Skip to content
Geestesgesondheid podcast artwork

PODCAST · health

Geestesgesondheid

by RSG

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 7, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Geestesgesonheid: Angs by tieners tydens eksamentyd – hoe kan ouers help?

    13 Oktober 2026: Fanie Kriel, ‘n pastorale terapeut, werk vanuit sy ervaring met tieners en jongmense by skole en universiteite. Hy gesels oor angs tydens eksamentyd, hoe dit tieners beïnvloed en hoe ouers hulle kinders in hierdie uitdagende tyd die beste kan ondersteun – en wat hulle eerder nié...

  2. Geestesgesondheid: Die tentakels van trauma

    6 Oktober 2026: Dr. Deon Bruwer, wat vanuit sy ervaring in pastorale terapie baie met mense se emosionele en geestelike uitdagings werk, praat oor trauma – hoe dit ons kan beïnvloed, waarom mense dit op verskillende maniere hanteer, en hoe ’n mens kan begin om daarvan te herstel.

  3. Geestesgesondheid: Wanneer jy nie alles alleen kan dra nie

    27 September 2026: Vyf maande gelede is Lizette Volkwyn met Myasthenia Gravis gediagnoseer. Sedertdien moes sy leer saamleef met ’n liggaam wat nie altyd doen wat sy verwag nie, en ook leer om ander mense se hulp te ontvang. Johan van Lill gesels met haar oor ondersteuning, onafhanklikheid,...

  4. Geestesgesondheid: Wie sorg vir die mense wat vir ons sorg?

    22 September 2026: Dokters en ander mediese beroepslui werk elke dag naby aan siekte, pyn, trauma, verlies en soms die dood. Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat hierdie voortdurende blootstelling aan ’n mens kan doen, waarom emosionele afstand soms nodig is, en hoe mense in die mediese...

  5. Geestesgesondheid: Wanneer verantwoordelik wees oorverantwoordelikheid word

    15 September 2026: Wanneer verander verantwoordelik wees in oorverantwoordelikheid? Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor oorfunksionering: daardie patroon waar jy so gewoond raak daaraan om probleme op te los, ander mense te ondersteun en alles aan die gang te hou, dat jy later...

  6. Geestesgesondheid: Tien gesprekke wat jou anders laat dink

    8 September 2026: Johan van Lill deel tien kort uittreksels uit potgooie, TED-praatjies en onderhoude wat hom laat stilstaan en dink het. Van ’n toevallige gesprek met ’n vreemdeling op ’n trein en die behoefte om raakgesien te word, tot musiek en herinneringe, slaap, angs, vriendskap…

    more
  7. Geestesgesondheid: Hoe fiksie iets waar oor die mens kan vertel

    1 September 2026: Johan van Lillpraat met die skrywer, Frederick Botha, oor sy debuutkortverhaalbundel. Die bundel word as outofiksie beskryf, maar Frederick beklemtoon dat die verhale fiksie is en nie outobiografiese vertellings nie. Johan en Frederick gebruik die verhale as vertrekpunt vir ’n...

  8. Geestesgesondheid: Die waarde van doelbewuste wegbreke

    25 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr, Elzette Fritz oor die waarde van doelbewuste wegbreke vir ons geestesgesondheid. Elzette woon tans ’n kunswegbreek by Pedroskloof in Namakwaland by. Hulle gesels oor waarom afstand, stilte, natuur en kreatiwiteit waardevol kan wees, en hoe ’n mens…

    more
  9. Geestesgesondheid: Watter rol speel die kerk in geestesgesondheid?

    18 Augustus 2026: Johan van Lill praat met dr. Wicus van der Merwe, die hoof van kerklike opleiding aan die Fakulteit Teologie en Religie by die Universiteit van Pretoria, oor geestesgesondheid en die kerk. Hulle bespreek waarom geestesgesondheid ook ’n saak vir die kerk behoort te wees, hoe…

    more
  10. Geestesgesondheid: Wanneer angs jou lewe en werk begin beïnvloed

    11 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor wanneer angs ’n mens se lewe en werk begin beïnvloed. Hulle bespreek wanneer professionele hulp nodig is, hoe angs behandel en prakties hanteer kan word, en hoe ’n mens met ’n werkgewer oor moontlike...

