PODCAST · news
Maroela-onderhoude
by Maroela Media
Maroela Media gesels met interessante mense in die ateljee.
-
150
Regstudent met musiekdrome laat Dozi-treffer herleef
Nadat Jolan van Vuuren Akademia se talentkompetisie gewen het, het hy die kans gekry om ʼn liedjie saam met Johan Vorster te vervaardig. Maroela Media
-
149
‘Dít maak jou koelboks koning,’ sê Snotkop
Snotkop en Ricus Nel is terug met nog ʼn liedjie ná die wegholsukses van “Boerepompie”. Maroela Media
-
148
Nuweling streef na ‘onvoorspelbaarheid’
“Ek weet nie almal gaan van my musiek hou nie; party sal dit selfs omstrede of vreemd vind. Solank as wat een persoon aanklank by my musiek vind, is ek gelukkig.” Maroela Media
-
147
‘Kontras van menslikheid’ inspireer Janie, Hunter
Op byna 42 is Janie Bay uiters gemaklik in haar vel, en haar nuwe musiek weerspieël waar sy haar tans in haar lewe bevind. Maroela Media
-
146
Geliefde omroeper sing oor wat agter die masker skuil
“Ek dink ons almal is ʼn bietjie onafgerond. Ons sit ʼn masker op en gee voor dat ons lewe perfek is, veral in die hedendaagse tyd waar ons onsself met ander op sosiale media vergelyk.” Maroela Media
-
145
‘Skadumeisie’: Oplaas bevryding ná jare van seer
Die boek word beskryf as nie net ʼn oorlewingsverhaal ná verslawing, verkragting en selfvernietigende gedrag nie, maar ook ʼn storie van hoop en ʼn herinnering aan die onblusbaarheid van die menslike gees. Maroela Media
-
144
Op die spektrum | ‘Vroeë diagnose, regte dokters van kardinale belang’
In die eerste episode van “Op die spektrum” gesels die Müller-gesin van Pretoria oor hulle ervaring met die diagnose van outisme en gee praktiese raad vir ouers wat dieselfde pad stap. Maroela Media
-
143
SkoolSlim | Wie bepaal die toekoms van ons skole?
Dié vraag staan sentraal in die tweede episode van SkoolSlim se tweede reeks, waarin dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met dr. Wynand Boshoff, VF Plus-woordvoerder oor onderwys, gesels oor die invloed van die regering van nasionale eenheid (RNE) en die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela) op Suid-Afrikaanse skole. Maroela Media
-
142
SkoolSlim | Helen Zille sê sterk skole vra sterk gemeenskappe
In dié episode van “SkoolSlim” gesels dr. Leandie Bräsler en Helen Zille oor waarom ouers, skole, gemeenskappe en plaaslike regering almal ʼn rol speel om kinders vir die toekoms toe te rus. Maroela Media
-
141
‘Negatiewe musiek’ inspireer musiekgroep Nikotien
“Wat ons eintlik met die liedjie wil sê, is dat dit oukei is om jouself in negatiewe musiek en negatiewe emosies te verloor.” Maroela Media
-
140
Stap in Totius se spoor met Koepel-Klop
Koepel-Klop vind op 1 Oktober om 10:00 plaas. Dit koste beloop R550 per persoon, en die roete duur ongeveer twee uur. Maroela Media
-
139
Mensdom se ‘innerlike geveg’ inspireer sanger
“Iets wat my egter stom laat, is te midde van hierdie teenstrydigheid is daar altyd hoop. Die mens bring altyd hoop, maak nie saak wat in die wêreld aangaan nie.” Maroela Media
-
138
SkoolSlim | Kultuur en kapitaal werk saam in ons skole
Kan ʼn sterk skoolkultuur belangriker as kapitaal wees? Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton Beleggings, is die antwoord ʼn besliste ja. In die jongste episode van SkoolSlim gesels dr. Leandie Bräsler van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met Schalekamp oor die verhouding tussen kultuur en kapitaal in skole en waarom die een nooit die ander behoort te oorheers nie. Maroela Media
-
137
ADHD dikwels eers in volwassenes raakgesien
Vir baie mense kom ʼn ADHD-diagnose eers in volwassenheid, nadat jare se uitstel, wanorganisasie en oorweldiging begin opstapel. ʼn Kenner sê die simptome was dikwels reeds in die kinderjare daar, maar is eenvoudig nie raakgesien of begryp nie. Maroela Media
-
136
SkoolSlim | Berei ons skole kinders regtig vir die toekoms voor?
