PODCAST · business
BoerPot
by Jacques Basson
BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het.Besoek ons webwerf: www.klipkouers.comBoerPot, a podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related Agri and Agripreneurship.
Episodes
-
Jongboerfinaliste Reeks: Jimmy Malan
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Die Malan plaas se ryk geskiedenis van nuuskierigheid en vooruitstrewendheid het oor 110 jaar van bestaan tot heelwat sukses gelei. Van vroeg af het die stigter van die plaas, [oupa grootjie], ‘n punt daarvan gemaak om die beste plant metodes toe te...
-
Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Prof. Johan Willemse
Prof Johan Willemse het die kwessie oor winsgewindheid in landbou aangespreek tydens Vrystaat Landbou se 2024 Kongres. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres...
-
Vrystaat Landbou Kongres 2024 - John Steenhuisen
Minister van Landbou, mnr John Steenhuisen, het tyd ingeruim om Vrystaat Landbou se 120ste bestaansjaarvieringe by te woon en het onomwonde bevestig dat hy die saak van landbou en die landbouers enduit sal verdedig. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein...
-
Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Johan Kotzé
Johan Kotzé, Hoof uitvoerende beampte van Agri SA, gesels met kongresgangers oor die toekoms en doel van georganiseerde landbou. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met…
more -
Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Francois Wilken
President van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, het kwessies soos landelike veiligheid, vervalle infrastruktuur, noodsaaklikheid van betrokkenheid in sy praatjie bespreek. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste...
-
Vrystaat Landbou Kongres 2024 - Prof. Cobus Oberholster
Prof Cobus Oberholster het kongresgangers laat nadink oor die toekoms van die landbouer. Die Vrystaat Landbou (VL) se kongres het 7 & 8 Augustus in Bloemfontein plaasgevind. Die organisasie het vanjaar hul 120ste bestaansjaar gevier en het gehoop om met dié kongres saam met belanghebbendes te bou...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Sophy Litshani
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Sophy, 'n verpleegster wat boer geword het, se reis het haar van 'n agterplaas-tuin na 'n 14-hektaar plot naby Vosloorus, Gauteng gelei. Haar maatskappy, Vhegies, voorsien nou vars produkte aan plaaslike markte, gedryf deur haar passie vir voeding en...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Ian Cunningham
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Farmers are often seen as stubborn and set in their ways. They mostly stick to what they know and steadily build on what they have. But Ian Cunningham, a fruit farmer from Grabouw, seems to be far from inflexible. Having sold their farm in the...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Anita Browne
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In our collective imagination, South African farmers often conjure a stereotypical image: an Afrikaans-speaking, khaki-clad man immersed in the physical rigors of the job. But Anita Browne effortlessly defies this conventional portrait. Hailing from...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Jacques & Eugene Beukes
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Ons gesels vandag met Jacques en Eugene, wie se familie se boerderygeskiedenis terugstrek tot 1930 in die Worcester Brandwag area. Met die waardevolle leiding van 'n mentor, Oom Hugo, het hulle die fynere kuns van boerdery bemeester. Hulle het die...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Christi Van den Heever
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Soos die spreekwoord sê, ’n boer maak ’n plan. En daar is min mense wat dit meer uitbeeld as Christi Van den Heever. Die 2023 Jongboer van die Jaar in die Wes-Kaap se roete in die landbou in is dalk onkonvensioneel, maar dit spreek van harde werk.…
more -
Jongboerfinaliste Reeks: Alexander Gibson
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Boerdery is ‘n deurlopende proses, en die uiteinde is nie net die oes nie. Boere soos Alexander Gibson van Ceres se werk begin eintlik eers wanneer die oes van die lande af is. Op die Doornkraal-plaas, wat al vir meer as 25 jaar hul met sy eie vrugte...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Andries Groesbeek
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Bewaringsboerdery klink dalk net soos die nuutste gons woord in natuur-aktiviste se woordeskat, maar dit is ‘n belangrike beginsel wat boere liewer vroeër as later moet aanvaar en implementeer. So sê Andries Groesbeek, Gauteng se Jongboer van die…
more -
Jongboerfinaliste Reeks: Herman du Preez
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou ‘n Noodgedwonge besluit in boerdery is nie iets wat enige boer wil neem nie. Inteendeel, ‘n boer probeer sy beste om ten alle tye volle beheer te hê van alles wat op sy plaas aangaan. Maar na erge droogtes Noord-Wes getref het in die 1980’s, moes…
more -
Jongboerfinaliste Reeks: Herman Janse van Rensburg
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou “Boerdery is in my bloed. Dis my lewe en my liefde.” So sê Herman Janse van Rensburg, die Vrystaat Jongboer van die Jaar 2019. Die saaiboer van Arlington gesels met ons oor sy ervaring van boer in Amerika, die rol van integriteit in die boer bedryf…
more -
Jongboerfinaliste Reeks: Lion du Plessis
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou Na jare van stadslewe het Lion Du Plessis prokureur-wees in Pretoria vir boer in Ermelo verruil en teruggekeer na die huis waarin hy grootgeword het. Met die ondersteuning van sy gesin en leiding van sy pa, het hy klein begin en mettertyd al meer...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Nicky van der Linde
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In 2006 het Nicky van der Linde by sy pa op hulle plaas, Geelbos, aangesluit. Sy oupagrootjie het die plaas in 1950 begin. Ongelukkig is Nicky se pa in Desember verlede jaar aan kanker oorlede. Vanaf 2012 fokus hy op mielies en soya en met passie sy...
