PODCAST · health
Leefwêreld van die Gestremde
by RSG
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
-
728
Leefwêreld van die gestremde: Psigososiale gestremdhede
5 Julie 2026: Psigososiale gestremdhede het nie net ‘n invloed op die persoon nie, maar ook op kollegas, familie en vriende. Die simptome is baie algemeen, dus is ‘n deeglike diagnose noodsaaklik om die betrokkenes beter te kan ondersteun. Tony Williams is al vir 42 jaar ‘n rolstoelgebruiker ná ‘n motorfietsongeluk, maar hy is lewenslustig en het nie stil gesit die afgelope dekades nie. Hy bevorder bewusmaking en toegangklikheid vir persone met gestremdhede.
-
727
Leefwêreld van die Gestremde: Wat kan mense met gestremdhede van belasting terugeis?
28 Junie 2026: Cape Mental Health gee mense met geestesongesteldhede ondersteuning, veral diegene met psigososiale gestremdhede. Dis amper tyd vir die jaarlikse belastingopgawes. Wat is die prosedure as jy nog nooit geëis het nie? Kan jy enige jaar begin? Sal dit terugwerkend wees? Wat anders as mediese onkoste kan geëis word? ‘n Belastingspraktisyn beantwoord algemene navrae oor belasting en eise vir mense met gestremdhede.
-
726
Leefwêreld van die gestremde: Innovation for the Blind bemagtig mense met visuele gestremdhede
21 Junie 2026: Innovation for the Blind is besig met ‘n praktiese benadering om mense met visuele gestremdhede te bemagtig met vaardigheidsontwikkeling op verskeie vlakke. Irene Fischer, ‘n voormalige radio-omroeper, probeer haar bes om voluit te leef met ’n erge breinbesering wat sy opgedoen het tydens ‘n ongeluk. Sy vertel van die uitdagings met geestesgesondheid.
-
725
Leefwêreld van die gestremde: Breinaneurismes; Toeganklikheid
14 Junie 2026: Wat is die nagevolge van ‘n breinaneurisme? Wat is die rol van rehabilitasie en ondersteuning? Professor Charl Hugo vertel van sy ervaring deur moeilike tye, en die ondersteuning van vriende en familie. Redelike akkomodasie en toegangklikheid vir mense met gestremdhede is tans ’n probleem. Die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede werk hard om toeganlikheid in skole en openbare vervoer vir kinders met gestremdhede te bevorder.
-
724
Leefwêreld van die Gestremde: Programme vir die werksplek; Spina bifida
7 Junie 2026: Ons vind uit van programme wat mense met gestremdhede voorberei vir en vestig in die arbeidsmark. Die programme fokus veral op jong volwassenes. Spina bifida is 'n geboortedefek wat die ruggraat en rugmurg aantas. Dit gebeur vroeg in swangerskap, gewoonlik in die eerste vier weke. Ons gesels met iemand met Spina bifida, wat ná 39 jaar in die arbeidsmark afgetree het. Hy leef steeds voluit, en is passievol oor koorsang.
-
723
Leefwêreld van die Gestremde: Bewusmakingprogramme vir werkgewers
31 Mei 2026: Met werkloosheid wat steeds hoog bly, het die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede begin met bewusmaking- en opleidingsprogramme om werkgewers bewus te maak vgan die behoeftes van mense met gestremdhede. Daar is ‘n groot leemte vir inrigtings wat voorsiening maak vir voorskoolse kinderontwikkeling vir kinders met gestremdhede. Ons hoor van Debbie Oberholster, ‘n ma van ‘n gestremde seuntjie, wat só ‘n skool begin het.
-
722
Leefwêreld van die gestremde: Aanlyn-opleidingsmateriaal vir blindes; App vir persone met gestremdhede om CV’s te op te laai
24 Mei 2026: Len Viljoen is blind. Hy praat oor aanlyn-opleidingsmateriaal vir blindes. ‘n Toepassing deur JobAbled is spesiaal ontwerp vir persone met gestremdhede om hulle CV’s te op te laai. Die toepassing is ook aangepas vir maatskappye en organisasies om toegang tot die databasis te kry.
