PODCAST · society
In alle Ernst
by Ernst J. van Zyl
Die In alle Ernst-podsending bespreek onderwerpe soos identiteit, kultuur, gemeenskap, Suid-Afrika en meer in Afrikaans.
-
96
Ep. 70 - Die toekoms behoort aan die bouers, nie die hernoemers nie
Die ANC-geleide regering se politieke foefie om vir Graaff-Reinet te hernoem na "Robert Sobukwe-dorp" het my weer herinner aan ’n ou gesegde: Diegene wat kan, doen. Ek reken ons kan dit gerus aanpas in ons tyd na: Diegene wat kan, bou, en diegene wat nie kan bou nie, hernoem.
-
95
Ep. 69 - Hoekom ontaard liberale demokrasieë in tirannieë?
Ek bespreek Amerikaanse politieke analis en skrywer Auron MacIntyre se boek, The Total State (2024) se arguments oor hoekom soveel liberale demokrasieë ontaard in tirannieë.
-
94
Ep. 68 - In multikulturele politiek kraai identiteit steeds koning
Ek bespreek hoe die vraag "Wie is ons?" gaan bepaal hoe die 21ste eeu gaan uitspeel in Suid-Afrika, vir die Afrikaners, asook in Amerika en Europa.
-
93
Ep. 67 - Is Amerika en Europa besig om te Suid-Afrikaniseer?
Vele lande is besig om teken te toon van "Suid-Afrikanisasie". Hoe lyk Suid-Afrikanisasie egter as beleidsraamwerk in praktyk? Ek bespreek.
-
92
Ep. 66 - Hoe lyk die toekoms vir Afrikaners in Afrika?
Regdeur die geskiedenis het vele al gedink die Boere se storie is verby: ná die Groot Trek, Bloedrivier, die Vryheidsoorloë, die Groot Depressie, en veral toe ons in 1994 beheer oor die staat verloor. Elke keer was dit “die einde”. Die doemprofete bly egter verkeerd. Ons is steeds hier. Hierdie episode se inhoud is ‘n aangepaste weergawe van my 2025 Geloftedag feesrede by die Bapsfontein Geloftefees.
-
91
Ep. 65 - Vir individue en volke is isolasie dikwels ’n keuse
Een van die lotsbepalende faktore vir Afrikaners in die 21ste eeu gaan beslis wees hoe doeltreffend ons op groterwordende skaal organisasie- en gemeenskapsbouers gaan word. ’n Goeie voorbeeld van die vrugte wat gepluk kan word van organisasie- en gemeenskapsbou is die ontstaan en groei van AfriForum.
-
90
Ep. 64 - Die wêreld vind uit van polities ongerieflike feite oor Suid-Afrika
Ek bespreek die groot deurbrake en vordering gemaak deur verskeie organiasies en individue in die aanhoudende stryd om die wêreld in te lig oor die waarheid rakende die Suid-Afrikaanse regering se korrupsie, mislukkings en menseregteskendings.
-
89
Ep. 63 - Ons is almal Charlie Kirk
Ek bespreek die Amerikaanse kommentator en aktivis Charlie Kirk se nalatenskap, die implikasies van sy sluipmoord, asook hoe ons moet reageer op radikale linkse geweld.
-
88
Ep. 62 - Hoe Afrikaners organiseer in die 21ste eeu gaan ons toekoms bepaal
Ek bespreek die gedagte dat hoe Afrikaners bymekaarkom, mekaar vind, en organiseer in die 21ste eeu gaan ons toekoms bepaal, die idee van die "Afrikaner gevaar," asook die feit dat hoe ‘n volk reageer op uitdagings hom definieer. Hierdie video is 'n verwerkte weergawe van my feesrede by die Bapsfontein Geloftefees in Garsfontein op Geloftedag 2024.
-
87
Onderhoud 26: Koos Malan | Selfbeskikking, Transformatisme, en die staatsgodsdiens van Suid-Afrika
Ek gesels met voormalige professor in Publieke Reg aan die Universiteit van Pretoria, konstitusionele juris, en skrywer Koos Malan oor selfbeskikking, Artikel 235 van die Suid-Afrikaanse grondwet, die"Kill the Boer"-uitspraak, en die vraag: Kan jy op die howe vertrou? Verder gesels ons oor Transformatisme, tirannie van die meerderheid, en die staatsgodsdiens van Suid-Afrika.