-
Jongboerfinaliste Reeks: Lukas Lessing
Aangedryf deur John Deere AME & Santam Landbou In die eerste van ‘n reeks onderhoude met die dinamiese,innoverende 2023 Jongboerfinaliste, het ek by Lukas Lessing in die Vrystaat, gaan kuier. Lukas het van kleinsaf elke geleentheid en verskoning gebruik om op die plaas te wees. Na ‘n draai in die...
-
Episode 35: Rossouw Cillié
Rossouw Cillié beskou boerdery as bykans ’n wettige manier van dobbel. Maar, glo hy, ’n mens moet dit met geloof aanpak. Cillié het 36 jaar gelede by die familie-onderneming, Laastedrif, buitekant Ceres, aangesluit, en voortgebou op die trotse tradisie van vrugte- en groenteverbouing, wat 100…
more -
Episode 34: Daantjie Jordaan
Gholf verg opoffering, presisie en toewyding. Dieselfde geld vir boerdery. Daantjie Jordaan, ’n PGA-gekwalifiseerde professionele gholfspeler, behartig die afgelope 13 jaar die familieboerdery te Grootvlei in Mpumalanga, insluitende ’n 113-jaar oue wildsplaas. Landbou bied toenemend uitdagings,...
-
Episode 33: James Faber
James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie. Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery. ’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong...
-
Episode 32: Gerrit de Beer
Met ’n visie om sosiale en ekonomiese opheffing deur landbou te skep, het Jan le Roux, verlede jaar se Boer van die Jaar, bykans 30 jaar gelede die Le Roux-groep op die been gebring. Sedertdien het die Le Roux-groep koringlande in die Boland opgekoop om te omskep in vrugteboorde, en deesdae…
more -
Episode 31: Nick Serfontein
Sy moed van oortuiging om nie alleen vir Cyril Ramaphosa aan te vat oor grondhervorming nie, maar ook aan die president ’n werkbare oplossing te bied vir die kwessie, het Beeld genoop om vir Nick Serfontein aan te wys as Persoon van die Jaar in 2018. Hierdie megaboer van die Vrystaat het geen...
-
Episode 30: Charles Back
Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra. Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die...
-
Episode 29: Petie Bezuidenhout
Middelburg-mielieboer Petie Bezuidenhout is ’n passievolle John Deere-kliënt, en beskik oor ’n indrukwekkende versameling van sowel Deere-speelmodelle as tweesilinder-trekkers wat hy restoureer. Besuidenhout se grootste passie bly egter boerdery. Hy bedryf die afgelope 27 jaar die…
more -
Episode 28: Christo en Abrie Cronje
Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap. Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort. Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en…
more -
Episode 27: Tom Van Rooyen
“’n Mens hoef nie die beste in die weste te wees nie; solank jy net meer agterlaat as waarmee jy begin het…” So sê Tom van Rooyen, wat boer op ’n 100-jaar oue familieplaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp. Met ’n BSc Landbou-ekonomie honneursgraad agter sy naam, verbou Van Rooyen mielies,...
-
Episode 26: Victor Adendorff
Water en sanitasie is van die grootste uitdagings wat die wêreld in die gesig staar. As stigter en Besturende Direkteur van Scientific Sanitation Solutions, wy Victor Adendorff hom toe aan die ontwikkeling van tegnologies gevorderde produkte vir water sanitasie-oplossings. Sy eertydse opleiding…
more -
Episode 25: Dewald Olivier
As kind wat in die subtropiese landboustreek van Tzaneen grootgeword het, het Dewald Olivier vanuit die staanspoor ‘n passie vir landbou gehad. Dit het uiteindelik daartoe gelei dat hy in 2018 aangestel is as hoof uitvoerende beampte van die SA Voerkraalvereniging, in welke hoedanigheid hy toesig...
-
Episode 24: Koos Janse van Rensburg van VKB
Koos Janse van Rensburg is ‘n gebore en getoë Vrystater, maar het, nadat hy sy BCom-graad aan UOVS verwerf het en 15 jaar as ‘n ouditeur in Betlehem gewerk het, etlike jare in die Wes-Kaap deurgebring, uiteindelik as bedryfsdirekteur van Kaap Agri. Hy het 15 jaar gelede egter teruggekeer Vrystaat...
