PODCAST · society
Naweekaktueel
by RSG
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die lewe kyk.
-
1000
Motorrubriek: GAC GS3 Emzoom Nova
Wessel Pretorius toetsry ‘n GAC GS3 Emzoom Nova.
-
999
Naweekaktueel: Ons ontleed die afname in die ANC se steun
15 Augustus 2026: Omgewingsgroepe en vissersgemeenskappe langs die Wildekus is verheug oor die Konstitusionele Hof-uitspraak teen Shell. Meningspeilings wys die ANC se steun is op 'n afwaartse kurwe - ons praat met 'n politieke ontleder. 'n Groot taak wag op die Bulls vanaand teen die All Blacks.
-
998
Motorrubriek: Volvo XC90 T8
Wessel Pretorius toetsry ‘n Volvo XC90 T8.
-
997
Naweekaktueel: Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake
8 Augustus 2026: Die DA stel sy verkiesingsmanifes vir die plaaslike regeringsverkiesing bekend, met groot beloftes van betroubare en goedkoper krag- en watervoorsiening. Al hoe meer vroue stres oor hulle geldsake. Die pasaangestelde Nasionale Raad vir Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord moet die regering se strategiese plan teen dié verskynsel oor die volgende drie jaar implementeer.
-
996
Motorrubriek: Chery Tiggo Cross
Wessel Pretorius toetsry die kruisvoertuig wat die meeste gekoop word in Suid-Afrika, die Chery Tiggo Cross.
-
995
Naweekaktueel: Laaste kans om te registreer as kieser
1 Augustus 2026: Voornemende kiesers kan vandag, tydens die OVK se tweede registrasiedag, by hulle stemlokale registreer vir die plaaslike verkiesings op 4 November. Die SAUK vier sy 90ste verjaarsdag. Suid-Afrika het nou 25 medaljes by die Statebondspele, nadat hulle gisteraand nog twee gewen het.
-
994
Naweekaktueel: Oorlog in die Midde-Ooste kring uit
25 Julie 2026: Die EFF stel sy verkiesingsmanifes in Limpopo bekend. Die oorlog in die Midde-Ooste is besig om weier uit te kring. Die SAUK en RSG-nuuskopieskrywer en nuusleser, Helena van Vuuren, vertel staaltjies uit haar ryk joernalistieke loopbaan van 39 jaar, voordat sy volgende week aftree. Die 55-jarige skrywer en aktivis, Bettina Wyngaard, sterf.
-
993
Motorrubriek: Bande
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor bande.
-
992
Naweekaktueel: Rooibossaad gaan ruimte toe!
18 Julie 2026: Die DA eis verpligte leefstyloudits op staatsamptenare, veral binne wetstoepassingsagentskappe. Ondanks 'n groeiende behoefte, bly tuisversorging 'n minder gewilde beroepskeuse in Suid-Afrika. Rooibossaad gaan vir die eerste keer ooit op ’n ruimtesending.
-
991
Motorrubriek: Batterye
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor batterye.
-
990
Naweekaktueel: Interpol, SAPD neem Zimbabwiese man in hegtenis vir moord op vrou, twee dogters in Engeland
11 Julie 2026: Uitleweringsprosedures begin ná die inhegtenisneming in Johannesburg van die 45-jarige Ndodana Tshuma, 'n verdagte in die moord op sy vrou en twee kinders in die Verenigde Koninkryk. Die families van 21 jeugdiges wat in Junie 2022 by die Enyobeni Taverne oorlede is, eis die streng vervolging van die mense wat in die geregtelike doodsondersoek geimpliseer word. Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die VSA en Iran stem saam om gesprekke voort te sit, maar die skietstilstand is verby.
-
989
Motorrubriek 4 Julie 2026
Wessel Pretorius bespreek Junie 2026 se voertuigverkope.
-
988
Naweekaktueel: Hoe vaar die RNE?
4 Julie 2026: Die Regering van Nasionale Eenheid het vandeesweek sy tweede bestaansjaar gevier - ons praat oor die belangrike wetgewingsbesluite wat geneem is, en vra hoe die RNE vaar? Amerika vier vandag sy 250ste bestaansjaar - President Trump sê die VSA het homself weer ten volle as wêreldleier bewys, maar is Amerika meer verdeeld as ooit? Ons praat met oudBok Corne Krige oor die stryd tussen die Wêreldkampioen en Engeland vanmiddag op Ellispark.
-
987
Motorrubriek: Wat van foute met tweedehandese voertuie?
Wessel Pretorius praat oor wat die Wet op Verbruikersbeskerming sê oor wie verantwoordelik is vir foute wanneer 'n gebruikte voertuig gekoop word.
