Met Hart en Siel

PODCAST · religion

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.

  1. 150

    Gebore vir 'n tyd soos hierdie

    Ds. Schalk Strauss kuier in die ateljee om te gesels oor Gebore vir ‘n tyd soos hierdie ‘n Kommentaar oor die boek Ester. Eric Swanepoel vertel meer oor die werk van The World Needs a Father en Talitha Oosthuizen, huidiglik die eerste prinses in die Mev. Suid-Afrika-kompetisie, vertel van die Mount Everest-staptog wat sy pas voltooi het. Met Hart en Siel

  2. 149

    Die geheime van effektiewe gebed

    Prof. Stephan Joubert gesels oor die geheime van effektiewe gebed. Wendy Maartens vertel meer oor haar jongste boek Spreuke vir kleingoed en Landbouweekblad se kosredakteur Arina du Plessis gesels oor die gesondsheidsvoordele van varkvleis en deel ‘n paar wenke en resepte vir die gaarmaak van hierdie veelsydige vleissoort. Met Hart en Siel

  3. 148

    Die hart van die Pase

    Pastoor Marielle de Vos gesels oor die hart van die Pase. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen gesels oor ‘n Bybelse perspektief op die behandeling van trauma. Met Hart en Siel

  4. 147

    Stutterheim, lugbraaierwenke en 'n historiese roman

    Willem en Renee de Beer vertel oor hoe die Here hul van Texas in die VSA na Stutterheim in die Oos-Kaap geroep het. Louisa Holst gee wenke vir die skep van vinnige maaltye in jou lugbraaier en skrywer Malene Breytenbach vertel meer oor haar jongste Christelike historiese roman Die vrywilligers. Met Hart en Siel

  5. 146

    Die vreugde van kuns

    Vanoggend gesels ons oor die vreugde van kuns. Nicolette Geldenhuys, Paula du Bois en Anel Stricker-Bessinger - al drie gelowige kunstenaars vir wie kuns nie net 'n vreugde is nie, maar ook 'n bron van genesing. Hul kom deel ook die belangrikheid van kreatiwiteit Met Hart en Siel

  6. 145

    Skrywers en Boeke

    Susan Jordaan gesels oor die jongste Christelike boeke op die Lux Verbi-publikasielys en Helena Hugo kom vertel meer oor haar jongste roman, Cara. Met Hart en Siel

  7. 144

    Verlies en die impak van 'n ma op generasies

    Pastoor Jacques Bornman gesels oor verlies en die Woord. Prof Wentzel Coetzer vertel oor die invloed van ‘n ma op volgende generasies vanuit ‘n pastorale perspektief Met Hart en Siel

  8. 143

    Salwing

    Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik en betekenis van salwingsolies. Met Hart en Siel

  9. 142

    Geopende Deure & Trauma-genesing

    Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor vanjaar se wêreldwaarnemingslys wat onlangs bekendgestel is. Dr Cobus Janse van Nieuwenhuizen is terug in die ateljee om ons gesprek oor neuro-pastorale trauma intervensie voort te sit. Met Hart en Siel

  10. 141

    Geestesgesondheid & kinderveiligheid

    Sielkundige, Dr Truida Botha, kuier in die ateljee en gesels onder meer oor hoe om negatiwiteit te oorwin en die lewe se uitdagings sommer al vroeg in die jaar reg te hanteer. Jeanli Smit gesels daarna oor kinderveiligheid en die belangrikheid daarvan in elke gesin se lewe. Met Hart en Siel

  11. 140

    Te midde van die storm

    Armandina Adams ‘n geregistreerde en gesertifiseerde lewensafrigter, kuns- en trauma-berader en kunstenaar gesels onder meer oor hoe God ons in die storm ontmoet. Predikant en skrywer Jimi le Roux vertel meer oor sy jongste dagstukkieboek asook die lesse wat ons by Bybelvroue kan leer. Mandi Hart gee wenke oor hoe om veerkragtigheid by jou kind te kweek na aanleiding van haar jongste boek The Oak in the Storm Raising Resilient Kids in a Restless World. Met Hart en Siel

  12. 139

    Gesalfde

    In hierdie aflewering gesels dr Eunice van der Merwe oor die Bybelse gebruik van salwingsolies. Dr. Cobus Jansen van Nieuwenhuizen gesels oor innerlike genesing na trauma. Elmarie Berry vertel meer oor haar jongste kookboek en deel onthaalwenke wat jou sal lus maak om mooi tafel te dek en gaste oor te nooi! Met Hart en Siel