-
Episode 23: Cobus van der Merwe van SKUDU
Volgens Cobus van der Merwe, HUB van Skudu, ‘n man met bykans 30 jaar se ondervinding in kommoditeite handel, voorsieningsketting en besigheidsbestuur, is daar twee aspekte wat van kardinale belang is in bemarking: bewuswording en tydsberekening. Tegnologie speel ‘n al hoe belangriker rol om...
-
Episode 22: Johan Badenhorst
Suid-Afrikaanse liefhebbers van die buitelewe word die afgelope dekade reeds op reis geneem saam met Voetspore, die reeks van dokumentêre programme op SABC 2. Dit het Johan Badenhorst gevestig as ‘n huishoudelike naam in menige plaashuise regoor die land, vanweë die epiese buitelug-ekspedisies…
more -
Episode 21: Neels Grieshaber
Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak…
more -
Episode 20: Cog van der Colff
Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer....
-
Episode 19: Zander Ernst
Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, & 'n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokados toe. Die feit dat...
-
Episode 18: Vickie van der Westhuizen
Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoe rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld, oor die afeglope...
-
Episode 17: Pieter van der Westhuizen
Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook 'n melkery bedryf het. Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en 'n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou...
-
Episode 17: Johan Vos
Met 'n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind 'n dorpsjapie wat van jongs af 'n passie vir boerdery ontwikkel het. So passievol was Johan daaroor as 'n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug - net om vir 'n paar uur te kon boer. Vee was nog altyd sy…
more -
Episode 16: Bernard Scheepers
Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie. Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou, maar...
-
Episode 15: Martin Louw
Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het. Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig...
-
Episode 14: Barry Landman
Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s. Die nuutste toevoeging tot die...
-
Episode 13: Vlok Hanekom van Die Mas
Vlok Hanekom boer saam met sy broer Coetzer op Die Mas, ‘n plaas wat deur sy ouers, Vlok sr en Welna Hanekom, in 1970 op die been gebring is en geleë is in die Kakamas-distrik - op die oewers van die Oranjerivier. Die streek beskik oor unieke klimaatstoestande, met die water van die magtige...
-
Episode 12: Theo Prinsloo van GuanoBoost
Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van , ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien. GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste…
more -
Episode 11: Kallie Carlsen van Paratus Suid Afrika
The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is. Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie…
more -
Episode 10: Kobus Steenekamp van Bayer SA
As die Kommersiële Bestuurder vir Bayer SA se afdeling vir gewaswetenskap, is Kobus Steenekamp en sy span verbind daartoe om vernuwende oplossings te bied wat boere se oes-potensiaal verhoog. Dit behels die beskerming van gewasse teen vernietigende siektes en peste. Met produkte wat wissel van...
-
Episode 9: Koos Blanckenberg
Koos Blanckenberg, ‘n vierde-geslag melk- en graanboer van die Wes-Kaap, is ‘n gesiene John Deere-kliënt wie se gemeenskapsontwikkelingsprogram geskoei is op die slagspreuk: ‘n Beter lewe vir almal... Koos het ‘n BCom-graad in Landbou-ekonomie verwerf aan Stellenbosch, maar die ondervinding wat…
more -
Episode 8: Frikkie Nel
Oorleland is die sleutel tot vrugbare grond, en iets waarin Frikkie Nel van Bothaville vas glo. Frikkie boer omdat dit in sy bloed is, en omdat dit lekker is vir hom. Hy erken egter dat boerdery 'n uitdaging bly, veral in hedendaagse tye, en dat 'n mens 'n fyn balans moet handhaaf om optimaal te...
-
Episode 7: Thabo van Zyl
Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is....
-
Episode 6: Schoonwinkel van Syngenta
Syngenta is ‘n innoverende maatskappy wat nie slegs gewasbeskermingsoplossings vir boere ontwikkel nie. Ben Schoonwinkel, hoof van kliëntebemarking vir Syngenta, gesels met Jacques Basson oor ‘n verskeidenheid van vernuwende inisiatiewe waarby Syngenta betrokke is. Syngenta, wat in 2000 tot stand...
-
Episode 5: Siyavora & Nate Heinrich John Deere US
In Amerika dra landbou meer as $100 biljoen by tot die ekonomie. Boerdery ondergaan snelle ‘vernuwing’, veral wat slimtegnologie betref. Derhalwe was dit uiters insiggewend om met John Deere afgevaardigdes Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, van die VSA, te kon gesels en hoor hoe hulle die...
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
BoerPot is ’n Agri Podcast waar ons gereeld gesels oor alles wat met landbou en Agripreneurskap te make het.Besoek ons webwerf: www.klipkouers.comBoerPot, a podcast dedicated to the agricultural sector where we regularly discuss everything related Agri and Agripreneurship.
HOSTED BY
Jacques Basson
Loading similar podcasts...