Skip to content
Ons en die Onderwys podcast artwork

PODCAST · health

Ons en die Onderwys

by RSG

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 12, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Ons en die onderwys: Skermtyd en kinders se ontwikkeling – hoe vind ons die regte balans?

    25 Oktober 2026: Estel de Beer praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige by die Afrikaanse Onderwys Netwerk, oor skermgebruik en die keuses wat onderwysers en ouers kan maak om ’n gesonde balans te help skep.

  2. Ons en die onderwys: Taalonderrig wat leef en leer

    18 Oktober 2026: Is ’n stil klas noodwendig ’n klas waarin leerders leer? Estel de Beer praat met Chanéll Homann, ‘n dosent in opvoedkundestudies aan Akademia se Fakulteit Opvoedkunde, oor betekenisvolle deelname in die taalklas. Die gesprek fokus op praktiese onderrigidees, dissipline en...

  3. Ons en die onderwys: Staan saam met onderwysers

    11 Oktober 2026: Wêreldonderwyserdag is op 5 Oktober gevier. Estel de Beer praat met Paul Sauer van die SAOU oor die beskerming en bevordering van die onderwysberoep.

  4. Ons en die onderwys: Wanneer die gesprek moeilik raak - Ouers en onderwysers

    4 Oktober 2026: Wanneer ’n gesprek tussen ’n ouer en ’n onderwyser oor ’n kind se gedrag, vordering of uitdagings gaan, kan dit maklik sensitief raak. Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van Professionele Dienste by die SAOU, oor waarom hierdie gesprekke soms skeefloop en hoe…

    more
  5. Ons en die onderwys: Grondslagfase-leermateriaalkatalogus

    27 September 2026: Die nuwe nasionale katalogus vir grondslagfase-leermateriaal het die afgelope maande tot ondersoeke, onsekerheid en ’n openbare meningsverskil binne die Departement van Basiese Onderwys gelei. Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS, oor wat gebeur...

  6. Ons en die onderwys: Wanneer opleiding en die werkswêreld hande vat

    20 September 2026: Hoe kry ’n mens opleiding nader aan die plekke waar vaardighede werklik nodig is? Johan van Lill praat met Phillip Harmse, Uitvoerende Hoof: Besigheidsontwikkeling by Africa Skills, oor ’n samewerkingsmodel wat opleiding, praktiese werkservaring, plaaslike ondernemings en...

  7. Ons en die onderwys: 650 gesprekke oor onderwys

    13 September 2026: Estel de Beer, senior regisseur: mandaat, drama en opvoedkunde by RSG, praat met Johan van Lill ter viering van sy 650ste program. Hulle kyk terug na hoe Johan by die program betrokke geraak het, hoe die onderwysgesprek oor die jare verander het, en wat hy uit honderde…

    more
  8. Ons en die Onderwys: Selfgerigte leer in ’n veranderende wêreld

    6 September 2026: Johan van Lill praat met prof. Dorothy Laubscher, waarnemende navorsingsdirekteur van die Noordwes-Universiteit se Navorsingseenheid Selfgerigte Leer, en Eunice Pretorius, koördineerder van die PGCE-program en junior lektor aan die Noordwes-Universiteit, oor selfgerigte leer en...

  9. Ons en die onderwys: Die krag van skoolleierskap

    30 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Lloyd Conley, uitvoerende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit, oor die rol wat skoolleierskap in die sukses en ontwikkeling van ’n skool speel. Hulle gesels oor die verskil tussen bestuur en leierskap, waarom onderrig...

  10. Ons en die onderwys: Kuns, beweging en kreatiwiteit in kinderontwikkeling

    23 Augustus 2026: Johan van Lill praat met die bekroonde visuele kunstenaar Henk Serfontein oor die Bloekomboom-projek. Dis ’n inisiatief waarin visuele kuns, beweging en die natuur saamkom om kinders ruimte te gee om te ontdek, te ervaar en hulleself uit te druk. Dit het ontstaan uit die…

    more
  11. Ons en die onderwys: Wanneer ’n leerder ondersteuning nodig het

    16 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Ronica Thompson, professionele adviseur van leerders met spesiale onderwysbehoeftes en inklusiewe onderwys by Professionele Dienste van die SAOU, oor wat inklusiewe onderwys prakties beteken vir leerders met leerhindernisse in hoofstroomskole. Hulle...

  12. Ons en die onderwys: Regte, verantwoordelikhede en beste belang van kind

    9 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Mariëtte Reyneke en dr. Juané van der Merwe-Mocke, redakteurs van die nuwe boek, Commentary on Education Law and Policy. Hulle verduidelik waarom kennis van onderwysreg noodsaaklik is vir regverdige en verantwoordelike besluitneming in skole.

  13. Ons en die Onderwys: Van tegniese skool tot ambagsloopbaan

    2 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Paul Liddle van die Nasionale Vereniging vir Tegniese Skole, en Phillip Harmse van UXi Artisan Development oor die pad van tegniese onderwys op skool na ’n volwaardige ambagsloopbaan. Hulle bespreek die praktiese en tegniese ontwikkeling wat onderwysers...