  13. 138

    Verlies

    Sonja Smith kuier in die ateljee en gesels oor die Sweedse gebruik van die sogenaamde “gentle art of death cleaning” en die voordele wat dit op vele vlakke inhou. Sy vertel ook meer oor haar stryd vir die regte van ouers, wat 'n kindjie weens 'n miskraam verloor, om behoorlik te kan afskeid neem. Jeanette Coetzee deel haar getuinenis rondom die verlies van drie baba’s en die geloofslesse wat hieruit voortgespruit het. Dr. Pieter van Jaarsveld gesels oor die perspektief wat Job vir elkeen van ons op die lewe bied. Met Hart en Siel

  14. 137

    Al Psalmend

    Marielle de Vos vertel meer oor die Hebreeuse jaar 5786 en wat dit beteken om in die vrees van die Here te leef. Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, vra hoe wil jy hê jou lewe moet lyk in 2026? Daar gesels ds Ronell Bezuidenhoudt oor hoe die Psalms ons kan help om God se teenwoordigheid in die komende jaar nog dieper te beleef. Met Hart en Siel

  15. 136

    Floreer

    Spesialis-welstandsberader, Retha van Zyl, vertel hoe om jou ware self te ontdek, sodat jy, ondanks jou letsels, kan floreer. Susan Coetzer kuier in die ateljee om oor haar jongste boek Super C Van swaarmoedige Sannie tot supervrou te gesels. Met Hart en Siel

  16. 135

    Feestyd

    Elsabé Conradie, skoolhoof van Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl, vertel meer oor dié skool wat vanjaar 165 jaar oud is, se geskiedenis. Skrywer Lizette Murray gesels oor haar spesiale verbintenis met dié skool en Milanie Vosloo gee raad oor hoe om einde van die jaar stres en moegheid te takel. Met Hart en Siel

  17. 134

    Leef voluit

    Amanda de Lange oor innerlike genesing en hoe om eienaarskap van jou lewe te neem. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel

  18. 133

    Wanneer godsdiens tot verwonding lei + Plaas-camino

    Prof Wentzel Coetzer gesels oor wanneer godsdiens tot verwonding eerder as heling lei. Stephanie van Rensburg vertel meer oor ‘n nuwe plaas-camino wat hierdie week van stapel gestuur word. Met Hart en Siel

  19. 132

    Hallo, Jesus!

    Marinda Engelbrecht gesels oor Hallo, Jesus!, haar dagstukkieboek vir kleingoed. Kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor ‘n reeks boeke wat kinderhartjies en die emosies wat hulle beleef aanspreek. En Elschanté Boumann kuier in die ateljee en deel manna uit vir mamma’s. Met Hart en Siel

  20. 131

    Inspirerende leierskap

    Jurie Schoeman en Brand Pretorius gesels oor Inspirerende leierskap Riglyne vir sukses uit die sakewêreld en die Woord. Niël Steinmann vertel meer oor hoe om jou doel, passie en roeping te (her)ontdek. Met Hart en Siel

  21. 130

    Selfbejammering & Koninkrykskinders

    Caylin Prince kuier in die ateljee om te gesels oor haar boek Decline Pity Parties & invite mercy. Jozine Botha vertel hoe om Koninkrykskinders volgens ‘n pastorale ouerskapsplan groot te maak. Met Hart en Siel

  22. 129

    Gebou op die Rots

    Pastoor Marielle de Vos gesels oor die simboliek van rotse en klippe in die Bybel. Ds. Ian Coetzee van die Evangelies-Gereformeerde Kerk Tygerberg vertel meer oor die Missions Expo 2025 waar uitreike en sendingorganisasies in die kollig geplaas word. Met Hart en Siel

  23. 128

    'n Liefdevolle Vader

    Lewensafrigter, Amanda de Lange, kuier in die ateljee en word daar gesels oor die verhouding tussen ouers en volwasse kinders. Sakevrou & entrepeneur, Joey Stofberg van Treats Food Distibutors, deel haar getuienis. Met Hart en Siel

  24. 127

    Vir die jongklomp

    Jaco Strydom gesels oor sy jongste boek Eendag te ver wat spesiaal vri jong Jesus-volgelinge geskryf is. Julita Kok vertel meer oor die Matt Redman-konsertreeks en Annique Jordaan en Lelani Brugman vertel meer oor hul Woord en Wsyie-kinderbediening. Met Hart en Siel

  25. 126

    Tyd & SAAI

    Narratiewe berader, Faith Durie, gesels oor die betekenis van tyd in ‘n gelowige se lewe. Francois Rosssouw & Dr Theo de Jager van die organisasie SAAI kuier in die ateljee om meer te vertel oor die werk wat hulle onder ons land se familieboere doen én die opwindende Lamb Champs 2025-kompetisie wat tans landwyd aan die gebeur is. Met Hart en Siel

