PODCAST
GROOTfm 90.5
by GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.
-
150
GROOT oepsie: Wit-oggend
GROOT oepsie: Wit-oggend. GROOTfm90.5
-
149
Aktualiteit: Reeksmoordenaar in Kempton Park?
Die polisie is tans versigtig om te sê of die agt vroue wie se liggame in Gauteng gevind is, met mekaar verbind kan word. Maar wanneer daar ’n reeks soortgelyke sterftes is, ontstaan die vraag natuurlik: wanneer begin ’n mens van ’n moontlike reeksmoordenaar praat? En wat moet ondersoekers op hierdie stadium dophou om vas te stel of daar wel ’n patroon is? Dr Lizelle Grobler, forensiese psigofisioloog en profileerder gesels met Sarina en Lise.
-
148
5-uur Klub Inspirasie - Woensdag 16 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Zach Williams - Chainbreaker
-
147
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 16 September
Inspirasie deur Reinhardt Smit
-
146
ABC van Ouerskap: R- RS Virus
By die R van ons ABC van Ouerskap kyk ons vandag na RSV – die respiratoriese virus wat veral vir jong babas tot ernstige asemhalingsprobleme en selfs hospitalisasie kan lei. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig dat Suid-Afrika se 2026 RSV-seisoen reeds in Maart begin het, en RSV bly ’n belangrike oorsaak van laer lugweginfeksies by jong kinders. Sarina gesels met Dr Carin Schuman, pediater by Mediclinic Kloof, oor wat ouers moet weet.
-
145
You Matter Walk 2026
Die YouMatterWalk het onlangs by The Big Red Barn in Irene plaasgevind en weer honderde mense bymekaar gebring om 'n kragtige boodskap uit te dra: Jy maak saak. Die inisiatief is gebore uit persoonlike verlies, maar het oor die afgelope vyf jaar ontwikkel tot 'n beweging wat hoop bring, gesprekke oor geestesgesondheid aanmoedig en die stigma rondom selfdood help afbreek. Sarina gesels met Christa Uys.
-
144
#OntbytMetDoepieEnNina - Posduif en Richann se nuwe enkelsnit
Posduif & Richann Brüssow het kom gesels oor hulle splinternuwe enkelsnit “Maklik In Die Moeilikheid” en hoe dit was om saam te werk.
-
143
#OntbytMetDoepieEnNina - Huispraatjies met BetterBond
Ons gesels vanoggend met Nadine Kallides, Huislening Konsultant by BetterBond oor wanneer jy aansoek doen vir 'n huislening, watter gewoontes jou aansoek verbeter?
-
142
5-uur Klub Inspirasie - Dinsdag 15 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Casting Crowns - Courageous
-
141
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 15 September
Inspirasie deur Nina vanoggend
-
140
5-uur Klub Inspirasie - Maandag 14 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Caleb & John - He hasn't healed you yet
-
139
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 14 September
Inspirasie deur Teodor van der spuy
-
138
Dink jouself gelukkig!
13 September is Dink-positief-dag – ’n goeie geleentheid om ’n bietjie stil te staan by die krag van ons denke. Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan leer om anders te kyk na dit wat met ons gebeur. En dit is presies waaroor Pieter van Jaarsveld se boek Dink jouself gelukkig gaan: die idee dat geluk nie noodwendig iets is wat ons buite onsself moet gaan soek nie, maar dat ons ingesteldheid ’n enorme rol speel in hoe ons die lewe ervaar.
-
137
Episode 45 – Die profeet Jeremia
9 Aug 2026 19:00 - 20:00 Tydens die uur gesels Dr Zander van der Westhuizen en Prof Chris de Wet oor die profeet Jeremia. Leer meer oor sy vroeë en latere lewe. Hulle vertel meer oor sy roeping en hoe sy roepingsgeskiedenis ons vandag kan inspireer oor hoe ons oor roeping dink. Leer ook nuwe feite oor die Bybel en vind ’n paar nuwe feite rondom navorsing uit.
-
136
#OntbytMetDoepieEnNina - Robbie Wessels - Als vir die Bok!
