PODCAST · music
Mirrag met Annelie
by GROOTfm 90.5
Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
-
150
Oppinuus - Rianette Leibowitz oor AI op sosiale media
Ons gesels oor hoe AI jou kind se inligting van jou profiele af gebruik en opgaar... Dus kan mense jou kind se adres, skool ens. kry. Rianette Leibowitz van Cyber Wellness verduidelik hoe jy kan veilig wees
-
149
Karla Pretorius Protea Netbal Speler
Annelie gesels met uittredende Protea Netbal speler Karla Pretorius oor haar loopbaan en die pad voorentoe
-
148
Deon Meyer
Dit is wêreld koop 'n boek dag en die bekende Suid-Afrikaanse skrywer, Deon Meyer gesels met Annelie oor een van haar gunsteling onderwerpe - BOEKE en lees.
-
147
Motivering 7 September 2026 - Tel jou seëninge
Het jy al ooit so gefokus op dit waarvoor jy bid… dat jy vergeet het om dankbaar te wees vir dit wat jy reeds ontvang het? Psalm 103:2 sê: “Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie.”
-
146
Motivering 31 Augustus - Ons kan kies hoe om te reageer
Ons almal staan soms voor dinge wat ons nooit sou kies nie — 'n verlies, 'n teleurstelling, 'n pad wat skielik krom loop. Ons kan nie altyd die storm keer nie, maar ons kan wel kies hoe ons daardeur loop.
-
145
Conbad
Conbad (Conrad Rudolph) kuier met sy kitaar op #MIRRAG om te gesels oor nuwe musiek!! Hy gesels meer oor sy enkelsnit “Ever Young” en die storie agter hoe hy pen op papier sit.
-
144
John Jones - C12
John Jones kom vertel meer oor C12 en die C12 konferensie wat in September 2026 plaasvind. Hy leer ons oor hoe jy jou besigheid in 'n bediening kan verander
-
143
Maandag motivering - Bid sonder ophou
1 TESSALONISENSE 5:17-18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953) Bid sonder ophou. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
-
142
Nádine vier 30 jaar in die musiek bedryf
Nádine het op Mirrag met Annelie kom kuier om te gesels oor haar 30 jaar in die musiek bedryf en die optrede wat sy gaan hê om dit te vier. Annelie het ook 'n paar verrassing vir haar gehad
-
141
Tuin
Tuin het 'n nuwe liedjie! Mooiste monster gaan oor self vergifnis en self liefde. Tuin het ook haar kitaar saam gebring en het die Vrydag net beter gemaak
-
140
Eldon van Aswegen - Fosta dokumentêr
Die regiseur Eldon van Aswegen, gesels met Annelie op Mirrag oor sy nuwe dokumentêr "Fosta" wat gaan oor Thulani ‘Fosta’ Headman, ’n voormalige bendelid van Langa, wat uit die tronk terugkeer, vasbeslote om elektroniese musiek te gebruik om sy lewe te herontdek.
-
139
Philly
Philly kuier by Annelie in Mirrag om te gesels oor wat hy sy beste liedjie nog noem. Sy nuwe liedjie "Spook van jou" is nou beskikbaar
-
138
Myan Subrayan
Annelie gesels met Myan Subrayan oor sy werk met van ons land se Grootste sportsterre, sy getuienis en dat hy geskiedenis gemaak het as die eerste Indier wat as spreker in Afrikaans by die Voortrekker monument opgetree het. En oor die ware "Curry Cup"
-
137
Anelma - Fiesta
Grootfm se eie Anelma van Heerden is die nuwe aanbieder van die Kyknet program Fiesta! Annelie gesels met haar oor feeste, tv en radio en of sy koffie of sosiale media verkies
-
136
Skemer
Skemer kuier by Annelie op Mirrag! Hulle gesels verhoudings, gee raad, Annelie toets hulle rigting wysers en hulle deel hulle nuwe liedjie "Rigting"
-
135
Wynand Strydom
Wynand Strydom kuier in die ateljee saam met Annelie en gesels geskiedenis en sy nuwe enkelsnit 31 Mei
-
134
Kinderbeskermingsweek
Annelie gesels met Wouter Prozinsky van Rockf of Hop ('n plek van veiligheid vir babas en kleuters) en AO Marinda Austin van die Social Crime Prevention Unit van die SAPD oor Kinderbeskermings week, die tema en hoe ons, ons kinders kan veilig hou
-
133
Gee-week - Eleos oor hulle streetshower en sopkombuis
Annelie gesels met Natasha en Annalie van Eleos oor hulle streetshowers en sopkombuis
-
132
Geeweek - Saai berading