-
986
Naweekaktueel: Waar lê balans tussen immigrasiewette en mensregte?
27 Junie 2026: Waar lê die balans tussen die toepassing van immigrasiewette en die beskerming van menseregte? Vandag is Wêreld Doofblind-dag - ons praat oor die uitdagings en tegnologiese vordering wat reeds gemaak is. Ons bespreek Bafana Bafana se reg-of-weg wedstryd môreaand teen Kanada.
-
985
Motorrubriek: Suzuki Across
Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki Across.
-
984
Naweekaktueel: Kenners sê VSA is die groot verloorder in stryd teen Iran
20 Junie 2026: Die Verkiesingskommissie vra die jeug om vir die November-verkiesings te registreer. Kenners sê Amerika het as die groot verloorder uit die stryd teen Iran gestap. Ons bring hulde aan Pa's, en Udo Carelse sê wat dit vir hom beteken om 'n Pa te wees.
-
983
Motorrubriek: Suzuki Grand Vitara
Wessel Pretorius toetsry 'n Suzuki Grand Vitara.
-
982
Naweekaktueel: Aanlyn-sportweddenskappe neem toe
13 Junie 2026: Reaksie op die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk vir eers te staak. Aanlynweddenskappe op sportwedstryde neem toe, terwyl die sokkerwêreldbeker-koors hoog loop. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloediens vier sy 25ste bestaansjaar.
-
981
Motorrubriek: Hoeveel voertuie is in Mei verkoop?
Wessel Pretorius bespreek Mei se voertuigverkope.
-
980
Naweekaktueel: Johannesburg stort miljoene liter se onverwerkte riool in riviere
6 Junie 2026: Die kanse op 'n vredeskikking in die Midde-Ooste lyk skraal. Johannesburg stort miljoene liter se onverwerkte riool in riviere. Die Blitsbokke skraap deur na die kwarteindstryd in Bordeaux. Die Bulls en Stormers tree oorsee aan vir die VRK-halfeindstryde.
-
979
Motorrubriek: JMC Vigus
Wessel Pretorius toetsry ‘n JMC Vigus dubbelkajuit-bakkie.
-
978
Naweekaktueel: Vrede wink steeds nie tussen Amerika en Iran
30 Mei 2026: 'n Vredesooreenkoms is steeds nie tussen Amerika en Iran bereik nie. 'n Nuwe boek onthul hoe onwettige goud deur 'n netwerk van private raffinaderye gesmokkel en gewas word. Die Krugerwildtuin vier sy 100ste bestaansjaar.
-
977
Motorrubriek: Changan Hunter
Wessel Pretorius toetsry ‘n Changan Hunter-dubbelkajuitbakkie.
-
976
Naweekaktueel: Twee toeriste sterf in die Krugerwildtuin
23 Mei 2026: Twee toeriste sterf in die Krugerwildtuin. “Agter elke misdaadstatistiek is 'n getraumatiseerde slagoffer, 'n bedroefde familie en 'n gemeenskap wat in vrees leef,” sê die waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia. Die parlemêntere proses om president Cyril Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas, kan maande lank sloer. Die Shackbuilder, Quinton Adams, beteken meer vir mens as net hout en sink.
-
975
Motorrubriek: BYD Dolphin Surf Dynamic
Wessel Pretorius toetsry die vol-elektriese BYD Dolphin Surf Dynamic.
-
974
Naweekaktueel: Meer as 100 000 dakloos in Kaapstad
16 Mei 2026: Meer as 100 000 mense dakloos in Kaapstad ná die stormweer. 'n Hartroerende storie van desperaatheid en hoop in die Baviaanskloof. 'n Verpleegster praat oor die uitdagings van haar beroep.
-
973
Naweekaktueel 9 Mei 2026
Alle oë is op die parlement om die proses te begin om president Cyril Ramaphosa moontlik in 'n staat van beskuldiging te plaas. Die Nasionale Waterkrisisplan is nog steeds nie bekend nie, en ons bring hulde aan alle ma's.
-
972
Motorrubriek 2 Mei 2026
Wessel Pretorius toetsry 'n nuwe Chinese sportnutsvoertuig.
-
971
Naweekaktueel 2 Mei 2026
Bykans die helfte van Suid-Afrikaanse kiesers bly dalk weg van die stembus - en sommige politieke partye besef dit. Honderde munisipale amptenare in die visier oor finansiële ongerymdhede. Inwoners van die Noord-Kaap sê hulle moes geliefdes aan die dood afstaan weens ambulanse wat nie betyds opdaag nie.