  14. Ons en die onderwys: SA se groeiende krisis in die klaskamer

    26 Julie 2026: Johan van Lill praat met Paul Sauer van die SAOU oor die groeiende tekort aan onderwysers in Suid-Afrika se openbare skole. Hulle bespreek waarom skole onderwysers vinniger verloor as wat nuwe onderwysers aangestel word, en waarom daar terselfdertyd gekwalifiseerde jong onderwysers...

  15. Ons en die onderwys: Hoe skole diskriminasie kan help uitwis

    19 Julie 2026: Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige, skrywer en historikus, oor die rol wat geskiedenis kan speel om vooroordeel en diskriminasie te verminder. Hulle praat oor hoe kinders reeds van jongs af idees oor hulleself en ander vorm, waarom verskille openlik...

  16. Ons en die onderwys: Ouers en skole: Hoe herstel ons die vennootskap?

    12 Julie 2026: Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke oor die verhouding tussen ouers en skole. Hulle praat oor kommunikasie, dissipline, akademiese verwagtinge, WhatsApp-groepe en die spanning wat ontstaan wanneer ouers voel hulle word nie gehoor nie. Die gesprek vra hoe ouers,...

  17. Ons en die Onderwys: Slim onderwys en tegnologie

    5 Julie 2026: Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne oor die plek van tegnologie, boeke, handskrif en kunsmatige intelligensie in die klaskamer. Hulle gesels oor waarom tegnologie nie die beginpunt van goeie onderrig moet wees nie. Die belangrike vraag is nie hoe ons meer tegnologie in…

    more
  18. Ons en die onderwys: Die groot vaardigheidsgaping

    28 Junie 2026: Johan van Lill praat met Gerhard Olivier, bemarkingshoof van UXi Artisan Development, oor die groot vaardigheidsgaping in Suid-Afrika. Waarom sukkel werkgewers steeds om geskikte vakmanne, tegnici en beroepsvaardige werknemers te kry, al is werkloosheid in die land so hoog?

  19. Ons en die onderwys: Hoe onderwysbesluite die klaskamer bereik

    21 Junie 2026: Johan van Lill praat met Paul Sauer, bestuurshoof van die SAOU, oor hoe onderwysbesluite in Suid-Afrika deur verskillende vlakke van regering, administrasie, skole en rolspelers beweeg. Ons praat oor waar onderwysgesag lê, wat die nasionale minister werklik kan doen, waarvoor...

  20. Ons en die onderwys: Tegnologie vs papierhandboeke in die klaskamer

    14 Junie 2026: Johan van Lill praat met Riaan van der Berg, die adjunk-bestuurshoof van FEDSAS, oor tablette, elektroniese handboeke en die terugkeer na papierhandboeke in skole. Die gesprek fokus op wat skole uit internasionale voorbeelde, soos Swede, kan leer, en hoe Suid-Afrikaanse skole...

  21. Ons en die onderwys: Skooltoelatings - wat ouers moet weet

    7 Junie 2026: Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe-Mocke, adjunkbestuurshoof van FEDSAS, oor skooltoelatings vir 2027. Die gesprek fokus op wat ouers moet weet wanneer hulle aansoek doen vir Graad R, Graad 1 of Graad 8, hoe aanlyn-toelatingstelsels werk, en watter rol…

    more
  22. Ons en die Onderwys: Huiswerk in die grondslagfase

    31 Mei 2026: Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige, oor huiswerk in die grondslagfase. Die gesprek kyk krities na die vraag of huiswerk vir Graad 1- tot 3-leerders werklik leer ondersteun, en of dit soms onnodige spanning, konflik en moegheid in gesinne veroorsaak. Die...

  23. Ons en die onderwys: Internasionale samewerking in die opleiding van onderwysers

    24 Mei 2026: Johan van Lill praat met dr. Marinda Swart van STADIO se Skool vir Opvoedkunde oor hoe internasionale samewerking die opleiding van toekomstige onderwysers verryk. Die gesprek kyk na hoe blootstelling aan onderwyskontekste in Noorweë, Kanada en die Verenigde State toekomstige...

  24. Ons en die onderwys 17 Mei 2026

    Johan van Lill praat met Johann Güldenpfennig, ‘n professionele adviseur by professionele dienste by die SAOU, oor vakkeuses en waarom hierdie besluit so ’n belangrike deel van ’n leerder se skoolloopbaan is. Die gesprek fokus op hoe leerders, ouers, onderwysers en skole saam kan dink oor...

  25. Ons en die onderwys 10 Mei 2026

    Johan van Lill met praat met Gregory Marais, ‘n onderwyskundige, oor hoe skole en onderwysers Graad 4- tot 6-leerders prakties kan help om sterker en meer onafhanklike lesers te word. Die gesprek volg op ’n vorige program oor lees om te leer, en beweeg nou van bewustheid na praktyk: As ons weet…

    more
  26. Ons en die onderwys 3 Mei 2026

    Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van FEDSAS, oor die jongste onderwyssake wat tans in die nuus is. Die gesprek fokus op belangrike kwessies waarvan ouers, skole en die breër onderwysgemeenskap kennis moet neem, waaronder toelatings vir 2027, openbare kommentaar oor die...