  26. 125

    Oorgange en seisoene

    Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee om te gesels oor verwondering, geloofspaaie, maar ook oor die oorgange in ‘n mens se lewe en hoe elkeen jou lewe beïnvloed. Met Hart en Siel

  27. 124

    Sorg so vir jou immuunstelsel

    Voedingskundige, Madalein Helm van Health and Hope Nutrition, kuier in die ateljee en gesels oor die impak van jou immuunstelsel op jou gesondheid. Met Hart en Siel

  28. 123

    Maklik met Marinda, 'n jong meisie se reis deur Jerusalem en Die boekengel

    Bekende tuiskok Marinda Engelbrecht oor haar jongste kookboek Maklik met Marinda. Lilian de Jager kuier in die ateljee om meer te vertel oor haar boek The Path Through His Vineyard en Malene Breytenbach gesels oor haar jongste Christelike roman Die boekengel. Met Hart en Siel

  29. 122

    'n Pelgrimstog, 'n kuns gallery en 'n getuienis

    Vandag gesels Christine Ferreira met Linda van Heerden oor haar Camino Pelgrimstog waar sy gestap het van Porto tot by San Diego. Ook gesels Chrstine met Ingrid Smit - skilder en eienaar van die Stilbaai Kuns Gallery. Ingrid kom vertel hoe sy die hand van die Here in haar skilderwerk ervaar. En dan vertel Charlene Roux haar aangrypende getuienis oor haar seun Jayden. Met Hart en Siel

  30. 121

    Vredemaker

    Akteur en musikant Reggie Peace gesels oor sy boek Vredemaker. Lewensafrigter, Amanda de Lange, bespreek die konsep van selfliefde teenoor selfhaat en Prof. Nico Koopman gesels met ons oor die krag van gebed in aksie. Met Hart en Siel

  31. 120

    Riviere in die wildernis

    Karlien van Jaarsveld kuier in die ateljee om oor haar boek Riviere in die wildernis te gesels. Retha Ingbleek vertel meer oor vanjaar se SPAR Women’s Challenge. Met Hart en Siel

  32. 119

    Vrug van die Gees & die grootmaak van dogters

    Skrywer en afgetrede emeritus-professor aan die Universiteit van Stellenbosch Linda van Heerden leer ons meer oor die Vrug van die Gees. Prof Wentzel Coetzer gesels oor die uitdagings rondom die grootmaak van dogters. Met Hart en Siel

  33. 118

    Van Fotografie, Radio Kansel Hartklank, tot by "Anderkant 65"

    Fotograaf Hanneri de Wet kuier in die ateljee om te gesels oor ‘n uitstalling wat eersdaags plaasvind by Pierneef’s Kraal in Pretoria en deel wenke oor hoe om die meeste van jou kamera te maak. Sanet Deysel vertel meer oor Radio Hartklank en Radio Jikelele, Radiokansel se twee splinternuwe aanlynstasies. Thys Smit gesels oor Anderkant 65 Oor aftrede en daarna. Met Hart en Siel

  34. 117

    Geloofslesse

    Elizabeth Botha van Geopende Deure vertel meer oor VervolgingsSondag. Elize-Marié Müller kuier in die ateljee om onder meer te gesels oor die lewens- en geloofslesse wat ons by die Bybelkarakters soos Lasarus en Petrus en die Israeliete tydens die vlug uit Egipte kan leer tydens uitdagende omstandigehede en moeilike tye. Met Hart en Siel

  35. 116

    Visiothon 2025

    Aanbieder, Muller Crauwcamp, kuier saam met Christine Ferreira in die ateljee. Met Hart en Siel

  36. 115

    Gebedsreis

    Anné Pretorius kuier in die ateljee om oor ‘n spesiale joernaal vir ma’s te gesels. Sielkundige Dr. Johan Ferreira vertel meer oor hoe om konflik in ‘n verhouding te hanteer en Apostel Jantjes gee terugvoer oor ‘n pas afgelope gebedsreis van Kaapstad tot Mussina wat onder sy leiding plaasgevind het. Met Hart en Siel

  37. 114

    Jou identiteit in Christus

    Hui-Mari Meyer & Rhonel van Loggerenberg kuier in die ateljee om te gesels oor digitale verslawing en dié dinge wat ons identiteit in Christus van ons roof. Berdine Swart van The Local Edit vertel meer oor dié besonderse aanlyn-platform wat plaaslike handwerk, ontwerp en kuns vier. Met Hart en Siel

