Skip to content
Monitor podcast artwork

PODCAST · news

Monitor

by RSG

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 2, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Monitor: Beloning van R400 00 uitgeloof vir inligting oor Oos-Rand-moorde

    16 September 2026: Kenners sê die polisie moes beter kommunikeer nadat die eerste liggame aan die Oos-Rand gevind is. Uitspraak waarskynlik vanoggend gelewer in die ANC se saak teen die OVK. Ondanks 'n mediaverklaring, wonder Suid-Afrikaners hoekom adjunkpresident Paul Mashatile so lank uit die...

  2. Monitor: Kommer dat reeksmoordenaar aan Oos-Rand bedrywig is

    15 September 2026: 'n Saak van strafbare manslag geopen ná die grubotsing in die Sentraal Karoo waarin 21 mense dood is. Kommer dat 'n reeksmoordenaar aan Gauteng se Oos-Rand bedrywig is, nadat die liggaam van 'n vyfde vrou gevind is. Die sluiting van nóg 'n diamantmyn in die Noord-Kaap dompel...

  3. Monitor: Polisie ondersoek moord op vier vroue in Kemptonpark afgelope twee maande

    14 September 2026: Die polisie ondersoek 'n moontlike verband tussen die moord op vier vroue van Kemptonpark die afgelope twee maande. Minister Pemmy Majodina word by die parlement se etiekkomitee verkla weens haar gevloekery by 'n gemeenskapsvergadering. BRICS pleit vir kalmte en selfbeheersing…

    more
  4. Monitor: W-Kaap regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel

    11 September 2026: Die Wes-Kaapse regering gryp in om watertoevoer in Beaufort-Wes te herstel. Minister Pemmy Majodina is in die sop oor haar kru taal by 'n gemeenskapsvergadering in Kouga in die Oos-Kaap. Navorsers van die Universiteit van die Vrystaat sê die waarskuwingsligte het etlike jare...

  5. Monitor: Klopjagte by skole in Gauteng het verbode items aan die lig gebring

    10 September 2026: Verskeie instansies word gevra om die dood van die polisiehond, Sky, te ondersoek. Gauteng se owerhede voer klopjagte op skole uit om dwelms, bendebedrywighede en vuurwapens te teiken. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.

  6. Monitor: Rooivleisbedryf kry toegang tot Egiptiese mark

    9 September 2026: Die ontsnapping van 'n gevangene uit die Rooigrond-tronk in Noordwes maak opslae. Die rooivleisbedryf kry toegang tot die Egiptiese mark. Die ANC verduidelik hoekom hy die Verkiesingskommissie oor kandidaatlyste hof toe neem.

  7. Monitor: Beaufort-Wes maak staat op watertenks nadat hoofwaterpyplyn beskadig is in fratsvloed

    8 September 2026: Boere is versigtig optimisties oor skorsing van Onderstepoort Biologiese Produkte se waarnemende uitvoerende hoof. Beaufort-Wes in die Sentraal Karoo het steeds waterprobleme, nadat die dorp se hoofwaterpyplyn tydens 'n fratsoorstroming beskadig is. Die polisie in die Vrystaat...

  8. Monitor: Waarskuwings van versengende hitte en droogte weens sterk El Niño

    7 September 2026: President Cyril Ramaphosa doen 'n beroep op integriteit in die polisiediens. SAAI waarsku dat boere hulle produksieplanne en insetbegrotings noukeurig moet hersien vir 'n sterk El Niño wat voorlê. Die DA en ANC loop volgens 'n IPSOS-peiling kop-aan-kop in die meeste metropole.