  11. Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 2)

    4 Augustus 2026: Johan van Lill praat verder met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die verhoudings wat gesinne kan help om moeilike tye saam te hanteer. Hulle praat oor sosiale media, aanlynafknouery en die vyf kernbehoeftes van kinders: aandag, liefde, aanvaarding, waardering en ruimte...

  12. Geestesgesondheid: Selfdood, tieners en die brûe wat gesinne kan bou (Deel 1)

    28 Julie 2026: Johan van Lill praat met Christelle van Zyl oor selfdood, tieners en die belangrikheid van veilige verhoudings binne gesinne. Hulle praat oor sosiale media, afknouery, emosionele verbinding en waarom ouers reeds voor die tienerjare moeilike gesprekke moet begin.

  13. Geestesgesondheid: Die stories wat ons oor onsself vertel

    21 Julie 2026: Johan van Lill praat met Kobus Burger, RSG se programbestuurder, oor narratiewe terapie, 'n benadering wat mense help om anders na hulle lewensverhale en hulleself te kyk. Kobus, wat hom tans in hierdie rigting bekwaam, verduidelik hoe die stories wat ons oor onsself glo, ons...

  14. Geestesgesondheid: Wanneer jou liggaam jou dwing om anders te leef

    14 Julie 2026: Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter en die menslike leuenverklikker, oor haar lewe met myasthenia gravis, 'n seldsame outo-immuunsiekte wat spiere verswak en die eenvoudigste daaglikse take uitdagend kan maak. Lizette deel haar persoonlike ervaring van...

  15. Geestesgesondheid: Wat is die impak van leuns op geestesgesondheid?

    7 Julie 2026: Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor leuens en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Hulle praat oor kinders wat jok, volwassenes wat die waarheid verdraai, en die emosionele uitputting wat ontstaan wanneer ’n mens saamleef met iemand wat...

  16. Geestesgesondheid: Hoe kry ons weer sin, energie en rigting?

    30 Junie 2026: Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor wat gebeur wanneer mense ophou floreer. Hulle praat oor daardie stille innerlike moegheid wat dikwels insluip terwyl ’n mens steeds werk, funksioneer en aangaan met die lewe. Die gesprek fokus op hoe ons weer sin, energie en...

  17. Geestesgesondheid: Hoe lewensverandering jou geestesgesondheid raak

    Johan van Lill praat met Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor verandering, die verskillende seisoene in ons lewe en die impak daarvan op ons geestesgesondheid. Sy het onlangs ná baie jare in Johannesburg opgepak en Vermont toe getrek. Hierdie groot skuif vorm die vertrekpunt vir ’n...

  18. Geestesgesondheid: Waarom werkgewers anders oor produktiwiteit moet dink

    16 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die rol wat werkgewers speel in mense se geestesgesondheid, produktiwiteit en vermoë om te herstel. In baie Suid-Afrikaanse werksomgewings word lang ure, voortdurende beskikbaarheid en sigbare besigwees steeds maklik met...

  19. Geestesgesondheid: Rus is nie luiheid nie

    9 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die dieper betekenis van rus. In ’n kultuur waar besig wees dikwels soos sukses lyk, voel rus vir baie mense amper verkeerd. Tog is ons nie ontwerp om heeltyd beskikbaar, produktief en op volle spoed te wees nie. Ons praat...

