PODCAST · arts
Middagvervolgverhaal
by RSG
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
-
1000
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 54
Louw bring Frans se rewolwer terug, en beloof hy sal 'n ogie oor Rachel hou. Klets skaf 'n stel tweerigtingradios aan, en laat Pieter een van die radios by hom dra vir veiligheid. Moolman reël dat Rachel 'n private dans vir een van sy belangrike kliënte doen.
-
999
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 53
Frans dreig vir Moolman, wat in reaksie vir Louw Visagie bel om hom te kom haal. Rachel het nie meer geld vir die hotelkamer waar sy en Pieter wegkruip nie, en besluit om terug te gaan na Moolman toe. Sannie vertel vir Frans sy wil vir alkoholverslawing-rehabilitasie gaan.
-
998
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 52
Klets merk dat Pieter nie die vorige aand in sy kamer geslaap het nie, en is bekommerd oor hom. Louw besoek vir Moolman by die nagklub om uit te vind of hy weet waar Rachel haar bevind.
-
997
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 51
Klets vertel vir Louw Visagie dat Moolman vir Rachel kom soek het. Frans is bekommerd oor Sannie wat al meer teruggetrokke raak, en is bang sy drink weer skelm. Rachel bel vir Pieter uit die bloute.
-
996
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50
Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en 'n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.
-
995
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 49
Moolman wil sy geld terughê ná die fiasko by die rampartytjie. Rachel daag in die middel van die nag by Pieter op met 'n blou oog nadat sy en Moolman rusie gehad het. Sannie besluit om terug te gaan.
-
994
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48
Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by 'n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.
-
993
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 47
Frans soek vir Sannie, en vind haar by Giel se Gat. Klets vra vir Gerda om te help om Sannie te vind. Gerda gaan soek vir Sannie, en vind haar by 'n plek vir haweloses. Sy probeer haar oortuig om huis toe te kom.
-
992
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 46
Frans is woedend vir Sannie wat skelm drink, en sluit haar in die karavaan toe. Pieter besoek Rachel by haar woonstel, en sy vra hom om haar nie weer te kontak nie. Klets dreig om die Welsyn te bel toe Frans en Sannie weer baklei.
-
991
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 45
Klets neem vir Pieter na Louw Visagie om hom te vertel van die geheimsinnige pakkie wat Rachel vir Moolman in Durban gaan aflewer. Louw keer Rachel voor by die lughawe en onderskep die pakkie.
-
990
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 44
Pieter doen aërobiese oefeninge saam met Klets, en kla dat sy besig is om sy lewe oor te neem. Frans besoek vir Moolman en vertel hom die polisie het kom navraag doen oor Nico se verdwyning. Rachel stem in om die pakkie vir Moolman in Durban saam met Natasja af te lewer.
-
989
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 43
Frans wys sy nuwe klere vir Sannie, en sy en Klets dink hy lyk meer soos 'n rugbyondersteuner as iemand wat werk soek. Moolman neem Rachel op 'n verrassingsuitstappie en maak haar 'n aanbod om meer geld te verdien as wat sy met die dansery by die nagklub verdien.
-
988
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 42
Pieter is geskok wanneer hy die tydrooster sien wat Klets vir hom uitgewerk het. Louw Visagie besoek Rachel by Moolman se nagklub om uit te vind wanneer laas sy vir Nico gesien het, en deel haar die nuus mee dat hulle Nico se lyk op 'n mynhoop gevind het.
-
987
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 41
Frans besluit hy gaan sy hare laat sny en vir hom klere koop, maar is geheimsinnig oor hoekom hy dit wil doen. Sannie konfronteer Klets omdat Klets kwansuis besig is om Pieter van Sannie te vervreem. Visagie lê besoek af by Frans om hom te ondervra oor Nico se verdwyning.
-
986
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 40
Blikkies se begrafnis word gehou, en Klets bly agter by Blikkies se graf. Frans is ontsteld as hy vir Sannie vang wat skelm drink. Klets besluit sy gaan voortaan Pieter se roetine vir hom reël.