  9. Monitor: ANC eis dat OVK kandidaat-benoemingstelsel ondersoek word

    4 September 2026: Opposisiepartye stel hulle saak in die president se aansoek om die onafhanklike Artikel 89-paneel se verslag op hersiening te laat neem. Die ANC eis dat die aanlyn-kandidaatbenoemingstelsel dringend ondersoek word, terwyl die OVK geen verdere toegewings gaan maak nie. Die…

    more
  10. Monitor: Geen verbyvlug voor derde toets teen All Blacks

    3 September 2026: President Cyril Ramaphosa se regsverteenwoordiger, advokaat Wim Trengove, beskryf die Artikel 89-afsettingskomitee as 'n politieke spel. Meer as 140 000 kandidate gooi hulle name in die verkiesingshoed. Die SAS Manthathisi-duikboot is terug in die water drie jaar ná die tragiese...

  11. Monitor: Boer laai lammers wat keelaf gesny is, by polisiekantoor af

    2 September 2026: Suid Afrikaners se ervaring is dat moord aan die toeneem is, al is dit teenstrydig met die polisie se misdaadstatistiek. Die Departement van Basiese Onderwys beoog nuwe regulasies om die kommunikasie tussen onderwysers en leerlinge op platforms soos WhatsApp te reguleer. ‘n...

  12. Monitor: Motoriste moet weer hoes vir brandstof

    1 September 2026: Motoriste dok weer op by die pomp. 'n Sakeman word op R200 000 borgtog vrygelaat na sy verskyning in die hof in verband met die Tembisa Hospitaal-bedrogsaak. 'n Ad hoc-komitee word in die Wes-Kaapse wetgewer op die been gebring om geweldsmisdaad te ondersoek.

  13. Monitor: ANC-lid in warm water oor KI-video

    31 Augustus 2026: 'n ANC-lid word by die Verkiesingskommissie verkla in verband met 'n kunsmatige intelligensie-gegenereerde video. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, berispe Johannesburg se burgemeester, Dada Morera. Die PAC waarsku mense om nie vir Helen Zille van die DA te stem nie.

  14. Monitor: Kommer oor dwelm-vervaardigingsfasiliteite in Limpopo

    28 Augustus 2026: Die polisie is bekommerd oor die baie onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteite wat sedert 2020 op plase in Limpopo ontdek is. Die Appèlhof in Bloemfontein sal dalk binnekort 'n verreikende beslissing oor welsynstoelaes lewer, wat die regering 'n ekstra R100 miljard per jaar uit...

  15. Monitor: Dodelike oorstromings in Nepal

    27 Augustus 2026: Die Speaker van die Nasionale Vergadering oorleef 'n mosie van wantroue. Premier Foods en vakbonde probeer 'n alternatief vind vir die sluiting van sy Tulbagh-fabriek. Die jongste oor die dodelike oorstromings in Nepal.

  16. Monitor: Merkbare styging in maselgevalle

    26 Augustus 2026: Bankbedrog styg met 19%. 'n Merkbare styging in masels landwyd. Die storm duur voort om die kop van die DA-woordvoerder oor Finansies, dr. Mark Burke.

  17. Monitor: Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat

    25 Augustus 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan telebemarkers vasvat. Wetenskaplikes waarsku dat vanjaar se El Niño-verskynsel die sterkste in menseheugenis kan wees. Noordwes span nou hommeltuie in om brande te bestry.

  18. Monitor: ANC stel verkiesingsmanifes bekend, met klem op dienslewering en skoon regering

    24 Augustus 2026: Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, besoek Knysna ná die moord op drie ANC-lede. Die ANC onthul sy verkiesingsmanifes, met die klem op dienslewering en skoon regering. Die bokslegende Zolani Tete sal Saterdag te ruste gelê word tydens 'n...

  19. Monitor: Fase 3 van vennootskap tussen regering en besighede wil 1 miljoen werksgeleenthede skep teen 2030

    21 Augustus 2026: Die Madlanga-kommissie kritiseer die sakeman Stuart Scharnick weens bewerings dat hy 'n joernalis geintimideer het. Fase Drie van president Cyril Ramaphosa se vennootskap tussen die regering en groot besighede word bekendgestel, met die doelwit van een miljoen werksgeleenthede...

