PODCAST · arts
Kosmos 94.1 Gesprekke
by Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
-
150
Johan Hyman - Leerambagsman | Maak Spore
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, ’n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en ’n hart om terug te gee. Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis ’n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die spore wat ’n mens in ander se lewens kan laat.
-
149
Walk for Sight | Saamstap vir ’n goeie doel
Vandag op Gemeenskap Kalender gesels Elmero Strauss met Christelle en Sima oor Walk for Sight, ’n besonderse bewusmakings- en fondsinsamelingsstap wat op 10 Oktober plaasvind. Hulle vertel meer oor waarom hierdie inisiatief so belangrik is, hoe dit ’n verskil maak en hoe die gemeenskap kan saamstap vir ’n goeie doel.
-
148
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 15 September 2026
Mark gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
-
147
September is Selfmoordvoorkomingsmaand: Hoe om die waarskuwingstekens raak te sien
Jean-Louis gesels met Patrick de Goede, ’n voorstander van geestelike welstand, oor September as Selfmoordvoorkomingsmaand. Hulle bespreek die waarskuwingstekens waarna ons moet oplet, hoe om ’n gesprek met iemand te begin wanneer ons bekommerd is, en waar mense hulp en ondersteuning kan kry.
-
146
Elmero gesels met Darryl Beukes oor sy boek "The Reward of Repetition"
Diep, roerend en ontsettend inspirerend! 🎙️✨ Tydens vandag se Kosmos 94.1 Kuierkonvooi het Elmero agter die mikrofoon ingeskuif vir 'n ongelooflike gesprek met Darryl Beukes oor sy boek, "The Reward of Repetition". 'n Kragtige herinnering dat volhoubaarheid en die regte gewoontes werklik vrugte dra
-
145
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die lewer en A.Vogel Boldocynara
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die belangrike rol wat die lewer in ons algemene gesondheid speel. Dr Vogel het die lewer die reguleerder van menslike gesondheid genoem. In dié gesprek kyk Jean-Louis en Estie na hierdie kosbare orgaan, hoe ons dit kan ondersteun en na A.Vogel Boldocynara, ’n kruietonikum wat die funksie van die lewer en galblaas ondersteun. A.Vogel Boldocynara is sonder voorskrif by apteke beskikbaar. Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
-
144
Maak Spore: Elmero Strauss gesels met Werner van Zyl oor sy reis en Bly in Jou Baan
Elmero Strauss gesels weer met Werner van Zyl op Maak Spore. Hulle vang op ná hul vorige gesprek en kyk na hoe Werner se Bly in Jou Baan-boodskap oor tyd gegroei het. Werner deel wat die afgelope tyd vir hom uitgestaan het, die lesse wat hy geleer het en waarna ons in die jaar wat voorlê kan uitsien.
-
143
Disney op die verhoog: ’n Betowerende dansproduksie by die NTN
Jean-Louis en Laimi gesels met Anchen Wille van die Anchen Wille Dance Academy oor hul nuwe produksie, Disney on Stage! Ontdek wat jy kan verwag van hierdie kleurvolle vertoning vol dans, musiek en geliefde Disney-karakters. ’n Gesprek oor die magie van Disney, dans en ’n produksie wat die verhoog by die NTN gaan laat leef.
-
142
95 Jaar van Die Voortrekkers in Namibië – Ligdraers in die Wêreld
Elmero Strauss gesels met Elmine McCarthy van Die Voortrekkers Namibië oor ’n besondere mylpaaljaar – 95 jaar van Die Voortrekkers in Namibië. Hulle gesels oor die 2026-jaartema, “Voortrekkers as Ligdraers in die Wêreld”, en die nuwe feesjaarlied, “Rotsvas” deur Adam Tas. ’n Gesprek oor tradisie, waardes, leierskap en die rol van Die Voortrekkers in Namibië.
