PODCAST · news
Maroela Media Nuus
by Maroela Media
Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
-
108
DA verwerp Ramaphosa se lofsange oor Zim se ‘grondhervorming’
Pres. Cyril Ramaphosa se lofprysing van Zimbabwe se besluit in die vroeë 2000’s om op groot hoeveelhede grond beslag te lê, word verwerp. Ramaphosa het die afgelope naweek in Harare dié land se destydse grondverdelingsmodel bestempel as “noodsaaklik” en “ambisieus”. Willie Aucamp, nasionale woordvoerder van die DA, sê die party veroordeel en verwerp Ramaphosa se lof vir ʼn proses wat Zimbabwe aan flarde geruk het, die land se ekonomie en buitelandse betrekkinge verwoes en tot hongersnood vir sy burgers gelei het. Maroela Media Nuus
-
107
Helen Zille stel haarself verkiesbaar in Johannesburg
Helen Zille verduidelik dat sy aan dieselfde keuringskriteria sal moet voldoen as al die ander kandidate wat vir burgemeesterskap in Johannesburg oorweeg wil word. Maroela Media Nuus
-
106
‘Bidvest-rasseskema’: Solidariteit vra steun in VSA
Solidariteit het ʼn formele versoek aan die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, en groot Amerikaanse aandeelhouers in Bidvest Group Limited, gerig, waarin dié organisasie vra vir onmiddellike optrede teen ʼn rassediskriminerende werknemersvoordelebeleid van Bidvest wat die kinders van wit Bidvest-werknemers in Suid-Afrika uitsluit. Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, verduidelik. Maroela Media Nuus
-
105
7/7-bomaanvalle: SA’ner onthou dag van angs, slagoffers
Adrian Heili (45) was op die moltrein toe die eerste bom 20 jaar gelede in ʼn reeks terreuraanvalle in Londen ontplof het. Hy is vanjaar vir die eerste keer deel van die amptelike herdenkingsplegtigheid, maar bring al die afgelope twee dekades op sy eie manier hulde aan diegene wat daardie dag nie oorleef het nie. Maroela Media Nuus
-
104
Dirk Hermann se ope brief aan Bidvest-hoof: 'As kinders se kryte en drome gevat word …'
"Ek wonder hoe jy sou voel as iemand jou kind se inkleurkryte vat – as iemand hul geleenthede steel," skryf dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, aan Mpumi Madisa, uitvoerende hoof van Bidvest. Die brief volg op 'n beursskema van die maatskappy vir kinders van werknemers wat minder as 'n bepaalde salaris verdien - met wit werkers op dieselfde salarisskaal wat van die skema uitgesluit word. Maroela Media Nuus
-
103
Luister | R15 000 vir goudklagte om te ‘verdwyn’
Het die Valke ʼn goudsmokkelring oopgevlek, of ʼn growwe flater begaan toe hulle in Mei twee mans voorgekeer wat in besit van ʼn skoendoos vol goudstafies was? Maroela Media het vroeër berig oor hoe Daniel Schubert (61) en Adriaan du Plessis (49) in hegtenis geneem en die 80 goudstawe wat in besit gevind en op beslag gelê is. Schubert beweer egter hy is die regmatige eienaar van die goud en dat daar boon-op meer stafies was as waarop die Valke beslag en polisie beslag gelê het. Dié Bloemfonteinse sakeman beweer boon-op verder gesê as hy omkoopgeld van R15 000 betaal hy die verlore goudstafies terug kry, waarna die saak teen hom soos mis voor die son sal verdwyn. Luister hier na die volle gesprek. Schubert het geweier om die omkoopgeld te betaal en is nou op ʼn missie om sy goudstafies terug te kry. Hy het die stafies meer as agt jaar terug gekoop om te verkoop wanneer die prys reg is om sodoende sy pensioenfonds aan te vul. Maroela Media Nuus
-
102
‘Niggies’-medevervaardiger ‘wou stem aan Issie, Petro gee; name in ere herstel’
