PODCAST · religion
Lewende Woord Hartenbos Bybel 101
by Lewende Woord Hartenbos
Dit is 'n Bybelstudie program aangebied deur Lewende Woord Hartenbos
-
38
Bybel101 22 April 2026
Bybel101 22 April 2026: 1 Korinthiërs 3
-
37
Bybel101 15 April 2026
1 Korinthiërs 2Charl het met ons gesels oor die wysheid van God wat verskil van die wysheid van mense en hoe Paulus die verduidelik het aan die gemeente in Korinte
-
36
Bybel101 8 April 2026
1 Korinthiërs 1:18-31Charl deel verder met ons oor die boek 1 Korinthiërs
-
35
Bybel101 15 Maart 2026
Bybel101 18 Maart 2026: 1 Korinthiërs InleidingOns begin kyk na die boek 1 Korinthiërs en Charl het met ons begin deel oor die wêreld waarin Paulus was asook die gehoor van die gemeente in Korinte. Voor ons die boek gaan deur werk moet ons eers verstaan hoe die wêreld gelyk het vir die gemeente in Korinte
-
34
Bybel101 4 Maart 2026
Bybel 101 4 Maart 2026: ObadjaOns kyk na die kortste boek in die Ou Testament en dit is Obadja.Charl gesels met ons oor die boodskap asook die konteks van die boek
-
33
Bybel101 18 Februarie 2026
Bybel101 18 Februarie 2026Ons kyk na Maleagi in die week se episode van Bybel101. Ons kyk wat God bedoel met die offers wat moet in kom asook na Sy beloftes van beskerming en voorsiening. Ons het ook gekyk na die feit dat ons nie die guns van God kan koop nie
-
32
Bybel101 11 Februarie 2026
Bybel101 11 Februarie 2026: SagariaOns het saam gekyk na die profetiese boek Sagaria en hoe ons dit moet sien 2000 jaar nadat dit geskryf is
-
31
Bybel101 4 Februarie 2026
Bybel101: HaggaiHaggai is die tweede kortste boek van die Bybel en die eerste boek van 'n profeet wat teruggekeer het na Israel vanaf die ballingskap. In die boek sien ons dat ons deur ons prioriteite sal kan sien wie of wat ons waarlik aanbid
-
30
Bybel101 28 Januarie 2026
Bybel101 28 Januarie: HabakukHabakuk is 'n boek wat vandag net so relevant is as wat dit was toe Habakuk dit geskryf het, want dit handel oor die feit dat wanneer ons God soek in moeilike tye voel hy besonders vêr. Habakuk vra die vraag "Waar is God as dit sleg gaan?". Die mooiste van die boek is die feit dat God antwoord
-
29
Bybel101 21 Janaurie 2026
Bybel101 21 Januarie 2026: SefanjaOns kyk verder na die klein-profete en ons kyk die week na die boek Sefanja. Ons sien hoe God 'n hele streek veroordeel, maar ook dat ons God versoening sal bring
-
28
Bybel101 12 November 2025
Bybel101 12 November: NahumNahum is 'n moeilike in die Ou Testament om rede dit lyk of God baie kwaad is en dat sy wreek onregverdig is, maar hoe strook dit met die res van die Bybel? Hoe sien ons die liefde van God in Nahum? Sulke vrae beantwoord Charl in hierdie week se episode van Bybel101
-
27
Bybel101 5 November 2025
Bybel101 5 November 2025: JonaJona is 'n baie indrukwekkende klein profeet, want dit is die enigste boek wat slegs handel oor die profeet en feitlik geen van sy profetiese woord aanvaar nie. Tog het die boek 'n boodskap nie net vir die mense van Nineve nie, maar ook vir ons wat tans die boek lees. Charl skets vir ons die konteks van die boek asook die mooiheid van Jona se wonders
-
26
Bybel101 29 Oktober 2025
Bybel101 29 Oktober 2025: MigaOns het die week gekyk na Miga en die woord van God wat hy aan sy tydsgenote gebring het. Ons het gesien sy woord is relevant vir ons vandag ook, omdat ons besef God is Heilig, Regverdig en Genadig
-
25
Bybel101 22 Oktober 2025
Bybel101 22 Oktober 2025: HoseaGod het Hosea gebruik om Sy vergifnis en Genade aan die volk Israel te bewys. Hierdie week het Charl met ons alles gedeel oor Hosea
-
24
Bybel101 15 Oktober 2025
Bybel101 15 Oktober: AmosOns het begin kan kyk na die Klein Profete en Charl het met ons gesels oor die boodskap van Amos en wat die impak van sy boodskap op ons moderne mense se lewe is
-
23
Bybel101 1 Oktober 2025
Bybel101 1 Oktober 2025: Die Klein-ProfeteCharl het met ons begin praat oor die Klein-Profete en wat dit vir ons beteken in ons moderne verstaan van die wêreld. Praat God nog met ons? Is alles in die Woord op almal van toepassing of het God spesifieke Woord vir spesifieke mense vir 'n spesifieke tyd gegee?