-
141
The ELL’S oor hul nuwe album “Salt, Wind & Fire”
Laimi gesels met The ELL’S oor hul splinternuwe album, “Salt, Wind & Fire”, wat nou amptelik uit is! Ontdek meer oor die album, die musiek en dalk selfs jou nuwe gunstelingliedjie. Luister saam na die gesprek en vier nuwe Namibiese musiek.
-
140
Bio-Strath: Voeding vir elke sel – Jean-Louis gesels met Estie Schreiber
Hierdie week gesels Jean-Louis met Estie Schreiber oor Bio-Strath, een van haar mees geliefde produkte. Hulle gesels oor die produk, die unieke samestelling daarvan en waarom dit volgens Estie ’n belangrike deel van ’n mens se gesondheid en welstand kan wees. Bio-Strath is beskikbaar by apteke in stroop- en tabletvorm en is geskik vir die hele gesin. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
-
139
Maak Spore: Desiree Eises oor geloof, groei en moed
Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Desiree Eises, ’n rekeninge-konsultant in Windhoek, aspirerende sangeres en ’n vrou wat haar stem gebruik om ander vroue te bemoedig. Hulle gesels oor haar persoonlike reis, die uitdagings en geleenthede wat haar gevorm het, asook die rol van geloof, groei en moed in haar lewe. ’n Eerlike gesprek oor waar sy vandaan kom, waar sy vandag staan en die spore wat sy op pad vorentoe wil maak.
-
138
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 31 Augustus 2026
Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
-
137
Francois Hanekom Jnr.: Die jongste Wanderers Ope-kampioen nóg
Francois Hanekom Jnr. het geskiedenis gemaak deur die jongste speler nóg te word om die Wanderers Ope-toernooi te wen. Op pad na die titel het hy van Namibië se topspelers geklop, insluitend Kyle Kriel, Le-Hugo van Rooyen en die Namibiese nommer een, Arno Diekmann. Ons gesels met die jong muurbalster oor sy merkwaardige oorwinning, die voorbereiding wat hom tot die titel gelei het en sy ambisies en drome vir die toekoms.
-
136
Van vlieënier tot stap- en toergids: Clive Bergh se avontuur deur Namibië
Clive Bergh van Let’s Go Hiking Namibia vertel van sy unieke reis van vlieënier tot stap- en toergids. Hy deel sy passie vir die buitelewe, die ongelooflike avonture wat hy saam met stappers beleef en hoe hy Namibiërs help om die land vanuit ’n heel nuwe perspektief te ontdek. Van asemrowende landskappe tot uitdagende roetes – hierdie gesprek neem jou saam op ’n avontuur deur die hart van Namibië en wys waarom daar soveel meer aan ons land is wanneer jy dit te voet verken.
-
135
THRESHHold Real MSM: Die natuur se antwoord op pyn en inflammasie
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor THRESHHold Real MSM en hoe dit kan help met pyn en inflammasie. Hulle bespreek die voordele van THRESHHold Real MSM, wat beskikbaar is in beide tablet- en jelvorm. THRESHHold Real MSM-tablette en -jel is by jou naaste apteek beskikbaar. Vir enige navrae, kontak Sanatural by [email protected].
-
134
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 17 Augustus 2026
Elmero Strauss gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
-
133
Jean-Louis Gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die Fyn Lyn tussen Voeding en Gesondheid
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die belangrike verband tussen voeding en gesondheid. Hulle bespreek die rol van voeding in algemene welstand en vertel meer oor Bio-Strath, wat in vloeistof- en tabletvorm by plaaslike apteke beskikbaar is. Vir meer inligting, e-pos [email protected] of besoek www.livingnaturally.co.za.
-
132
Jean-Louis Gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die Fyn Lyn tussen Voeding en Gesondheid
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor Bio-Strath en die belangrike verband tussen voeding en gesondheid. Hulle bespreek die rol van voeding in algemene welstand en vertel meer oor Bio-Strath, wat in vloeistof- en tabletvorm by plaaslike apteke beskikbaar is. Vir meer inligting, e-pos [email protected] of besoek www.livingnaturally.co.za.
