Driesestig podcast artwork

PODCAST · society

Driesestig

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Sep 11, 2026 · Source feed

  1. 1000

    Jan die Meulenaar

    Nie eers beurtkrag kon hulle stop in 1897 op Soetmelksvlei op Franschhoek nie. Johan Rademan by Jan Jordaan, beter bekend as Jan die Meulenaar, gaan kuier op Soetmelksvlei.

  2. 999

    Dorpsgeheime: Wellington se stasie

    Hester de Kock vertel van Wellington se treinstasie. Daar is in 1858 aan die land se eerste spoorlyn tussen Kaapstad en Wellington begin bou, maar vertragings het gemaak dat dit eers in 1862 voltooi is. Durban het in 1860 al ‘n treindiens geopen.

  3. 998

    Word betaal om te lees

    Singapoer wil sy burgers aan die lees kry. Daar is nou ‘n nasionale program waar jy op ‘n webblad aanteken wanneer jy lees. Jy kry dan ‘n geldjie vir jou lesery.

  4. 997

    Êrens oorsee: Winston-Salem, Noord-Carolina

    Johan Schoeman vertel vir Martelize Brink van die lewe in Winston-Salem in Noord-Carolina in die VSA. Hy woon al 28 jaar daar.

  5. 996

    Liezel laat Johnny se nalatenskap leef

    Liezel Davids, weduwee van die voormalige RSG-omroeper, kommentator en TV-aanbieder, Johnny Davids, gesels oor die afgelope paar maande sonder hom, en hoe sy steeds sy nalatenskap wil laat voortleef.

  6. 995

    Halfmarathon halflyf deur die water

    ‘n Halfmarathon In New Jersey in die VSA het onlangs voortgegaan in weerwil van blitsvloede wat veroorsaak is deur sewe duim reën in baie ‘n kort tydjie. Deelnemers moes soms halflyf deur die water beur, maar stop was min.

  7. 994

    Vergelegen se Nguni's

    Eben Olderwagen praat oor Vergelegen se Nguni’s, en waarom hulle deesdae ’n Nguni/Angus-kruising doen.

  8. 993

    In die wêreld van landbou 14 September 2026

    In vandag se landbounuus: Die minister van landbou bevestig dat die verpligte uitskot van klinies gesonde, siektevrye buffels voorlopig opgehef is; Die Egiptiese mark maak deure oop vir Suid-Afrika se rooivleis; die Agribesigheid-vertrouensindeks wys ’n verbetering; Trekkerverkope daal weer.

  9. 992

    Wat is donkertoerisme?

    Mariëtte du Toit-Helmbold verduidelik wat donkertoerisme is, hoekom mense dit doen. En plaaslike plekke om te besoek.

  10. 991

    TV-nuusleser word koning

    Ná meer as drie dekades op die troon, is die wêreld se jongste heersende koning, koning Oyo, in die ouderdom van 34 oorlede. Sy 56-jarige neef, ‘n gewilde TV nuusleser, is nou aangewys as die nuwe koning in Uganda se Tooro tradisionele koninkryk.

  11. 990

    Verken 'n grot

    Kom beleef die wêreld onder jou wêreld. Wêrelddag van Grotte en Karst word op 13 September gevier om bewusmaking te skep van dié ondergrondse towerplekke, wat entoesiastiese grotkruipers al te graag verken. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.

  12. 989

    360 Speseryroete: Wildsvleis

    Wildsvleiskenner Annatjie Reynolds gesels met Martelize Brink, en beantwoord luisteraarsvrae oor kook met wildsvleis.

  13. 988

    Te swaar om te red

    Werkers op die oliebore in die Noordsee mag van 1 November 2026 af slegs gaan werk indien hulle met werksklere en skoene aan 124 kg of minder weeg. Anders is hulle te swaar vir die kuswag se helikopter se wen-as om hulle te kan red.

  14. 987

    Minder applous, meer aksie

    “Suid-Afrika het nie nog ’n Vrouemaand nodig wat met applous eindig terwyl die stelsel dieselfde bly nie.” Die Tears-stigting doen ’n beroep op die polisie, gesondheidsdienste, werkgewers, skole, universiteite en die burgerlike samelewing om van simboliese insluiting na werklike deelname deur oorlewendes te beweeg. Celeste Louw, hoofbestuurder van dié stigting, het met Haidee Muller-Isaacs gesels.

  15. 986

    Blind, dronk en ver van die huis afgetrek

    Anthony Hall is in Engeland 240 km van sy huis af van die pad afgetrek. Hy was dronk, maar hy is ook siggestremd. Hy kan lig sien, en het agter ‘n swaarvoertuig se ligte aangery op pad Skotland toe.

  16. 985

    Jonk: Skoonheidsbehandeling vir mans

    Dr. Ria Smit praat oor skoonheidsbehandeling vir mans, wat al hoe meer gereeld versoek word.