-
985
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 39
Gerda ontmoet Rachel om met haar te gesels oor haar dansery by Moolman se nagklub. Klets is emosioneel oor Blikkies se begrafnis wat op hande is. Frans vra die pastoor om saam met hom na die nagklub te gaan waar Rachel dans, en is geskok as hy sy dogter voor almal sien ontklee.
-
984
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 38
Klets besluit sy gaan Blikkies se buitekamer vir Pieter inrig sodat hy daar kan bly. Pieter vertel vir Frans dat Nico spoorloos verdwyn het en dat sy ouers hom as vermis by die polisie gaan aangee het. Frans verras Sannie met 'n romantiese ete en alkohol-vrye sjampanje.
-
983
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 37
Klets gaan maak reëlings met pastoor Fredericks vir Blikkies se begrafnis. Gerda besoek Sannie en is geskok om haar in so 'n toestand te sien. Sannie gaan soek Frans op by Giel se Gat, en hulle herenig.
-
982
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 36
Klets wil by Sannie weet hoe sy pastoor Fredericks kan kontak om Blikkies se begrafnis te reël. Pieter daag by Rachel se woonstel op en vertel haar dat oom Blikkies oorlede is. Klets besluit om die vrou van die kostent te vra om met Sannie te kom praat omdat sy weer begin drink het.
-
981
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 35
Klets is histeries as sy verneem dat Blikkies die vorige aand oorlede is, en vra Sannie om haar hospitaal toe te vergesel. Louw is verbaas as hy hoor Blikkies se seun het vir Blikkies kom kuier by die hospitaal. Moolman neem Nico weer na die ou inryteater by die mynhoop, met ander planne.
-
980
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 34
Nico vra Pieter om verskoning oor die bakleiery met Dewald, en lei Pieter in 'n lokval om Moolman te ontmoet. Pieter betrap sy ma met 'n bottel wyn, en Sannie bieg sy het moed opgegee. Moolman besoek Blikkies by die hospitaal.
-
979
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 33
Louw lig Blikkies in dat Rachel blykbaar teruggetrek in die woonstel waar sy en Alet voorheen gewoon het. Klets verneem dat Blikkies 'n brief vir sy seun geskryf het, en besluit sy gaan sorg dat Blikkies en sy seun herenig. Pieter word aangerand by die skool deur Dewald.
-
978
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 32
Klets en Sannie kry amper 'n boete wanneer hulle die tweedehandse klere by die taxihalte gaan verkoop. Blikkies gee vir Louw 'n brief om aan Blikkies se seun te gee waarin hy vergifnis vra. Klets verneem by Blikkies dat die dokters hom minder as 'n maand gegee het om te leef.
-
977
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 31
Klets kom met 'n plan vorendag om Sannie te help om haar huur betaal. Pieter laat glip aan Sannie dat hy vir Blikkies bloed sien hoes het. Moolman vra Nico om sy oë en ore te wees, en uit te vind wat die polisie soek.
-
976
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 30
Sannie konfronteer Blikkies oor hoekom hy sy vriend Louw Visagie in die polisie genader het. Visagie lê besoek af by Frans en vra hom uit oor die selfone wat hy by die Nigeriër gekoop het. Blikkies bieg teenoor Pieter dat hy bloed hoes en vra hom om nie vir Klets te vertel nie.
-
975
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 29
Sannie bieg teenoor Pieter dat sy bekommerd is oor Frans, en vra Pieter om 'n kombers vir Frans te vat. Klets vertel vir Sannie dat speurder Louw Visagie by Blikkies kom kuier het. Sy dink dit het iets te make met Frans. Louw maak kontak met Pieter, en vra hom uit oor die selfone.
-
974
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 28
Frans is ontsteld wanneer Nico hom vertel dat Rachel moontlik by Moolman se nagklub as ontkleedanseres werk. Klets is nuuskierig om uit te vind waaroor Blikkies en Louw Visagie gesels. Blikkies vra Louw om Frans en Rachel uit Moolman se kloue te red.