  20. Monitor: Personeeltekort by Meesterskantoor in Jhb lei tot vertragings

    20 Augustus 2026: Groot personeeltekorte by die Meesterskantoor in Johannesburg vertraag die afhandeling van boedels met maande. Die afsettingskomitee gaan 'n regsmening inwin ná 'n brief van die president oor die aanstelling van die komitee se getuienisleier. Die minister van kommunikasie...

  21. Monitor: Opposisiepartye eis DA-LP se kop

    19 Augustus 2026: Opposisiepartye eis DA-LP Mark Burke se kop, nadat die maatskappy wat hy gestig het, vir beweerde valutabeheeroortredings ondersoek word. Die regering wil sy maandlikse toewysing van gratis basiese elektrisiteit aan arm huishoudings vermeerder. 'n Regsstryd ontwikkel om 'n...

  22. Monitor: Kommer NSFAS se skuld

    18 Augustus 2026: Kommer oor die reusebedrae wat NSFAS aan universiteite en studente skuld. President Ramaphosa wil sy SAOG-voorsitterskap gebruik om streekshandel en -samewerking te verbeter. Die Silwerskermfees wys dat die rolprentbedryf herstel en mense weer terugkeer teaters toe.

  23. Monitor: SAOG-beraad begin in Durban

    17 Augustus 2026: Staatshoofde kom in Durban aan vir die 46ste beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkeling-gemeenskap. Die SAKP maak sy verkiesingsmanifes onafhanklik bekend. Die Amerikaanse senaat verleng AGOA vir 'n verdere twee jaar - ons praat oor die implikasies vir Suid-Afrika.

  24. Monitor: Donkieslag en -handel onder vergrootglas

    14 Augustus 2026: Talle vrae oor die omstandighede wat gelei het tot die dood van 14 onwettige mynwerkers buite Rustenburg. Donkiehandel en regulasies oor die slag van dié diere onder die vergrootglas. Linkse Demokrate wen veld in die VSA - ons praat met 'n ontleder oor hoekom dit al hoe meer die...

  25. Monitor: SA in vyfde plek in wêreld met die hoogste alkoholverbruik

    13 Augustus 2026: Kritiek op nuwe wetgewing teen onwettige mynbouaktiwiteite. Die polisie sê nog inhegtenisnemings kan volg in die moord op twee polisiebeamptes in Reiger Park aan die Oos-Rand. SA is vyfde op ‘n wêreldlys van lande met die hoogste alkoholverbruik - kan nuwe belasting op alkohol...

  26. Monitor: Weermag se operasies op Kaapse Vlakte en in Gauteng sukkel weens gebrek aan geld

    12 Augustus 2026: Die Weermag se Operasie Prosper op die Kaapse Vlakte en Gauteng struikel glo, weens 'n gebrek aan geld. Reddingswerk gaan voort in Colombië, waar duisende mense in die puin vasgekeer is ná Maandag se groot aardbewing. In Suid-Afrika is daar planne om minderjariges teen sosiale...

  27. Monitor: Nóg ontwrigtende sneeu in dele van Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag

    11 Augustus 2026: ‘n Voormalige skoolhoof in die Oos-Kaap verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om Julius Malema weens crimen iniuria te vervolg. Nóg ontwrigtende sneeu word vir dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel. Mense word gewaarsku om versigtig in die sneeu en ysweer...

  28. Monitor: Onsekerheid oor toekoms van werknemers by Premier Foods se inmaakvrugte-aanleg op Tulbagh

    10 Augustus 2026: Die regering gaan sy pogings verskerp om bendegeweld in Reigerpark en Westbury in Gauteng hok te slaan. Die polisie ondersoek drie massaskietvoorvalle in Kaapstad, wat 11 lewens geëis het. Landbou-organisasies vra vir 'n dringende vergadering met Premier Foods oor die sluiting…

    more
  29. Monitor: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies

    7 Augustus 2026: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies - ons vra wat die impak op joernalistiek sal wees. Duisende aansoeke vir skoolplasings in Gauteng is binne enkele dae ontvang. 'n Openbare deelnameproses begin oor die voorgestelde minimumloon vir 2027.