-
721
Leefwêreld van die gestremde 17 Mei 2026
‘n Lewensafrigter deel idees oor die bemagtiging vir gestremdes ten opsigte redelike insluiting in die werkplek. Ons hoor hoe die Downsindroom Vereniging in die Wes-Kaap uitreik na ouers in die Skiereiland en die ondersteuningswerk wat hulle doen. Hulle het ‘n skool met ‘n aangepaste kurrikulum vir die leerders, en ‘n werkswinkel.
-
720
Leefwêreld van die gestremde 10 Mei 2026
Ons kyk verder na ‘n slimkierie en ’n Braille-rekenaar vir mense met sig gestremdhede. Werkloosheid is ‘n belangrike kwessie, en vir mense met gestremdhede is dit veel erger. Tot 95% van hulle is werkloos. Stories en ervarings van mense met gestremdhede in die arbeidsmark word nou gedokumenteer ter bevordering van beleidsontwikkeling en -implimentering.
-
719
Leefwêreld van die gestremde 3 Mei 2026
Ons weet van ’n slimfoon, maar wat van ‘n slimkierie en ’n Braillerekenaar? En, ons hoor van Albert Millard van Extreme Abilities Weskus, wat hulle beywer vir aangepaste branderplankry vir mense met gestremdhede.
-
718
Leefwêreld van die gestremde 26 April 2026
Het jy geweet dat babasjampoe tradisioneel gebruik word vir oogsorg teen karkaatjies ander oogkwale? Mense met gestremdhede wat deelgeneem het aan die nasionale rolbaltoernooi, vertel van die kompetisie en die mooi vriendskappe wat daar ontwikkel het.
-
717
Leefwêreld van die gestremde 19 April 2026
‘n Oudioloog beantwoord luisteraarsvrae oor gehoorprobleme. Meervoudige Sklerose SA begin met die Move Strong May-veldtog ter bewusmaking en ondersteuning.
-
716
Leefwêreld van die gestremde 12 April 2026
Ná die amputering van ‘n ledemaat word pyn steeds ervaar in die deel. Andrew Hofmeyr vertel hoe die pyn erger geraak het, en hoe dit hom daagliks beïnvloed. Meervoudige Sklerose SA het begin met die Move Strong May-veldtog ter bewusmaking en ondersteuning. Ons hoor van navorsing oor dié siekte en Suid-Afrika se leidende rol hierin.
-
715
Leefwêreld van die Gestremde 5 April 2026
Gespesifiseerde Dissosiatiewe Versteuring (OSDD) ‘n toestand waaraan daar heelwat stigma kleef. Dienshonde kan bydra tot die diagnosering, en help met ondersteuning aan persoon met OSDD. Die Latynse woord, felisitas, beteken geluk. In Brakpan is Felisitas ‘n skool vir kinders met erge gestremdhede. Dis ‘n skool vir geluk en vrede vir gestremde kinders en hulle versorgers.
-
714
Leefwêreld van die gestremde 29 Maart 2026
‘n Parapleeg en bekende branderplankryer van Suid-Afrika, Dries Millard, vertel van aangepaste klinieke vir branderplankry vir persone met gestremdhede, en sy voorbereiding vir die nasionale kampioenskap. Hentie Nortjé is ‘n prokureur met ‘n passie vir gemeenskapswerk en swem. Hy gesels oor menseregte en die stand van sake vir persone met gestremdhede. Het jy geweet dat 97,5% van persone met gestremdhede werkloos is?
-
713
Leefwêreld van die gestremde 22 Maart 2026
‘n Parapleeg en bekende branderplankryer van Suid-Afrika, Dries Millard, gesels in die eerste van twee programme oor sy uitdagings in terme van toeganklikhied en basiese geriewe by strande. Hy vertel hoe hy sy daaglikse uitdagings aanpak. SAAM TEEN EENSAAMHEID is die tema vir vanjaar se Wêreld Downsindroom-bewustheidsmaand. Die fokus val op die insluiting van mense met Downsindroom in families, gemeenskappe en die arbeidsmark.