  17. 984

    Witblitsstook op Soetmelksvlei

    Die ou mense het dikwels wyn en vrugte gestook, en die alkohol is vir medikasie en plesier gebruik. Dié tradisie word nog op Soetmelksvlei gedemonstreer. Johan Rademan het vir Curtley Hofman gevra oor dié wonderkuur wat op ‘n 1897-vertoonplaas gebruik kan word.

  18. 983

    Hoëspoed sportbra’s

    Vrouefietsry het vanjaar ‘n vars skandaal. Daar is ‘n opstop-praktyk bekend as borsstroombelyning. As die dames se borsarea vergroot word, kan daar 'n vermindering van tot 3,6% in lugweerstand wees.

  19. 982

    Êrens oorsee: Lapland, Finland

    Coenraad Spaumer gesels met Martelize Brink op die eerste dag van sy restaurant, Petronella, se nuwe seisoen in Saariselkä, Finland.

  20. 981

    Fotografie-uitstalling op Seepunt se Promenade

    Sancia Cilliers vertel vir Martelize Brink van ‘n fotografiekompetisie waar die uitstaande foto’s op Seepunt se Promenade uitgestal word.

  21. 980

    Krap is goeie besigheid

    In China is daar nou ‘n diens waar jy sagkens gekrap word met spesiaal ontwerpte naels. Die doel is om te ontspan, spanning te verlig en slaap te verbeter.

  22. 979

    Perde by Nampo Kaap

    Rudi Riek vertel vir Martelize Brink van die verskillende perderasse wat vanjaar te sien is by Nampo Kaap op Bredasdorp.

  23. 978

    In die wêreld van landbou 7 September 2026

    In die landbounuus: Graan SA is bekommerd oor reëntekorte in die Swartland; Agbiz sê stygende internasionale koringpryse is te laat vir verdere plaaslike aanplantings; SA Canegrowers verwelkom die regering se verhoging van die dollargebaseerde verwysingsprys vir suikerinvoere; en China is nou die wêreld se grootste produsent van makadamias.

  24. 977

    Gesondheidsaansprake by vleis

    Prof. Phillip Strydom praat oor die gesondheidsaansprake en persepsies van veiligheid by vleis.

  25. 976

    Mededingende grafgrawe

    Daar is onlangs ’n grafgrawe-kompetisie in Hongarye gehou. Spanne van twee het met pik en graaf deelgeneem. Die wenspan het ‘n uur en 21 minute nodig gehad.

  26. 975

    Alma van die Karoo

    Die borrelende Alma Janse Van Rensburg woon deesdae in Welgelegen in Kaapstad se noordelike voorstede, maar sy onthou steeds haar wonderskone kinderdae op Sutherland in die Karoo. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs jy moet blom waar jy ook al geplant word.

  27. 974
  28. 973

    Jacques Erasmus, die koning van konfyt

    Jacques Erasmus vertel van die SA Inlê-kampioenskap waar Hemelhuijs se Hedgerow-bessiekonfyt aangewys is as produk van die jaar. Dit het die konfytkategorie gewen. In die marmalade-afdeling het Hemelhuijs se Kumquat Conserve gewen.

  29. 972

    Vreemde navorsing

    Vanjaar se Ig Nobel-toekennings het weer vreemde navorsing vereer. Onder die wenners is daar die ontdekking dat kakkerlakmelk drie keer soveel energie as koeimelk bevat. Dit het die prys vir chemie huis toe geneem.

  30. 971

    Rene Kriel se kankerpad

    Rene Kriel van Bellville is einde verlede jaar vir die tweede keer met kanker gediagnoseer. Sy is tans in remissie, en nou wil sy ander mense bystaan tydens hulle kankerreise. Haidee Muller-Isaacs het by haar gaan koffie drink.

  31. 970

    Jonk: Sit kos gesonder voor

    Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor wat jy kan doen om sekere kossoorte gesonder voor te sit.

  32. 969

    Telefoonhokkie-redder

    William Arnold van Brittanje doen soveel hy kan om die land se laaste ikoniese rooi telefoonhokkies te red. Die hokkies mag bly as daar minstens 52 oproepe die afgelope jaar daaruit gemaak is. William gaan op toer en maak 52 oproepe op ‘n slag uit elke hokkie.

  33. 968

    Hennie Meyer in China

    Die bekroonde klei- en keramiekkunstenaar, Hennie Meyer, is pas terug uit China waar hy as 'n residensie-kunstenaar met Chinese klei gewerk het. Klei-brei in China is sover verwyder soos die weste van die ooste. Johan Rademan het hom met die driesestig-mikrofoon besoek.

  34. 967

    Dorpsgeheime: Ladismith se Hagar-kerk

    André van der Vyver vertel vir Martelize Brink van Ladismith in die Wes-Kaap se Otto Hager Kerk, wat in ‘n stadium as ‘n meule en later lusernstoor gebruik is.

  35. 966

    Toe verdwyn 'n eiland!

    ‘n Eiland in ‘n Kanadese meer het sy verskyning gemaak, toe verdwyn, maar is weer gekry. Die 9 800 vierkante meter eiland het waarskynlik oor baie jare gevorm uit opgehoopte dryfhout, wat as 'n basis gedien het vir plante en bome om wortel te skiet.