-
970
Motorrubriek 25 April 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
-
969
Naweekaktueel 25 April 2026
Vrae oor die groot aantal verwerpte eise van die Padongelukkefonds. 'n Super El Niño dalk later vanjaar Suid-Afrika se voorland - 'n klimatoloog verduidelik. 'n Lewenstoekenning aan die veteraanakteur Tobie Cronjé.
-
968
Motorrubriek 18 April 2026
Wessel Pretorius toetsry die BYD Shark 6 dubbelkajuitbakkie.
-
967
Naweekaktueel 18 April 2026
Is die Straat van Hormuz oop of nie? Trump sê ja. maar Iran sê nee. Vuurwapenverwante misdaad bly in die kollig te midde van voortslepende bloedvergieting op die Kaape Vlakte. Ons praat met die uittredende Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter.
-
966
Naweekaktueel 11 April 2026
Dis 'n tweemanstryd vir die posisie van federale leier van die DA. Ons praat met DA se uittredende leier, John Steenhuisen, en die uitredende voorsitter van die Federale Raad, Helen Zille. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, vra die Spesiale Ondersoekeenheid om leefstyloudits op senior amptenare te doen.
-
965
Motorrubriek 4 April 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief oor 'n outomatiese handrem.
-
964
Naweekaktueel 4 April 2026
Ons vind uit wie die man is wat van 1 Mei af die skoene van Edward Kieswetter sal volstaan as die Inkomstediens se nuwe hoof. Meer soldate word in provinsies ontplooi, wat gemengde reaksie onder inwoners uitlok. Kommer oor Suid-Afrika se posisie as die land met tweede hoogste gevalle van velkanker ter wêreld.
-
963
Motorrubriek 28 Maart 2026
Wessel Pretorius toetsbestuur 'n inprop-hibriede Volvo XC60.
-
962
Naweekaktueel 28 Maart 2026
Jemen se Hoethi-beweging raak betrokke by die Iran-oorlog. SANRAL wil self bepaal wáár rusgeriewe langs nasionale paaie geleë mag wees. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees vier sy 30ste bestaansjaar. Suid-Afrikaners word aangemoedig om hulle ligte tydens Aarde-uur af te skakel.
-
961
Motorrubriek 21 Maart 2026
Wessel Pretorius praat oor die situasie by Volkswagen Suid-Afrika.
-
960
Naweekaktueel 21 Maart 2026
Menseregtedag word vandag gevier, en ons bespreek die uitdagings en probleme wat die land teister. 'n Vurige debat in die parlement oor die oorlog in die Midde-Ooste. Ons praat met die land se pampoenkoning.
-
959
Motorrubriek 14 Maart 2026
Wessel Pretorius toetsry ‘n Chery Tiggo 7 CSH Plus.
-
958
Naweekaktueel 14 Maart 2026
Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die land gaan voort met sy oorlog teen Iran, en dat president Donald Trump sal bepaal hoe lank die oorlog duur. Ons praat met inwoners van Amman in Jordanië en Beiroet in Libanon oor die wyer impak van die oorlog. Suid-Afrika het nie 'n tekort aan water nie. Die land verlóór sowat 47% van alle behandelde water.
-
957
Motorrubriek 7 Maart 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsbrief.
-
956
Naweekaktueel 6 Maart 2026
Iran vra verskoning aan sy buurlande vir sy teenaanvalle op Amerikaanse en Israelse weermagbasisse. Die JSE bloei te midde die konflik in die Midde-Ooste. Is daar nog 'n mark vir gedrukte media?
-
955
Motorrubriek 28 Februarie 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraar se navraag.
-
954
Naweekaktueel 28 Februarie 2026
Die VSA en Israel val Iran aan. 'n Broodnodige kragtarief-toegewing aan smelterye in die ferrochroombedryf. 'n Fliek wat Bruinkultuur op 'n ander manier uitbeeld, kom na die grootskerm.
-
953
Motorrubriek 21 Februarie 2026
Wessel Pretorius bespreek 'n luisteraarsvraag oor die aankoop van ’n eerste nuwe motor.
-
952
Naweekaktueel 21 Februarie 2026
Die Suid-Afrikaanse landbousektor verwelkom 'n hofuitspraak in Amerika teen president Donald Trump se handelstariewe. Misdaadstatistiek weerspieel nie suksesvolle vervolgings nie, sê kritici. Staatsdiensvakbonde betoog teen verhoogde mediese premies.
-
951
Motorrubriek 14 Februarie 2026
Wessel Pretorius toetsry 'n Chinese sportnutsvoertuig.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
Loading similar podcasts...