Nuus podcast artwork

PODCAST · news

Nuus

Kry die nuus soos dit breek.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Jun 13, 2026 · Source feed

  1. 150
  2. 149

    Vragververvoer hervat na Vivo voorraad ontvang

    Byna twee weke nadat 'n tekort aan Vivo se stralerbrandstof vragbuitvoere by Hosea Kutako Internasionale Lughawe beïnvloed het en Lufthansa al sy vraguitvoere moes opskort, is daar nou verligting. Vivo Energy-woordvoerder Lazarus Nafidi het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat voorraad nou by die lughawe beskikbaar is. Nafidi sê huidige voorrade behoort voldoende te wees vir lugvaartkliënte, met geen verdere ontwrigtings wat verwag word nie.

  3. 148

    Brande: Boer betreur gaping tussen planne en hulpbronne

    Die Omaruru Boerevereniging het streeksowerhede en plaaslike grondeienaars aangespoor om praktiese uitvoering bo teoretiese beplanning te prioritiseer na verwoestende veldbrande wat weiding in die distrik vernietig het. Betrokke boer Markus Trede beklemtoon dat terwyl ongeveer 100 boere en werkers die brande onder beheer gebring het, nooddienste se pogings belemmer is deur swak aanwysings, geblokkeerde toegangspaaie en ongekoördineerde navigasie. Trede het beklemtoon dat noodreaksieplanne moet ooreenstem met werklike hulpbronne op die grond. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus:

  4. 147

    Leerders ontvang kitskursus in omgewing

    Skoolomgewingsklubs Namibië het sy praktiese omgewingsopvoedingsprogram na die ||Kharas-streek uitgebrei met 'n intree-driedaagse leeruitstappie na Lüderitz. Leerders van Keetmanshoop se PK de Villiers Sekondêre Skool het met kusorganisasies saamgewerk om mariene biologie, herwinning en kusbewaring te verken. Die klub se adjunk-landdirekteur, Ronildo Da Silva, sê die doel is om praktiese omgewingsbestuur onder jongmense te bevorder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

  5. 146

    Motorbedryf noodsaaklik vir SA-ekonomie - Cyril

    President Cyril Ramaphosa sê die motorbedryf is noodsaaklik vir die regering se pogings om die ekonomie te laat groei, meer uit te voer, beleggings te lok en werk te skep. Hy het gisteraand die hoofrede gelewer by die Volkswagen Groep in Afrika se 75ste Gala-dinee in Kariega in die Oos-Kaap. Volkswagen se aanleg in Kariega het die afgelope 75 jaar byna 40 verskillende modelle vervaardig en meer as 4,8-miljoen voertuie gebou. Ramaphosa sê Volkswagen se voortgesette belegging in die land is bemoedigend:

  6. 145

    Kaapstad sluit nuwe krag-koop-ooreenkoms

    Die Stad Kaapstad sê sy nuwe krag-koop-ooreenkoms met twee on-afhanklike verskaffers kom teen ‘n laer prys as Eskom tariewe. Die ooreenkoms van 8 miljard Suid-Afrikaanse rand met Jempec Energy en Make a Difference... bied 70 megawatt elektrisiteit. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die 20-jaar-ooreenkomste is met son-krag-aanlegte wat by Atlantis en Philippi aan die metro se netwerk gekoppel sal word. Hy sê die ooreenkomste sal ook keer dat byna 2 miljoen ton koolstof vrygestel word:

  7. 144

    Kenner sê GRN moet fyn lyn stap met Kuba, VSA

    Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê Namibië se langdurige solidariteit met Kuba moenie in die pad staan van groeiende ekonomiese bande met Amerika nie, aangesien Washington toenemend na Namibië kyk vir energie en kritieke minerale. Kamwanyah sê die regering moet 'n strategiese benadering volg deur Amerikaanse tegnologie, kundigheid en kennis te gebruik om Namibië se belange te bevorder.