Franelyn kom deel haar storie met Annelie en praat oor die belangrikheid van berading en betyds hulp kry vir geestes gesondheid
-
131
Geeweek - Eleos oor hulle na-skool
Annelie gesels met Marné (maatskaplike werker) Amalie en Grace (Matrikulant) oor Eleos se na-skool projek waar hulle kinders voed, help met huiswerk en verantwoordelikheid leer
-
130
Groot Gee-Week: Hanna Charity
Charlene Jackson; Annamarie Labuschagne en Karin Moller van Hannah Charity se Little House Educare Sentra kom gesels oor hulle vroeë ontwikkelings sentrums (kleuterskole) en die werk wat hulle doen
-
129
Groot Gee-week: Saai
Dr Theo de Jager kom gesels met Annelie oor die werk wat Saai in ons boeregemeenskap doen
-
128
Oppinuus: Andile Tshona - SASSA
Andile Tshona media verhoudinge offisier van SASSA gesels met Annelie en Tanya oor 2 dekades van SASSA
-
127
Jan Blohm - Tot daar waar die lig is
Jan Blohm kuier op #MIRRAG met Annelie Bouwer om te gesels oor sy nuwe album, ‘Tot daar waar die lig is.’🎶✨ Jan praat baie openlik op hierdie album oor die maniere waarop hy probeer het om pyn stil te maak en die rol wat Geloof nou in sy lewe speel. Hy erken dat die, die mees eerlike weergawe van Jan Blohm tot op hede is en dat hy wil hê mense moet weet dat daar hoop is. 💝
-
126
Oppinuus - Onderwys aktivis Hendrik Makanete - NSFAS
Annelie Bouwer gesels met die onderwys aktivis Hendrik Makaneta oor NSFAS wat onder administrasie geplaas is. En hoe die pad vorentoe lyk
-
125
Liefvlam
Liefvlam het by Annelie kom kuier op #MIRRAG oor haar nuwe enkelsnit, ‘Ek Mis Jou Nou’.🎶✨ ‘n Persoonlike lied oor verlange, herinneringe en om iemand se lig en liefde elke dag saam met jou te dra. Beskikbaar op alle digitale platforms! Gaan luister Nou! 🎶
-
124
Logan Pietersen
Logan Pietersen het op #MIRRAG kom kuier by Annelie Bouwer oor sy nuwe enkelsnit, ‘Help My Glo’. Met eerlike woorde, rou emosie en ‘n boodskap wat gaan bly!
-
123
Oppinuus - Mel en Peet Viljoen
Annelie gesels met die prokureur Llewellyn Curlewis oor Mel en Peet Viljoen se arrestasie in Amerika en hoe die wetgewing werk rondom Suid-Afrikaners wat in ander lande gearresteer word
-
122
Grootkraal 16 Maart 2026
Ons loer in by die Pretoria Boeremark
-
121
Oppinuus: Prof John Stremlau - Amerika en Iran oorlog
Annelie gesels met Prof Stremlau (Department of International Relations, School of Social Sciences Areas of interest and research: US-Africa relations; China; International politics and relations Wits universiteit) oor die oorlog in Iran en hoe dit SA kan beinvloed
-
120
KleinSaterdag Sport - Natascha Louw
Annelie gesels met Natascha Louw (Sport koördineerder vir kompeterende sport by Univen) oor haarPHD by Universiteit Stellenbosch. Tema van studie: Van die kantlyn na die middelpunt: prestasie, mag en ‘Herstory’ in Suid-Afrikaanse vrouerugby
-
119
Grootkraal 9 Maart 2026
Michael kuier by Annelie in die ateljee en gesels Boeremark, bestaansboere en die gemeenskap
-
118
Jennifer Myburgh gesels met Prof Andre Roux
Jennifer het op Mirrag met Prof Andre Roux - Ekonoom by Stellenbosch Besigheidskool, gepraat oor die begrotingsrede 2026
-
117
Jennifer Myburgh gesels met Prof. Basie von Solms
Jennifer het met Prof. Basie von Solms, Navorsingsprofessor in Kubersekerheid aan die Univeriteit van Johannesburg se sentrum vir kuberveiligheid, met ons gepraat oor hoe om jouself veilig te hou
-
116
Jennifer Myburg gesels met Marius Botha
“Jennifer het op Mirrag met bekende konsultant aan skole, Marius Botha, gesels oor die stand van ons skole"
-
115
Jennifer Myburgh gesels met Jana Marx
“N maand nadat die Madlanga kommissie hervat het, het die journalis Jana Marx op Mirrag kom kuier om n oorsig te gee van die onthullings”
-
114
Jennifer Myburgh gesels met die regisseur, Janni Younge
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die regisseur, Janni Younge gesels oor poppespel op Pinocchio dag.
