PODCAST · education
Kompas
by RSG
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
-
1000
Kompas: Hersiening - Rekeningkunde Vraestel 1
8 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Rekeningkunde.
-
999
Kompas: Vakkeuses
7 September 2026: Graad 9-vakkeuses is een van die belangrikste besluite vir ‘n hoërskoolleerder. Hoe gaan ‘n mens te werk wanneer dié besluit op jou voorstoep land?
-
998
Kompas: Die impak van ‘n vriend se selfdood
4 September 2026: Watter impak het ’n vriend se selfdood op jou? Ons praat met iemand wat só iets ervaar het.
-
997
Kompas: Hendré, die houtverkoper
3 September 2026: Het jy geweet jy kan reeds op sewe jaar ‘n suksesvolle entrepreneur wees? Ons gesels met ’n jong knaap wat bewys dat jy nooit te jonk is om ’n suksesvolle besigheid te begin nie. Sy naam is Hendré, en hy verkoop hout.
-
996
Kompas: Angela is nie jou gewone mynwerker nie
19 Augustus 2026: Angela Lindeque, 'n trotse boorling van Namakwaland, breek mure af en herdefinieer wat moontlik is vir vroue in 'n bedryf waar mans tradisioneel die reëls bepaal. Sy is een van slegs drie vroue in die hele land wat die mynreddingskursus suksesvol voltooi het. In Junie is sy as ‘n internasionale myn se sterpresteerder vir 2026 genomineer.
-
995
Kompas: Hersiening - Afrikaans Vraestel 2
1 September 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 2 van Afrikaans.
-
994
Kompas: STEM-loopbane net vir mans?
31 Augustus 2026: Baie jongmense dink dat STEM-, tegniese- en beroepsgerigte loopbane net vir mans is, maar is dit werklik die geval? Hoe kan jong vroue bemagtig word om daarin te tree?
-
993
Kompas: Bemiddeling as ‘n loopbaan
28 Augustus 2026: Wat is bemiddeling, en is dit moontlik om dit as ‘n loopbaanrigting te volg? Barrie Ferreira vind uit wat dié rigting alles behels.
-
992
Kompas: Spesiale stemme
Ilke Davids van die Oanafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik wat spesiale stemme is, en wie aansoek kan doen.
-
991
Kompas: Ben Albertyn en Roberto Kyle
26 Augustus 2026: Ons hoor van twee jong Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die Silwerskermfees op sy kop gekeer het. Ben Albertyn is te sien in die drama, Landmyn. Dié film gaan oor drie broers en susters wat ná 'n dekade weer bymekaarkom, en hulle ma wat soos 'n landmyn op die punt staan om te ontplof. En, ons praat met Roberto Kyle, 'n akteur, skrywer én regisseur wat sy debuutkortfilm, Genoeg, gemaak het. Dit is 'n diep persoonlike storie oor 'n seun en sy pa.
-
990
Kompas: Hersiening - Wiskunde Vraestel 1
25 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Wiskunde.
-
989
Kompas: Die toeganklikheid van TVET-kolleges
24 Augustus 2026: Hoe word leerders met gestremdhede bygestaan by TVET-kolleges? Wat moet nog gedoen word om toeganklikheid te verbeter?
-
988
Kompas: Honderde kilometers oor agt dae met sonkrag
21 Augustus 2026: Barrie Ferreira maak ‘n draai by die Hoër Tegniese Skool John Vorster in Pretoria om te gaan kyk na sonkragmotor wat die leerders gebou het. Hulle gaan deelneem aan ‘n sonkaruithouren. Die projek gee vir hulle ‘n geleentheid om ander vaardighede aan te leer.
-
987
Kompas: Vrye en regverdige verkiesings
20 Augustus 2026: Liezl Low van die Onafhanklike Verkiesingskommissie verduidelik wat vrye en regverdige verkiesings beteken.