  8. 143

    Skuld van R119 miljard bedreig Eskom

    Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê munisipale skuld bly een van die grootste uitdagings vir Eskom se finansiële volhoubaarheid. Op 31 Mei vanjaar het munisipale skuld op 111,6-mijard Suid-Afrikaanse rand gestaan en teen Junie het dit tot sowat 119-miljard-rand gestyg. Dit volg nadat Eskom vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar 'n wins na belasting getoon het. Dit is 30,3-miljard-rand, wat meer is as 2025 se herverklaarde 14-miljard-rand. Ramokgopa sê die regering se ingryping by skuldverligting was nooit ʼn permanente oplossing nie:

  9. 142

    NTA skenk N$1,2m vir Whk-brandbestryding

    Die Stad Windhoek gaan 'n hupstoot van 1,2 miljoen Namibiese dollar van die Namibiese Opleidingsowerheid ontvang om brandbestryding- en reddingsopleiding te versterk. Stad Windhoek-woordvoerder Lydia Amutenya sê die befondsing sal 40 opleidingspersoneel ondersteun wat ingeskryf is in geakkrediteerde brandbestryding- en reddingsoperasieprogramme by die Stad se Noodbestuursopleidingsentrum.

  10. 141

    DA boos oor SANDF-lid wat vrou aanrand

    Die DA in die Wes-Kaap vra 'n dringende ondersoek na 'n video wat wys hoe 'n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag 'n vrou in Tafelsig, Mitchells Plain verbaal en fisies aanrand. Benedicta van Minnen van die party sê die lid moet gedissiplineer word of strafregtelik vervolg word indien die bewerings bevestig word. Van Minnen het bygevoeg dat veiligheidsmagte inwoners moet beskerm en die gemeenskap teen bendegeweld en georganiseerde misdaad moet beskerm, en nie burgerlikes aanval nie:

  11. 140

    Marco Fishing-werkers skop steeds vas, sedert 24 Julie

    Marco Fishing, gebaseer in Lüderitz, sluit steeds sowat 300 werkers uit terwyl 'n loongeskil met die Namibia Food and Allied Workers' Union, Nafau, steeds onopgelos is. Die uitsluiting, wat op 24 Julie begin het, volg op werkers se eise vir 'n 50 persent-loonverhoging vir seepersoneel wat maandeliks 4 000 Namibiese dollar verdien, 'n 21 persent-verhoging vir landgebaseerde personeel, en verbeterde vervoer- en behuisingstoelaes. Nafau ||Kharas se streekkoördineerder, Simeon Matheus, sê dat hoewel die maatskappy 'n hersiene tweejaarvoorstel ingedien het, werkers die aanbod verwerp het. Hy het meer.

  12. 139

    Trump sê Venezuela-ooreenkoms sal olie laat daal

    President Donald Trump sê die olieprys sal vinnig daal met analiste wat meen dat dit rondom twee jaar sal neem, na sy ooreenkoms met Venezuela vir ongeveer 65 miljard vate olie. Volgens hom is twee jaar eintlik kort.

  13. 138

    Madlanga-kommissie verdaag tot 11 September

    Die Madlanga-kommissie, wat misdaad, korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, sal van Donderdag verdaag tot 11 September. Openbare verhore sal hierdie week op Woensdag eindig en op 14 September hervat. Die sewe werksdae is nodig om twee kommissarisse toe te laat om vorige verpligtinge na te kom. Jeremy Michaels van die kommissie sê personeel sal tydens die reses aanhou werk om voor te berei vir die volgende ronde openbare verhore:

  14. 137

    Nat en koue weer op pad

    Enkele donderbuie kan vandag en môre in die verre suidwestelike dele voorkom, sê weerkenner George van der Merwe. Dit sal egter nie baie reën nie wat die risiko van veldbrande verhoog. Donderdag beweeg daar 'n baie sterk kouefront en bolugsisteem in met 'n geringe kans van reën. Die koue sal nie lank duur nie.