-
131
ThreshHold: Verlig Pyn en Kry Jou Beweging Terug
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ThreshHold en hoe dié natuurlike tablette en jel mense kan help wat met knie-, nek-, heup- of enkelpyn sukkel. Luister ook na Wietse se inspirerende verhaal en ontdek hoe ThreshHold hom gehelp het om weer met meer gemak te beweeg. ThreshHold is by apteke regoor Namibië beskikbaar.
-
130
Gerhard Fourie deel sy reis van gasvryheid na Voice of Namibia 2026
Op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Gerhard Fourie oor sy inspirerende lewensreis – van die gasvryheidsbedryf tot op die verhoog van Voice of Namibia 2026. Hy vertel meer oor sy passie vir mense, sy liefde vir musiek en die ervarings wat hom gevorm het.
-
129
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 3 Augustus 2026
Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
-
128
Waarom raak jou mobiele data so vinnig op?
Jean-Louis gesels met John Ekongo, Korporatiewe Sakebestuurder van MTC, oor hoe mobiele datagebruik werk en waarom data soms vinniger opraak as wat gebruikers verwag. Hulle bespreek ook praktiese wenke om jou dataverbruik beter te verstaan en te bestuur, sodat jy die meeste uit jou databundel kan kry.
-
127
Ystertekort en aanvullings: Wat jy moet weet oor Bio-Strath Iron
Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor ysteraanvullings en waarom dit vir baie mense moeilik is om te absorbeer. Hulle bespreek waarom sekere ysteraanvullings ongemak kan veroorsaak, watter simptome met ystertekort gepaardgaan en hoe Bio-Strath Iron 'n alternatief kan bied. Bio-Strath Iron is sonder voorskrif by apteke beskikbaar. Vir meer inligting besoek www.bio-strath.co.za of stuur 'n e-pos na [email protected].
-
126
Kirstie Strydom oor Ms Face of Hope Namibia 2026 en haar visie vir die toekoms
Elmero Strauss gesels met Kirstie Strydom oor haar reis van sosiale media na haar kroning as Ms Face of Hope Namibia 2026. Sy vertel meer oor die uitdagings wat haar gevorm het, wat dié titel vir haar beteken en hoe sy 'n positiewe verskil in Namibië wil maak.
-
125
Meatco se Toekoms en Belangrike Ontwikkelings
Jean-Louis gesels met Meatco se waarnemende uitvoerende hoof, ambassadeur Albertus Aochamub, oor die maatskappy se komende Jaarlikse Algemene Vergadering (JAV). Hy deel ook insigte oor ander belangrike operasionele sake wat Meatco en sy belanghebbendes raak, en wat dit vir die vleisbedryf en produsente in Namibië beteken.
-
124
Diana Viljoen oor vier oorwinnings by die Statebondspele
Diana Viljoen sluit aan vir 'n gesprek nadat sy en Amanda Steenkamp reeds vier oorwinnings by die Statebondspele in Glasgow behaal het. Sy vertel meer oor hul indrukwekkende vertoning, hoe hulle die druk van internasionale kompetisie hanteer en wat hierdie sukses vir die span beteken. Luister saam vir 'n inspirerende terugblik op hul prestasie en wat nog voorlê.
-
123
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 27 Julie 2026
Jean-Louis Knouwds gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
-
122
Dewald van Niekerk oor sy muurballoopbaan en besoek aan Namibië
Jean-Louis gesels met Dewald van Niekerk, Suid-Afrika se nommer 1 muurbalspeler, tweemalige Namibiese Ope-kampioen, agtvoudige Suid-Afrikaanse kampioen en tans nommer 68 op die PSA Wêreldranglys. Hulle praat oor sy merkwaardige loopbaan, sy tyd in Namibië, en die afrigtingsessies en uitdagings wat hy dié week aanbied om plaaslike spelers te inspireer en hul vaardighede verder te ontwikkel.