  20. Geestesgesondheid: Die lewe ná ‘n egskeiding

    2 Junie 2026: Johan van Lill praat met Albie Jordaan oor die pad vorentoe ná ‘n egskeiding. Die gesprek fokus nie op die regskant, skuld, bakleiery of wie verkeerd is nie, maar op wat met ’n mens gebeur wanneer die drama verby is en ’n nuwe soort herstel begin. Baie mense dink hulle sal…

    more
  21. Geestesgesondheid: Uitbranding is soveel meer as gewone moegheid

    26 Mei 2026: Johan van Lill praat met Lynette Beer oor uitbranding, en waarom dit soveel meer as gewone moegheid is. Die gesprek fokus op die tekens van uitbranding, die verskil tussen stres en uitbranding, veerkragtigheid, grense, herstel, en hoe mense weer hoop, energie en betekenis kan vind.

  22. Geestesgesondheid: Die pad na ’n betekenisvolle lewe

    19 Mei 2026: Johan van Lill praat met Antoinette Pienaar oor die pad na ’n betekenisvolle lewe. Die gesprek fokus op geestesgesondheid, verlies, verandering, lewenskeuses en die dinge wat ons in ’n gejaagde moderne lewe maklik vergeet. Antoinette is bekend as aktrise, sangeres, skrywer en...

  23. Geestesgesondheid 12 Mei 2026

    Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor hoe gewone mense onsekerheid, vrees en nuuskierigheid oor kunsmatige intelligensie kan bestuur. Ons hoor al hoe meer mense sê: “KI kom vir jou werk!” Die gesprek fokus op wat hierdie verandering prakties en emosioneel beteken, hoe ons…

    more
  24. Geestesgesondheid 5 Mei 2026

    Johan van Lill praat met Madre Fraenkel, ‘n arbeidsterapeut en kenner van demensie, oor die brose kant van ouer word. Die gesprek fokus op die emosionele, praktiese en sosiale uitdagings wat dikwels saam met ouer word kom, veral wanneer mense begin wonder oor hulle gesondheid, versorging,...

  25. Geestesgesondheid 28 April 2026

    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe volwassenes se goeie bedoelings nie altyd aan kinders se ontwikkelingsbehoeftes voldoen nie. Die gesprek fokus op hoe volwassenes kinders dikwels met liefde en goeie bedoelings probeer help, maar tog soms optree op...

  26. Geestesgesondheid 21 April 2026

    Johan van Lill praat met Hazel Hatting oor ’n werklikheid waarmee baie mense elke dag saamleef: Wat gebeur as jy weet jy is in die verkeerde beroep, maar jy het eenvoudig nie die vryheid om iets anders te kies nie? Die gesprek fokus op die emosionele en sielkundige impak daarvan om vasgevang te...

  27. Geestesgesondheid 14 April 2026

    Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die verskil tussen florerende en verwoestende huwelike. Die gesprek fokus op die patrone wat oor tyd in verhoudings ontwikkel – die klein oomblikke wat bou of breek, die manier waarop paartjies met konflik werk, en hoe emosionele veiligheid en...

  28. Geestesgesondheid 7 April 2026

    Johan van Lill praat met Rouxlene Badenhorst, ‘n integratiewe gesondheidspraktisyn en psigoterapeut, oor ’n onderwerp waaroor daar selde openlik gepraat word – Wat gebeur ná ’n selfdoodpoging waar die persoon oorleef het? Dit is die stil deel van die storie: jy leef nog, maar alles het verander....

  29. Geestesgesondheid 31 Maart 2026

    Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n meester-lewensafrigter, internasionale spreker en spesialis in menslike gedrag en emosionele intelligensie, oor verwerping. Dis ’n ervaring wat byna elke mens raak, maar wat dikwels onderskat word in terme van die impak wat dit op ons emosionele…

    more
  30. Geestesgesondheid 24 Maart 2026

    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor tienerselfdood en die komplekse emosionele wêreld waarin baie jongmense hulleself bevind. Die gesprek word gevoer teen die agtergrond van onlangse gebeure in die nuus en die groeiende besef dat ons nie genoeg oor…

    more
  31. Geestesgesondheid 17 Maart 2026

    Johan van Lill praat met prestasie-afrigter en konsultant, Gielie Hoffmann, oor die noue verband tussen geestesgesondheid, prestasie en menslike groei. Hoffmann werk met organisasies, sportspanne en skole, waar hy mense help om gesonder denkwyses te ontwikkel, beter met druk te werk en volhoubare...