-
986
Kompas: Saskia Pocock is die stem van RSG se nuwe boekvoorlesing
19 Augustus 2026: Saskia Pocock was net 17 jaar oud toe twee oproepe van RSG haar lewenspad verander het. Sedertdien het sy gegroei van 'n skoolmeisie met 'n kultuurbalkie op haar baadjie tot 'n gevestigde kunstenaar wat radio, verhoog, besigheid en internasionale ervaring in een loopbaan saambring. Sy het nou 'n nuwe hoofstuk betree as die stem van RSG se oggendboekvoorlesing.
-
985
Kompas: Hersiening - Afrikaans Huistaal
18 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 en 3 van Afrikaans Huistaal.
-
984
Kompas: Hoekom is dit belangrik vir ambagslui om te registreer?
17 Augustus 2026: As jy tans as ‘n ambagspersoon opgelei word, is dit belangrik dat jy moet registreer. Dit demonstreer jou bevoegdheid, verhoog jou geloofwaardigheid en lewer ‘n bydrae tot die vaardige, nasionale werkersmag waarop daar vertrou kan word.
-
983
Kompas: Stilstaan, vooruit of agteruit in jou loopbaan?
14 Augustus 2026: Hoe kan jy bepaal of dit goed of sleg gaan met jou werk en loopbaan?
-
982
Kompas: Gedragskode vir kandidate en kiesers
13 Augustus 2026: Ellsforth Booyse van die OVK praat oor die gedragskode vir kandidate en kiesers.
-
981
Kompas: Die kunstenaar in jou
5 Augustus 2026: Kuns is nie net as iets wat teen ’n muur hang nie. Ons praat oor kuns as ’n stem. As ’n manier om te sê: “Dít is wie ek is. Dít is waar ek vandaankom. Dít is hoe ek die wêreld sien.” Miskien is daar ook ’n storie in jou wat wag om geteken, geverf, geskryf of vertel te word. Moenie wag tot alles perfek is nie. Begin waar jy is. Gebruik wat jy het. Jou stem maak saak, jou storie is belangrik. Donavan Mynhardt, kurator by die Rust-en-Vrede-galery, wat betrokke is by die Junior Portrait Awards, vertel hoe hierdie platform jong kunstenaars help. Ons gesels ook met die jong kunstenaar en onderwyser, Welme Booys. Sy is van Goedverwacht, en skep treffende portrette met houtskool - werke wat nie net gesigte vasvang nie, maar ook gevoel, storie en menswees.
-
980
Kompas: Hersiening - Chemie
11 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 2 van Fisiese Wetenskappe, naamlik Chemie.
-
979
Kompas: TVET-kollege maak deure oop
10 Augustus 2026: Barrie Ferreira vind uit hoe studie by ‘n TVET-kollege deure vir jou oorsee kan oopmaak.
-
978
Kompas: Wat sê jy vir jou jonger self?
7 Augustus 2026: As jy ‘n brief aan jou jonger self kon skryf, wat sou jy skryf? In hierdie Vrouedag-uitgawe, hoor ons wat ‘n paar meisies aan hulle jonger self sou skryf.
-
977
Kompas: Kandidaatnominasies
Ellsforth Booyse van die OVK bespreek die vereistes om as proporsionele verteenwoordiging-kandidate in die munisipale verkiesing te staan.
-
976
Kompas: Poësie hoef nie vir matrieks kopseer te wees nie
5 Augustus 2026: Poësie kan snaaks wees, dit kan musiek hê, en ja, dit kan selfs gerap word! Lefra Produksies bied twee poësieprogramme vir matrieks aan: VERSKUNS vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en VERSE IN MY INBOKS vir Afrikaans Huistaal. Aan die stuur is die akteur Phillru van Achterbergh, wat leerders op ’n vars, toeganklike en lekker manier deur hulle voorgeskrewe poësie help.
-
975
Kompas: Hersiening - Fisika
4 Augustus 2026: In hierdie matriekeksamen-episode, fokus ons op Vraestel 1 van Fisiese Wetenskappe, naamlik Fisika.
-
974
Kompas: Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys- en Opleidingskolleges
3 Augustus 2026: Wat is ‘n Tegniese en Beroepsgerigte Onderwys- en Opleidingskollege, en hoe verskil dit van ‘n tradisionele universiteit? TVET-kolleges en TVET-kwalifikasies maak deure oop vir indiensneming, entrepreneurskap en verdere studies.