-
712
Leefwêreld van die Gestremde 15 Maart 2026
Professor Charl Hugo vertel hoe sy leefwêreld ná ‘n breinaneurisme verander het. Die ‘n aangerypende verhaal van deursettingsvermoë, ondersteuning, en nog ‘n kans op lewe. Die Midmarmyl-swembyeenkoms het vanjaar vir die eerste keer mense met gestremdhede wat deelgeneem het. Ons vind meet uit van die 2026 Liefdadigheid Agt-myl-Uitdaging se beskermvrou, Adri Visser, ‘n voormalige Paralimpiese swemmer.
-
711
Leefwêreld van die gestremde 8 Maart 2026
Daar is baie uitdagings vir persone met siggestremdhede om in die arbeidsmark op ‘n gelyke basis mee te ding. Tegnologie is van die grootste gelykmakers en open die wêreld vir blinde persone. Die Kirstenbosch Botaniese Tuin in Kaapstad is al geruime tyd besig om toeganglikheid van mense met gestremdhede te verbeter. Ons hoor van hulle sensoriese tuin en toegang vir ouerwordende persone en skoolkinders.
-
710
Leefwêreld van die gestremde 1 Maart 2026
Wat is die rol van ‘n lewensafrigter vir iemand met ‘n gestremdheid? ‘n Ma vertel van die aanpassings en trauma nadat haar seun op vyfjarige ouderdom saam met sy pa in ‘n erge motorongeluk betrokke was. Dis meer as 40 jaar later, Barend Wiese doen sport en is gelukkig getroud. Hy en sy vrou leef met hulle uitdagings, en het ‘n tuiste gevind by die Nasionale Instituut vir Dowes in Worcester.
-
709
Leefwêreld van die gestremde 22 Februarie 2026
Die 44-jarige Dries Burger is blind gebore. Hy maak musiek en samel geld in vir kinders met gestremdhede. Hy is bowenal ’n sportman, wat dankbaar is en met humor positief bly oor die lewe. Erica du Toit van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremde beantwoord luisteraarsvrae oor toepaslike rolstoele, en die aanstelling van ‘n persoonlike versorger en assistent by die werk.
-
708
Leefwêreld van die gestremde 15 Februarie 2026
Coenie Labuschagne en Gerhard Erasmus van Edit Micro Systems ontsluit ‘n wêreld van hulpmiddels vir ‘n verskeidenheid van gestremdhede. Stel jou voor ‘n rekenaarprogram wat jou help met disleksie… ‘n Sakeman van Worcester rig inwoners van Innovation for the Blind af om aan die Boland Tweekamp-byeenkomste deel te neem. Hy lei ook dowe persone op om as gidse op te tree vir atlete wat blind is.
-
707
Leefwêreld van die gestremde 8 Februarie 2026
Ons leef in ‘n tegnologies gevorderde samelewing. Dié hulpmiddele word geruime tyd reeds aangewend met groot sukses vir mense wat leef met gestremdhede. Ons hoor by Coenie Labuschagne en Gerhard Erasmus van Edit Micro Systems watter tegnologie reeds ingespan word. Sowat 66% van mense met epilepsie se gevalle se onderliggende oorsaak is onbekend. Epilepsie is nie ‘n geestelike of psigiatriese toestand nie, en is nie aansteeklik nie. In werklikheid is epilepsie ‘n versamelnaam vir ‘n verskeidenheid van toestande en sindrome.
-
706
Leefwêreld van die gestremde 1 Februarie 2026
Ons vind meer uit van ’n program wat jou leer om ‘n portuurgroep-ondersteuner te word, om die lewe van mense met gestremdhede makliker te maak. Deone Erasmus leef met makulêre degenerasie. Sy het slegs tien persent, maar dit hou haar nie terug nie. Sy leer ander mense met gestremdhede om te dans.
-
705
Leefwêreld van die gestremde 25 Januarie 2026
‘n Oudioloog vertel dat vroue makliker ‘n gehoorapparaat sal dra as mans. Hoekom? En hoekom is daar steeds ‘n stigma oor gehoorapparate? Die Sweethearts Stigting versamel plastiekrommel by die ton om unieke pasgemaakte rolstoele te kan aankoop vir mense wat dit broodnodig het.
