses met sy makelaar en AgriSeker so glad moontlik te laat verloop met ʼn eis.
-
141
Agriskoops - 3 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Tegniese Spesialis in Plantvoeding by InteliGro, doktor Karen Truter. Sy gesels oor die belangrikheid en waarde van presisieboerdery. Sy gee ’n oorsig van wat sy waargeneem het tydens haar PhD-navorsing wat gefokus het op hoe tegnologie en data gebruik kan word om besluitneming, doeltreffendheid en winsgewendheid in gewasproduksiestelsels te verbeter.
-
140
Agriskoops - 2 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Albert Claassens. Hy vertel meer oor wat iMPAC Cropsure onderskei van ander maatskappye, hoe hulle met makelaars werk en die rol van oesversekering in ʼn boerdery se risiko.
-
139
Agriskoops - 1 September 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streekhandelbemarkingspesialis by Engen, Marvin Nelson. Hy gesels oor Engen Xtreme en hoe dit ʼn belangrike produk vir die landbousektor is. Hy gee ʼn oorsig wat die produk in praktiese terme vir boere, landbouwerktuigkundiges en ander landboubesighede wat elke dag op hul voertuie staatmaak doen. Hy verduidelik verder hoe Engen reeds ʼn lang pad saam met landbou in die land stap.
-
138
Agriskoops - 31 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy gesels oor die opbrengs op belegging (ROI) van Kommersiële Sonkrag in Suid-Afrika. Hy verduidelik wat is die tipiese terugbetaaltydperk vir 'n kommersiële sonkragstelsel in Suid-Afrika en watter faktore beïnvloed hoe vinnig 'n besigheid gelyk breek. Hy gee ook ʼn oorsig van watter soort jaarlikse opbrengs 'n besigheid kan verwag oor die lewensduur van die stelsel.
-
137
Agriskoops - 28 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Riani Erasmus. Sy gee ʼn oorsig van die maatskappy se Inkomstewaarborg produk, wat dit alles dek, hoe boere vir dit kan aansoek doen en hoe aanplantings gemonitor word.
-
136
Agriskoops - 27 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor koringgenetika en waarom plaaslike navorsing en die ontwikkeling van koringgenetika belangrik vir Suid-Afrikaanse koringprodusente is.
-
135
Agriskoops - 26 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Angelique Botha. Sy gee is oorsig oor iMPAC Cropsure en wat hulle bied binne die landbousektor in terme van oesversekering. Sy verduidelik verder hoekom oesversekering belangrik is en hoe iMPAC Cropsure landwyd beskikbaar is.
-
134
Agriskoops - 25 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Gehaltebeheerbestuurder by Limagrain, Lyniarie Erwee. Sy gee ’n oorsig van Limagrain se kwaliteitstandaarde as dit by saad kom, wat Limagrain uniek maak as dit by saadtoetsing kom en hoekom hierdie saadtoetsing so belangrik is. Sy verduidelik watse voordeel dit juis vir die produsent bied.
-
133
Agriskoops - 24 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Angelique Botha. Sy gee 'n oorsig oor iMPAC Cropsure en wat hulle bie binne die landbousektor in terme van oesversekering. Sy verduidelik verder hoekom oesversekering belangrik is. iMPAC Cropsure is landwyd beskikbaar.
-
132
Agriskoops - 21 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor Limagrain se hoofdoelwit met julle deelname aan NAMPO Kaap vanjaar en wat boere hierdie jaar van hulle kan verwag. Hy gee ook ‘n oorsig van nuwe tegnologieë, kultivars of oplossings wat te sien sal wees by die Limagrain uitstalling.
-
131
Agriskoops - 20 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy verduidelik waarom NuWater beskryf word as 'n slim waterbehandelingsmaatskappy wat die landbou-, mynbou-, industriële en munisipale sektore bedien. Hy bespreek ook tendense in waterbeskikbaarheid en -gehalte wat landbou regoor Suider-Afrika beïnvloed.
-
130
Agriskoops - 19 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies wat nie net vir die gholfbaan ontwerp is nie, maar ook gebruik kan word op plase. Sy gee ʼn oorsig van die unieke kenmerke van hulle voertuie en waarom dit nie net gemak nie, maar ook gemoedsrus vir verbruikers bied.
-
129
Agriskoops - 19 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies wat nie net vir die gholfbaan ontwerp is nie, maar ook gebruik kan word op plase. Sy gee ʼn oorsig van die unieke kenmerke van hulle voertuie en waarom dit nie net gemak nie, maar ook gemoedsrus vir verbruikers bied.
-
128
Agriskoops - 18 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman, die verkoopsbestuurder by Baytrac. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar, en verduidelik hoe effektiewe vlootbestuur ook kliëntediens kan verbeter. Schoeman sluit die drie weke lange bespreking af met 'n laaste boodskap aan ons luisteraars oor die belangrikheid van volhoubare vlootbestuur.