  36. 965

    Êrens oorsee: Falkland-eilande

    Jani Swart-van Biljon vertel vir Martelize Brink van die lewe in die Falkland-eilande, die wind en die pikkewyne.

  37. 964

    Cap Classique-dag

    Danna de Jongh en Lize-Marie Trichard vertel op Cap Classique-dag die storie van die eerste Kaapse vonkelwyn wat 55 jaar gelede op Simonsig gemaak is. Daar is vandagv meer as 200 Cap Classique-produsente in Suid-Afrika.

  38. 963

    Koning Harald V van Noorweë

    Marius Coetzee vertel van Koning Harald V van Noorweë en die koninklike familie. Koning Harald is Vrydag oorlede.

  39. 962

    Hollywoodstyl-hoenderroof

    Buite Kaïro het ‘n hoenderroof in beweging plaasgevind sonder dat die bestuurder van die vragmotor eens daarvan bewus was. ‘n Video van die voorval is blitsig aanlyn versprei, en die polisie en vervoermaatskappy was al daarvan bewus nog voor die saak by die polisie aangemeld is.

  40. 961

    Sardyntjies en sardynherpes

    Marinebioloog Maryke Musson praat oor sardyntjies en sardynherpes nadat daar ook in Gqeberha sardyntjies uitgespoel het.

  41. 960

    In die wêreld van landbou 31 Augustus 2026

    In vandeesweek se landbounuus: Nóg ‘n terugslag vir die plaaslike suikerbedryf; die regering kondig ‘n 20%-invoertarief op grondboontjiebotter aan; Vrystaat Landbou is bekommerd oor ’n toename in landelike misdaadvoorvalle; en ons hoor hoe sommige provinsies met bek-en-klouseer-inentings vorder.

  42. 959

    Dierevoeding en die smaak van vleis

    Prof. Phillip Strydom praat oor die invloed van ’n dier se dieet op die smaak van vleis.

  43. 958

    Robotstofsuier wat afloer

    ‘n Man in Taiwan het deur ‘n robotstofsuier se kamera gesien dat sy vrou ontrou is. Gewapen met videomateriaal wen hy toe ‘n eis in die hof teen die twee. Daarna kry hy ‘n boete en vyf maande tronkstraf omdat hy met die videomateriaal sy vrou se privaatheid geskend het.

  44. 957

    Johan se muilwarit

    Wat is die rede dat daar verskillende trekdiere, soos perde, osse en donkies ingespan is om waens en karre te trek? Johan Rademan het by Austin Cupida en Gerald Pietersen op Soetmelksvlei in die Franschhoek-omgewing gaan hoor waarvoor muile gebruik word op die plaas. Hy het saam met hulle op die wa gespring.

  45. 956

    360 Speseryroete: Kosmites - Wortels en spinasie

    Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die mites van oranje wortels en die Huis van Oranje in Nederland, spinasie wat jou sterk maak, en dat daar nie getalle kos op jou bord mag wees nie.

  46. 955

    Auragevegte

    ‘n Ander generasie se boerdery! “Aura farming” is ‘n aanlynkonsep wat nou in die regte wêreld vorm aanneem met auragevegte. Mense doen iets indrukwekkend, maar laat dit moeiteloos lyk. Toeskouers se reaksie bepaal wie die wenner is.

  47. 954

    Colin Fluxman (Deel 2)

    Die oudnuusleser, Colin Fluxman, wat al langer as 30 jaar in Amerika woon, vertel van die dag toe hy die nuus moes lees oor sy destydse vrou, 'n bekende TV-joernalis, se affair met 'n ewe bekende kerkman en anti-apartheidsaktivis.

  48. 953

    Jonk: Kos wat jy dink gesonder opsies is

    Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor kos, wat jy dink gesonder opsies is, maar nie altyd die geval is nie.

  49. 952

    Hof beveel boer om sy boord te vernietig

    ‘n Britse publikasie berig oor ‘n hof wat ‘n Amerikaanse boer aangesê het om sy naktarienboord uit te trek. Dít nadat hy vanjaar die publiek genooi het om hulleself te help. Sesduisend besoekers het sowat 83 000 kilogram se vrugte daar weggedra.

  50. 951

    Colin Fluxman (Deel 1)

    Jy sal hom onthou as destydse SAUK TV-nuusleser en aanbieder van die gewilde misdaadprogram, Police File. Hy was ook omroeper en programbestuurder van die eerstydse Springbok Radio. Colin Fluxman woon al langer as 30 jaar in Amerika, waar hy as steeds sy ding doen as stemkunstenaar. Hy is ‘n pa van vyf en oupa van sewe. Haidee Muller-Isaacs het hom op 'n heel interessante manier opgespoor...

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Driesestig have?

Driesestig currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Driesestig about?

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

How often does Driesestig release new episodes?

Driesestig has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Driesestig?

You can listen to Driesestig on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Driesestig?

Driesestig is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!