-
22
Bybel101 17 September 2025
Bybel101 17 September 2025Ons het die boek Kolossense klaar gemaak deur te kyk na hoe Paulus sy medewerkers groet. Dit is 'n gedeelte wat ons vinnig deur lees en voel daar is nie veel nut in nie, maar tog gee dit ons 'n blik in die lewe van Paulus
-
21
Bybel101 10 September 2025
Bybel101: Verhoudings in KolossenseIn hierdie week se Bybel101 praat ons die verhoudings wat Paulus uitlig in Kolossense. Ons het gesien hoe die huwelik moet werk, hoe ons kinders grootmaak en hoe ons moet werkgewers en werknemers wees
-
20
Bybel101 3 September 2025
Bybel101 3 September 2025Ons het verder gekyk na Kolossense 3 deur te kyk na wat Paulus vir ons sê oor hoe ons lewens moet lyk en waarvan ons moet afstand doen.
-
19
Bybel101 27 Augustus 2025
Bybel101 27 Augustus 2025Ons kyk verder na Kolossense deur te kyk na hoofstuk 2. Ons het gekyk na Jesus die vervulling van elke wet is, asook dat ons niks meer hoef of kan doen om God te beïndruk nie
-
18
Bybel101 20 Augustus 2025
Bybel101 20 Augustus 2025Ons kyk verder na die boek van Kolossense deur te kyk hoe Christus in ons die plan van God nog altyd is
-
17
Bybel101 13 Augustus 2025
Bybel101: Kolossense 1:15-23Charl het met ons gedeel oor die uitnemendheid van Jesus volgens dit wat Paulus aan die gemeente Kolosse. Dit is 'n belangrike gesprek oor wat die rol van Jesus was in die skepping
-
16
Bybel101 6 Augustus 2025
Bybel101 6 Augustus 2025: Kolossense 1:1-14Charl deel met ons oor die seënbede wat Paulus vir die gemeente Kolosse
-
15
Bybel101 30 Julie 2025
Bybel101 30 Julie: Inleiding tot KolossenseDie brief aan die gemeente in Kolossense is 'n baie relevante boek vir die kerk vandag omdat dit 'n gemeente is wat heeltyd moes veg teen die indringing van die buitewêreld. Om konteks en agtergrond van hierdie boek vir ons te gee voor ons in diepte sessie het Charl hierdie inleidingsessie gehad.
-
14
Bybel101 25 Junie 2025
Bybel101 25 Junie 2025: Die KoningspsalmsDie laaste kategorie van Psalms waarna ons kyk in Bybel 101. Dit is Psalms wat geskryf is vir oomblikke in die koning van Israel se lewe, maar ons sien ook dat die nuwe testament dit aanhaal vir Jesus. Die rede vir dit is omdat in die nuwe testament Jesus gesien word as die Koning van Israel.