  38. 113

    Skrywers & boeke

    In hierdie aflewering vertel skrywers Riaan Grobler, Jozine Botha, Kristel Loots en Madeleine Louw Blighaut wat meer oor hul jongste Christelike romans wat pas op die rakke verskyn het. Met Hart en Siel

  39. 112

    Dink jouself gelukkig! Deel 2

    Dr Pieter van Jaarsveld gesels vandag verder oor hoe om jouself gelukkig te dink. Isette Dreyer vertel meer oor die gebruik van granaatpitolie in die gebruik van skoonheidsmiddels Met Hart en Siel

  40. 111

    Getuienis

    Hettie Grosskopf gesels oor haar pad met kanker en ander gesondheidsuitdagings. Janin Higgo vertel hoe sy vir 41 dae in die hospital beland het na die geboorte van haar dogtertjie. Met Hart en Siel

  41. 110

    Bybelvroue en skaapboere

    Skrywer Maretha Maartens gesels oor die Bybelvroue-omnibus Sarah & Hanna wat pas verskyn het. Filmvervaardiger Morné du Toit vertel meer oor die geloofstories in die gewilde KykNet-reeks Lamb Champs Die hart en siel van skaapboerdery. Righardt Kirsten gesels oor Pick Them Up en die werk wat hulle onder mishandelde vroue doen. Met Hart en Siel

  42. 109

    Lesse wat ons by Bybelfigure kan leer

    Lizette Murray gesels oor die belangrikheid van stilte in ‘n dawerende wêreld. Elize-Marie Muller vertel hoe ons deur middel van die verhale van 9 Bybelse karakters ons unieke doel in die lewe kan vind. Met Hart en Siel

  43. 108

    Kos & kuns

    Sanger en kosskrywer, Willie Strauss, kuier in die ateljee om oor sy jongste kookboek Sinkhuis-resepte te gesels. Skilder, Neil Breebaart, vertel meer oor Art Refined - Kuns met ‘n Koninkryksboodskap. Met Hart en Siel

  44. 107

    Om God se stem te hoor

    Pastoor Marielle de Vos gesels oor hoe om God se stem te kan hoor en die krag van ons woorde. Olieverfskilder en plaasvrou van Barkley-Oos, Coba Dohrmehl, deel haar mooi getuienis. Met Hart en Siel

  45. 106

    Met Vreugde

    In hierdie aflewering gesels Christine met Michelle Louw oor velsorg-geheime. Susan Coetzer kom kuier in die ateljee om oor haar jongste roman en die vreugdes in die lewe van ‘n gelowige te gesels. Met Hart en Siel

  46. 105

    Om totsiens te sê…

    Sonja Smith vertel oor hoe om voor te berei vir jou heengaan en wat om te doen as ‘n geliefde onverwags tot sterwe kom. Armandina Adams gee raad en wenke vir vroue oor hoe om na hul emosionele welstand om te sien. Met Hart en Siel

  47. 104

    Dink jouself gelukkig!

    Christine gesels met Isabella Niehaus oor Skepselkos, haar en Louis Janse van Vuuren se jongste kookboek. Dr. Pieter van Jaarsveld vertel daarna meer oor hoe om jouself gelukkig te dink. Met Hart en Siel

  48. 103

    'n Suksesvolle onderneming & hanteer woede so

    Milanie Vosloo vertel meer oor haar geloofspad rondom haar sake-onderneming wat vanjaar 40 jaar oud is. Prof. Wentzel Coetzer geses met ons oor woede en hoe om dit korrek te bestuur. Kom luister saam! Met Hart en Siel

  49. 102

    Bybelse Blokraaie, die Bybelse vas en Mighty Woman in God

    In hierdie aflewering gesels Heidri Mittendorf, die samesteller van Bybelblokraaie en ander woordspeletjies, oor die lekker van blokraai. Ilse Roux vertel meer van die Bybelse vas en Estelle Rossouw vertel van die Might Woman in God-wegbreeknaweek wat eersdaags in Parys in die Vrystaat plaasvind. Met Hart en Siel

  50. 101

    Ken jouself

    Is jy breinbehendig en ken jy jou breinprofiel? Trudie en Deon Badenhorst van Neuroworx kuier in die ateljee om hieroor te gesels. Michelle le Roux van Karus Skincare deel haar getuienis en vertel van ‘n ongewone reeks skoonheidsprodukte gemaak van turksvypitolie. Met Hart en Siel

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.

HOSTED BY

Radio Pulpit

URL copied to clipboard!