  15. 136
  16. 135

    NamRA-amnestie loop einde Oktober uit

    Daar is twee maande oor voor die 31 Oktober-sperdatum van die huidige belastingamnestieprogram. NamRA herinner alle belastingbetalers om die geleentheid te benut om hul uitstaande belastingskuld te vereffen. Die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits die uitstaande kapitaalbelastingskuld ten volle vereffen word. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze sê om te kwalifiseer, moet die belastingbetaler op die Itas-stelsel registreer en alle uitstaande belastingopgawes akkuraat indien.

  17. 134

    Kenner sê ook droogtebeplanning moenie net noodreaksie wees nie

    Reaksie word ontvang op die eis van omgewingsminister Indileni Daniel dat droogte nie as 'n blote noodgeval behandel moet word nie, maar as 'n prioriteit bestuur moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê in die lig van Namibië se blootstelling aan droogteperiodes, moet voorbereiding verbeter word, veral om die impak op landbouproduksie te verminder.

  18. 133

    SA stig nasionale raad teen geslagsgeweld

    Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die nuutgestigte nasionale raad oor geslagsgeweld en vrouemoord sal die stryd teen die onding versterk. Sy het 'n nuuskonferensie gehou ná die raad se eerste vergadering. Chikunga sê die raad sal die regering, die burgerlike samelewing, sake en ander sektore se pogings belyn, terwyl die instel van die nasionale strategiese plan gemonitor en oorlewendes ondersteun word:

  19. 132

    Naretu en Welwitchia snoer kragte saam vir arbeidsopleiding

    Die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie, Naretu, en Welwitchia Universiteit het hul vennootskap geformaliseer deur die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding. Naretu se sekretaris-generaal, Petersen Kambinda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vennootskap sal BA Regte-studente gestruktureerde, praktiese blootstelling gee aan werklike arbeidsgeskille, werkersverteenwoordiging en die toepassing van arbeidsreg.

  20. 131

    Die dag wat was, 31 Augustus 2026

    Kry die nuus soos dit breek.

  21. 130

    DA vier inperking van BKS in Wes-Kaap

    Die DA in die Wes-Kaap sê die suksesvolle inperking van die bek-en-klouseer-uitbreking in die provinsie bewys hoe 'n benadering wat die hele samelewing betrek biosekuriteitsbedreigings vinnig kan stop en die landbou-ekonomie kan beskerm. Die provinsie het nou 82-persent van sy totale beeskudde suksesvol ingeënt en 488 422 primêre en versterkingsdosisse toegedien. Privaat veeartse het 75,8-persent van die dosisse toegedien en staatsveeartse 24,2-persent. Noko Masipa van die DA sê hierdie operasionele sukses is behaal ten spyte van nasionale beperkings:

  22. 129

    NV begin weer môre sit

    Die Nasionale Vergadering sal môremiddag die vierde sitting van die agtste parlement hervat. Lede het op 10 Julie in reses gegaan, waar hulle voortgegaan het met kiesafdelingsverbintenisse, toesigbesoeke en ander statutêre verantwoordelikhede. Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, skets wetsontwerpe wat tydens die komende sitting bespreek sal word:

  23. 128

    DigiNam beskerm paspoorte, dokumente, bevolkingsregister

    Die Binnelandse Sake-ministerie het die nasionale publieke sleutel-infrastruktuur, DigiNam, amptelik bekendgestel onder die tema "Vertroue is Nou Digitaal." Die digitale platform bou voort op die Wet op Elektroniese Transaksies van 2019, na die aktivering in Junie 2026 van wetlike bepalings wat elektroniese handtekeninge en geakkrediteerde sekuriteitsdienste erken. Minister Lucia Iipumbu sê dat DigiNam in lyn is met die Nasionale Digitale Strategie 2025 tot 2028, wat die nasionale bevolkingsregister, paspoorte en grensstelsels teen dokumentvervalsing, identiteitsdiefstal en kuberbedrog beskerm.