  30. Monitor: Diplomaat in moeilikheid oor Zuma se Indië-besoek

    6 Augustus 2026: 'n Diplomaat op die rooi tapyt oor oudpresident Zuma se besoek aan Indië. 'n Moslemvrou se vuurwapenlisensie afgekeur oor haar hoofbedekking. 'n Poging om stemlokale meer toeganklik te maak vir mense met gestremdhede.

  31. Monitor: Ingrypende veranderinge aan MK-party se leierstruktuur

    5 Augustus 2026: Die president van die MK-party, Jacob Zuma, kondig ingrypende veranderinge in sy leierstruktuur aan. Hoekom presteer sommige munisipaliteite soveel beter as ander? Ons praat met die FW de Klerk-stigting oor hulle rapport vir plaaslike regerings. Alles wat jy moet weet oor die…

    more
  32. Monitor: Departement van Militêre Veterane in groot gemors

    4 Augustus 2026: Ons bespreek die groot gemors waarin die Departement van Militêre Veterane hom bevind, en bring terugvoer op luisteraars se vrae. Kritiek teen die lankverwagte Nasionale Raad teen Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die OVK is veral tevrede met die aantal jongmense wat registreer vir…

    more
  33. Monitor: Grondwetlikheid van Onteieningswet in hof betwis

    3 Augustus 2026: Talle partye tree vandag tot die stryd toe in die hooggeregshof in Kaapstad om die grondwetlikheid al dan nie, van die Onteieningswet te bepaal. Voornemende kiesers het nog tot Vrydag om vir die verkiesing te registreer, aar baie kiesers sê hulle gaan wegbly van die stembus weens...

  34. Monitor: Ondersoekbeampte van IDAC geskors

    31 Julie 2026: Die senior ondersoekbeampte van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie is geskors, hangende ’n tugverhoor. Die voormalige hoof van IDAC se getuienis voor die Madlanga-kommissie word as onwaar beskryf. Rybewyse vir ligte motorvoertuie sal voortaan tien jaar lank geldig wees.

  35. Monitor: Afsettingskomitee gaan appelleer teen Ramaphosa-interdik

    30 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee gaan appelleer teen die tussentydse interdik, wat die hof aan president Ramaphosa toegestaan het. 'n Man wat na bewering doelbewus MIV aan sy vriendin oorgedra het, verskyn Maandag in die hof. Presies 'n maand ná die groot optog vra ons of March…

    more
  36. Monitor: Planne om invoere te verbied wat met behulp van dwangarbeid en kinderarbeid vervaardig word

    29 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee vergader weer vandag om sy voorbereidende werk af te handel. Action SA dien 'n wetsontwerp in om professionele steunwerwing te reguleer. Nuwe handelsregulasies om invoere te verbied van handelsvennote waar dwang- en kinderarbeid voorkom, gaan in...

  37. Monitor: Klagtes teen hoof van misdaadintelligensie teruggetrek

    28 Julie 2026: Reaksie op die Vervolgingsgesag se besluit om strafregtelike klagtes teen die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, terug te trek. Die MRK bevind dat rioolaanlegte in Oos-Kaapse metro's nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Die...

  38. Monitor: Rekord aantal partye geregistreer vir verkiesing

    27 Julie 2026: 'n Rekord 526 partye het reeds vir die komende munisipale verkiesing geregistreer. Met 'n 100 dae oor tot die verkiesing, praat ons met die OVK oor die vordering en uitdagings. Die land se mees senior ondersoekende en vervolgingsbeampte na korrupsie vra toestemming om te bedank. 'n...