Robbie Wessels se splinternuwe Springbok-geeslied “Als vir die Bok”🏉 ’n Lekker energieke, komiese lied vol rugbygees, geskryf op die wysie van die bekende “I Would Do Anything for Love”. Dis gemaak om te sing, lag en die Bokke te ondersteun!🔥
-
135
5-uur Klub Inspirasie - Vrydag 11 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Rhett Walker - Goodness of God
-
134
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 11 September
Inspirasie deur Janine Fourie
-
133
#WeeksdaeVibesMetVenita - Piper Connely & Esjay Jones | 10 September
Dis weer tyd vir Charonike's VIBE Corner!! Charonike gesels met die 15-jarige Amerikaanse kunstenaar Piper Connely en Suid-Afrikaanse vervaardiger en musikant Esjay Jones oor Piper se nuwe enkelsnit "Unapolagetic".
-
132
Hoe lyk 'n goeie leier vandag?
Die wêreld van werk het dramaties verander – en daarmee saam ook die manier waarop ons oor leierskap en bestuur moet dink. Werknemers soek vandag meer as net ’n baas wat opdragte gee; hulle wil ’n leier hê wat kan luister, afrig, aanpas en mense deur voortdurende verandering kan begelei. Van agile leadership en emosionele intelligensie tot generasieverskille en sielkundige veiligheid – moderne leierskap vra ’n heel ander benadering. Anja van Beek, kenner op die gebied van moderne leierskap, oor wat dit werklik beteken om ’n goeie bestuurder én ’n goeie leier in vandag se werksplek te wees, sluit by Sarina aan.
-
131
5-uur Klub Inspirasie - Donderdag 10 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Sidewalk Prophets - Father, let it be
-
130
#OntbytMetDoepieEnNina - Kultuur in die werksplek Deel 2
Ons gesels verder met Marno Boshoff en sy span wat verantwoordelik is vir die Kultuur by King Price oor wat ons kan doen om ons werksplek kultuur te verander.
-
129
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 10 September
Inspirasie deur Doepie vanoggend
-
128
#WeeksdaeVibesMetVenita - Justin Coetzee | 9 September
Justin Coetzee is lief vir die liefde - hy skryf selfs liedjies daaroor. Venita gesels met hom oor sy nuwe enkelsnit "Opsoek Na Liefde".
-
127
GROOT oepsie: Bedrof
GROOT oepsie: Bedrof. GROOTfm90.5
-
126
#OntbytMetDoepieEnNina - Majozi (Hold Tight)
Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer MAJOZI stel vandag sy opbouende nuwe enkelsnit, *HOLD TIGHT*, vry – die derde amptelike enkelsnit vanaf sy bekroonde EP, *FLANNEL MUSIC*. Die snit kombineer meesleurende melodieë met 'n optimistiese boodskap van volharding en verbondenheid, en dien as 'n herinnering om vas te hou te midde van die lewe se onsekerhede en om die mense wat die pad saam met ons stap, te koester.
-
125
5-uur Klub Inspirasie - Woensdag 9 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Patrick Mayberry - Lead on good Sheppard
-
124
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 9 September
Inspirasie deur Reinhardt Smit vandag
-
123
#WeeksdaeVibesMetVenita - The Bird | 8 September
Haar naam is Bianca, maar sy stel musiek vry onder die naam The Bird en sy gesels met Venita oor haar nuutste enkelsnit 'It's Just Begun'.
-
122
Sarina gesels vrouegesondheid
Sarina en Neliana Horn, Nasionale Kommersiële Bestuurder by Ethica gesels oor Sérélys MENO, en hoe dit vroue help om die simptome van Perimenopause en Menopause, op ‘n nie-hormonale manier te behandel. Back-a-buddy
-
121
ABC van Ouerskap: Q- Q&A
In die ABC van Ouerskap staan ons eers 'n bietjie stil by algemene vrae van ouers by die letter Q vir Q&A. In die ateljee is Dr Maretha Combrink, Pediater by MediClinic Kloof, Cecile van Niekerk - Dieetkundige by Peanut en Mieke Spoormaker - Arbeidsterapeut en eienaar van Senseability studios.
-
120
#OntbytMetDoepieEnNina - Jaco Kriel (Oud Springbok) oor JK6
Oud Springbok, Jaco Kriel, het by Doepie en Nina kom gesels op Ontbyt, oor sy JK6 Foundation en die verskil wat hy veral ondere jong seuns probeer maak deur sy getuiennis te deel en mentorskap te bied.
-
119
#OntbytMetDoepieEnNina - Huispraatjies met BetterBond
Ons gesels vanoggend met Jakob van Betterbond oor wat die banke na kyk ass dit kom by n huislening.