-
973
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 27
Klets wil Blikkies versorg, maar hy is 'n moeilike pasiënt. Nico kry 'n boodskap van Frans om hom te ontmoet oor die selfone. Pieter vertel vir Blikkies van die gesteelde selfone waarmee sy pa en Nico smous. Blikkies besluit om vir Frans die skrik op die lyf te jaag, en so te verhoed dat Frans gevang word
-
972
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 26
Sannie skop vir Frans uit, en sê hy moet die tent vat en by Groendam gaan bly, want dan is hy naby Giel se Gat om verder te drink. Pieter vra Nico om saam met hom te gaan om te kyk of Rachel by Moolman is. Blikkies word uit die hospitaal ontslaan en huis toe gestuur ná sy operasie. Klets sal hom versorg.
-
971
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 25
Sannie is verbaas wanneer sy uitvind dat Rachel terug is, en wil weet wat verkeerd geloop het met Alet. Pieter gaan soek vir Frans by Giel se Gat nadatFrans die vorige aand nie huis toe gekom het nie. Sannie is ontsteld wannear Frans dronk opdaag en boonop vir Moolman saamgenooi het om by hulle te kom eet.
-
970
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 24
Rachel besluit om by Alet se woonstel uit te trek en tydelik weer by Sannie en Pieter in die karavaan te gaan bly. Moolman pak die skuld op Alet dat Rachel nie meer by die nagklub wil dans nie, en vra haar om uit die woonstel te trek. Nico vertel vir Moolman dat hy Frans by Giel se Gat sal vind.
-
969
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 23
Die perd waarop Frans met Nico se geld gedobbel het, wen naelskraap die perderen. Frans besluit om dit met 'n bier te vier. Moolman laat glip aan Rachel dat hy Alet betaal het om Rachel te lok om by die nagklub te kom dans. Die Nigeriër, Gift, weier om die selfone aan Frans te verkoop.
-
968
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 22
Nico vertel vir Pieter van die ooreenkoms wat hulle aangegaan het om selfone te koop en verkoop. Pieter is woedend dat sy pa agter sy rug met Nico konkel. Frans kry Nico se R1,000 by hom, en plaas die geld op 'n perderenweddenskap sonder dat Nico dit besef.
-
967
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 21
Rachel vertel vir Alet van haar ervaring om in die nagklub te dans, en dat sy baie gespanne was. Frans besluit om geld bymekaar te maak en saam met Nico in 'n vennootskap te gaan met die koop en verkoop van die gesteelde selfone.
-
966
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 20
Klets verneem by die hospitaal dat Blikkies se biopsie wys dat hy wel kanker het, en dat hulle sal moet opereer. Moolman vra vir Rachel om 'n proeflopie te kom dans by die nagklub. Sannie verbied vir Pieter om verdere kontak met Nico te hê. Rachel konfronteer Pieter oor die R200 wat hy uit die kasregister gesteel het by haar werk.
-
965
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 19
Rachel gaan kyk saam met Moolman na die dansvloer by die nagklub, en sy gaan 'n ooreenkoms met hom aan. Frans probeer by Pieter uitvis waar hy aan die geld gekom het. Rachel vertel Sannie van Pieter se planne om gesteelde selfone te verkoop, en Sannie laat Pieter terugtrek in die karavaan.
-
964
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 18
Sannie vind geld in Blikkies se kamer waar Pieter slaap, en is bekommerd dat Pieter dalk by by iets onwettig betrokke is. Rachel ontmoet vir Moolman, en vra hom om vir Gift, die Nigeriër, te vra om nie gesteelde goedere aan hulle te verkoop nie. Frans besluit om ondersoek in te stel na wat aangaan.
-
963
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 17
Rachel konfronteer vir Nico oor die speletjies wat hy en Pieter koop en verkoop, en dring aan om die persoon te ontmoet by wie hulle die gesteelde goed koop. Sannie is effe jaloers as sy sien hoe vriendelik Frans en Klets met mekaar geraak het. Rachel vra Nico om haar te gaan wys waar Moolman woon.
-
962
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 16
Nico vertel vir Pieter dat hulle selfone kan koop by die persoon by wie hulle die speletjies gekoop het. Pieter probeer by Rachel geld leen om van die gesteelde selfone te koop. Klets is ontsteld toe sy verneem Blikkies moet moontlik 'n operasie ondergaan, en vra Sannie om saam te gaan hospitaal toe.