-
973
Kompas: Herwinningsinitiatief by kusskole
31 Julie 2026: Hoe kan ‘n groot vis help om die omgewing te beskerm? Barrie Ferreira vind meer uit van ‘n herwinningsinitiatief by skole in Suid-Afrika se kusgebiede.
-
972
Kompas: Dis belangrik om as kieser te registreer
30 Julie 2026: Ons kyk verder na die belangrikheid daarvan om as kieser te registreer.
-
971
Kompas: Eenvoudige testikulêre ondersoek kan groot verskil maak
29 Julie 2026: Torsten Koehler, ’n testikulêre kanker-oorlewende, is die stigter van Love Your Nuts, ’n organisasie wat mense op ’n toeganklike manier oor kanker bewus maak. Hy herinner ons dat ’n eenvoudige maandelikse ondersoek — en die moed om dokter toe te gaan as iets verander — ’n groot verskil kan maak.
-
970
Kompas: Skrywer Anmari do Carmo
28 Julie 2026: Die skrywer, Anmari do Carmo, vertel waar die inspirasie vir haar derde boek vandaan gekom het, hoe haar skryfproses lyk, en watter boodskap sy aan jongmense wil oordra.
-
969
Kompas: Doen bestyds aansoek vir naskoolse onderrig
27 Julie 2026: Om vroeg aansoek te doen vir naskoolse onderrig is noodsaaklik om teleurstelling te vermy. Barrie Ferreira vind uit waarom dit belangrik is om aansoek te doen voor dit te laat is.
-
968
Kompas: Jongmense en skaak
24 Julie 2026: Is skaak ‘n irrelevante speletjie, of het dit nog plek in jongmense se lewe? Barrie Ferreira het gaan uitvind in die week waarin ons Wêreld Skaakdag vier.
-
967
Kompas: Registreer as kieser
23 Julie 2026: Ons kyk na die belangrikheid daarvan om as kieser te registreer.
-
966
Kompas: Dis nie te laat om jou drome te jaag nie
22 Julie 2026: Enrico de Bruin se storie laat jou besef dis nooit te laat om jou drome na te jaag nie. Dié inhoudskepper op sosiale media het die klaskamer verruil vir die gange van ‘n hospitaal. Ons hoor wat die beweegrede agter dié besluit was.
-
965
Kompas: Pronk Podium-tienertoneel
21 Julie 2026: Pronk Podium het tien jaar gelede as ‘n tienertoneelprogram begin, en spog vandag met vyf verskillende afdelings. David Brink en Nadia Beukes gesels oor Pronk Podium se eindronde in September, deel wenke uit ‘n beoordelaar se perspektief, en vier tienertoneel en -kuns in al sy glorie.
-
964
Kompas: Digitale vaardighede in die werksplek
20 Julie 2026: Digitale vaardighede is ‘n noodsaaklike deel van die moderne werksplek. Barrie Ferreira vind uit watter vaardighede werkgewers soek.
-
963
Kompas: B IS VIR BOELIE-projek
17 Julie 2026: Boeliegedrag bly ‘n baie groot probleem in Suid-Afrikaanse skole. Hoe gaan ‘n mens te werke om dit aan te pak? Barrie Ferreira vind meer uit oor die B IS VIR BOELIE-projek wat hierdie probleem probeer bekamp.
-
962
Kompas: Wat die vinnigste manier is om oor ‘n liefdesterleurstelling te kom?
16 Julie 2026: Kompas-luisteraars deel hulle ondervindings van verlief wees, verlore voel, liefdesdriehoeke en alles tussen in. Die liefde is die taal wat almal kan praat, maak nie saak hoe oud jy is nie.
-
961
Kompas: ‘n Loopbaan in die mediese veld
15 Julie 2026: Ons gesels met dr. Gerald Maarman oor sy loopbaan in die mediese veld. Hy gee raad aan studente wat daarvan droom om eendag in ’n mediese veld te spesialiseer.
