Die bankroof – ’n vervolgverhaal podcast artwork

PODCAST · fiction

Die bankroof – ’n vervolgverhaal

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis. Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word. Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die kara

  1. 55

    [Slot-episode] Die bankroof – Episode 60

    Die kaptein se “gutfeel” lei hom na ʼn huis wat Rachel na haar asem laat snak. Twee polisiemotors daag op met ʼn lasbrief om die kaptein by te staan. Die laaste hoofstuk van die bankroof hou ʼn skok of twee in.

  2. 54

    Die bankroof – Episode 59

    Rachel vertel Magriet die besonderhede van al die sake wat haar raak. Dis onaangename inligting, maar die volle waarheid moet uit. Rachel het ʼn verrassing vir die kaptein. Vincent daag by die kaptein se huis op en gee ʼn nuwe wending aan die verloop van sake.

  3. 53

    Die bankroof – Episode 58

    Daar is ʼn hand vol naskokke ná die tragiese gebeure in Potpourri. Magriet kom haal Nettie en voel skuldig oor die gebeure. Onverwags word daar links en regs nuwe vennootskappe aangebied.

  4. 52

    Die bankroof – Episode 56

    Louis Ludik dring daarop aan om eers met Rachel alleen te praat voor dat hy met enige polisieman praat. Die kaptein wil hê Rachel moet die geleentheid gebruik om Gert Greef en Rampies Reyneke se weergawes van die bankroof te bevestig. Wat het van Sally Bruinders geword?

  5. 51

    Die bankroof – Episode 55

    Magriet sukkel om te verduidelik hoekom sy na Voorsitter Philip Putter se kantoor toe is om aan die leeu se baard te gaan vat. Vincent is nie verniet onrustig nie. Hy kry ʼn besoek wat hom laat skrik. ʼn Skokkende aankondiging tref Maraisburg.

  6. 50

    Die bankroof – Episode 27

    ʼn Bekommerde Juliana en Vincent sit dringend koppe bymekaar. Vincent word verras by sy huis. Daar is ʼn koorsagtige geskarrel op Maraisburg – die dag van die tussentydse verkiesing breek aan.

  7. 49

    Die bankroof – Episode 24

    Juliana is passievol besig om stemme te werf vir die tussentydse verkiesing. Rachel is ywerig besig om haar feite oor die berugte koeverte op datum te kry. Sy merk ʼn motor op wat oral opduik en begin wonder.

  8. 48

    Die bankroof – Episode 10

    Vincent begin om Juliana se sekuriteitstelsel op te gradeer. Maar ná ʼn besoek van die polisie verloop die dag van sleg na slegter. Juliana moet inderhaas haar afsprake kortknip en terugjaag huis toe … en kry ʼn skok.

  9. 47

    Die bankroof – Episode 9

    Vincent loop hom in ʼn ontstelde Shirley vas en die vonke spat. By wie gaan soek hy troos? Shirley besluit dis tyd om die polisie daadwerklik by te staan.

  10. 46

    Die bankroof – Episode 8

    Die knap wyse waarop Koevoet Bruinders gesorg het dat hy op parool vrygelaat word, verstom mense. Die kaptein en Magriet stamp weer koppe. Het die Pauline Manders Hulpfonds en die moord op Fanie Manders enige verband met mekaar?

  11. 45

    Die bankroof – Episode 7

    Wie help Shirley Adams uit haar verknorsing en hoe? Sy en Nettie sit lelik vas. Daar kom ʼn skokkende waarheid op Philip Putter se plaas aan die lig.

  12. 44

    Die bankroof – Episode 6

    Nettie Neser word lank oor ʼn ene meneer Brown ondervra. Shirley ry om die aand op Kleinbult oor te slaap, maar dit word ʼn uitstappie met ʼn lelike nadraai.

  13. 43

    Die bankroof – Episode 5

    Vincent daag nie by Juliana se prokureur op nie. Sy is baie ongelukkig daaroor en staan hom by sy huis voor. Hulle gee mekaar gas. Iemand nooi vir Vincent speelpark toe met ʼn doel.

  14. 42

    Die bankroof – Episode 4

    Rachel Wolvaardt en Philip Putter het duidelik nie ooghare vir mekaar nie. Philip besluit dis tyd om die goeie werk wat sy oorlede vrou gedoen het, te laat herleef. Wat doen hy? Wie loop op sy spoor?

  15. 41

    Die bankroof – Episode 3

    Dis nou maar een maal hoe die lewe is: Vincent Vogel kry die een oomblik ʼn onverwagse fantastiese aanbod, en die volgende oomblik ontvang hy nuus wat hom byna ʼn hartaanval gee.

  16. 40

    Die bankroof – Episode 2

    Rachel Wolvaardt doen haar ding, al beteken dit sy meng by ʼn polisie-ondersoek in. Dit ontstel kaptein Van Rooy. Hoe minder Magriet Manders wil glo sy was by die bankroof betrokke, hoe meer dui inligting op die teendeel.

  17. 39

    Die bankroof – Episode 1

    Daar is ʼn bankroof in Maraisburg. Kaptein Van Rooy besef onmiddellik daar’s ooreenkomste tussen dié bankroof en die een van Standard Bank in 1977 in Krugersdorp. Hy besef die media gaan op die dorp toesak. Waarop hy nie voorbereid was nie, is dat die top- ondersoekende joernalis wat daar opdaag, sy voormalige vrou, Rachel Wolvaardt, is.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder. Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis. Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word. Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die kara

HOSTED BY

Maroela Media

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Die bankroof – ’n vervolgverhaal have?

Die bankroof – ’n vervolgverhaal currently has 17 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Die bankroof – ’n vervolgverhaal about?

Die bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn. Kaptein Van Rooy,...

How often does Die bankroof – ’n vervolgverhaal release new episodes?

Die bankroof – ’n vervolgverhaal has 17 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Die bankroof – ’n vervolgverhaal?

You can listen to Die bankroof – ’n vervolgverhaal on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Die bankroof – ’n vervolgverhaal?

Die bankroof – ’n vervolgverhaal is created and hosted by Maroela Media.
URL copied to clipboard!