Is Afrikaanse skole besig om kinders vir môre se werkswêreld voor te berei, of werk ons steeds volgens ʼn model wat vir gister ontwerp is? Maroela Media
-
135
Wynand Strydom wil herkoms bewaar met nuwe album
“Ek wil mense graag weer herinner aan waar ons vandaan kom. Nie om in die verlede te leef nie – ek dink dit is belangrik om op die toekoms te fokus – maar eerder sodat mense besef dat ons voorouers ons die geleentheid gegee het om te wees wie ons vandag is.” Maroela Media
-
134
Carley se musiek word saam met haar groot
Carley se jongste enkelsnit, “Wag vir jou”, is meer as net nog ʼn liedjie. Ná haar oorwinning in ʼn talentkompetisie, ʼn droomreis wat wink en selfs ʼn rol in ʼn internasionale huldeblykvertoning, wys die 18-jarige sangeres dat haar musiek saam met haar grootgeword het. Maroela Media
-
133
‘Ouers, onderwysers moet in vennootskap werk’
Om kinders groot te maak is nie net ʼn werk vir die skool of ʼn werk vir ouers nie. “Dit is regtig ʼn vennootskap,” sê die onderwysnavorser Johnell Prinsloo in Maroela Media se ateljee. Maroela Media
-
132
‘Koop ʼn bakkie’ sing Dassie en Robbie
“Bakkies speel ʼn groot rol in die Suid-Afrikaanse kultuur, veral omdat mense se voertuie ʼn deel van hul identiteit uitmaak.” Maroela Media
-
131
Sonder Onderbroeke wil ‘alternatief bly’
“Ons is dankbaar vir die vryheid wat ons platemaatskappy ons gee om met ons musiek te eksperimenteer.” Maroela Media
-
130
‘Groot voorreg’ vir Skryf’it-wenner wat nou beoordelaar is
“Ek het baie mense aangemoedig om vir vanjaar se kompetisie in te skryf, juis omdat die ervaring vir my so waardevol was.” Maroela Media
-
129
SkoolSlim | Skoolgereedheid gaan oor meer as ouderdom
Jou kind kan dalk al tot 100 tel, maar is hy of sy emosioneel gereed vir die eerste jaar van ʼn skoolloopbaan? Maroela Media
-
128
Aanbiddingsfees eersdaags gevier
“Elke keer wat ons vir die Here sing, elke keer wat ons ons fokus rig na die troon, sit ons ʼn hemelse kultuur hier op aarde. En soveel te meer in ons eie taal.” Maroela Media
-
127
Hoe raak aftrede jou huwelik?
“Dis ʼn goeie idee om, voordat julle aftree, behoorlik te gesels oor wat elkeen se verwagtings oor aftrede is, want daar is ʼn groot kans dat die idees nie met mekaar strook nie. Deur dit te bespreek, kan albei se behoeftes in ag geneem word en verseker word dat die paartjie konstruktief besig bly.” Maroela Media
-
126
Hoe kies ek ʼn skool vir my outistiese kind?
Om die regte skool vir ʼn kind op die outismespektrum te kry, kan ʼn reuse-uitdaging wees as ʼn ouer nie weet waar om te begin nie, sê prof. Suzanne Bester. Maroela Media
-
125
‘Vir weer’: Christia Visser se digbundel rou, eerlik
Christia Visser het haar jongste digbundel, “Vir weer”, geskryf terwyl sy deur ʼn egskeiding gegaan het. Sy probeer sin maak van verlies, verandering en van voor af begin, en met die digitale bundel deel sy haar “rouste vorm” met luisteraars. Maroela Media
-
124
Wanneer een ouer tuisbly: die risiko vir huwelike
Die besluit dat een ouer tuisbly om kinders groot te maak, klink vir baie gesinne na die ideale oplossing. Huweliksberader Louise Ehlers waarsku egter dat dié reëling dikwels onbedoelde druk op ʼn huwelik kan plaas. Maroela Media
-
123
Brug na hoop: Projek gee kinders nuwe kans
“By ‘Bemagtig ʼn kind’ bou ons doelbewus ʼn brug wat kinders help om uitdagende omstandighede oor te steek na ʼn toekoms vol hoop, stabiliteit en geleenthede. Ons glo alle kinders verdien ʼn regverdige kans om hulle volle potensiaal te bereik.” Maroela Media
-
122
Dirk wys dieper kant met nuwe snit
“Ek wil deur die liedjie die hoop bring dat mense in ʼn soortgelyke situasie iemand sal vind wat daardie seer deur liefhê sal laat verdwyn. Ek het nie weer iemand gekry nie, maar ek het dit in God gevind.” Maroela Media
-
121
Musiekduo HKJK sing van Bosveld-vryheid
“‘Bosveldnooi’ het ʼn Appel- Afrikaanse musiekgevoel. Dit is ʼn kommersiële Afrikaanse liedjie met ʼn kinkel. Daar is eintlik net een manier om dit te beskryf, en dit is HKJK.” Maroela Media
-
120
Potchefstroomse duo volg in Die Piesangskille se spore
Die duo verwys na hul aande van musiekmaak op die plot as “stam-aande”, en dis hoeka by een van hierdie sessies wat Johan, Zander en Die Heuwels Fantasties saam aan “Middel van die nag” geskryf het. Maroela Media
-
119
Hoop, genesing en tweede kanse in ‘EKODS 2’
“Die plan en droom van die begin af, was om die storie verder te vertel. Ons het al in die skryfproses vir die eerste seisoen storielyne vir ʼn tweede reeks gehad en dit het sommer vinnig ʼn lewe van sy eie gekry.” Maroela Media
-
118
Nuweling droom van enkelpad in musiekbedryf
“Musiek is definitief my grootste passie en iets waarvoor ek baie lief is. Ek beplan beslis nie om op te hou met musiek wanneer ek klaar is met skool nie.” Maroela Media
-
117
Rian van Heerden: ‘Ek sal nooit skaam wees om te sê ek is ʼn Afrikaner’
“Hierdie reeks is een wat my baie na aan die hart lê en is geweldig belangrik vir Suid-Afrikaners en die situasie waarin ons ons tans bevind.” Maroela Media
-
116
Luister | Jesus se geboorte ‘die grootste Kersgeskenk’
“Dit klink dalk soos ʼn cliché, maar dit is wat ons aan ʼn ewige hoop verbind. Ons enigste troos in lewe en dood is om aan Jesus Christus te behoort. Dít is waaroor Kersfees gaan.” Maroela Media
-
115
Hoe vier jou gesin Kersfees?