  24. 127

    |Khomanin-gemeenskap wil hoof uit hê

    |Khomanin-gemeenskapslede het môre 'n belangrike byeenkoms, met die sentrale eis die verwydering van hul hoof, Juliane Gawa-!Nas. Die gemeenskap het reeds 'n mosie van wantroue teen haar ingedien, met die meerderheid wat vir haar verwydering gestem het. Die woordvoerder van die groep wat 'n demonstrasie na die kantoor van die lynminister sal lei, Shaun Gariseb, sê hul bekommernisse sluit in die toekenning en bestuur van gemeenskaplike grond, 'n gebrek aan verantwoordbaarheid en die hantering van hulpbronne wat bedoel is om die gemeenskap te bevoordeel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

  25. 126

    Aranos Jeug Ekspo wil jeug met geleenthede skakel

    Die Aranos Jeug Ekspo 2026 is tans aan die gang en duur tot 6 September. Die eerste-van-sy-soort geleentheid is georganiseer deur die Aranos dorpsraad en vind plaas onder die tema “Herstel die Waardigheid van die Jeug deur Skakels na Geleenthede”. Die burgemeester van Aranos, Jacoba Viljoen, het tydens die openingseremonie gesê die geleentheid is daarop gemik om plaaslike jongmense te bemagtig deur hulle direkte blootstelling aan ekonomiese, kulturele en opvoedkundige netwerke te bied.

  26. 125

    Fokus op nasionale prioriteite: PM aan Jr. Nasionale Raad

    Eerste minister Elijah Ngurare het jong leiers versoek om hul voorspraak met nasionale prioriteite in lyn te bring tydens opening van die Junior Nasionale Raad se eerste sitting van sy vierde termyn. Die termyn fokus op die bereiking van universele toegang tot water, sanitasie en higiëne vir al die land se kinders. Ngurare het erken dat terwyl die regering dienste na onafhanklikheid uitgebrei het, kritieke infrastruktuurtekorte steeds in landelike gebiede, plase en informele nedersettings bestaan, en beklemtoon dat die oplossing van waterbekostigbaarheid en toegang tot sanitasie noodsaaklik is om nasionale ontwikkelingsteikens te bereik.

  27. 124

    ANC klou aan kaderstaat as reddingsboei: DA-leier

    DA-leier Geordin Hill-Lewis kritiseer president Cyril Ramaphosa oor sy uitlating in die ANC se verkiesingsmanifes dat ANC-bestuurde munisipaliteite 'n voordeel inhou omdat burgemeesters hulle tot kamerade in die nasionale regering kan wend. Hy sê dit strook nie met die werklikheid of die gees van die regering van nasionale eenheid nie. Hill-Lewis sê Ramaphosa vra Suid-Afrikaners om vir die ANC te stem bloot omdat sy kamerade reeds posisies in die staat beklee:

  28. 123

    Olie-plaaslike inhoudsbeleid onder loep by werkswinkel

    'n Valideringswerkswinkel is aan die gang vir die Nasionale Stroomop Petroleum Plaaslike Inhoudsbeleid, die raamwerk om te verseker dat gewone Namibiërs voordeel trek uit die land se opkomende olie- en gasbedryf. Met die opening van die werkswinkel het die minister van energie, Modestus Amutse, gesê dat die beleid op 14 Augustus deur die kabinet goedgekeur is en net deur belanghebbendes verfyn moet word.

  29. 122

    SA Weermag is sistematies ondergrawe, sê Saftu

    Die vakbondfederasie Saftu is bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sistematies ondergrawe is deur jare van onderbefondsing, besuinigings, verswakte infrastruktuur, verouderde toerusting en onvoldoende belegging in operasionele vermoë. Asive Dyani van Saftu sê die regering het jare lank meer verantwoordelikhede vir die Weermag gegee terwyl hy nagelaat het om hulpbronne te verskaf wat ooreenstem met die pligte. Sy sê die Weermag word toenemend gebruik om te vergoed vir mislukkings in polisiëring, intelligensie, regspleging, grensbestuur en maatskaplike beleid:

  30. 121

    Sassa-begunstidges moet vandag oorskakel na swart kaarte

    Dis vandag die laaste dag waarop ontvangers van toelaes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se goue kaarte kan oorskakel na die Posbank se swart kaarte. Meer as 80-persent van die oorskakelings is reeds voor vandag se sperdatum afgehandel. Die Posbank-woordvoerder, Bongani Diako, sê die oorgang is ondersteun deur omvattende operasionele voorbereidings en ʼn openbare bewusmakingsveldtog om seker te maak begunstigdes verstaan die verandering en die belangrikheid om binne die vasgestelde tyd oor te skakel:

  31. 120

    Hersiening van groepsvoordele kritiek in werksplekke

    Finansiëlediensteverskaffer Old Mutual Namibia het werkgewers versoek om gereeld hul groeprisikovoordele te hersien om te verseker dat werknemersdekking tred hou met inflasie en veranderende werksmagbehoeftes. Groeprisikodekking – insluitend lewens- en begrafnisvoordele – bly dikwels jare lank onveranderd, wat bedroefde gesinne kwesbaar laat wanneer voordeelvlakke nie ooreenstem met stygende lewens- en begrafniskoste nie. Kliënteverhoudingsbestuurder Laimi Joseph het beklemtoon dat gereelde polisbeoordelings elke paar jaar duur voordeelgapings tydens eise voorkom, terwyl dit werkgewers se verbintenis tot werksmagwelstand versterk.

  32. 119
  33. 118

    Novel Motors sê oro herroeping van Ranger-bakkies

    Novel Motors het gereageer op die nuus dat die Ford Motor-maatskappy in Suid-Afrika 2 275 Ford Ranger-dubbelkajuitbakkies herroep, wat Namibië insluit. Dit is weens 'n moontlike veiligheidsdefek wat die sygordyn-lugsakstelsel behels. Dit geld vir bakkies wat vir 2026–2027 vervaardig is en tussen 22 Mei en 23 Junie vanjaar verkoop is. Novel Motors se nasionale verkope- en bemarkingsbestuurder Philip van der Merwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

  34. 117

    Akkerbouers kry N$40m maar beesboere moet self inspeksies betaal

    Die regering is onder skoot oor wat boere beskryf as ongelyke ondersteuning tussen die gewas- en veesektore. Die kritiek kom terwyl die regering 40 miljoen Namibiese dollar toewys om plaaslik geproduseerde graan aan te koop, terwyl beesprodusente moontlike ontwrigting van EU-uitvoere in die gesig staar nadat verpligte inspeksies opgeskort is weens 'n gebrek aan befondsing. Landboukenner Wallie Roux vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat beide sektore ernstige gevolge in die gesig staar.

  35. 116

    GRN moet fokus en simboliese ooreenkomste los

    Die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, het die regering gekritiseer omdat hulle simboliese ooreenkomste bo werklike ekonomiese lewering prioritiseer. Cloete sê dat Namibië, ten spyte van die bekendstelling van handel onder die Afrika-vryhandelsgebied, slegs nege sertifikate van oorsprong aan plaaslike besighede uitgereik het, ver minder as ander Afrika-lande. Hy vra amptenare om te fokus op die ondersteuning van plaaslike entrepreneurs en vervoeroperateurs om werklike werkskepping te bevorder. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

  36. 115

    SAKP sê hy bly deel van Drieparty-alliansie

    Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê hy stap nie weg van die Drieparty-alliansie nie, maar bly deel daarvan terwyl hy homself hersaamstel. Die party gaan die eerste keer onafhanklik van sy groter alliansievennoot, die ANC, aan ʼn verkiesing deelneem. Die SAKP se hoofsekretaris, Solly Mapaila, sê hulle onafhanklike deelname is deel van die stryd om politieke verteenwoordiging vir die werkersklas te herbou en die alliansie se hersamestelling te verseker:

  37. 114

    Arbeidskenner sê GRN moet kleinsake ondersteun

    Namibië se regering word aangespoor om burokrasie te verminder en sterker ondersteuning vir klein ondernemings te bied as hulle werkloosheid, armoede en ongelykheid wil aanpak. Die voorsitter van die Economic and Social Justice Trust, Herbert Jauch, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat terwyl die 8ste administrasie die betekenis van heldedom verbreed het om Namibiërs in te sluit wat 'n verskil maak na onafhanklikheid, moet die regering nou daardie ambisies met beslissende ekonomiese hervormings ondersteun.