Willem van der Merwe, medevervaardiger van die reeks “Niggies”, het met Mariska Nanni gesels oor die vermoorde niggies in sy familie se geskiedenis, die maak van die reeks en hoe dit hom en sy familie geraak het. Maroela Media Nuus
-
101
Binnelandse sake slaan toe op Plastic View
Cilliers Brink, die DA se koukusleier in Tshwane, het die optrede van die departement van binnelandse sake in die Plastic View-nedersetting in die ooste van Pretoria verwelkom. Maroela Media Nuus
-
100
Koelbloedig | Geregtigheid nog in weegskaal ná ma se branddood
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni onder meer met Charlene Pretorius se seun, Jason Venter, oor wie sy ma was, wat hy oor die dag van haar dood en verhouding met die beskuldigde in die saak onthou en hoe geregtigheid vir hulle as familie lyk. Maroela Media Nuus
-
99
Koelbloedig | Die nagklubmoord op Daniël Botha
Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met die geliefdes van Daniël Botha (26) wat in 2018 so erg in ʼn nagklub aangerand is dat hy later breindood verklaar is. Tania Heyns, verslaggewer by Maroela Media, vertel ook meer oor wat alles in die hof gebeur het. Maroela Media Nuus
-
98
Klagte oor opdrag vir slegs Engels-verklarings by Noord-Kaapse polisie
Dit is duidelik dat die polisie óf nie bewus is van die skikking wat in 2017 in die Noord-Kaapse hooggeregshof bereik is nadat Solidariteit regsaksie geneem het nie, óf dat die polisie die betekenis van die betrokke Grondwet-artikel verkeerd interpreteer, sê Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum. Maroela Media Nuus
-
97
Afskryf van waterrade se skuld ten koste van betalende inwoners
AfriForum sê die skuld-afskryf-meganisme beloon swak finansiële bestuur eerder as om die voortgesette verkwisting te stuit. Maroela Media Nuus
-
96
Louis en Dezzi Liebenberg staan rug 'teen die muur’
Louis Liebenberg, die omstrede diamanthandelaar, het die naweek in ‘n oproep vanuit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria onder meer gepleit by sy beleggers om te help met sy regkoste. 'n Vertroueling van Liebenberg het die opname aan Maroela Media bevestig en gesê hy probeer die sakeman bystaan om ‘n regverdige verhoor te verseker. Maroela Media Nuus
-
95
Bela-wet | 'Wen-wen-skikking', sê DA
Die DA sê pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die inwerkingstelling van die Bela-wet maak dit duidelik dat die DA se Siviwe Gwarube - as minister van basiese onderwys - die plig het om regulasies, norme en standaarde te ontwikkel wat die wetgewing gaan bestuur. Dit sluit in die omstrede artikels oor taal en toelating. Die party sê hy het volle vertroue in Gwarube se vermoë om doelgerigte riglyne in te stel wat skooloutonomie teen ondermyning gaan beskerm. “Die feit dat ʼn DA-minister met hierdie belangrike werk getaak is, is ʼn bevestiging van die DA se rol in die RNE as ʼn voorstander van grondwetlike regte, insluitend die reg op moedertaalonderrig." Luister hier na Willie Aucamp, die DA se nasionale woordvoerder. Maroela Media Nuus
-
94
Omstrede artikels nie sonder beskerming teen magsmisbruik ingestel - Dirk Hermann
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, sê die omstrede artikels oor taal en toelatingsbeleid in die Bela-wet kan nie ingestel word voordat Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, ’n tydsraamwerk vasgestel het en die nodige norme, standaarde en regulasies ontwikkel het nie. “Prakties beteken dit dat hierdie artikels nie onmiddellik in werking kan tree nie," sê Hermann. Maroela Media Nuus
-
93
Nedlac-rekords wys ondertekenaars hét mandaat gehad.