-
113
Jennifer Myburgh gesels met Dr Philip Calcott
Jennifer Myburgh het in Oppinuus gesels oor KI en Dr Philip Calcott het by haar aangesluit om duidelijkheid te gee oor die voordele en nadele van KI
-
112
Jennifer Myburgh het op Mirrag met voormalige krieketspeler Johann Myburgh gesels
Jennifer Myburgh het op Mirrag met voormalige krieketspeler Johann Myburgh gepraat oor sy rol as afrigter en die aanpassing van speler tot afrigter
-
111
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Danel Louw gesels 18 Februarie
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Danel Louw gesels, sy en haar spanmaat Vicky McIntosh het onlangs 3de geeindig die Elite 15 Hyrox dubbel kategorie in Phoenix
-
110
Jennifer Myburgh gesels met Aldrin Sampear skakelbeampte in die kantoor van die minister van toerisme
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die skakelbeampte in die kantoor van die minister van toerisme - Aldrin Sampear gesels oor Wêreldtoerismeveerkragtigheidsdag
-
109
Jennifer Myburgh gesels met Frankie Opperman, seun van bekende akteur Frank Opperman
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Frankie Opperman, seun van bekende akteur Frank Opperman, gesels oor die nuwe dokumenter Frank waarvan Frankie die regisseur is
-
108
Jennifer Myburgh gesels met Gert van der Westhuizen van Netrwerk24
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Gert van der Westhuizen van Netrwerk24 gesels oor die Staatsrede
-
107
Jennifer Myburgh gesels met Minister Willie Aucamp
Jennifer Myburgh gesels met Minister Willie Aucamp , Minister van bosbou, Visser & die omgewing
-
106
Jennifer Myburgh gesels met Jonathan Erasmus, kommunikasie bestuurder van WaterCan
Jennifer Myburgh het op Mirrag met Jonathan Erasmus, kommunikasie bestuurder van WaterCan gesels oor Suid Afrika se waterinfrastruktuur en die risiko van n groter water krisis
-
105
Jennifer Myburgh gesels met Keldermeester by Spier wyne, Johan Jordaan
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die Keldermeester by Spier wyne, Johan Jordaan, gesels oor sy gesogte toekening wat hy onlangs by die “Master winemaker 100” verower het
-
104
Jennifer Myburgh gesels met Anton Botha , President van SA Tug-of-War
Jennifer Myburgh het op Mirrag met die President van SA Tug-of-War, Anton Botha, gesels oor die unieke sport. Alles is bespreek van wat maak n goeie atleet tot die gewildheid van die sport
-
103
Valentydsweek onderhoud 10 Februarie
Annelie gesels in die maand van liefde met Willie en Retha de Jager oor hulle huwelik van 64jaar huwelik en wat hulle dink die geheim is vir 'n Lang en gelukkige huwelik
-
102
Grootkraal 2 Februarie 2026
Ons loer in by die Pretoria Boeremark
-
101
Oppinuus - Ms Lerato Phasha Acting Chief Officer: Municipal Finance & Fiscal Policy – SALGA 5 Februarie
Annelie gesels met Lerato Phasha van Salga oor die Gautengse munisipaliteite se onderbesteding van hulle begrotings en hoe dit dienslewering beinvloed
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoordelikheid gepaard gaanWant kom ons wees eerlik… teen middagete dink ons almal aan twee goed: ‘Waar’s my koffie?’ en ‘Wanneer kan ek huistoe gaan? So, van nuus tot nonsens dis tyd vir MIRRAG!
HOSTED BY
GROOTfm 90.5
CATEGORIES
Loading similar podcasts...