-
704
Leefwêreld van die gestremde 18 Januarie 2026
‘n Oudioloog en lid van ‘n ouditiewe breinstam-inplantingspan vertel van ‘n redelik onbekende laaste uitweg en hoop vir sommige mense om weer te kan hoor. Ons kyk ook na inklusiewe onderwys vir kinders met spesiale behoeftes.
-
703
Leefwêreld van die gestremde 11 Januarie 2026
Suretha Burger vertel van haar passie vir musiek, en deelname aan die Talent America-kompetisie. Sy vertel van haar werk in musiek by Innovation for the Blind op Worcester. Mense met gestremdhede word nie weerhou om hulle liefde sport uit te leef nie. Rolbal, hengel en skaak is ‘n paar van die sportsoorte wat mense met gestremdhede geniet en uitblink in.
-
702
Leefwêreld van die gestremde 4 Januarie 2026
‘n Lewensafrigter gee praktiese idees vir die bemagtiging van mense wat leef met uitdagings. Jaarliks op 4 Januarie word die geboortedag herdenk van Louis Braille, die ontwerper van die Braillestelsel vir siggestremdes. Braille is nie ‘n taal nie, dis ‘n skrif. Ons hoor van die interessanthede van hierdie hoogs gevorderde en gesofistikeerde stelsel.
-
701
Leefwêreld van die gestremde 28 Desember 2025
Die Vrystaatse Vereniging vir Mense met Gestremdhede vestig hulle as ‘n nie-regeringshulporganisasie in gemeenskappe. Die Triest Sentrum vir intellektueel gestremde volwassenes is in Klerksdorp in Noord-Wes. Die inwoners ontwikkel elkeen na hulle eie vermoë. Die koor van die sentrum het vroeër vanjaar goud verower.
-
700
Leefwêreld van die gestremde 21 Desember 2025
Toegangklike leesstof vir mense met siggestremdhede kry ‘n hupstoot nadat ‘n saak in die Konstitusionele hof gaan draai het. Elke gidshond se opleiding is net so uniek en interessant as die verhouding met sy eienaar. Maar wat doen ‘n gidshond in sy “vrye tyd”?
-
699
Leefwêreld van die gestremde 14 Desember 2025
Die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede in die Vrystaat, is aktief betrokke by die mees kwesbares in die gemeenskap sedert die laat 1900’s. Ons hoor hoe veral vroue dié taak aanpak. Die G20 het groot opslae gemaak in Suid-Afrika. Mense met gestremdhede is egter buite rekening gelaat van die beraad. Dit het Disability 20 of die D20-projek tot gevolg gehad het. Ons vind meer uit oor dié inisiatief.
-
698
Leefwêreld van die gestremde 7 Desember 2025
Wat is die moontlikhede ná ‘n beroerte met rehabilitasie om uitdagings en gestremdhede te beperk? Woensdag 3 Desember was Wêrelddag vir Persone met Gestremdhede. ‘n Blinde persoon en rolstoelgebruiker vertel van die vordering wat in Suid-Afrika gemaak is met vanjaar se tema: ‘n Inklusiewe Samelewing op Sosiale en Ekonomiese vlak.
-
697
Leefwêreld van die gestremde 30 November 2025
Soms is dit ‘n siektetoestand wat ‘n gestremdheid veroorsaak. ‘n Beroerte kan verreikende gevolge meebring as dit nie vining genoeg behandel word nie. Martin Brown is 54 jaar oud, en was 27 jaar gelede in ‘n duikongeluk. Hy is daardeur verlam gelaat, en kan net sy kop beweeg, maar niks hou hom terug nie. Hy het ‘n toekenning ontvang vir sy werk om rolstoele in plattelandse gebiede te versprei.
-
696
Leefwêreld van die gestremde 23 November 2025
Wat is die gevolge van sonskade op jou sig? Wat staan jou te doen indien jy meer ligsensitief is ná ’n katarakoperasie? Roedolph Brits, ‘n tegnikus van Blind SA, kry ‘n toekenning vir sy innoverende WIT KIERIE-PROJEK, ‘n hulpmiddel vir die blinde gemeenskap.