-
960
Kompas: Leer slimmer, nie harder nie
14 Julie 2026: Zani van Jacaranda Learning is passievol oor opvoeding, en help jongmense nie net om akademies beter te presteer nie, maar ook om te verstaan hóé hulle die beste leer. Ons praat oor leerstyle, studietegnieke, ekstra klasse, opvoedkundige sielkunde en hoe om studies te balanseer met alles anders wat die lewe van ons vra.
-
959
Kompas: Die waarde van vrywilligerswerk
13 Julie 2026: Vrywilligerswerk bied ‘n wye verskeidenheid voordele aan jongmense. Dit kan ‘n CV versterk want dit demonstreer inisiatief, toewyding, verantwoordelikheid en ‘n gewilligheid om te leer.
-
958
Kompas: Chris Steyn se Ysterman-ervaring
10 Julie 2026: Wat het uithouvermoë en ‘n ou Kinderbybelliedjie met mekaar te doen? Barrie Ferreira vind uit wanneer hy met die sanger, Chris Steyn, gesels oor sy ervaringe tydens ’n Ysterman-kompetisie waaraan hy deelgeneem het.
-
957
Kompas: Projek 111
9 Julie 2026: Michelle Seeber van MBS Global Education, vertel Projek 111. Dis ’n reis van 111-dae deur Suid-Afrika wat op 1 September 2026 begin, waartydens al nege provinsies besoek word om jongmense te inspireer, gemeenskapsprojekte aan te pak, geleenthede vir internasionale werk en studie bekend te stel, en die unieke stories van Suid-Afrikaners met die land te deel.
-
956
Kompas: Die winter en jou lyf
8 Julie 2026: Dis winter, en skielik klink pap, bredie en warm gebakte brood soos die beste idee ooit. Die dae is korter, die bed is warmer, en daai kombers voel baie beter as gimskoene. Wat doen die winter aan jongmense se gesondheid, eetgewoontes en oefenroetine? Ons gesels met ‘n dieetkundige oor hoe om trooskos en gesonde eet reg te balanseer. En ’n oefenafrigter deel praktiese wenke om gemotiveerd te bly, selfs wanneer dit buite reën. Jou winterlyf sal later dankie sê.
-
955
Kompas: Minikrieket-spelers oefen saam met Proteas
7 Julie 2026: Hazel Janse van Rensburg hoor by twee minikrieket-spelers hoe dit was om deel van ‘n veldtog te wees waar hulle saam met professionele Protea-krieketspelers kon oefen. Dit het selfs ysbaddens by die Wanderers-stadion ingesluit!
-
954
Kompas: Maak die beste van jou skoolvakansie
6 Julie 2026: Is die skoolvakansie ‘n tyd om net terug te sit, niks te doen en jou duime te rol? Of moet dit jy dit produktief benut, en nuwe vaardighede te ontwikkel? Ons het ’n paar idees oor hoe jy die beste van jou skoolvakansie kan maak.
-
953
Kompas: As jy op jou CV jok, wat is die gevolge?
3 Julie 2026: Is ‘n witleuntjie aanvaarbaar wanneer jy aansoek doen vir werk? Wat is die gevolge? Barrie Ferreira het gaan uitvind.
-
952
Kompas: Hoe om jouself opreg uit te druk
2 Julie 2026: Sjanel Vosloo van WOW Creative leer jongmense om selfvertroue te kweek. Sy deel wenke oor hoe om jouself op ‘n opregte manier uit te druk.
-
951
Kompas: Leef bewustelik
1 Julie 2026: ’n Gebalanseerde lewe beteken nie dat alles altyd perfek is nie. Dit gaan daaroor om bewustelik te leef, om tyd te maak vir werk én rus, vir ander én vir jouself, vir liggaam, gees en hart. Lewensafrigter, Tanya Loubser praat oor hoe om al die balle in die lug te hou, en dat dit oukei is om een of twee te laat val.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
'n Program oor verskeie aspekte wat jongmense se lewens raak, van beroepe en uitdagings tot hersiening vir die matriekeksamen.
HOSTED BY
RSG
CATEGORIES
Loading similar podcasts...