-
961
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 15
Sannie is bekommerd omdat Pieter nie die vorige aand teruggekom het nie, en gaan kyk of hy nie by Rachel oorgeslaap het nie. Klets deel Frans mee dat sy besluit het hy kan maar haar huis se dak verf. Alet en Rachel neem Sannie na Nico se huis om uit te vind of Pieter dalk daar oorgeslaap het.
-
960
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 14
Die akteur daag nie op vir die afspraak met Klets nie, en Sannie moet haar troos. Sannie vertel vir Pieter dat hy in Blikkies se kamer kan bly tot Blikkies uit die hospitaal ontslaan word. Klets is beïndruk met die veranderinge wat Frans aan haar tuin gebring. Frans vra vir Sannie of hy kan terugtrek in die karavaan.
-
959
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 13
Pieter word by die skool geboelie, en Nico tree vir hom in die bres. Klets kom vra vir Sannie om vir haar en die akteur ook van haar ouma se skenkelbredie te maak. Nico vertel vir Pieter dat hy 'n manier gevind het waarmee hulle vinnig geld kan maak. Klets wag senuweeagtig vir haar akteurgas om op te daag.
-
958
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 12
Frans vertel vir Sannie dat pastoor vir hom gebid het, en dat die drankduiwel uitgedryf is. Alet bieg teenoor Rachel dat sy Moolman geld skuld. Rachel stel voor hulle verkoop Alet se motor, en hulle gaan soek 'n koper. Frans doen tuinwerk, en Klets jaag hom van haar rose af weg.
-
957
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 11
Moolman daag nie op vir sy eteafspraak met Rachel en Alet nie, en vra dat hulle hom eerder later by sy nagklub ontmoet. Rachel weier, en Alet is kwaad vir haar. Pieter vra vir Nico uit oor Moolman, en Nico gaan wys hom waar Moolman woon. Sannie gaan kyk waar die klerewinkel is waar Rachel werk.
-
956
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 10
Frans vra vir Klets om verskoning vir sy gedrag, en belowe hy sal wegbly van Blikkies in die hospitaal. Pieter besluit om Rachel te nader om 'n storie oor haar vir sy skooltaak te doen. Klets en Sannie vertrek na die Helpende Hand-kostent om die akteur te soek wat Klets hoop vir haar toneelspelklasse sal gee.
-
955
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 9
Klets is erg bekommerd oor Blikkies, en hulle wag op die uitslag van die dokter se toetse. Alet besoek vir Rachel by die klerewinkel en vertel haar dat Moolman haar baie graag wil ontmoet. Frans daag by die hospitaal op om vir Blikkies te kuier, maar Klets verbied hom om Blikkies te sien.
-
954
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 8
Rachel kry werk as ontvangsdame by 'n klerewinkel, en besluit om nie saam met Alet by die nagklub te gaan werk nie. Blikies word in die hospitaal opgeneem vir toetse, en Klets is radeloos bekommerd oor hom. Sannie vra vir Pieter om haar na die woonstel te neem waar Rachel saam met Alet woon.
-
953
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 7
Sannie en Klets besoek die nagklub, en moet verby die deurwagte probeer kom. Frans kom dronk tuis ná sy kuier by Giel se Gat, en kuier saam met Blikkies wat te veel drink en siek word. Klets is woedend vir Frans as sy Blikkies die volgende oggend dronk en siek in sy kamer aantref.
-
952
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 6
Sannie vertel nie vir Frans dat sy die adres van die nagklub het waar Rachel blykbaar werk nie. Sy vra vir Klets om saam met haar die klub te besoek. Klets vra vir Blikkies om hom uit die Conradies se lewens te hou. Sy is bekommerd oor Blikkies se gesondheid.
-
951
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 5
Rachel verneem by Alet dat haar pa by die woonstel was en haar sak met klere gevat het. Pieter vra of hy 'n skooltaak oor oom Blikkies se dae in die polisie kan doen. Alet neem vir Rachel saam na Moolman se nagklub waar sy as kelnerin werk, en Rachel besef hier gaan meer aan as wat Alet haar vertel het.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
HOSTED BY
RSG
CATEGORIES
Loading similar podcasts...