-
695
Leefwêreld van die gestremde 16 November 2025
Een van die grootste uitdagings vir mense met Downsindroom is dat ander mense hulle nie verstaan nie. Kommunikasie is ‘n uitdaging. Ons hoor van talle jongmense met Downsindroom, wat kwalifiseer as baristas; sommige in die IT-bedryf; en ander met vaardighede deur ondersteuning van besighede wat inklusiewe opleiding verskaf. Club 21 is skole spesifiek vir mense met Downsindroom. Hulle suksesstories word meer en meer. Wat is ouderdomsverwante sigverlies? Hoekom vorm katerakte? Wat is die impak van makulêre degenerasie op jou sig.
-
694
Leefwêreld van die gestremde 9 November 2025
Toeganklike vervoer in Suid Afrika het verreikende gevolge, nie net vir die ekonomie nie, maar ook vir mense met gestremdhede. Die afwesigheid van toeganklike openbare vervoer beperk en sluit mense met gestremdhede uit. Persone met gestremdhede staan op vele vlakke hulle plek vol in die samelewing. ‘n Gemengde para-fietsspan met fisiese en visuele gestremdhede, neem vir die eerste keer deel aan ‘n nasionale (en veeleisende) fietstoer. Die span is vasberade en toegewyd.
-
693
Leefwêreld van die gestremde 2 November 2025
Op die Tuinroete is ouers besig met fondsinsameling om bewustheid te kweek en hulp aan te bied aan ouers van kinders met gestremdhede. Ons hoor ook watter uitwerking trauma op die geestelike en fisiese vlak het vir persone met gehooruitdagings en doofheid.
-
692
Leefwêreld van die gestremde 26 Oktober 2025
‘n Maatskaplike werker by die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede in die Olifantsriviervallei vertel hoe hulle baat by die GROW-benadering. Dit bevorder inklusiwiteit en bemagtiging. Het jy geweet dat hartdefekte die algemeenste mediese uitdaging is vir mense met Downsindroom? Downsindroom een van die mees bekende genetiese toestande, en kom voor by een uit elke 700 geboortes.
-
691
Leefwêreld van die gestremde 19 Oktober 2025
Die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede bemagtig hulle personeel deur inklusiwiteit te verhoog, met ‘n program genaamd GROW, waar hulle die waardes van saamleer en saamgroei bevorder. ‘n Onderwyseres by Lettie Fouché Skool in Bloemfontein vertel van die lesse wat sy by haar kinders met gestremdhede moes leer tewyl sy hulle onderrig.
-
690
Leefwêreld van die gestremde 12 Oktober 2025
Wat is die doel van ‘n behoorlike gehoorevaluasie? ‘n Gehoorapparaat is dalk nie die antwoord nie. ‘n Oudioloog vertel wat ‘n diagnostiese gehoorevaluasie behels. ‘n Bouer wat skielik sy een voorarm verloor het, bly positief en opgewek op die bouperseel, waar hy vol energie en blydskap werk.
-
689
Leefwêreld van die gestremde 5 Oktober 2025
Kubersekuriteit is ‘n veld wat al hoe meer deur mense met siggestremdhede betree word. Ons vind uit wat dit behels. Serebrale gestremdhede by kinders is ‘n reuse uitdaging vir die kinders en hulle ouers. ‘n Internasionale mediese nie-winsgewende maatskappy doen uitreikingswerk en voorsien hulpmiddels om hulle lewenskwaliteit te verbeter.
-
688
Leefwêreld van die gestremde 28 September 2025
Watter impak het die G20 Beraad op mense met gestremdhede? Ons hoor van die D20-inisiatief, wat spruit uit die G20. Wat is dit, en watter doelwitte moet bereik word? Rett-sindroom is ‘n seldsame toestand wat soms moeilik is om te diagnoseer. Ons vind meer uit van die simptome, en water ondersteuningsgroepe daar is.