Dié paragraaf in Nedlac se rekords bewys dat die regering se afvaardiging die nodige toestemming gehad het om namens die president oor die Bela-wet te onderhandel en 'n ooreenkoms te teken. Maroela Media Nuus
-
92
Só lyk situasie in Sirië
Só lyk situasie in Sirië Maroela Media Nuus
-
91
Solidariteit Beweging bereik skikking met regering oor Bela
Die Solidariteit Beweging, waarvan Solidariteit en AfriForum deel is, het ʼn skikking met die regering by Nedlac oor die Bela-dispuut bereik. Maroela Media Nuus
-
90
NVG besluit om aanklagte teen voormalige sport minister terug te trek
NVG besluit om aanklagte teen voormalige sport minister terug te trek. Maroela Media Nuus
-
89
Louis Liebenberg se lewe 'hel in tronk'
Louis Liebenberg se regsverteenwoordiger het aan die hof gesê sy kliënt se lewe in die tronk word 'hel' gemaak. Maroela Media Nuus
-
88
Só sal rand voor, gedurende en ná Amerikaanse verkiesing maak
Dit is moontlik. Maroela Media Nuus
-
87
Clover-moorde: Verligting nadat twee skuldig bevind word
Twee voormalige werkers van Clover is skuldig bevind aan die dubbelmoord op die sekuriteitswagte Terence Tegg en JJ Cassanga. Michele Bebbington, Tegg se verloofde, sê dit was 'n emosionele wipwarit tot op hierdie punt. Maroela Media Nuus
-
86
Kinders as ‘politieke pionne’ gebruik - AfriForum
Alana Bailey, AfriForum se hoof van kultuursake, sê die Gautengse departement is al jare lank “berug vir oorreaksie op ongetoetste bewerings” teen funksionele skole, terwyl weinig oor die wanfunksionele skole in die provinsie bekend gemaak word. Maroela Media Nuus
-
85
Luister: Boek oor stropery ‘lewenstaak’ vir oudverslaggewer
De Wet Potgieter ondersoek en skryf al die afgelope 36 jaar oor die smokkelhandel van ivoor en renosterhoring in Suid-Afrika, en het al male sonde tal sy eie lewe gewaag om gevaarlike sindikaatnetwerke bloot te lê. Maroela Media Nuus
-
84
Brink reageer op Moya se verkiesing tot burgemeester
Altesame 122 uit 213 raadslede teenwoordig het Woensdag ten gunste van dr. Nasiphi Moya gestem. Cilliers Brink het 86 stemme ontvang. Maroela Media Nuus
-
83
Nog ’n vermeende dwelmmuil by OR Tambo vas
’n 43-jarige vermeende dwelmmuil van Paraguay is Sondag by die OR Tambo- internasionale lughawe in hegtenis geneem. Die man is die 14de vermeende dwelmmuil om die afgelope ruk by dié lughawe in hegtenis geneem te word. Maroela Media Nuus
-
82
Onderwysposte: Solidariteit waarsku oor afleggings
Johan Botha, hoof van die Solidariteit Onderwysernetwerk, sê indien onderwysers in Suid-Afrika in groot getalle afgelê sou word, sal die land ʼn nasionale krisis op hande hê Maroela Media Nuus
-
81
Twee Nederlanders by ORT vas oor dwelms
Kol. Amanda van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die 21-jarige en 59-jarige verdagtes was van Suid-Afrika na Nederland via Dubai onderweg toe polisiebeamptes hulle onderskep het. Maroela Media Nuus
-
80
Tshwane-metro | Mashaba sê hoekom hy nóú saam met ANC sal werk
Herman Mashaba, president van ActionSA, beantwoord onder meer Maroela Media se vraag oor waarom hy besluit het om tog saam met die ANC te werk. Maroela Media Nuus
-
79
AfriForum eis behoorlike konsultasie oor NGV
Fitch, ʼn kredietgraderingsagentskap, het die NVG vandeesweek gelys as een van die vernaamste bedreigings vir die stabiliteit van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Maroela Media Nuus
-
78
VL betreur amptenaar se ‘Kill the Boer’-uitlating
“Hoe kan daar van boere verwag word om dié taak te vervul wanneer iemand in die rol van samewerkende dienste sulke uitlatings maak?” Maroela Media Nuus
-
77
Solidariteit stel ekonomiese herstelplan bekend - Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die SNI
“Ek dink die gemiddelde Suid-Afrikaner ken die gevoel van ‘ons is besig om die bus te mis’. Jy voel hoe jy armer word, hoe jy al minder kan koop. Al pad hieruit is ekonomiese groei.” Maroela Media Nuus
-
76
Solidariteit stel ekonomiese herstelplan bekend - Connie Mulder, hoof van die SNI
“Ek dink die gemiddelde Suid-Afrikaner ken die gevoel van ‘ons is besig om die bus te mis’. Jy voel hoe jy armer word, hoe jy al minder kan koop. Al pad hieruit is ekonomiese groei.” Maroela Media Nuus
-
75
Sunfield Home kry eerste betaling ná hofstryd
Die Sunfield Home Fortuna, ʼn tehuis vir fisiek en verstandelik gestremde mense in Mpumalanga, het Woensdag vir die eerste keer in 15 jaar ʼn verhoogde subsidiebedrag van die staat ontvang. Maroela Media Nuus
-
74
Saai dagvaar polisie vir skade wat Limpopo-boer ly