-
127
Agriskoops - 17 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van besigheidsontwikkeling by die maatskappy RenEnergy, Juandre Pitout. Hy gee ʼn oorsig wat boere moet oorweeg om te besluit om hulle plaas of onderneming van die kragnetwerk af te haal. Hy verduidelik hoe boere volhoubaar kan boer deur hul energie-verskaffing self te bestuur deur ten volle off-grid te gaan en hoe RenEnergy boere hiermee kan help.
-
126
Agriskoops - 14 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die verkoops- en bemarkingsbestuurder by die maatskappy Algar, Charlotte Esterhuizen. Sy gesels oor hulle oor veehanteringstoerusting en hoekom dit belangrik is om jou diere rustig te hanteer. Sy gee ’n oorsig van hulle nek- en lyfklamp en die belangrikheid van ’n goeie ontwerpte kraal. Algar is hierdie September by NAMPO kaap by staanplek D13.
-
125
Agriskoops - 13 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Pretoria area bestuurder by DFM Technologies, Lawrence van der Westhuizen. Hy gesels oor die maatskappy se diens wat die hele Suid-Afrika en ook Suider-Afrika insluit. Hy gee verder ʼn oorsig van die voordele wat hierdie groot voetspoor van die maatskappy vir boere inhou.
-
124
Agriskoops - 12 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Martin Booyens van die maatskappy InteliGro. Hy gesels oor die sterk El Niño wat voorspel word en hoe warm en droë toestande plantstress kan veroorsaak. Hy verduidelik hoekom platstress as die “stil dief van opbrengs” beskryf word. Hy gee verder ’n oorsig van produkte wat kan help met opbrengs nog voor plantsress ervaar word.
-
123
Agriskoops - 11 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar, en verduidelik hoe roete-optimalisering en gereelde voertuigonderhoud koste oor die lang termyn kan verminder.
-
122
Agriskoops - 7 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besturende direkteur by AgriSeker, Reinhard Kuschke. Augustus is 'n belangrike voorseisoen-maand en Reinhard gee ʼn oorsig oor hoe boere en produsente hulle risiko's beter bestuur voordat die seisoen begin. Hy gee ook praktiese raad vir produsente wat nou hul beplanning en versekeringsdekking vir die komende seisoen finaliseer.
-
121
Agriskoops - 6 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor seisoenale verskille met die gebruik van sonkrag. Hy gee ʼn oorsaak van redes waarom ʼn sonkragstelsel soms onderpresteer en hoekom dit belangrik is om jou stelsel gereeld en behoorlik te moniteer. Hy verduidelik hoe Candi Solar kliënte hiermee bystaan.
-
120
Agriskoops - 5 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur bemarking en tegnies by die maatskappy World Focus Agri, At van Schalkwyk. Hy verduidelik oor plantenergie en die belangrikheid daarvan in landbou. Hy gee ʼn oorsig van wat plantenergie en plantenergiebestuur behels en hoe dit kan bydrae tot ʼn beter oes en gevolglik beter inkomste.
-
119
Agriskoops - 4 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar en verduidelik hoekom effektiewe vlootbestuur nie net vir groot maatskappye is nie. Sy bespreek ook hoe Baytrac boere, klein besighede en groter maatskappye kan help om hul brandstofkoste te verminder en hul voertuie meer doeltreffend te bestuur.
-
118
Agriskoops - 3 Augustus 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor die gemoedsrus wat data en bewyse ʼn boer bied in terme van beskerming van sy eiendom, sy gesin en sy plaaswerkers. Hy verduidelik ook hoe opnames, wolkberging en afstandsmonitering boere help om sterker bewyse te hê en ’n meer volledige prentjie van ’n insident te bou.
-
117
Agriskoops - 31 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies wat nie net vir die gholfbaan ontwerp is nie, maar ook gebruik kan word op plase, groot woonkomplekse en besighede. Sy gee ʼn oorsig van die unieke kenmerke van hulle voertuie en waarom dit nie net gemak nie, maar ook gemoedsrus vir verbruikers bied.
-
116
Agriskoops - 30 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor hoe hulle saam met boere werk om hul boerderye winsgewend en gesond te hou. Hy gee ʼn oorsig van die maatskappy se posisie in die mark en van die produkte wat hulle bied.
-
115
Agriskoops - 29 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streeksontwikkelings- en Bemarkingsverteenwoordiger by Nutrico, Kenny Beeton. Hy bespreek die belangrikheid van die gebruik van 'n hoëgehalte-spuitwaterbyvoegmiddel in landbou en verduidelik die rol wat byvoegmiddels speel in die verbetering van spuitprestasie. Beeton gee ook 'n oorsig van Nutrico se Absorpt-byvoegmiddel en hoe dit in produsente se spuitprogramme geïnkorporeer kan word.