  32. Geestesgesondheid 10 Maart 2026

    Johan van Lill praat met lewensafrigters Jan Niemand en Hazel Hattingh oor ’n oorgang wat baie mense onderskat - aftrede en die emosionele aanpassing wat daarmee saamgaan. Die gesprek fokus op die skielike verandering wat mense ervaar wanneer ’n vaste inkomste verdwyn, wanneer identiteit wat jare...

  33. Geestesgesondheid 3 Maart 2026

    Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige dr. Elzette Fritz oor wanneer kinders se emosies oorspoel, en wat werklik gebeur wanneer ’n kind ontplof of uitreageer. Die gesprek fokus op emosionele disregulering — hoe ’n oorlaaide senuweestelsel gedrag kan dryf, hoekom kinders soms nie kan...

  34. Geestesgesondheid 24 Februarie 2026

    Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor wanneer liggaam en emosies saam praat – die diep verband tussen welwees, gevoelens en fisiese gesondheid. Die gesprek fokus op hoe emosies soos stres, angs en hartseer deur die liggaam manifesteer, hoe mense dikwels waarskuwingstekens…

    more
  35. Geestesgesondheid 17 Februarie 2026

    Johan van Lill praat met Ian von Memerty oor selfverlossing, menswaardigheid, veroudering en geestesgesondheid. Die gesprek fokus op hoe mense sin probeer maak van verlies aan onafhanklikheid, finansiële onsekerheid, veranderende identiteit en die emosionele impak van ouerword. Daar word met...

  36. Geestesgesondheid 10 Februarie 2026

    Johan van Lill praat verder met Rouxlene Badenhorst, ‘n terapeut en kliniese maatskaplike werker, oor trauma as ’n liggaam- en senuweestelselproses. Die gesprek fokus op hoe trauma in die liggaam vassteek, hoe dit gedrag, verhoudings en selfbeeld beïnvloed, en hoe genesing moontlik word deur...

  37. Geestesgesondheid 3 Februarie 2026

    Johan van praat met Rouxlene Badenhorst, ‘n terapeut en kliniese maatskaplike werker, oor trauma en die diepgaande invloed daarvan op die liggaam, emosies en selfbeeld. Sy verduidelik hoe trauma nie net gaan oor wat met ’n mens gebeur het nie, maar oor wat binne jou gebeur het as gevolg daarvan…

    more
  38. Geestesgesondheid 27 Januarie 2026

    Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n meester-lewensafrigter en skrywer, oor wat met ’n mens se identiteit gebeur ná ’n groot krisis. Wanneer mense sê: “Ek voel nie meer soos myself nie,” wat lê agter daardie woorde? Vir baie raak verlies, trauma, siekte of langdurige stres nie net hulle...

  39. Geestesgesondheid 20 Januarie 2026

    Johan van Lill praat oor ’n ervaring wat veel dieper sny as punte en verslae: Wat gebeur met ’n mens se binneste wanneer ’n leerder ’n teruggehou word in Graad R, of ‘n graad op skool herhaal. Vir baie raak dit nie net akademie nie, maar identiteit, selfbeeld en die stil stem wat begin vra: Wat…

    more
  40. Geestesgesondheid 13 Januarie 2026

    Johan van Lill praat oor ’n sagte, eerlike begin van die nuwe jaar, veral vir mense wat moeg is, onder druk leef, of met angs, depressie of rou worstel. In ’n tyd waar die wêreld vinnig vorentoe wil beweeg, bring hierdie gesprek ruimte vir rustigheid en menslikheid. Johan gesels met…

    more
  41. Geestesgesondheid 6 Januare 2026

    Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor hoe om die nuwe jaar aan te pak. Ná ’n tyd van refleksie kom daar ‘n behoefte aan rigting, maar vir baie mense ook druk en onsekerheid. Die gesprek verken hoe ’n mens ’n nuwe jaar kan begin sonder oordrewe voornemens, en eerder met…

