OFM podcast artwork

PODCAST

OFM

OFM, is the sound of Central South Africa – the sound of your life. Playing good music all day.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 3, 2026 · Source feed

  1. 150

    Die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte word bespreek

    Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste kommoditeitspryse en bewegings in die graanmarkte.

  2. 149

    Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en tendense

    Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en tendense in die veebedryf.

  3. 148

    Morné Visser sluit aan by Skemergrond maar kan jy hom vertrou?

    Morné Visser bekend vir Summertide, Spooksoeker en Straat, betree Skemergrond as Rynard Fuchs 'n sjarmante sakeman met 'n geheim. Hy is 'n man wat kry wat hy wil hê, maar waarsku self: " 'n Slang moet nou en dan sy vel afgooi." Vir Morné is dit 'n nuwe uitdaging, sy eerste romantiese rol. Is Rynard te betroubaar? Kykers sal self moet besluit. Volg sy storielyn vanaf Dinsdag 1 September 2026 op kykNET&kie (DStv 145) om 19:30.

  4. 147

    The Champion Zone - 15 Sept 2026

    Champions, yesterday we made the game plan. Today, we eat. Look out for the new Eat Like a Champion Springbok promotion at Pick n Pay and discover more meal inspiration. Enjoy it – and Eat Like a Champion, with Pick n Pay.

  5. 146

    The Champion Zone - 14 Sept 2026

    Welcome to our very first Champion Zone! Every weekday at this time, Pick n Pay is helping us Eat Like Champions – and that starts before you even get into the kitchen. Today's Champion challenge... Plan a few meals before your next shop, check what you already have and make your list around what you actually need.

  6. 145

    The Champion Zone launch

    The Champion Zone. Weekdays at 16:45 on The Joyride – brought to you by Pick n Pay – Eat Like a Champion!

  7. 144

    Johrné van Huyssteen, ’n inwoner van Clarens, oor die dorp se liggiefees.

    Johrné van Huyssteen, ’n inwoner van Clarens, oor die dorp se liggiefees.

  8. 143

    Weird Wide Web – Nigeriese komediant probeer huil tot in rekordboeke

    Tembu Daniel, ’n Nigeriese komediant en inhoudskepper wat aanlyn as 237_towncryer bekend staan, het op 9 Julie met sy ongewone huilmaraton begin en beplan om 100 uur lank te huil.

  9. 142

    Bloemfontein Students-Childhood Cancer Awareness

    Interview with Bloemfontein social work students about their three-day childhood cancer awareness campaign, including early warning signs, the impact of childhood cancer on families, available support, and the importance of early detection.

  10. 141

    Minister of cooperative governance and traditional aAffairs (CoGTA) Velinkosini Hlabisa visit to Ditsobotla.

    Minister of cooperative governance and traditional aAffairs (CoGTA) Velinkosini Hlabisa visit to Ditsobotla.

  11. 140
  12. 139

    Sentiment se Regardt oor 'Ek Wil Jou Sien'

    Ek het met Regardt van Sentiment gesels oor hul debuut-enkelsnit, Ek Wil Jou Sien. 'n Liedjie oor daardie een persoon vir wie jy enigiets sal doen net om te sien. Die Afrikaanse rockgroep bestaan uit Jako Meyer (sang) en Regardt Scheepers (kitaar), met 'n klank vol groot kore en emosie. Die liedjie is nou aanlyn beskikbaar.

  13. 138

    Die Brangus beesras is 'n uitsonderlike ras en daar vind 'n groot veiling van die ras plaas

    Die Brangus beesras is 'n uitsonderlike ras met goeie vrugbaarheid, groei en vleisgehalte. Isabel van Tonder gesels met Leonard Roberts, Brangus teler van die Wes-Vrystaat, oor die ras - asook die veiling wat 17 September net buite Bloemfontein plaasvind.

  14. 137

    Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die rol van ondersteuning wat net so belangrik is

    Van genetika tot agronomiese kennis en ondersteuning, glo Pannar daarin om saam met boere te werk aan oplossings wat vertroue in besluitneming gee. Pannar Saad is ’n voorloper-saadverskaffer in Afrika, met ’n gefokusde portefeulje van toppresterende mielie-, sonneblom-, sojaboon- en graansorghumkultivars. Want wanneer dit by boerdery kom, gaan sukses oor meer as net vandag se oes – dit gaan oor die besluite wat môre se oes moontlik maak.