-
114
Agriskoops - 28 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Adele du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad. Sy verduidelik waarom die beskerming van die oorsprong van Rooibos toenemend belangrik word namate internasionale vraag aanhou groei. Du Toit bespreek die waarde van die beskerming van Rooibos as 'n unieke Suid-Afrikaanse produk, en waarom die behoud van die egtheid daarvan noodsaaklik is vir die toekoms van die bedryf en die voortgesette sukses van sy uitvoermarkte
-
113
Agriskoops - 27 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy vertel meer hoe sonkrag hoe sonkrag jou besigheid se balansstaat kan transformeer. Hy verduidelik ook watter ander positiewe impakte sonkrag op 'n besigheid het, veral met betrekking tot sy beeld en volhoubaarheidsprofiel.
-
112
Agriskoops - 24 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA. Hy bespreek 'n inisiatief wat boere in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo toelaat om gratis van verouderde plaagdoders ontslae te raak. Hy verduidelik wat boere moet weet oor hoe om dit veilig aan CropLife SA oor te handig en wat met die produkte gebeur sodra dit na die fasiliteit geneem word om vernietig te word.
-
111
Agriskoops - 23 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende hoof van Mottech Water Management, Launce May. Hy verduidelik hoe die maatskappy se afstandmoniteringstelsels boere help om water- en energieverbruik te verminder terwyl die doeltreffendheid van hul besproeiingsbedrywighede verbeter word. May deel ook praktiese voorbeelde van hoe afstandmonitering 'n opbrengs op belegging lewer en verduidelik hoe die tegnologie aangepas is om plaaslike uitdagings soos onder andere kragonderbrekings oorkom.
-
110
Agriskoops - 22 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile Jordaan van METOS SA. Hy vertel meer oor die samewerking tussen METOS SA en Aartappel SA. Hy gee ʼn oorsig waaroor dit presies gaan en wat die doel van die samewerking is. Hy verduidelik verder hoe die data wat verkry word, produsente help om beter besluite op hulle individuele plase te neem.
-
109
Agriskoops - 21 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor wat die grootste voordeel is wat kliënte uit Baytrac se diensbenadering kry en hoe Baytrac langtermynverhoudings met kliënte op bou. Sy gee ook ʼn oorsig van hoe Baytrac kliënte se bekommernisse of uitdagings hanteer.
-
108
Agriskoops - 20 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy gesels vandag oor ʼn aanbod van 'n gratis elektriese voertuig battery herlaaier en 'n gratis kunsmatige intelligensie agent.
-
107
Agriskoops - 17 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Fritz Rexrodt van die maatskappy Swavet. Hy verduidelik die maatskappy se verbintenis tot sy belofte, “Your animals, our priority”, en beklemtoon sommige van die belangrikste Swavet-produkte waarvan boere moet weet. Hy bespreek ook hoe die maatskappy kleinskaalse en opkomende boere ondersteun deur middel van sy produkte, dienste en tegniese ondersteuning.
-
106
Agriskoops - 16 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn Probe-konsultant by die maatskappy DFM Technologies, Lauren McMorran. Sy verduidelik wat die DFM-probes behels, hoe dit werk en hoe dit tot voordeel van klein tot groot boerderye ingespan kan word.
-
105
Agriskoops - 15 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die oordrag van landbougrond na nuwe eienaars en die gevaar wanneer hierdie grond nie reg benut word nie.
-
104
Agriskoops - 14 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor hoe Baytrac kliente help wanneer ʼn voertuig gesteel word en hoekom vinnig reaksietyd belangrik is. Sy verduidelik ook hoe opsporingstegnologie kan help om diefstal te voorkom voordat dit gebeur.
-
103
Agriskoops - 13 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van Herholdt's Group. Hy gesels oor die belangrikheid van elektriese infrastruktuur in energie- en sonkraginstallasies. Hy verduidelik hoekom elektriese infrastruktuur so belangrik is in energie- en sonkraginstallasies en hoe goeie elektriese ontwerp die prestasie van 'n energieprojek kan beïnvloed.
-
102
Agriskoops - 10 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons: 'n gemeenskapsprojek wat deur samewerking tussen AfriForum, Saai en die Barolong Boo Seleka-kultuurgemeenskap voedselsekerheid, werksgeleenthede en hoop vir die gemeenskap in Thaba ’Nchu, buite Bloemfontein skep. Ons hoor hoe dié projek oor ses jaar ontwikkel het tot 'n suksesverhaal wat reeds skole, bejaardes en die breër gemeenskap bevoordeel.
-
101
Agriskoops - 9 Julie 2026
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tanja Potgieter van die maatskappy InteliGro. Sy gesels oor die jeug in landbou en hoe vroeë blootstelling die volgende geslag landbouleiers kweek. Sy gee ʼn oorsig van die belangrikheid van praktiese blootstelling aan lanbou, hoe innovasie en ervaring mekaar ontmoet en deel ook ’n belangrike boodskap vir jongmense oor ’n moontlike loopbaantoekoms in landbou.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
HOSTED BY
Newskoop
Loading similar podcasts...