PODCAST · sports
Die Rally-Raid Dagboek
by Izaac Beytell & Stompie Mynhardt
Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur.Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid.Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van bra
-
4
Episode 5 - Richard Schilling (Deel 1 van 2)
In hierdie episode gesels ons met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsport figure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport.Richard was onder andere:Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA)President en later Ere-President van MSAStigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid Championship (SARRC)President van die FIA se Cross Country Rally CommissionRally-Raid in Suid-Afrika dra vandag nog die vrugte van sy reuse impak – plaaslik én internasionaal.In die eerste helfte van ons gesprek vertel Richard openhartig oor:Sy begin jare in die sport tydens die uitdagende Roof of Africa wedrenHoekom Volkswagen Kewers so gewild was in veldwedrenne (in Suid-Afrika én Amerika)Die groei van die sport in Suid-Afrika en die oorskakeling van die Amerikaanse na die Europese / Dakar-benaderingSy deelname aan Baja-wedrenne in Amerika en Mexiko, waarvoor hy later met Protea-kleure vereer isToyota en Castrol se slim bemarkingstrategieë met veldwedrenne en epiese wedren herinneringeName wat in Episode 5 genoem word: Jurgen Hartel, Chris Visser Snr, Mof Visser, Andre Kock, John Salters, Buks Carolin, Klaus Degener, Rick Scalzer, Hannes Grobler, Apie Reyneke, Philip Malan, Giniel de Villiers, Richard Leeke, Fred Lievesque, Robbie Wark, en Ashley Thorn.
-
3
Episode 4 – Hannes Grobler (Deel 2 van 2)
Ons gesels verder met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends.In hierdie episode deel Hannes nog meer van sy ervaringe in die rally-raid wêreld:Die groot teleurstelling om nie in ’n Nissan bakkie aan Dakar te kon deelneem nie, maar die troos om wel in die Nissan-ondersteuningstrok te kon jaag.Die onvergeetlike avonture tydens daardie Dakar, en hoe hy benoem is vir die gesogte “Spirit of the Dakar” toekenning.Die intense kompetisie tussen Nissan en Toyota, en die wenstrategieë wat hy in rally-raids toegepas het.Die spesiale kameraderie onder kompetiteerders en herinneringe aan die legendariese Roof of Afrika en Woestyn-wedrenne.Sy sagte plek vir die private “kruideniersgeld”-deelnemers en die belangrikheid van vervaardigers se betrokkenheid by streeks-wedrenne.Die lang, spesiale verhouding met Nissan en wat dit geverg het om so ’n vennootskap vol te hou.Ligte en humoristiese oomblikke in die kajuit saam met Francois Jordaan.Name wat in Episode 4 genoem word (in volgorde van eerste verwysing): Glyn Hall, Giniel de Villiers, Kenjiro Shinozuka, Ari Vatanen, Francois Jordaan, Apie Reyneke, Kassie Coetzee, Sarel van der Merwe, Buks Carolin, Klaus Degener, Blasie Franken, Tony Pond en Richard Leeke.
-
2
Episode 3 - Hannes Grobler (Deel 1 van 2)
In hierdie episode gesels ons met Hannes Grobler – 10-malige Nasionale Kampioen en een van Suid-Afrika se grootste motorsport legends.Hannes vertel openhartig oor:Sy grootwordjare in Rustenburg, waar rugby sy eerste liefde was, totdat ’n besering hom na die motorsportwêreld gedryf het.Die legendariese jakkalsjag in plakkies en ’n T-hemp met ’n gewone straatmotor – die wedren wat die ouens se oë laat rek het en sy loopbaan afgeskop het.Sy dekades lange, lojale verhouding met Nissan Suid-Afrika.Die ontwikkeling van die ikoniese Nissan Hardbody saam met Glyn Hall, en die begin van ’n goue era vir die span.Hoe hy vir Grégoire de Mévius en Stéphane Peterhansel vir ’n “spin” gevat het – en só twee bakkies aan Nissan Europa help verkoop het.Die begin van sy vriendskap met Giniel de Villiers.Die groot Dakar-teleurstelling, en hoe hy uiteindelik in ’n trok aan die Dakar deelgeneem het.Name wat in die episode voorkom: Gawie Visagie, At Kriel, Joggie Klein, Roelf Fikner, Piet Swanepoel, Glyn Hall, Chris de Witt, Pieter de Waal, Sarel van der Merwe, Jan Habig, Nico de Waal, Blasie Franken, Grégoire de Mévius, Stéphane Peterhansel, Giniel de Villiers, Francois Jordaan en Kenjiro Shinozuka.
-
1
Episode 2 - Buks Carolin (Deel 2 van 2)
In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die sesmalige Nasionale Kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika, Buks Carolin. Hy deel onder meer:Die “oorlog” tussen die spesiale voertuie en die fabriekspanne.Die uitdagings van navigasie in die era voor GPS.Sy gunsteling wedrenne en die “Groot Een” wat hy nooit kon wen nie.Sy oorgang as navigator en die belofte aan sy goeie vriend, die wyle Abdul Variawa.Sy ervaring as navigator vir Neil Woolridge tydens die 1998 Paris-Granada-Dakar.Sy indrukke van vandag se voertuie en bestuurders.’n Interessante storie van ’n motor wat hy wou verkoop... maar toe eerder gaan jaag het (en amper die wegspring misgeloop het ná ’n laat aand se kuier!)
-
0
Episode 1 - Buks Carolin (Deel 1 van 2)
In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Buks (Bruce) Carolin, 6-malige nasionale kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika.Begin sy loopbaan in 1983 as navigator saam met Kenny Skjoldhammer.3 Nasionale kampioenskappe as bestuurder (1989, 1990, 1991).3 Nasionale kampioenskappe as navigator (1994, 2000, 2004).Wedren oorwinnings in beide enkel sitplek en dubbel sitplek voertuie.In 1998 deelgeneem aan die Parys-Granada-Dakar Rally as navigator vir Neil Woolridge in ‘n Mitsubishi Pajero.
-
-1
Voorskou - Die Rally-Raid Dagboek
Welkom by Die Rally-Raid Dagboek – ’n weeklikse potgooi oor rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt, twee passievolle aanhangers van hierdie besonderse sport. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, en Stompie ’n boer en ervare renjaer en navigator.Saam bring ons elke week nuwe en interessante stories en gebeure uit die rally-raid wêreld – van stof, adrenalien en eerstehandse wedren-ervarings tot die mense wat die sport werklik besonders maak.Geskiedenis, avontuur en rou passie. As rally-raid in jou bloed is, is hierdie jou nuwe gunsteling potgooi!
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur.Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid.Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van bra
HOSTED BY
Izaac Beytell & Stompie Mynhardt
CATEGORIES
Loading similar podcasts...