  38. 113

    Limpopo-polisie vind R352m in vervalste goedere

    Die polisie in Limpopo het in 'n week op 'n wye reeks nagemaakte en onwettige produkte ter waarde van 351,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand regoor die provinsie beslag gelê tydens twee gelyktydige hoëdigtheidsoperasies. Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die operasies het gelei tot die inhegtenisneming van 43 verdagtes tussen 30 en 45 jaar vir verskeie oortredings. Hy sê onder diegene wat gearresteer is, was 22 onwettige immigrante:

  39. 112

    Britse regering beplan 14 000 nuwe tronkplekke teen 2030

    Brittanje is op hol met die beplande vroeë vrylating van gevangenes om meer plek te maak in tronke regoor die land. Talle het groot kommer, veral slagoffers van huishoudelike geweld. Die land se minister vir slagoffers en die bekamping van geweld teen vroue en meisies Alex Davies-Jones sê daar sal 14 000 nuwe plekke in gevangenisse teen 2030 wees, maar erken dat die regering nie sy pad uit die tronkkrisis kan bou nie.

  40. 111

    Wes-Kaapse polisie vra oorhandiging van oorledenes se wapens

    Die Wes-Kaapse polisie doen 'n beroep op lede van die publiek om die vuurwapens van oorledenes in te handig. Dit volg na die arres van twee tieners vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen by 'n hoërskool in Hermeslaan, Atlantis. Polisiewoordvoerder, Ndakhe Gwala, sê die onbeheerde vuurwapens dra by tot die gruwelikste misdade in die samelewing:

  41. 110

    Nasria skenking: Goewerneurs moet toetree

    Eerste minister Elijah Ngurare het al 14 streekgoewerneurs uitgedaag om hul kantore in aktiewe ontwikkelingsentrums te omskep. Dit kom nadat die Namibië Spesiale Risikoversekeringsvereniging amptelik 'n skenking van 25 miljoen Namibiese dollar oorhandig het om die streek se ekonomiese vermoëns te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n woordvoerder in die kantoor van die Kantoor van die Eerste Minister, Rhingo Mutambo, gepraat:

  42. 109

    Jeug-Kamer sat vir generiese definisies

    Die Namibiese Jeug-Kamer van die Omgewing brei sy opvoedkundige uitreik uit om te verseker dat jongmense aktief deelneem aan klimaataksie, bewaring en beleidsbesluite. Die kamer se sekretaris-generaal, Otillie Fillipus, sê dat daar verder as generiese definisies van volhoubaarheid beweeg moet word om praktiese bewaring en omgewingsverantwoordelikheid te onderrig. Fillipus het beklemtoon dat die kamer die jeug wil help om die werklike impak van individuele keuses op klimaataksie en plaaslike ekosisteme te verstaan.

  43. 108

    Gauteng-regering het nie vir 41 ambulanse betaal nie

    Die Gautengse provinsiale regering het bevestig dat hy geen rol gespeel het in die aankoop, befondsing of verkryging van die Stad Johannesburg se 41 ambulanse nie. Regeringswoordvoerder, Sizwe Pamla, sê hierdie voertuie is in 2019 deur die Stad Johannesburg se Noodbestuursdienste aangekoop. Hy sê die provinsiale Departement van Gesondheid het in 2009 met die proses begin om ambulansdienste van plaaslike munisipaliteite oor te neem:

  44. 107

    Scheffler nou ‘n tweemalige FedEx-bekerkampioen

    Die viermalige major-kampioen Scottie Scheffler het sy tweede FedEx-bekertitel in drie jaar by die East Lake Gholfklub in Atlanta gewen vir sy 22ste PGA-toertitel. Die wêreld-nommer-een het op 16 onder syfer klaargemaak, drie houe voor die Noorweër Viktor Hovland, wat 'n laaste rondte van 72 aangeteken het. Die Amerikaanse nuweling Ryan Gerard het derde geëindig. Scheffler sluit by Rory McIlroy en Tiger Woods aan as die enigste meermalige FedEx-bekerkampioene. Hy sê dis 'n goeie gevoel om van agter te kom en regdeur die seisoen toernooie te kan wen:

  45. 106

    Ramaphosa vertrou die hof oor Artikel 89-saak

    President Cyril Ramaphosa sê hy het vertroue in die howe en die Parlement om sake rakende die Artikel 89 Onafhanklike Paneelverslag te hanteer. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal hierdie week die president se hersieningsaansoek van die paneel se verslag aanhoor, wat bevind het dat hy antwoorde moet verskaf oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas. Ramaphosa het gister tydens die ANC se verkiesingsveldtog in Orange Farm beklemtoon dat hy die hof se besluit sal respekteer:

  46. 105

    Aanhouding van bejaardes, kwesbares onder die loep

    Die Suider-Afrikaanse Leierskoalisie vir Geloof, Vryheid en Geregtigheid doen 'n beroep op verhoogde openbare bewustheid rondom voorlopige aanhouding en die beskerming van bejaarde en kwesbare gevangenes. Die koalisie beklemtoon dat die vermoede van onskuld en menswaardigheid regsprosedures moet lei. Die Namibiese korrespondent van die koalisie, August Nangolo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

  47. 104

    ReconAfrica beskuldig van misleidende inligting

    Die Kanadese navorser Rob Parker beskuldig ReconAfrica daarvan dat hy misleidende bewerings maak rakende sy bedrywighede in die Kavango-bekken, na uitvoerende hoof Brian Reinsborough se aankondiging van nuwe operasionele vooruitsigte. Parker het ReconAfrica se aanwysing van die Kavango West 1-X-put as 'n ontdekking betwis. Hy sê dat die maatskappy die terrein as 'n sukses bestempel sonder om vloeitoetse uit te voer om kommersiële lewensvatbaarheid te bepaal. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

  48. 103

    HAN sluit aan by moontlike konferensie-sentrum

    Die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê die idee om 'n groot konvensiesentrum in die land te vestig, is die moeite werd om te heroorweeg, ondanks kommer dat Namibië se mark vir vergaderings, aansporingsgeleenthede, konferensies en uitstallings relatief klein bly. Gitta Paetzold van die vereniging sê 'n lewensvatbaarheidstudie in 2016 het bevind dat die land nog nie die ekonomiese skaal het om 'n groot permanente fasiliteit te onderhou nie, met tydelike strukture wat as meer prakties beskou word vir groot eenmalige geleenthede. Sy sê egter vir Kosmos 94.1 Nuus dat veranderende ekonomiese geleenthede, veral in toerisme en die opkomende olie- en gassektor, die saak vir sulke infrastruktuur kan versterk.

  49. 102

    Huldeblyke stroom in vir Joggie Jansen

    Die rugbygemeenskap is geskok ná die nuus dat die voormalige Springbok-senter Joggie Jansen (78) Sondagoggend aan ‘n hartaanval in ‘n kerk op Otjiwarongo oorlede is. Jansen, wat in sy rugbyloopbaan 10 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, was saam met sy vrou en ander gemeentelede by ’n erediens toe hy ineengestort het. Die voormalige president van Vrystaat Rugby, Harold Verster, ‘n goeie vriend van Jansen, het met Kosmos 94.1 gepraat.

  50. 101

    Huldeblyke stroom in vir Joggie Jansen

    Kry die nuus soos dit breek.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Kry die nuus soos dit breek.

HOSTED BY

Kosmos 94.1

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Nuus have?

Nuus currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Nuus about?

Kry die nuus soos dit breek.

How often does Nuus release new episodes?

Nuus has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Nuus?

You can listen to Nuus on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Nuus?

Nuus is created and hosted by Kosmos 94.1.
URL copied to clipboard!