-
121
Brazilian Jiu-Jitsu-vegters maak gereed vir die nasionale kampioenskappe
Jean-Louis gesels met Nilson Coelho, die Nasionale Afrigter van Namibië se Brazilian Jiu-Jitsu-span, oor die sport wat wêreldwyd vinnig groei en waarom hierdie naweek se Nasionale Brazilian Jiu-Jitsu-kampioenskappe in Windhoek 'n belangrike mylpaal is. Die kampioenskappe by Pionierspark Primêre Skool bied nie net die geleentheid om Namibië se beste talent in aksie te sien nie, maar dien ook as die amptelike keuringsgeleentheid vir die span wat later vanjaar aan die Abu Dhabi Pro (AJP) in Kaapstad gaan deelneem.
-
120
Jean-Louis en Henrico gesels oor die Tiger Wheel & Tyre & Kosmos 94.1 Padel Liga
Jean-Louis gesels met Henrico, Besturende Direkteur van Tiger Wheel & Tyre, oor die opwindende Tiger Wheel & Tyre & Kosmos 94.1 Padel Liga. Hulle bespreek wat deelnemers en ondersteuners kan verwag, waarom die liga so 'n besonderse geleentheid is, en hoe hierdie vennootskap sportliefhebbers bymekaar bring. Luister saam vir al die besonderhede oor hierdie opwindende padel-inisiatief.
-
119
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor A.Vogel Multiforce Alkaliese Poeier
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor die unieke A.Vogel Multiforce Alkaliese Poeier en waarom hierdie produk ’n gewilde keuse is vir mense wat hul gesonde leefstyl wil ondersteun. Hulle bespreek wat hierdie produk besonders maak, die verskillende geure en groottes waarin dit beskikbaar is, asook hoe dit deel van ’n daaglikse roetine kan wees. A.Vogel Multiforce Alkaliese Poeier is beskikbaar in 105g en 225g houers, met geure soos suurlemoen en mango. Luisteraars kan hul vrae stuur na [email protected] of besoek die Living Naturally Health Hub vir meer inligting.
-
118
Koos van Zyl se Reis van Musiek, Besigheid en Namibiese Trots
Elmero Strauss gesels met Koos van Zyl – musikant, besigheidseienaar en 'n trotse Namibiër. Hulle gesels oor sy lewensreis, die uitdagings wat hom gevorm het, die passie wat hom dryf en hoe hy deur sy musiek en werk 'n blywende bydrae tot Namibië maak. 'n Inspirerende gesprek oor deursettingsvermoë, doelgerigtheid en die mense en ervarings wat sy pad gevorm het.
-
117
Dusty Dixon Deel die Storie Agter "Waar Jou Skape Wei"
Elmero Strauss gesels met Dusty Dixon oor sy splinternuwe enkelsnit, "Waar Jou Skape Wei". Hulle praat oor die storie agter die lied, waar die inspirasie vandaan gekom het en die boodskap wat hy deur die musiek wil oordra. Dusty deel ook wat hy hoop luisteraars sal ervaar wanneer hulle na dié nuwe vrystelling luister.
-
116
Wêreldbeker 2026: Spanje se Triomf en Engeland se Bronsdrama
Jean-Louis gesels met die Namibiese sokkerspeler, Paulo Coelho, oor die hoogtepunte van die 2026 Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed Engeland se opwindende oorwinning oor Frankryk in die bronsmedaljewedstryd, Spanje se geskiedkundige eindstrydsege teen Argentinië, Kylian Mbappé se Goue Skoen, Lionel Messi se moeilike eindstryd en die wedstryde en oomblikke wat hierdie toernooi onvergeetlik gemaak het.
-
115
Jean-Louis gesels met Joalette de Villiers oor haar Silwerskerm-benoeming
Jean-Louis gesels met Joalette de Villiers oor haar Silwerskerm-benoeming as Beste Aanbieder in ’n Leefstylprogram vir Op Pad met My Potjie. Sy vertel meer oor die sukses van die program, haar liefde vir kos, mense en avontuur, en wat hierdie besondere erkenning vir haar beteken.
