Skip to content
Middagvervolgverhaal podcast artwork

Middagvervolgverhaal

by RSG

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

From the show's RSS feed, refreshed Oct 23, 2026. Source feed.

Subscribe Bookmark

Episodes

  1. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 31

    Marnus is baie geduldiger met Elzebet as wat hy met Lienkie was, maar selfs Elzebet besef daar is ‘n ander kant aan Marnus wat hulle nie eintlik ken nie - ‘n ongenaakbare kant.

  2. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 30

    Lienkie lê haar sketse aan Marnus voor, maar ontdek ‘n baie harder man as wat sy tot dusver ontmoet het. Sy houding teenoor haar pogings verander handomkeer.

  3. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 29

    Marnus probeer Elzebet oortuig om die mooiste erf op sy landgoed te koop. Hy besef dat hy Elzebet sal moer leer hoe om ‘n sakeplan op te stel, anders vou Die Boskombuis weer. Hy lei haar op.

  4. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 28

    Jorrie waarsku vir Lienkie dat die eienaar van die vulstasie haar moontlik wil dagvaar. Klara hoor weer die hipnotiserende musiek uit die kloof, en sy besluit om te gaan kyk presies waar dit vandaan kom.

  5. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 27

    Die nuus dat Xander nie vir die aanval op Shaun verantwoordelik is nie, skok almal. As dit nie hy was nie, wie is die skuldige?

  6. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 26

    Marnus is ingenome met die nuwe reklameborde wat Lienkie vir Neelsie gemaak het, en maak haar ‘n aanbod, maar hy stel sekere voorwaardes

  7. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 25

    Die koffieplek, Neelsie, open uiteindelik, en die hele kloof is daar om die inwyding by te woon. Xander is egter nie so ingenome met die sukses van die opening nie.

  8. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 24

    Dit lyk of daar besig is om iets te ontwikkel tussen Marnus en Elzebet, en Mawiet is bekommerd. Sy vertrou Marnus net so ver sy hom kan sien. En hulle het nog nie eers behoorlik ontmoet nie.

  9. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 23

    Shaun is so getraumatiseerd deur die aanval, dat hy nie alles wat gebeur het behoorlik onthou nie. Hy vlug terug Johannesburg toe, en laat meer vrae as antwoorde.

  10. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 22

    Shaun is aangerand en die inwoners probeer bepaal wie daarvoor verantwoordelik is. Marnus verdink vir Xander vir die geweld.

  11. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 21

    Shaun vertel vir Neels dat sy ma sy pa vir ‘n egskeiding gedagvaar het, en nou met die helfte van sy besittings wegloop, onder andere die helfte van sy landgoed.

  12. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 20

    Nadat ‘n damwal verkrummel is Neelsie in gevaar. Hy besef dat die slyk die ingang na Neelsie, sy koffieplek, kan toeslik.

  13. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 19

    Daar is ‘n groot bakleiery by die huisie wat Xander huur, en dit veroorsaak baie skinderstories. ‘n Onbekende meisie is hierby betrokke. Die inwoners is bekommerd dat Marnus die hele kloof sal opkoop.

  14. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 18

    Neels gebruik Elzebet as sy eerste kliënt om sy verskillende soorte koffies te toets. voordat hy Neelsie amptelik open. Jorrie en Lienkie bespreek hulle planne vir die toekoms.

  15. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 17

    Neels se wonde word verbind na die groot geveg. Lienkie het idees oor hoe op Neelsie te reklameer.

  16. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 16

    Die brand het geweldige gevolge. Verskeie mense word daarvan verdink dat hulle by die brand betrokke sou gewees het. Xander slaan munt uit die chaos en beskou die dele van die fabriek wat afgebrand het.

  17. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 15

    Jorrie vry hard na Lienkie, maar sy hou hom op ‘n afstand omdat sy voel dat sy hom nog nie goed genoeg ken nie. Hulle gaan daardie aand na die inwyding van ‘n nagklub in Nelspruit, en hulle gevoel vir mekaar raak hier skielik sterker.

  18. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 14

    Marnus neem Elzebet na sy huis bo teen die berg, en sy besef nou eers hoe ryk en invloedryk die man is, veral wanneer sy sy drieverdiepingpaleis sien. Sy verneem ook dat hy pas geskei het. Xander maak planne oor hoe om sy roomysfabriek van die grond af te kry.

  19. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 13

    Marnus en Xander ontmoet in die roomysfabriek, en daarna besef Elzebet dat sy nogal van Marnus hou. Dis die eerste keer dat sy so oor ‘n man voel. Shaun en Xander het ‘n lelike onderonsie.