  39. Monitor: Hoekom het Reserwebank rentekoerse onveranderd gelaat?

    24 Julie 2026: 'n Ekonoom verduidelik die Reserwebank se onveranderde rentekoers-besluit. Ernstige vrae oor die integriteit, bekwaamheid en begrip oor die reg, van die hoof van die Ondersoek Direktoraat na Korrupsie. 'n Bek-en-klouseer-uitbreking onder wild in die Oos-Kaap.

  40. Monitor: Meer as 70% van verbruikers ervaar finansiële stres oor hulle geldsake

    23 Julie 2026: Sommige parlementslede van die afsettingskomitee wil hê president Cyril Ramaphosa moet in persoon getuig. Nóg 'n repokoersverhoging blyk onafwendbaar te wees, nadat inflasie die hoogte in skiet. Finansiële stres onder jong mense is aan die toeneem.

  41. Monitor: Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed

    22 Julie 2026: Die afsettingskomitee in die parlement begin met werksaamhede vandag, in weerwil van president Cyril Ramaphosa se dringende interdik om die komitee te stop. Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed - ons vind uit hoekom ons daarvoor val. Verskeie...

  42. Monitor: Biefstuk kos 25% meer as ’n jaar gelede

    21 Julie 2026: Die hooggeregshof in Pietermaritsburg sluit die heropende ondersoek na die 1981-dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge. President Cyril Ramaphosa koppel 'n prys aan die nasionale waterkrisisplan. Politieke partye is bekommerd oor die Openbare Beleggingskorporasie.

  43. Monitor: Geen radioaktiewe gevaar by Koeberg - Eskom

    20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die...

  44. Monitor: OUTA hof toe oor AARTO

    17 Julie 2026: OUTA bring 'n hofaansoek om die implementering van die tweede fase van AARTO op te skort. Nog 'n mosie van wantroue word teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro ingedien. Uitspraak in die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk te staak, teen einde...

  45. Monitor: Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder

    16 Julie 2026: President Cyril Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder, en daarom wil hy dit stuit. Die regering verwerp bewerings dat die onlangse protesoptrede teen onwettige immigrasie Suid-Afrika van die res van die vasteland isoleer. Die minister van...

  46. Monitor: Ramaphosa vandag hof toe om Phala Phala-afsettingskomitee te stop

    15 Julie 2026: Konsepwetgewing vir 'n enkele, onafhanklike regterlike gesag sal vroeg aanstaande jaar gereed wees. President Cyril Ramaphosa gaan vandag hof toe om die werksaamhede van die afsettingskommittee oor die Phala Phala-aangeleentheid te stop. Ons kyk na wat die Madlanga-kommissie se…

    more
  47. Monitor: Nie een spoedkamera in Johannesburg werk nie

    14 Julie 2026: Geen van die spoedkameras in Johannesburg werk die afgelope sewe maande nie. Die Minister van Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê verdere gesprekke oor ministers wat met belangegroepe vergader. soos sy eie vergadering met Starlink. kan voordelig wees. Hoekom is honderde...

  48. Monitor: Boere in Mpumalanga bekommerd oor vertragings met verspreiding van bek-en-klouseer-entstof

    13 Julie 2026: Boere se stryd teen bek-en-klouseer neem 'n nuwe wending. Inwoners van Oesterbaai en St. Francisbaai bekommerd oor 'n beplande kernkragstasie by Thyspunt. Die oorlog tussen Amerika en Iran vlam weer op.

  49. Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse

    10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.

  50. Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel

    9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam...

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Monitor have?

Monitor currently has 1000 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Monitor about?

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

How often does Monitor release new episodes?

Monitor releases new episodes frequently with a large back catalog of 1000 episodes. Check the episode list for recent publication dates.

Where can I listen to Monitor?

You can listen to Monitor on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Monitor?

Monitor is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!