-
13
Bybel101 18 Junie 2025
Bybel101: 18 Junie 2025Ons het hierdie week gefokus op die Psalms en gekyk na die Liturgiese asook die Lof Psalms.
-
12
Bybel101 11 Junie 2025
Bybel101 11 Junie 2025: Die Klaag PsalmsDie Psalmsboek bestaan uit verskillende tipes Psalms, maar die grootste gedeelte is die Klaag Psalms. Dit beteken dat die grootste gedeelte van Psalms vind ons skrywers wat hulle emosies neerpen en voor God neersit. Presies hoe hulle dit doen is wat Charl oor gesels in hierdie week se Bybel101
-
11
Bybel101 4 Junie 2025
Bybel101 4 Junie: Die Wysheids PsalmsIn ons studie van die boek Psalms kan ons nie vers vir vers deur die boek werk nie. Ons moet die algehele groter prentjie sien. Daarom werk Charl met ons deur die tipe Psalms deur hierdie week saam te kyk na die Wysheids Psalms
-
10
Bybel101 21 Mei 2025
Bybel 101 21 Mei 2025Ons begin saam kyk na die boek Psalms. Charl het met ons gedeel oor die verskillende boeke, bundels en liedere wa alles gevind word in die boek Psalms
-
9
Bybel101 7 Mei 2025.mp3
Bybel101 7 Mei 2025Ons maak klaar met die boek Efesiërs deur te kyk na die wapenrusting van God
-
8
Bybel101 23 April 2025
Bybel101 23 April 2025Ons kyk verder Efesiërs deur te begin kyk na hoe 'n christelik huwelik moet lyk. Daar bestaan 'n moontlikheid dat kerke stry oor die teks omdat dit maklik verkeerd interpreteer kan word. Charl verduidelik sulke konsepte in hierdie episode van Bybel101
-
7
Bybel101 16 April 2025.mp3
Bybel101: Efesiërs 5:1-14Ons het verder gekyk na die boek Efesiërs en hoe Paulus ons bearbei om in die lig te wandel as ons heilig wil wees. Ons het gesien dat ons kan uitvind of iets heilig is deur God te kan dank vir dit.
-
6
Bybel101 9 April 2025
Bybel101: Efesiërs 4:17-32Ons gaan verder met ons studie van Efesiërs en kyk hoe ons prakties moet lewe as Jesus werklik ons Here is.
-
5
Bybel101 26 Maart 2025
Bybel101: Efesiërs 4:1-16Ons het saam gekyk na die impak van eenheid in die Kerk op grond wat Paulus skryf aan die kerk in Efesiërs. Ons het ook gesien dat ons elkeen 'n deel is van die liggaam van Christus, dus het ons 'n ander funksie maar dieselfde waarde
-
4
Bybel101 19 Maart 2025
Efesiërs 3Ons gaan verder met ons studie oor die boek Efesiërs en ons het saam gekyk na hoofstuk 3.Ons kyk na hoekom verskillende kulture kan saam werk en leef, want Jesus bind ons in eenheid saam.
-
3
Bybel101 12 Februarie 2025
Bybel101 12 Februarie 2025: Efesiërs 2:1-10Ons kyk verder na die boek van Efesiërs en veral na die besonderse konsep van God se genade wat ons red.
-
2
5 Februarie 2025: Efesiërs 1:15-23
Bybel101: Efesiërs 1:15-23Ons het verder gekyk na Efese en meer spesifiek oor die gebed wat Paulus bid vir die gemeente in Efese.
-
1
29 Januarie 2025: Efesieërs 1:1-14
Efesieërs 1:1-14Ons het begin met ons Bybelstudie deur na die boek van Efesieërs
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Dit is 'n Bybelstudie program aangebied deur Lewende Woord Hartenbos
HOSTED BY
Lewende Woord Hartenbos
CATEGORIES
Loading similar podcasts...