-
118
5-uur Klub Inspirasie - Dinsdag 8 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met CAIN - Rise Up
-
117
#OntbytMetDoepieEnNina - Waarvoor betaal mens jou dokter?
Na n gesprek ongeveer 2 weke terug het Doepie en Nina vir Dr Elize Neil genooi om te kom verduidelik hoekom jou dokter jou elke 6 mmaande moet sien en nie net n herhaling op kroniese voorskrifte kan gee nie.
-
116
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 8 September
Inspirasie Deur Nina Vanoggend
-
115
#WeeksdaeVibesMetVenita - Cece Vee | 7 September
Venita gesels met Cece Vee oor haar nuutste enkelsnit "Maryanne".
-
114
#OntbytMetDoepieEnNina - Jacobus nuwe enkelsnit
JACOBUS het kom kuier by Doepie en Nina op ONBYT om 'n paar "misverstande" uit te klaar en ook te gesels oor sy nuwe enkelsnit saam met Demi-Lee Moore, Probeer!
-
113
5-uur Klub Inspirasie - Maandag 7 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met For King + Country - Shoulders
-
112
#OntbytMetDoepieEnNina - FAK Skryf'it Top 5 aankondiging
Die Ghoeroes het hulle ding gedoen en die Top 5 van die Skryf'it kompetisie is bepaal. Wie gaan koning kraai?
-
111
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 7 September
Inspirasie deur Teodor Van Der Spuy
-
110
5-uur Klub Inspirasie - Vrydag 4 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Brandon Lake - How good God is
-
109
#OntbytMetDoepieEnNina - Janie Bay enkelsnit saam Hunter Kennedy
Janie Bay het kom kuier oor haar nuutste enkelsnit en het ons asems weggeslaan met n akoestiese weergawe van Tina Turner
-
108
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 4 September
Inspirasie deur Janine Fourie
-
107
#ALT-Fokus - Shortstraw | 3 September
Shortstraw is hierdie week se #HOOF-fokus en Venita gesels met die manne oor hulle nuutste EP, Everything In Between. Sy leer meer oor die beginjare van die band en wat hulle al vir die afgelope 17 jaar suksesvol in die musiekbedryf hou.
-
106
Wêreld Mondhigiënemaand - Brussouw Holistic Health Solutions
September is Wêreld Mondhigiënemaand – 'n goeie herinnering dat 'n gesonde mond oor veel meer as net 'n mooi glimlag gaan. Goeie mondhigiëne kan jou algemene gesondheid beïnvloed en help om tand- en tandvleissiektes te voorkom. Sarina gesels met Marguerite Brussow van Brussouw Holistic Health Solutions oor eenvoudige gewoontes wat 'n groot verskil kan maak.
-
105
#OntbytMetDoepieEnNina - Snotkop nuwe enkelsnit
Vars van die Multi-Platinum-sukses van hul treffer "Boerepompie", is Snotkop en Ricus Nel terug met nóg 'n groter samewerking wat Suid-Afrikaners regoor die land gaan vermaak. Hul splinternuwe enkelsnit, "Koelboks Koning", word vergesel deur 'n skreeusnaakse musiekvideo wat beloof om onmiddellik 'n gunsteling onder aanhangers te word.
-
104
5-uur Klub Inspirasie - Donderdag 3 September 2026
Charonike bring jou oggend inspirasie met Andre Ripp - Breakdown
-
103
#OntbytMetDoepieEnNina - Kultuur in die werksplek Deel 1
Ons gesels met Marno Boshoff en sy span wat verantwoordelik is vir die Kultuur by King Price oor wat ons kan doen om ons werksplek kultuur te verander.
-
102
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie -3 September
Inspirasie deur Doepie
-
101
#WeeksdaeVibesMetVenita - Preston Pablo | 2 September
Al die pad van Kanada af! Preston Pablo gesels met Venita oor sy musiekloopbaan en die nuwe musiek wat hy in 2026 vrygestel het. Hy leer Venita sommer ook ’n ding of twee oor hoe om die Kanadese winters te oorleef, terwyl sy intussen haar khaki en vellies-pakkie regmaak vir wanneer hy uiteindelik sy eerste SA-vertonings kom doen.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.
HOSTED BY
GROOTfm 90.5
Loading similar podcasts...