  15. 136

    Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die Pannar-basters wat vir hul beste reslutate lewer

    Vir produsente is genetika ’n belangrike besluit – een wat uiteindelik ’n direkte invloed op prestasie en opbrengs kan hê. Pannar belê voortdurend in genetika en biotegnologie om boere toegang te gee tot kultivars wat vir plaaslike toestande ontwikkel en getoets word. Pannar se doel is eenvoudig: om saam met boere oplossings te vind wat vertroue in hul besluite gee.

  16. 135

    Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die sukses ten spyte van uitdagings

    Vir Johan is sukses nie net die resultaat van een goeie besluit nie. Dit kom deur deeglike bestuur, die regte hulpbronne, en genetika waarop jy kan staatmaak. Pannar Saad glo daarin om saam met boere aan oplossings te werk wat hul vertroue in hul besluitneming gee. Met ’n gefokusde saadportefeulje van toppresterende kultivars kombineer Pannar wetenskaplike innovasie met ’n diepgaande begrip van plaaslike toestande en boere se ervaring.

  17. 134

    Health Innovation: Prof. Sabelile Tenza

    The South African healthcare environment is under pressure – can technology lighten the load? Mid-Morning Magic’s Yolanda Maartens is joined by Sabelile Tenza, an Associate Professor at the North-West University (NWU) and a researcher within the NuMIQ research entity. Prof Tenza’s research focuses on the pressures that can make safe and consistent patient care difficult to deliver and the prospect that technology can improve patient care and healthcare as a whole. Discover the stories behind NWU health innovation: https://health-sciences.nwu.ac.za/heartbeat-of-health

  18. 133

    Charl Saunderson van die plaas Nooitgedacht, vertel ons meer van wyshede wat hy op die plaas geleer het

    Charl Saunderson gesels in sy weeklikse praatjie "Kom ons praat bietjie boer" oor die belangrikheid daarvan om voortdurend jou boerderybesluite te bevraagteken.

  19. 132

    Onike: van gebrokenheid na genesing

    Sangeres Onike se nuwe enkelsnit Sterker onthul 'n reis van trauma, die verlies van haar pa en die ontdekking dat 'n mens na die donkerste tye steeds kan opstaan.

  20. 131

    Gr 9 & 11: Hoekom is jou graad 11 punte so belangrik

    Pulane Nel-Sekepe gesels met Piet van Wyk, senior bemarker by die Noordwes-Universiteit oor die belangrikheid van graad 11 punte. Piet verduidelik hoe aansoek tydlyne by universiteite werk, en hoekom dit jou graad 11 punte is wat die bepalende faktor speel met jou toelatings aansoek. As jy mik vir die sterre tref jy dalk die wolke, maar as jy net vir die wolke mik, mag jy dalk teleurgesteld voel as jou plan A nie noodwendig deurkom nie, daarom moet jy ook altyd 'n plan B gereed hê i.v.m jou toekoms planne.

  21. 130

    TLU SA het 'n nasionale veldtog van stapel gestuur teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens

    TLU SA het 'n nasionale veldtog van stapel gestuur om steun te werf teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens. Hierdie wysigings kan ernstige gevolg vir boere, landelike gemeenskappe en wettige vuurwapen lisensiehouers inhou. Isabel van Tonder gesels met Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA, oor die voorgestelde wysigings en die organisasie se aksie daarteen.

  22. 129

    KLA talks about 'Riding': A song about unconditional loyalty and lasting love

    In this interview I chat with the talented artist KLA about her new single, 'Riding' an infectious R&B/Pop anthem celebrating the beauty of true partnership and everlasting loyalty. We dive into the story behind the music and what fans can expect.

  23. 128

    Weird Wide Web – Punk-Rock-uitstappie neem onverwagte wending

    ’n 24-jarige vrou was in ’n botsing nadat sy na bewering ’n ambulans buite ’n punk-rock-konsert in Phoenix gesteel het. Paramedici het glo die sleutels in die voertuig gelos.