  20. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 12

    Xander verras Elzebet met ‘n besoek nadat hy teruggekeer het, en ontdek iets in haar huis wat hy graag wil koop. Elzebet is te verbaas om behoorlik te reageer. Neels maak ‘n voorstel aan Mawiet oor hoe sy by sy nuwe koffieplek betrokke kan raak, maar haar hart is in die restaurant.

  21. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 11

    Ná die storm is Neels en Klara in ‘n geweldige argument betrokke. Elzebet maak ‘n groot bekentenis aan Mawiet. Mawiet weet nie herwaarts of derwaarts nie.

  22. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 10

    ‘n Geweldige storm bars oor die vallei los en verspoelings vind plaas. Klara is genoodsaak om die nag by Neels oor te bly. Ou liefde begin weer kop uitsteek. Dan kry Lienkie ‘n skokkende tyding.

  23. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 9

    ‘n Swaar storm steek op en die inwoners is bang dit is ‘n herhaling van Januarie se vloede. Neels help Klara oom haar paadjie te verstewig teen die watermassa wat kom en haar ooranghutte kan beskadig.

  24. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 8

    Lienkie, ‘n voormalige kelnerin by die restaurant, Suikerbossie, daag by die vulstasie op waar Jorrie diens doen, en wys hom op ‘n paar foute. Jorrie spring in en besluit om restourasie vir Lienkie te doen.

  25. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 7

    Daar is ‘n groot partytjie in Schoemanskloof, en almal, insluitend Neels en Klara, daag op. Hulle trek baie aandag. Ironies genoeg is die partytjie die oorsaak dat hulle opnuut hulle gevoelens vir mekaar besef, en agterkom dat hulle by die dag meer van mekaar hou.

  26. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 6

    Elzebet waarsku Klara teen Xander wat skielik verdwyn het. Hulle vermoed dat hy met skelmsstreke besig is. Klare doen navorsing oor hom op die internet en kry ‘n paar skokke.

  27. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 5

    Elzebet se huis word verbreek, en sy vat dit maar sleg. Dit was haar ouers se trots, met ‘n paar versteekte geheime. Xander verras Klara in die kloof, en dit lyk of hulle gevoelens vir mekaar begin kry.

  28. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 4

    Neels verduidelik hoe hy dit regkry om koffie in die vallei te kweek en nuwe boompies te bestel om aan te plant. Hy bots trompop met die verwaande Xander, terwyl hy aan sy nuwe koffieplek beplan.

  29. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 3

    Elzebet neem afskei van haar huis waarvan die mure nou uitgebreek gaan word. Xander sorg dat hy indruk maak in die vallei, maar dit is nie noodwendig positief nie. Hy ontstig die hele gemeenskap.

  30. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 2

    ’n Vreemdeling, Xander, daag op ’n motorfiets in die kloof op, en krap die hele wêreld om. Neels, die koffieboer, en Xander op sy motorfiets, ontmoet in ‘n ou fabriek, en die vonke spat. Xander raak deeglik bewus van Klara.

  31. KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 1

    Die pad in Schoemanskloof in Mpumalanga word verbreed om die verkeer meer geredelik te laat vloei. Dít raak ’n restaurant in ’n geskiedkundige huis nadelig. Die pad sal nou te naby die eienares, Elzebet Coetzee, se eiendom wees. Die dubbelpad bring dus baie verandering in lewens wat stagneer het,...

  32. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)

    Rachel neem afskeid van Sannie, en Pieter en vertrek na Port Elizabeth. Frans eindig op by Giel se Gat en begin weer drink. Klets ontvang 'n brief van die SAUK na aanleiding van haar inskrywing vir die Sewende Laan cameo-rol kompetisie.

  33. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 59

    Pieter weier om na Sannie te luister toe sy hom vra om nie voort te gaan met sy storie dat hy vir Moolman geskiet het nie. Frans gaan vir sy werksonderhoud. Gerda en Klets kry goeie nuus van Louw Visagie oor die moordklag teen Rachel.

  34. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 58

    Pieter gaan vra raad by die pastoor oor wat hy moet doen oor Moolman se skietery. Rachel besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum. Klets is woedend toe sy hoor Pieter het pastoor vertel dat hy vir Moolman geskiet het. Sannie besluit om huis toe te gaan, en verras vir Pieter en Rachel.

  35. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 57

    Gerda gaan haal vir Rachel by die polisieselle en probeer haar gerusstel. Frans besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum. Klets is bekommerd dat Pieter vir Louw die waarheid sal vertel oor Moolman se dood.