-
114
Tiger Wheel & Tyre Namibia & Kosmos 94.1 Padel League: Alles wat jy moet weet
Jean-Louis gesels met Dylan Alexander van United Padel Namibia oor die Tiger Wheel & Tyre Namibia & Kosmos 94.1 Padel League wat op 3 Augustus plaasvind. Hulle bespreek hoe die liga werk, hoe spanne kan inskryf en waarom padel een van die wêreld se vinnigste groeiende sportsoorte geword het. Ontdek wat deelnemers en toeskouers kan verwag by hierdie opwindende sportgeleentheid.
-
113
Elke Sekonde Tel: Hoe om 'n Beroerte te Herken
Jean-Louis gesels met Renathe van der Merwe, koördineerder van FAST Heroes vir Namibië en Botswana, en Fabian Martens, Besturende Direkteur van OSH-Med International, oor die Angels-inisiatief se besoek aan Namibië. Hulle bespreek die FAST Heroes-program, wat skoolkinders leer om die tekens van 'n beroerte te herken en vinnig op te tree, asook ander opleidingsinisiatiewe wat daarop gemik is om beroertesorg en noodreaksie in Namibië verder te versterk.
-
112
Wêreldbeker-sokker: Ontleding van die grootste wedstryde
Jean-Louis gesels met Setson Nghishidimbwa, bekende Namibiese bankier, sportaanbieder, kommentator en sokkerontleder, oor die FIFA Sokkerwêreldbeker. Hulle ontleed die grootste wedstryde, bespreek die spanne en spelers wat die toernooi laat uitstaan, en deel insigte oor die taktiek, verrassings en hoogtepunte wat sokkeraanhangers wêreldwyd aan die praat het.
-
111
Die 33ste kykNET Buite Ekspo: Alles wat jy moet weet
Jean-Louis gesels met Marius Opperman van Trio Events oor die 33ste kykNET Buite Ekspo wat van 24 tot 26 Julie by Sondela Nature Reserve & Spa naby Bela-Bela plaasvind. Hulle bespreek wat besoekers vanjaar kan verwag, van die nuutste kampeer- en 4x4-uitstallings tot gesinsvermaak, kos, akkommodasie en kaartjies. Ontdek waarom die kykNET Buite Ekspo al 16 jaar lank een van Suid-Afrika se gewildste buitelewe-geleenthede is.
-
110
Natuurlike Verligting vir Gewrigspyn | Jean-Louis gesels met Anette Rheeder
Jean-Louis gesels met Anette Rheeder oor hoe die natuur kan help om pyn, inflammasie en styfheid van die gewrigte te verlig. Ontdek meer oor THRESHHold Real MSM en waarom al hoe meer mense hierdie natuurlike ondersteuning vir gewrigsgesondheid kies. THRESHHold Real MSM tablette is sonder voorskrif beskikbaar by jou naaste apteek. Vir navrae: [email protected] Besoek: www.livingnaturally.co.za
-
109
Sokkerkoors: Isack Hamata ontleed die Wêreldbeker
Jean-Louis gesels met Isack Hamata, een van Namibië se bekendste sokkeradministrateurs en sportontleders. Met sy agtergrond as sportjoernalis en sy uitgebreide kennis van plaaslike én internasionale sokker, deel Isack sy insigte oor die FIFA Sokkerwêreldbeker, die grootste stories van die toernooi en wat ondersteuners nog kan verwag. Hulle bespreek ook die ontwikkeling van sokker in Namibië en waarom die sport steeds miljoene mense wêreldwyd verenig.