  24. 127

    Menopouse – ’n nuwe fase wat begrip en ondersteuning vra

    Pulane Nel-Sekepe vra vir Madeleen Steenkamp om ons meer te vertel oor menopouse – ’n natuurlike, maar dikwels uitdagende fase waardeur baie vroue gaan. Hoewel sommige vroue min simptome ervaar en ander dit baie intens beleef, is een ding seker: hormoonveranderinge kan ’n groot invloed hê, nie net op ’n vrou se liggaam nie, maar ook op haar emosies, gemoed en algemene welstand. Madeleen verduidelik hoe belangrik dit is dat ’n lewensmaat verstaan dat veranderinge in ’n vrou se gedrag of gemoed nie noodwendig persoonlik op hom gerig is nie. Veral wanneer ’n vrou meer geïrriteerd, emosioneel of oorweldig voorkom, is dit belangrik om nie dadelik aanstoot te neem nie, maar eerder die tekens raak te sien en met empatie en ’n sagte benadering met haar daaroor te praat. Aan die ander kant is dit ook belangrik dat vroue bewus raak van die veranderinge wat hulle self ervaar en dit met hul lewensmaat kommunikeer. In plaas daarvan om uit frustrasie te reageer of hul maat te blameer omdat hy nie help nie, kan hulle probeer verduidelik: “Ek gaan tans deur ’n baie moeilike fase en ek het jou ondersteuning nodig.” Uiteindelik gaan dit weer oor kommunikasie, begrip en spanwerk. Menopouse raak dalk die vrou se liggaam, maar met die regte ondersteuning hoef sy nie alleen daardeur te gaan nie.

  25. 126

    Openbare liefkosing: Wat is die regte hoeveelheid?

    Pulane en Madeleen gesels oor openbare liefkosings, meer algemeen bekend as PDA (Public Display of Affection). Madeleen verduidelik dat daar nie noodwendig ’n reg of verkeerd is wanneer dit by openbare liefdesbetuigings kom nie. Elke paartjie moet eerder hul eie unieke middeweg vind wat vir hulle albei werk. Dit is belangrik om te onthou dat mense verskillende persoonlikhede het, en aangesien teenoorgesteldes mekaar dikwels aantrek, is die kanse goed dat die een persoon in ’n verhouding baie liefde en openbare aandag geniet, terwyl die ander persoon dit glad nie nodig het nie. Sy verduidelik ook dat mense sensories verskillend aangelê is, en dat dit ’n groot rol kan speel in hoe gemaklik iemand met fisiese aanraking is. Vir sommige mense kan te veel aanraking selfs tot oorstimulasie lei. Uiteindelik kom dit daarop neer dat paartjies met mekaar moet sit en gesels oor wat elkeen se behoeftes is. Deur oop en eerlik te kommunikeer, kan julle saam die goue middeweg vind wat vir albei gemaklik en werkbaar is.

  26. 125

    Vat hande met Vrystaat Versorging in Aksie om jonk en oud te ondersteun

    Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) is ’n diensgerigte welsynsorganisasie wat deur hul 83 dienspunte ’n verskeidenheid maatskaplike dienste en ondersteuningsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe lewer. Dienste strek oor die volle omvang van lewe – van die wieg tot aan die graf. Die organisasie is ‘n aangewese Kinderbeskermingsorganisasie en lewer maatskaplikewerkdienste in 16 dorpe in die Vrystaat. Die organisasie beskik verder oor uitgebreide dienste aan bejaardes wat insluit, Dienssentrums, Behuisingskemas, inrigtingversorging en nog meer. Ria Malan, Direkteur Maatskaplike Dienste en Melanie Kramer, Direkteur Bejaardesorgdienste by VVA sluit by Yolanda Maartens aan om oor VVA se behoeftes en dienste te praat. Kontak hul gerus by: 071-223-0402 https://freestatecare.co.za/hope-in-action/ [email protected]

  27. 124

    JF Vat Vlam 2026

    Pulane Nel-Sekepe gesels met Henri Wilken, skoolhoof by Jim Fouche Hoërskool, sowel as Merice Erasmus van bemarking. Hul deel met ons die opwindende nuus oor hul 2026 fondsinsameling wat plaas vind op 19 September saam met die Piesangskille: JF Vat Vlam Vir meer inligting, kontak: 0632026387 of [email protected]

  28. 123

    Graad 9 & 11: Die NWU staan reg om Graad 9’s met vakkeuses in ‘n veranderende wêreld te help

    Graad 9-leerders maak binnekort hul vakkeuses – ’n belangrike kruispad vir enige leerder in hul hoërskoolloopbaan. Marelize van der Merwe – Senior Bestuurder by Studentevoorligting en -ontwikkeling aan die Noordwes-Universiteit – sluit by Yolanda Maartens aan. Marelize is ’n bedryfsielkundige met meer as 15 jaar ondervinding in privaat en openbare praktyk met ’n sterk fokus op tersiêre onderwysberading, werknemer- en leierskapsontwikkeling, sowel as die bestuur van psigometriese programme en projekontwikkeling. Marelize het raad as dit kom by vakkeuses, psigometriese toetse en hoe ouers hul kinders kan bystaan in die belangrike tyd.