  36. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 56

    Klets besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum om uit te vind of sy gaan terugkom nadat Rachel vir Moolman geskiet het. Frans en pastoor woon Rachel se eerste verhoor by, waar sy borgtog kry. Pieter wil nie hê Rachel moet namens hom die skuld dra vir Moolman se dood nie.

  37. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 55

    Moolman is woedend vir Rachel nadat sy die kliënt, vir wie sy 'n private dans moes doen, met sy drankie in die gesig gooi. Rachel vlug toe Moolman haar wil aanval, en daag by die karavaan op terwyl Pieter gereed maak om kerk toe te gaan. Klets hoor 'n rewolwerskoot in die agterplaas…

  38. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 54

    Louw bring Frans se rewolwer terug, en beloof hy sal 'n ogie oor Rachel hou. Klets skaf 'n stel tweerigtingradios aan, en laat Pieter een van die radios by hom dra vir veiligheid. Moolman reël dat Rachel 'n private dans vir een van sy belangrike kliënte doen.

  39. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 53

    Frans dreig vir Moolman, wat in reaksie vir Louw Visagie bel om hom te kom haal. Rachel het nie meer geld vir die hotelkamer waar sy en Pieter wegkruip nie, en besluit om terug te gaan na Moolman toe. Sannie vertel vir Frans sy wil vir alkoholverslawing-rehabilitasie gaan.

  40. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 52

    Klets merk dat Pieter nie die vorige aand in sy kamer geslaap het nie, en is bekommerd oor hom. Louw besoek vir Moolman by die nagklub om uit te vind of hy weet waar Rachel haar bevind.

  41. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 51

    Klets vertel vir Louw Visagie dat Moolman vir Rachel kom soek het. Frans is bekommerd oor Sannie wat al meer teruggetrokke raak, en is bang sy drink weer skelm. Rachel bel vir Pieter uit die bloute.

  42. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50

    Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en 'n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.

  43. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 49

    Moolman wil sy geld terughê ná die fiasko by die rampartytjie. Rachel daag in die middel van die nag by Pieter op met 'n blou oog nadat sy en Moolman rusie gehad het. Sannie besluit om terug te gaan.

  44. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48

    Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by 'n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.

  45. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 47

    Frans soek vir Sannie, en vind haar by Giel se Gat. Klets vra vir Gerda om te help om Sannie te vind. Gerda gaan soek vir Sannie, en vind haar by 'n plek vir haweloses. Sy probeer haar oortuig om huis toe te kom.

  46. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 46

    Frans is woedend vir Sannie wat skelm drink, en sluit haar in die karavaan toe. Pieter besoek Rachel by haar woonstel, en sy vra hom om haar nie weer te kontak nie. Klets dreig om die Welsyn te bel toe Frans en Sannie weer baklei.

  47. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 45

    Klets neem vir Pieter na Louw Visagie om hom te vertel van die geheimsinnige pakkie wat Rachel vir Moolman in Durban gaan aflewer. Louw keer Rachel voor by die lughawe en onderskep die pakkie.

  48. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 44

    Pieter doen aërobiese oefeninge saam met Klets, en kla dat sy besig is om sy lewe oor te neem. Frans besoek vir Moolman en vertel hom die polisie het kom navraag doen oor Nico se verdwyning. Rachel stem in om die pakkie vir Moolman in Durban saam met Natasja af te lewer.

  49. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 43

    Frans wys sy nuwe klere vir Sannie, en sy en Klets dink hy lyk meer soos 'n rugbyondersteuner as iemand wat werk soek. Moolman neem Rachel op 'n verrassingsuitstappie en maak haar 'n aanbod om meer geld te verdien as wat sy met die dansery by die nagklub verdien.

  50. AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 42

    Pieter is geskok wanneer hy die tydrooster sien wat Klets vir hom uitgewerk het. Louw Visagie besoek Rachel by Moolman se nagklub om uit te vind wanneer laas sy vir Nico gesien het, en deel haar die nuus mee dat hulle Nico se lyk op 'n mynhoop gevind het.

About this show

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Hosted by

RSG

Categories

Frequently asked questions

How many episodes does Middagvervolgverhaal have?

Middagvervolgverhaal has 1,000 episodes on PodParley. The most recent episode was published on October 29, 2026.

What is Middagvervolgverhaal about?

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

How often does Middagvervolgverhaal release new episodes?

Middagvervolgverhaal publishes daily, based on its 1,000 episodes since December 2022.

Who hosts Middagvervolgverhaal?

Middagvervolgverhaal is created and hosted by RSG.
Link copied