-
86
Ep. 61 - Trump-tariewe: Ramaphosa en ANC-geleide regering het droewig misluk
President Donald Trump se tariefbom het hierdie week behoorlik gebars en hoewel die implementering daarvan vroeër met 90 dae opgeskort is om ruimte te laat vir onderhandelinge, het die ANC-geleide regering ’n kop-in-die-sand-benadering gevolg. Die implementering van ’n 30%-tarief op invoere na die VSA uit Suid-Afrika tree op 1 Augustus in werking en dit is duidelik dat Suid-Afrikaners nou die wrang vrugte smaak van die regering se voetslepery en ontkenning van probleme.
-
85
Ep. 60 - Afrikanervlugtelinge vlug vir meer as bloot wetgewing wat hulle teiken
Onlangs het 49 Afrikanervlugtelinge se vertrek na die VSA ’n groot debat en bohaai ontketen. Naas simpatie en hartseer was daar ook ’n hewige porsie snedige grappies en opmerkings wat ten koste van hulle gemaak is. Ek wil sommige van hierdie opmerkings onder die loep neem, veral dié wat op moedswillige trant vra: “Waarvan wil julle dan nou eintlik vlug?” Hierdie doodgewone Afrikaners vlug waarskynlik van meer as slegs regeringsbeleide en politieke retoriek wat hulle teiken beleide en retoriek wat die spotters so graag en gretig ontken.
-
84
Ep. 59 - Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
Die ANC bestempel president Donald Trump se uitvoerende bevele, kritiek teen die Suid-Afrikaanse regering en die instelling van wederkerige tariewe as “martelend”. Dit dui daarop dat dié party geen immuniteit het teen skeptiese en ondersoekende internasionale aandag nie. ANC-kaders het gewoond geraak aan die rooi tapyt wat vir hulle uitgerol word, selfs al betrap hulle dit gereeld met modder.
-
83
Ep. 58 - Politici en die media se leuens oor Suid-Afrika
In hierdie episode bespreek ek al die onderduimse taktieke en skaamtelose propaganda wat die Suid-Afrikaanse regering en hul aanvalshonde in die media gebruik het sedert president Donald Trump in Februarie 2025 hierdie rasmal regime in sy visier geplaas het.
-
82
Ep. 57 - Boodskap aan diegene wat steeds plaasmoorde ontken
Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waar die slagoffers doodeenvoudig as leuenaars afgemaak word? Hoekom is plaasmoorde die enigste geweldsmisdaad waaroor joernaliste op sosiale media grappies maak? Ek opper hierdie en ander vrae.
-
81
Onderhoud 25: Paul Maritz | Die Christen, sy eiendom en identiteit
Ek en Paul Maritz het onlangs gesels op die Begrond Instituut se podsending genaamd Vryspraak oor Christenskap en eiendom, identiteit, grond, kultuur, en meer.
-
80
Ep. 56 - Die doemprofete was verkeerd oor Afrikaans en Afrikaners
Ek bespreek hoe Afrikaners in die 21ste eeu al die post-1994 doemprofete, wat die einde van Afrikaner kultuur en Afrikaans voorspel het, verkeerd bewys het.
-
79
Ep. 55 - “ʼn Boer maak ʼn plan” word internasionaal bekend
Ek bespreek AfriForum se onlangse steunwerwingstoer in die VSA, hoe die buiteland begin kennis neem van Suid-Afrika se krisisse, asook die herontdekking van die Afrikaners deur die Weste.
-
78
Ep. 54 - Afrikaners se nuwe internasionale reputasie
Ek bespreek die nuwe, positiewe internasionale reputasie wat Afrikaners duidelik aan die verkry is oorsee. “’n Boer maak ’n plan” het internasionaal gegaan.
-
77
Ep. 53 - Afrikaners: Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad?
Ek bespreek die kernvrae van kulturele voortbestaan wat antwoorde vereis. Wie is ons? Waar kom ons vandaan? Waarheen is ons op pad? Hierdie is ‘n verkorte weergawe van my 2023 feesrede by die Wilgefontein Geloftefees op die Greylingstad-Villierspad feesterrein.
-
76
Onderhoud 24: Professor Koos Malan | Die uithoeke van die Westerse beskawing
Ek het 'n gesprek met professor Koos Malan oor sy meningstuk wat uiteensit hoe die Weste op alle fronte, veral aan sy periferie, onder beleg is.