  29. 122

    Read of the Week | Drift Happens: How to Focus5™ Keeps Strategy on Track

    Drift happens. Not because leaders lack intelligence, and not necessarily because the strategy was wrong, but because execution quietly breaks down under competing priorities, unclear ownership and fragmented attention. That’s the problem Nkululeko Khumalo, a strategy execution thinker and operating executive, explores in Drift Happens: How to Focus5™ Keeps Strategy on Track. It’s our business read of the week.

  30. 121

    Kan kommunikasie jou verhouding red?

    Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, deel met ons die twee belangrikste boustene van ’n gesonde verhouding – intimiteit en kommunikasie. In hierdie gesprek verduidelik Madeleen hoe hierdie twee aspekte van kardinale belang is om ’n verhouding sterk te hou en hoe paartjies dit doelbewus kan ontwikkel. Sy deel ook ’n praktiese voorbeeld van ’n spesifieke kommunikasietegniek, wat in die vorm van ’n gereelde afspraak gebruik kan word om konflik op ’n gesonde manier uit te werk en terselfdertyd jou maat op ’n dieper, meer emosionele vlak te leer ken. Dit gaan dus nie net daaroor om probleme op te los wanneer dinge verkeerd loop nie, maar om doelbewus tyd te maak om mekaar se harte, behoeftes en gevoelens beter te verstaan. Pulane Nel-Sekepe deel ook haar eie ervaring van hoe hierdie tegniek ’n positiewe verskil in haar huwelik gemaak het en hoe dit haar en haar maat gehelp het om mekaar beter te verstaan en hul kommunikasie te versterk.

  31. 120

    Jimmy Stonehouse - Beating Cheetahs to reach the Currie Cup final

    It was déjà vu for the Pumas as they booked their place in the Currie Cup final with a thrilling 27-24 victory over the Toyota Cheetahs in Bloemfontein on Sunday. Rewind four years and the Pumas were celebrating another dramatic victory in the City of Roses after scoring a try at the death to knock the Cheetahs out of the Currie Cup. History repeated itself this time, although there was no last-gasp try. Instead, Clinton Swart’s ice-cool boot proved decisive as the Pumas held their nerve in a gripping semi-final to earn another trip to Kimberley, where they will face defending champions Suzuki Griquas in the final.

  32. 119

    Pieter Bergh - Securing a home Currie Cup final against the Pumas

    The Suzuki Griquas will be hosting the Pumas in a major final for the second time this year when they two bitter-rivals go to battle in Kimberley on Saturday. This time the Peacock Blues will host the team from the Lowveld in the final of the Currie Cup, and it’s a repeat of the historic championship game in the Diamand City a little over four years ago. On the day, the Pumas spoilt the party with a 26-19 victory to win the Currie Cup for the first time. Griquas coach, Pieter Bergh, told OFM Sport that beating the Lions wasn’t easy, despite what the scoreline suggests, but his is thrilled that they have managed to secure a home final.

  33. 118

    Pieter Bergh - Team selection for Currie Cup semi-final

    The Suzuki Griquas are locked and loaded ahead of Sunday’s big Currie Cup semi-final against the Lions, with wet and windy conditions expected in Kimberley. The defending champions have named their strongest possible side for the showdown at the Suzuki Stadium, with the weather having little influence on team selection. Griquas coach Pieter Bergh told OFM Sport that he believes his side is well prepared, with last week’s game on a wet and heavy field in Wellington also providing useful preparation.

  34. 117

    Gesonde en plaagvrye tuine!

    Vandag gesels Christo Coetzer met ons oor hoe om ’n gesonde, plaagvrye tuin te handhaaf. Van plantluise en ander lastige tuinplae tot die korrekte manier om tuinmiddels en gif toe te pas – Christo gee vir ons praktiese wenke om jou plante gesond en mooi te hou. Die regte produk, dosis en toedieningsmetode is belangrik, en produkte moet altyd volgens die etiket se aanwysings gebruik word.

  35. 116

    Mense gee werklik nog om

    Boeta Swart kom deel met Pulane Nel-Sekepe die goeie en blye nuus dat mense werklik nog omgee, en altyd bereid is om te help en te deel. Hy vertel van die wonderlike vrygewigheid wat hul die afgelope ruk beleef, met mense wat letterlik in weelde aandra na hulle toe. Daar waar hulle dit nie kan gebruik nie, kan hul weer aanstuur na ander organisasies toe wat ook in nood is vir hulp. Dankie Bloemfontein en omgewing, vir jul vrygewigheid.