-
687
Leefwêreld van die gestremde 21 September 2025
Ons kry antwoorde op luisteraarsvrae oor die ontruiming van geboue en die invoer van aangespasde voertuie. Ons hoor ook meer van die SA Gidshondvereniging se Dra jou Sonbril-veldtog ter viering van Wêreld Sigmaand.
-
686
Leefwêreld van die gestremde 14 September 2025
Wat is die rol van lewensafrigting, en hoe kan dit tot voordeel wees vir mense met gestremdhede? Watter hulp en bystand is daar beskikbaar vir die versorgers van persone wat leef met Alzheimers?
-
685
Leefwêreld van die gestremde 7 September 2025
Wat is die rol van lewensafrigting, en hoe kan dit tot voordeel wees vir mense met gestremdhede? Ons fokus op die versorging van persone wat leef met Alzheimers se siekte.
-
684
Leefwêreld van die gestremde 31 Augustus 2025
Wat is die langtermyn-impak van ‘n gestremdheid? Ons kyk na die verhouding tussen jou emosies en pyn. Dr. Magteld Smith het op vier doof geword. Sy het moeilike laerskooljare gehad, maar het uitgestyg en twee interdissiplinêre meestersgrade en twee doktorsgrade. Sy is nasionaal en internasionaal bekroon vir haar baanbrekers werk in die bemagtiging vir mense met gestremdhede.
-
683
Leefwêreld van die gestremde 24 Augustus 2025
James Boucher, ‘n Graad 12-leerder van die Jan Kriel Skool, is meervoudig gestremd. Hy gesels oor sy uitdagings en drome, en leer ons ‘n paar lesse van ‘n jong seun wat leef met ‘n gestemdheid. Dis Vrouemaand, en ons klim in die wêreld van ‘n baie selfstandige vrou wat doofblind is. Sy bak en brou en speel sport en skaak.
-
682
Leefwêreld van die gestremde 17 Augustus 2025
Ouers, wie se kinders met spesiale behoeftes by Oakley House Skool onderrig ontvang, vertel hoe hierdie skool gesonde interaksie tussen die personeel en ouers bewerkstellig. Ons hoor van vrou wat ‘n groot inspirasie vir atlete met gestremdhede is. Op 12 jarige ouderdom in 1982 het sy Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig, en medaljes ingepalm. Sy was die wêreldrekordhouer in een van haar items. Ons onthou hierdie besondere vrou wat onlangs oorlede is.
-
681
Leefwereld van die gestremde 10 Augustus 2025
Ons fokus op die uitdagings wat skole ervaar in hulle taak om kinders met gestremdhede te onderrig. Die personeel van die Oakley House Primêr vertel hoe die skool verseker dat elke kind steeds tot volle potensiaal kan ontwikkel. Dis Vrouemaand ons hoor van Cindy Engelbrecht, ‘n kranige atleet, wat Suid Afrika se vlag hoog laat wapper op internasionale vlak, en steeds nederig help om ander jong kinders met Downsindroom af te rig in sport.
-
680
Leefwêreld van die gestremde 3 Augustus 2025
Ons fokus op retinale pigmentosa. Tania Joubert is op 12-jarige ouderdom hiermee gediagnoseer. Sy het as volwassende besluit om weer sig en kleur in haar lewe van donkerheid terug te bring. Ons kyk ook na berading vir en ontlonting van trauma van persone met blindheid. Daar word gewerk om die redes vir die trauma vas te stel, wat soms gedurende kleutertyd ervaar is, en watter metodes aanbeveel word om dit te hanteer.
-
679
Leefwêreld van die gestremde 27 Julie 2025
Wat is die verskil tussen harde en sagte kontaklense, en wat is die moontlike gevolge as jy met kontaklense sou slaap? Wat is die ideale ouderdom om kontaklense te oorweeg? ’n Oogkundige beantwoord luisteraarsvrae oor die gebruik van kontaklense. ‘n Passievolle blinde sportman vertel van sy rolballoopbaan. Hy is al op nasionale vlak bekroon vir sy spel, en het al goud verwerf vir Suid-Afrika by die Statebondspele.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...