-
75
Onderhoud 23: Werner Human | Die Afrikaner Verklaring
Ek gesels met Werner Human, die Operasionele Hoof van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud, storie, visie en missie van die Afrikaner Verklaring.
-
74
Ep 52 - Diversifiseer jou oplossingsportefeulje
In hierdie episode verken ek die redes vir hoekom mense meer veelsydig oor oplossings moet dink en hoekom mens eenvoudige oplossings met 'n knippie sout moet neem.
-
73
Ep. 51 - Post-1994: Afrikaners word wéér organisasiebouers
Ek bespreek hoe Afrikaners weer organisasiebouers in die 21ste eeu geword het (post-1994) , na 'n periode van staatsbouers wees onder apartheid. N.P. van Wyk Louw se skrywes oor Afrikaner kulltuurorganiasies word ook ontleed.
-
72
Ep. 50 - Weerstaan die verleidelike gemak van virtuele laers
In hierdie episode is die onderwerp die aanlyn laers wat 'n groot gros Afrikaners na gevlug het om die gruwels and frustrasies van 21ste eeu Suid-Afrika te ontsnap.
-
71
Onderhoud 22: Professor Danie Goosen | Gemeenskap en plek, orde en chaos, Afrikaners se verlede en toekoms
Ek gesels met Akademia se professor Danie Goosen oor onderwerpe soos gemeenskap, plek, kultuur, Afrikaners se verlede, hede en toekoms, en veel meer.
-
70
Ep. 49 - Dricus du Plessis: Die allemansheld
Ek bespreek hoe Dricus du Plessis sy reputasie gevestig het as Jan Alleman se verteenwoordiger en held op die internasionale verhoog.
-
69
Onderhoud 21: Boermedia | Die noodsaaklikheid van ons eie alternatiewe media
Ek gesels met Johan van der Merwe van Boermedia. Ons bespreek die noodsaaklikheid van alternatiewe media, Boermedia se visie en missie, die inligtingsera, saamstaan, saam bou, leierskap, eenheid onder Afrikaners, en meer.
-
68
Ep. 48 - Wat die hemelhoë TV-lisensiegeldontduikingskoers onthul oor die regering se blaf teenoor sy byt
Ek bespreek die hemelhoë TV-lisensiegeldontduikingskoers wat net aanhou toeneem, en wat hierdie statistiek vir ons vertel van die regering se blad teenoor sy byt wat burgerlike nie-nakoming betref.
-
67
Ep. 47 - Die morele verval van plaasmoorde-ontkenning
Hierdie week se onderwerp is die morele verval wat gepaard gaan met die ontkenning van plaasmoorde.
-
66
Ep. 46 - Afrikaners oorkom ook armoede: Die Helpmekaar-beweging
Ek bespreek die geskiedenis van die Helpmekaar-beweging en hoe gemeenskapsinisiatiewe Afrikaners gehelp het om ekstreme armoede te ontsnap.
-
65
Onderhoud 20: Joost Strydom | Orania: Van dorp tot stad
Ek gesels met Joost Strydom, Uitvoerende Hoof van die Orania Beweging en Oraniër, oor die belangrikheid van identiteit, Orania se beplande ontwikkeling van dorp na stad, Orania se verhouding met ons verlede, en meer.
-
64
Ep. 45 - ’n Boer in Boedapest
Ek bespreek van die lesse wat Afrikaners kan leer by die Hongare gebaseer op my besoek aan Boedapest en wat ek daar gesien en ervaar het.
-
63
Ep. 44 - Saam kan ons veilige hawens teen die stormsee bou
In hierdie episode bespreek ek hoe gemeenskappe prakties hulself kan beveilig teen wanorde en chaos.
-
62
Ep. 43 - Die ou orde vrees Afrikaners wat organiseer
Ek bespreek die krag van saamstaan, ‘n gesonde kollektiewe selfbeeld, en hoekom die heersende orde van vandag hierdie vrees onder Afrikaners spesifiek.
-
61
Ep. 42 - Gerieflikheid is óók een van die duiwel se geliefde oorkussings
Ek bespreek hoe baie mense hul vryhede prysgee vir gerieflikheid en gemak.
-
60
Ep. 41 - Gemeenskapsfederalisme as antwoord op staatsentralisme
Ek bespreek die konsep van gemeenskapsfederalisme en hoe dit ’n werkbare toekomsplan op die tafel plaas vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika.