  36. 115

    Bult Apteek: Adriaan Smuts

    Pulane Nel-Sekepe gesels met Adriaan Smuts van The Local Choice Bult Apteek in die Groen Akker Sentrum in Potchefstroom. Hy deel met ons sy visie vir die Bult Apreek, en hoe hul beoog om voort te bou op die apteek se bestaande rol in die gemeenskap, sowel as watter besondere eienskappe onderskei die apteek van die ander apteke in die omgewing

  37. 114

    The Local Choice Pharmacy: Tyronne Engelbrecht

    Pulane Nel-Sekepe chats with Tyronne Engelbrecht from The Local Choice Pharmacy group, about who an what The Local Choice Pharmacy group is. He explains why an independent pharmacy model is still important in South Africa, and talks about how they are expanding their national footprint.

  38. 113

    Dassie maak die deur oop: "Elke pot het sy deksel"

    Die Suid Afrikaanse sanger het pas sy nuwe single "Hart se Huis" vrygestel en dit is soveel meer as net 'n liefdeslied. Dit gaan oor die mens se hart as 'n huis: met kamers, mure, krake en herinneringe. En die hoop dat iemand eendag by die deur instap, die ligte aanskakel en besluit om te bly. In die geselskap deel Dassie oor kwesbaarheid, emosionele herstel, en hoekom liefde nie net "maanskyn en rose" is nie. Sy boodskap? "Elke pot het sy deksel" – moenie na seerkry moed opgee nie.

  39. 112

    Becoming a Cupcake Angel is easy, all for a good cause with Cupcakes of Hope

    Pulane Nel-Sekepe speaks with Sandy Cipriano, founder of Cupcakes of Hope. On Saturday, 26 September 2026, thousands of South Africans will once again become ‘Cupcake Angels’ by baking and sharing cupcakes to help children with cancer and their families. National Cupcake Day will be celebrated at more than 80 shopping centers across the country, with schools, workplaces and communities also joining the movement. Becoming a Cupcake Angel is easy. Register online, choose a participating shopping centre and pledge to bake just 24 cupcakes. Not a baker? You can still make a difference by supporting your local Cupcake Angel stall and sharing #BakeADifference with your friends and family. To register as a Cupcake Angel or find out more about National Cupcake Day 2026, visit www.cupcakesofhope.org.

  40. 111

    Maak jou wit-leuntjie dalk seerder as die waarheid wat jy probeer wegsteek?

    Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor die effek wat jok en wit leuentjies op ’n verhouding met jou lewensmaat kan hê. Madeleen deel ’n voorbeeld van ’n man wat ná vyf jaar uiteindelik eerlik teenoor sy vrou was oor ’n wit leuentjie. Sy was briesend – nie noodwendig oor wat hy gedoen het nie, maar omdat hy vir vyf jaar lank nie die waarheid gepraat het nie. Leuens in ’n verhouding, selfs op klein skaal, kan maklik ’n gewoonte word wat mettertyd groei en uiteindelik tot ’n veel groter probleem lei. Wat baie mense nie besef nie, is dat die leuen wat hulle vertel om konflik te vermy oor iets wat hulle gedoen het, dikwels eerder soos petrol op die vuur werk en die situasie net verder vererger. Dit is veral relevant vir “people pleasers”, wat dikwels so bang is om hul lewensmaat teleur te stel dat hulle eerder ’n wit leuentjie vertel. Ironies genoeg is die uiteindelike waarheid dikwels baie meer teleurstellend wanneer dit wel aan die lig kom. Jou lewensmaat ken jou immers beter as wat jy dink – en mettertyd kom leuens gewoonlik aan die lig.

  41. 110

    Albert Liebenberg - Griquas ready to embrace pressure in Lions semi-final

    The Suzuki Griquas are bracing for a tough Currie Cup semi-final when they tackle the Lions in Kimberley on Sunday, with their sights firmly set on keeping their title defence alive. For the Griquas, it is a game in which they need to focus on themselves rather than the team they famously beat at the death in last year’s Currie Cup final at Ellis Park in Johannesburg. The Lions could stick with the side that has carried them into the semi-finals, or they could bolster their ranks with several United Rugby Championship players who recently featured against the All Blacks.

  42. 109

    Tracey-Lee Oliver tree vir die laaste keer in Pam se skoene op.