“Saai wil boere help wat met onwettige betredings op hul plaas gekonfronteer word en waar die SAPD, ten spyte van hul grondwetlike plig, versuim om daarteen op te tree,” sê Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Maroela Media Nuus
-
73
20 stuur regsbrief aan OVK
SARA deel hul regsbrief aan OVK met media. Maroela Media Nuus
-
72
EFF: Dié sewe pilare ononderhandelbaar vir koalisieooreenkoms
Dié sewe pilare ononderhandelbaar vir koalisieooreenkoms - EFF. Maroela Media Nuus
-
71
VF Plus eis antwoorde oor haatspraakklag teen Malema
Julius Malema, die EFF-leier, se aanhitsing van geweld teen boere ongeag hul ras, en wit mense in die algemeen, is goed gedokumenteer en die VF Plus en ander het oor die jare al verskeie klagte teen hom ingedien, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Maroela Media Nuus
-
70
Jankielsohn oor dubbelmoord by Glen
Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het sy innige medelye met die familie van Christo en Christa Morrison betuig. Die egpaar is op hul plaas naby Glen in die Vrystaat vermoor. Maroela Media Nuus
-
69
DA reg om hof te nader oor Mapisa-Nqakula se regskoste
Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, meen die minister behoort geen oorweging te skenk aan die "uiters buitengewone en moontlik onwettige" versoek om finansiële hulp wat die voormalige speaker by die departement ingedien het om haar regskoste in die korrupsieverhoor te betaal nie. Maroela Media Nuus
-
68
Optrede teen Mapisa-Nqakula wys hoe diep verrotting in weermag strek - Groenewald
Die VF Plus verwelkom die optrede van die polisie en die nasionale vervolgingsgesag teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), weens bewerings dat sy omgekoop is met “geskenke” van weermag-kontrakteurs terwyl sy minister van verdediging was. Luister hier na dr. Pieter Groenewald. leier van die VF Plus. Maroela Media Nuus
-
67
‘Rietbok’-vliegramp: ‘Ons sal nie vergeet’
“As ons die vliegtuig kan herwin en ʼn sekere stuk van die vliegtuig kan opspoor, sal ons die laaste stukkie van die legkaart bymekaar kan sit.” Maroela Media Nuus
-
66
Springbokke is 2023 se nuusmaker van die jaar
Die Nasionale Persklub het Woensdag die Springbokke as sy nuusmaker van die jaar aangewys. Antoinette Slabbert, voorsitter van die klub, verduidelik hoe die besluit gemaak is. Maroela Media Nuus
-
65
Verdedigingsdeskundige getuie bevestig integriteit van getuienis teen verkragtingbeskuldigde
’n Forensiese ontleder wat aangestel is om AfriForum se privaatvervolgingseenheid se videobewyse in die verkragtingsaak teen Isaac Andile Memese aangebied is, het bevestig dat hy geen onreëlmatighede of wysigings op die lêers gevind het nie. Jason Jordaan, ’n ervare multimedia- en digitale forensiese ontleder, is gister deur Memese se verdedigingspan geroep om in die Somerset-Oos-landdroshof te getuig. Maroela Media Nuus
-
64
Polisie gryp miljoene se nagemaakte items
Gedurende die operasie het die span ook ʼn vervaardigingsfabriek en stoorfasiliteit afgebreek waar nagemaakte goedere na winkels in en om Johannesburg versprei is. Lt.kol. Amanda van Wyk, polisiewoordvoerder, lewer kommentaar. Maroela Media Nuus
-
63
Groot kommer oor ‘afgryslike toestande’ by Groblersdal-hospitaal
Lindy Wilson, die DA se provinsiale leier in Limpopo, sê die toestande by die Groblersdal-hospitaal is ysingwekkend en bedreig die gesondheid en welstand van sy ongeveer 200 pasiënte. Maroela Media Nuus
-
62
Gemeenskap haal self meer as 1 600 ton waterslaai uit Vaal
Meer as 15 bote en jetski’s het die waterslaai na vier verskillende uithaalpunte gestoot waar ongeveer 50 vrywilligers die plante met hul kaal hande uit die water verwyder het. Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir die sentraalstreek, sê egter die gemeenskap is besig om die regering se werk vir hom te doen. Maroela Media Nuus
-
61
Prys van skoolklere gee ouers steeds grys hare
Die mededingingskommissie het gedurende die 2023-skooltermyn bykans 200 klagtes van ouers ontvang wat hoofsaaklik met bu Maroela Media Nuus
-
60
Skrap SEB-vereistes vir waterlisensies nou
Aansoeke op die DWS se aanlynplatform kan nie afgehandel word indien die aansoeker nie aan bepaalde vereistes van breedgabaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) voldoen nie. Maroela Media Nuus
-
59
Man bly agter tralies ná dubbelmoord op ma, dogter
Die ma en dogter is na bewering ná ʼn rusie met ʼn jaggeweer by hul huis doodgeskiet. Maroela Media Nuus
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
HOSTED BY
Maroela Media
CATEGORIES
Loading similar podcasts...