-
59
Ep. 40 - Om meer betrokke te raak in jou gemeenskap
In hierdie episode bespreek ek groter gemeenskapsbetrokkenheid as ’n goeie en bereikbare Nuwejaarsvoorneme.
-
58
Ep. 39 - Moenie saam met die verafgoders van die Daad kniel nie
In hierdie episode delf ek in N.P. van Wyk Louw se idee van die verafgoders van die Daad en verduidelik hoe dit relevant is tot vandag.
-
57
Ep. 38 - Ongeregtighede en verantwoordelikhede
Ek bespreek hoe om ’n nugter perspektief te hê oor die onregverdighede van ons tyd in die konteks van ons geskiedenis.
-
56
Onderhoud 19: René van der Vyver | Die lewe van ’n jong Afrikaner in Afrika
Ek gesels met René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug en trotse Afrikaner. Ons bespreek die sleuteluitdagings wat jong Afrikaners vandag in die gesig staar, wat AfriForum Jeug doen, die belangrikheid van moedertaalonderrig, Afrikaanse studente wat geteiken en uitgesluit word by die Universiteit Stellenbosch (US), Noordwes Universiteit (NWU) / Pukke se onlangse rasse-uitsluitingskandaal, wat haar as jong Afrikaner hoop gee vir die toekoms, en meer.
-
55
Ep. 37 - Instandhouding en bewaring as deugde
Ek bespreek hoe instandhouding en bewaring as deugde beskou moet word.
-
54
Ep. 36 - Bou, plant en skep self
Deur jou Godgegewe talente en behoefte om te skep, te plant en te bou ten volle uit te leef en te gebruik, lewe jy tot eer van God en tot voordeel van jou geliefdes en gemeenskap.
-
53
Ep. 35 - Wat is Suid-Afrikanisering?
Suid-Afrikanisering is ’n koers wat ’n land inslaan, wat ’n skadelike gevolg is van ’n bepaalde kombinasie van faktore eerder as van enige van hierdie faktore op sigself. Hierdie kwaal raak nie net Suid-Afrika nie maar het reeds, soos ’n vernietigende virus, ook na talle ontwikkelde lande versprei, veral in die Weste. Watter kombinasie van faktore is nodig om hierdie infeksie te diagnoseer? Ek verduidelik.
-
52
Onderhoud 18: Professor Koos Malan | Grondwetlike wanorde
Ek gesels met Professor Koos Malan, Professor in Publiekreg by die Universiteit van Pretoria en die skrywer van There Is No Supreme Constitution. On gesels oor die huidige politieke en grondwetlike orde in Suid-Afrika en waarnatoe dit op pad is.
-
51
Ep. 34 - Die geheim van lewe onder en ná die ANC
Ek verduidelik hoe AfriForum en die Solidariteit Beweging die geheim ontdek het tot lewe onder en ná die ANC.
-
50
Ep. 33 - Diskriminasie teen minderhede in Suid-Afrika
Ek bespreek die inhoud van die nuutste Die Wêreld Moet Weet verslag wat ek vir AfriForum geskryf het. Die 2022-verslag poog om nuwe wetgewing, gevalle en beleide te dokumenteer wat met die vervolging van minderhede in Suid-Afrika verband hou en wat in werking gestel of voorgestel is, of plaasgevind het sedert die verskyning van die eerste verslag in 2020.
-
49
Onderhoud 17: Flip Buys | Die pad na selfbestuur
Ek gesels met Flip Buys, Voorsitter van die Solidariteit Beweging, oor die inhoud van sy boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur. Ons bespreek ook die pad vorentoe vir Afrikaners, hoe om oor oplossings te dink, federalisme en hoe om staatsbestand te wees.
-
48
Ep. 32 - Kultuur in Suid-Afrika – wat gaan onder die oppervlak aan?
Ek bespreek van die lesse en insigte wat ek gekry het deur my Suid-Afrikaanse kultuurrreeks op my Conscious Caracal kanaal.
-
47
Ep. 31 - AfriForum hou wag, in ons dorpe en op die grense
In hierdie episode bespreek ek AfriForum se grenswag inisiatiewe wat onlangs die hele land aan die praat gekry het.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
TOPICS IN THIS SHOW
Loading reviews...
Loading similar podcasts...