“Ek wil elke gesin uitdaag om regtig moeite te doen om tyd te neem om op die boodskap van Kersfees te fokus.” Maroela Media
-
114
Jaar van ‘groot genade, geleenthede’ vir Bobby
“Kyk, ek het hierdie jaar maar net weer besef ons moet die Groot Outeur se pen vertrou. Hy skryf die storie van jou lewe, en dankie tog daarvoor.” Maroela Media
-
113
Gee ʼn Bybel, verander ʼn lewe
Vir vervolgde gelowiges kan ʼn enkele Bybel die verskil tussen wanhoop en volharding wees. Jy kan help om God se Woord in die hande van iemand te plaas wat hul lewe vir hul geloof waag. Elizabeth Botha van Geopende Deure Afrika het Maroela Media meer oor die veldtog vertel. Maroela Media
-
112
Groei weer só nader aan jou huweliksmaat
“Geskeduleerde aktiwiteite toegespits op gehaltetyd sal die paartjie dadelik weer nader aan mekaar bring.” Maroela Media
-
111
Ons Winkels vier jaar van groei, danksy jou skenkings en aankope
Elke item wat jy aan Helpende Hand se Ons Winkels skenk of daar koop, word omgesit in kanse, hulp en hoop vir ander. Maroela Media
-
110
‘Wicked’-opvolgfliek vir ma’s en dogters aanbeveel
Alhoewel glansryk en beeldskoon – iets wat moderne gehore, veral ma’s en hul dogters, betower – raak die rolprent soms selfvertroetelend en te lank met ʼn onverwagse liefdestoneel. Maroela Media
-
109
Die huwelik en intimiteit | Episode 1: Praat met jou maat
Intimiteit is nie iets wat vroeër jare juis bespreek is nie, daarom heers daar baie wanindrukke rondom die onderwerp, meen huweliksberader Louise Ehlers in episode een van Maroela Media se nuwe podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik. Maroela Media
-
108
Die huwelik en intimiteit | Episode 5: Platoniese aanraking
Hierdie platoniese aanrakings speel ʼn groot rol in die huwelik, aangesien dit emosionele sekuriteit en intimiteit bevestig. Maroela Media
-
107
Die huwelik en intimiteit | Episode 4: Liefdestale
“Om The Five Love Languages deur Gary Chapman saam met jou huweliksmaat te lees, is ʼn briljante manier om te help bepaal watter liefdestale vir jou van meer waarde is.” Maroela Media
-
106
Die huwelik en intimiteit | Episode 3: Seksuele geweld
“Die huweliksmaat wat die trauma deurgemaak het, moet ook deur die proses leer om hul uitkyk op intimiteit te verander. In die verlede was dit iets wat hulle bang en seergemaak het, en nou is dit iets spesiaals wat hulle aan hul maat verbind.” Maroela Media
-
105
Die huwelik en intimiteit | Episode 2: Jou maat en verslawing aan porno
In episode twee van Maroela Media se podsendingreeks oor intimiteit in die huwelik, bespreek leraar Ian Dubery verslawing aan pornografie vanuit ʼn Christelike perspektief en verduidelik waarom hierdie verslawing so skadelik vir die huwelik is. Maroela Media
-
104
Die huwelik en intimiteit | Episode 6: Voorhuwelikse kursusse, wittebrood
“Julle moet leer hoe om hierdie heilige spasie wat die Here vir jou as man en vrou gegee het te respekteer en sodoende die volle voorregte daarvan te benut.” Maroela Media
-
103
Guinness-wêreldrekord vir kankervegters beplan
Dit is ʼn reuse-uitdaging, aangesien die span mik om ʼn allemintige 6 000 unieke strikkies op ʼn Renault Duster te plak. Maroela Media
-
102
Luister | Driemanskap sing oor nostalgie van seevakansies
“Ons het so drie jaar gelede saam aan musiek begin skryf, en dit het ʼn rukkie gevat om ons klank te vind. Ons is uiteindelik op ʼn plek waar ons van ons musiek hou.” Maroela Media
-
101
Hoop, kreatiwiteit in gospelsnit verken
“Ons wil vir Afrikaanse mense in hul eie taal ʼn uitdrukking van kerk wees.” Maroela Media
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...