    more
  42. Geestesgesondheid 30 Desember 2025

    Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor ’n vraag waarmee baie mense aan die einde van ’n jaar worstel: Hoe maak ek sin van die jaar wat verby is? Tussen herinneringe, teleurstellings en oomblikke van groei, kyk hulle na hoe ’n mens gesond kan terugkyk sonder selfoordeel. Die…

    more
  43. Geestesgesondheid 23 Desember 2025

    Johan van Lill praat oor ’n tema wat baie mense raak: die emosionele impak van oorgewig wees. In ’n wêreld waar liggame maklik beoordeel word, hoor ons min oor die innerlike stryd agter die glimlag. Johan gesels met koskenner en televisiepersoonlikheid Marinda Engelbrecht oor haar persoonlike…

    more
  44. Geestesgesondheid 16 Desember 2025

    Hoe gesond is jou liefdesverhouding werklik wanneer julle die deur agter julle toemaak? In ’n wêreld waar baie paartjies saam leef, maar alleen voel, verken ons die werklikhede wat glad nie op sosiale media wys nie. Johan van Lill praat met verhoudingskenner Lynette Beer oor die klein patrone…

    more
  45. Geestesgesondheid 9 Desember 2025

    Johan van Lill praat oor ’n onderwerp wat ‘n groot probleem in Suid-Afrika is. Aan die begin van Desember fokus ons op geweld teenoor vroue en kinders, en die werklikheid dat hierdie geweld dikwels in stilte voortleef. Drie vroue deel hulle ervarings, en wys hoe diep hierdie wonde sny. Daarna...

  46. Geestesgesondheid 2 Desember 2025

    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak wanneer ’n eggenoot of lewensmaat die huis en die verhouding verlaat. Hulle verken hoe hierdie gebeurtenis almal in die huishouding raak. en hoe ’n mens sin kan probeer maak uit só ’n diep, pynlike ervaring.

  47. Geestesgesondheid 25 November 2025

    Johan van Lill praat met professor Jannie le Roux oor die kweek van positiwiteit, en hoe mense se ingesteldheid en gedagtes die manier beïnvloed waarop hulle werk, leef en met ander omgaan. Hy verduidelik hoe negatiewe denkpatrone maklik wortel skiet, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte ’n mens…

    more
  48. Geestesgesondheid 18 November 2025

    Johan van Lill praat met Hazel Hattingh oor konteksblindheid in die werkplek. Wat beteken dit wanneer mense die situasie of die kamer verkeerd lees, en watter invloed het dit op werkverhoudings? Sy verduidelik hoe konteksblindheid manifesteer in gesprekke, hoe liggaamstaal, stemtoon en stilte...

  49. Geestesgesondheid 11 November 2025

    Johan van Lill praat met dr. Ronell Lemmer, ‘n kliniese sielkundige, oor emosionele regulering – hoe ons ons gevoelens kan herken, verstaan en gesond hanteer. Sy verduidelik hoe emosies deur die liggaam beweeg, hoe selfbewustheid help om stres en trauma te verwerk, en waarom dit belangrik is om…

    more
  50. Geestesgesondheid 4 November 2025

    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor boeliegedrag. Hulle ondersoek wat boeliegedrag werklik beteken, hoe dit verskil van aanranding of gewone meningsverskille, en waarom dit so wydverspreid in Suid-Afrika voorkom. Die gesprek kyk ook na die emosionele…

    more

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Geestesgesondheid have?

Geestesgesondheid currently has 734 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Geestesgesondheid about?

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.

How often does Geestesgesondheid release new episodes?

Geestesgesondheid releases new episodes frequently with a large back catalog of 734 episodes. Check the episode list for recent publication dates.

Where can I listen to Geestesgesondheid?

You can listen to Geestesgesondheid on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Geestesgesondheid?

Geestesgesondheid is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!