-
108
Schwané Schumacher: Van Kollig tot Moederskap
Elmero Strauss gesels met Schwané Schumacher oor haar merkwaardige reis. Van haar dae in die dans- en modelbedryf tot haar sukses as digitale inhoudskepper en entrepreneur, deel sy hoe haar lewe deur die jare ontwikkel het. Die gesprek raak ook aan haar nuutste en mees betekenisvolle rol – dié van ma – en hoe hierdie nuwe hoofstuk haar perspektief op lewe en sukses verander het.
-
107
Hoe KI Ons Wêreld Verander | Jean-Louis gesels met Albert Bredenhann
Jean-Louis gesels met Albert Bredenhann, fotograaf, skrywer, KI-kenner en stigter van Pixel Pro Media, oor die vinnige ontwikkeling van kunsmatige intelligensie en die impak daarvan op ons daaglikse lewe. Van kreatiewe inhoud en digitale media tot die manier waarop besighede werk en groei – ontdek hoe KI nuwe geleenthede skep en wat die toekoms vir ons inhou. Luister na 'n insiggewende gesprek oor een van die mees invloedryke tegnologieë van ons tyd.
-
106
Diere Maniere met Dr. Theuns Laubscher - 13 Julie 2026
Marcel Theron gesels met Dr. Theuns Laubscher oor alles wat met diere te doen het in hierdie insiggewende en boeiende program. Skakel elke Maandag om 16:45 in vir gesprekke oor troeteldiere en wild, met fokus op gedrag, sorg, praktiese wenke en fassinerende feite wat elke diereliefhebber sal waardeer.
-
105
Walking for the Silent: Die Pad, Die Uitdagings en Die Impak
Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer nadat hy en François Dames hul Walking for the Silent-tog van Windhoek na Swakopmund suksesvol voltooi het. Ná ses dae en honderde kilometers deel Rias die onvergeetlike oomblikke, die uitdagings onderweg en hoe hierdie besondere inisiatief reeds 'n betekenisvolle verskil maak. Luister na 'n inspirerende gesprek oor deursettingsvermoë, doelgerigtheid en die krag van gemeenskap.
-
104
Jean-Louis gesels met Norton Luis oor die Sokkerwêreldbeker
Jean-Louis gesels met Norton Luis, mede-eienaar van Julinho Athletic FC, oor die Sokkerwêreldbeker en die impak daarvan op die ontwikkeling van sokker wêreldwyd. Hulle bespreek hoe internasionale toernooie jong spelers inspireer, die groei van Namibiese sokker, en waarom 'n sterk ontwikkelingsmodel die sleutel is tot die land se toekomstige sukses op die wêreldverhoog.
-
103
Sokkerwêreldbeker: Jean-Louis gesels met Manuel Coelho
Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola en Duitsland deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, sy loopbaan en die ontwikkeling van sokker in Namibië. Luister na 'n boeiende gesprek vol ervaring, perspektief en passie vir die spel.
-
102
Sokkerwêreldbeker: Die Moderne Spel van Binne Af
Jean-Louis Knouwds gesels met Christopher Freygang oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die moderne spel so uitdagend maak. As voormalige Namibiese jeuginternasionaal en aktiewe ligaspeler deel Christopher sy unieke perspektief oor die spel, die fisiese eise wat vandag aan spelers gestel word en wat ondersteuners tydens die wêreld se grootste sokkertoernooi kan verwag. Moontlik gemaak deur Debonairs Pizza.
-
101
Peter Bridgeford oor "Conservation & Tourism: The Early Days"
Elmero Strauss gesels met Peter Bridgeford oor sy nuwe boek, Conservation & Tourism: The Early Days. As 'n ervare skrywer op die gebied van bewaring en toerisme deel hy die inspirasie agter die boek, die geskiedenis van hierdie belangrike bedrywe en waarom die lesse uit die verlede steeds vandag relevant is. Luister na 'n insiggewende gesprek oor bewaring, toerisme en die nalatenskap wat dit vir toekomstige geslagte laat.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
HOSTED BY
Kosmos 94.1
CATEGORIES
Loading similar podcasts...