    Tracey-Lee Oliver wat Pam in Diepe Waters gespeel het gesels oor die karakter wat hierdie week na ’n tragiese skietvoorval tot ’n einde gekom het. Sy deel hoe Pam op die regte tyd in haar lewe gekom het en wat sy oor die jare geleer het van Zelda se "loskop" dogter tot ’n Swarts, ’n suksesvolle besigheidsvrou en Siseko se bruid.• Diepe Waters word Maandae tot Donderdae 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai

  43. 108

    Karla Pretorius

    Eindfluitjie blaas vir Bloemfontein-netbalster: ‘Ek het geweet wanneer dit tyd is’.

  44. 107

    Health Innovation: Prof. Elmarie Deacon

    Prof. Elmari Deacon is ʼn kliniese sielkundige en professor aan die Noordwes-Universiteit. Haar navorsing fokus op gesondheidsielkunde, positiewe sielkunde en die psigososiale aanpassing in diabetesbestuur. Haar werk ondersoek onder meer hoe jongmense diabetes verstaan en beleef, hoe denke, emosies, gedrag, veerkragtigheid en ondersteuning hul selfbestuur beïnvloed, en hoe hierdie insigte in meer mensgesentreerde ondersteuning en intervensies omgesit kan word.

  45. 106

    Versterk die Volgende Generasie: Reinke Africa en OFM Loods die ‘Besproei vir Groei’-skoleinisiatief

    Landbou is die hartklop van Sentraal-Suid-Afrika, en die versekering van die bedryf se toekoms begin by die bemagtiging van die jeug. In 'n inspirerende gesprek op The Good Morning Breakfast het OFM se Shandor Potgieter met Sulene Oosthuizen gesels om Reinke Africa se baanbrekende nasionale inisiatief te ontleed: die “Besproei Vir Groei Landbouprojek vir Skole”.

  46. 105

    Franco keer terug met "Paarlberg": eerste liefde, verlange en die pyn van afstand

    In hierdie onderhoud gesels ons met die talentvolle musikant Franco na sy debuutsukses met "Kaal Sigarette". Met sy tweede enkelsnit, "Paarlberg" wat op 28 Augustus 2026 vrygestel word, neem hy luisteraars terug na die eenvoud van hoërskooldae. 'n nostalgiese Afrikaanse pop-rock-lied oor eerste liefde, jeugherinneringe en die pyn van afstand wanneer twee mense se lewens in verskillende rigtings beweeg. Luister saam terwyl Franco meer vertel oor die storie agter die lied, die aansteeklike melodie en die emosie wat onder die klanke skuil.

  47. 104

    Visual arts a collaborative effort at Aardklop 2026 hosted by the NWU Gallery

    Cornerstone is the visual arts theme for Aardklop 2026, bringing together artists, studios and collectives from across South Africa in a celebration of the foundations of artistic practice. Inspired by the cornerstone as a symbol of beginning, strength and permanence, the theme explores traditional art-making practices as important systems of learning, mentorship and creative expression. Across the NWU Potchefstroom campus and The Roots Venue, the exhibition programme creates spaces where tradition and experimentation meet, inviting young and old to engage with locally rooted visual languages that contribute to broader conversations in contemporary art. Curator at the NWU Art Gallery, Sheryl Msomi joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk about the relevant workshops also taking place at Aardklop this year.

  48. 103

    SAFEX verslag: Graanmarkoorsig, 1 September 2026

    Graan SA ekonoom, Gerhard Burger, gee 'n oorsig van die jongste tendense in die graanmarkte.

  49. 102

    Die bek-en-klouseer epidemie het 'n impak, veral op die uitvoer van landbouprodukte

    Pieter Moller berig oor 'n kenner se mening van die impak van die bek-en-klouseer epidemie, veral op die uitvoer van landbouprodukte.

  50. 101

    Die impak van vloedskade en droogte in verskeie gebiede het 'n groot impak

    Pieter Moller berig oor die impak van die vloedskade vroeer vanjaar, asook die droogte in verskeie gebiede.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

OFM, is the sound of Central South Africa – the sound of your life. Playing good music all day.

HOSTED BY

OFM

Frequently Asked Questions

How many episodes does OFM have?

OFM currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is OFM about?

OFM, is the sound of Central South Africa – the sound of your life. Playing good music all day.

How often does OFM release new episodes?

OFM has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to OFM?

You can listen to OFM on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts OFM?

OFM is created and hosted by OFM.
URL copied to clipboard!