  27. Ons en die onderwys 26 April 2026

    Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige en historikus, oor lees om te leer, en waarom lees veel meer is as net ’n tegniese vaardigheid wat in die vroeë grade bemeester moet word. Die gesprek fokus op die rol van lees in leer, en waarom leesonderrig ook in die hoër grade…

    more
  28. Ons en die onderwys 19 April 2026

    Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van professionele dienste by die SAOU, oor huiswerk en die toenemende debat oor die waarde, doel en impak daarvan. Die gesprek fokus op waarom daar soveel verskillende menings oor huiswerk bestaan, wanneer dit werklik help, wanneer dit ’n las...

  29. Ons en die onderwys 12 April 2026

    Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke van Fedsas oor skooldrag en die toenemende spanning tussen tradisie, skooltrots en bekostigbaarheid. Die gesprek fokus op die werklike uitdagings wat ouers ervaar, die rol van verskaffers, en waarom skole dalk weer moet dink oor hoe besluite...

  30. Ons en die onderwys 5 April 2026

    Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne, ‘n voltydse onderwyskonsultant, en dosent en kurrikulumontwikkelaar by Belgium Campus IT Versity, oor die rol van kunsmatige intelligensie in die klaskamer, en die risiko dat leerders kan agterbly as ons nie betyds aanpas nie. Die gesprek fokus op die...

  31. Ons en die onderwys 29 Maart 2026

    Johan van Lill praat met Rudi Cooke, besigheidsmarkspesialis by UXI Artisan Development, oor die rol van maatskappye in vaardigheidsonderwys en -ontwikkeling. Die gesprek fokus op waarom besighede ’n aktiewe rol moet speel in die opleiding van ’n werksgereed arbeidsmag, veral in ’n konteks van…

    more
  32. Ons en die onderwys 22 Maart 2026

    Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor lees as die sleutel tot leer, en waarom dit so ’n kritiese rol speel in elke leerder se akademiese sukses. Die gesprek fokus op waarom lees steeds ’n groot uitdaging in Suid-Afrikaanse skole is, veral wanneer leerders na hoërskool beweeg, en hoe dit...

  33. Ons en die onderwys 15 Maart 2026

    Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, oor hoe skoolkwintiele in Suid-Afrika werk, en waarom dit ’n groot rol speel in die befondsing van openbare skole. Die gesprek verduidelik hoe skole ingedeel word, hoe dit met skoolgeld en staatsubsidies skakel, en waarom...

  34. Ons en die onderwys 8 Maart 2026

    Johan van Lill praat met onderwyskundige Gregory Marais oor leesontwikkeling in die intermediêre fase - die belangrike oorgang waar leerders beweeg van leer om te lees na lees om te leer. Die gesprek fokus op waarom baie leerders steeds met leesbegrip sukkel wanneer hulle reeds in graad 4, 5 en 6...

  35. Ons en die onderwys 1 Maart 2026

    Johan van Lill praat met Phillip Harmse, bestuurshoof van UXi Artisan Development, oor ’n kritieke vraag vir Suid-Afrika se toekoms: Kan ’n land funksioneer sonder sterk tegniese- en besigheidsvaardigheid-onderwys? Die gesprek fokus op die direkte verband tussen vaardigheidstekorte en...

  36. Ons en die onderwys 22 Februarie 2026

    Johan van Lill met praat Elsie Harmse, uitvoerende hoof van UXi Artisan Development en medestigter van Africa Skills, oor ’n belangrike verskuiwing in ouerskap: Ouers as loopbaanvennote – nie toeskouers nie. Die gesprek fokus op hoe ouers tieners en jong volwassenes kan ondersteun in hulle...

  37. Ons en die onderwys 15 Februarie 2026

    Johan van Lill praat met dr. Annalie Roux, senior lektor in Wiskunde-onderwys aan die Noordwes-Universiteit, oor ’n dringende vraag in Suid-Afrikaanse onderwys: Hoekom neem so min leerders wiskunde tot matriek? Wat lê agter hierdie bekommernis? Die gesprek fokus op wiskunde-angs, vroeë...

  38. Ons en die onderwys 8 Februarie 2026

    Johan van Lill praat met professor Josef de Beer oor ’n kernvraag in moderne onderrig: Wat is aktiewe leer, en hoe help dit leerders om meer betrokke, selfstandig en begripsvas te leer? Die gesprek fokus op hoe aktiewe leer leerderbetrokkenheid, selfgerigte denke en betekenisvolle begrip kan...

  39. Ons en die onderwys 1 Februarie 2026

    Johan van Lill praat met Adel Jacobs, afdelingshoof van professionele dienste by die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, oor die toenemende debat oor graadherhaling in die grondslagfase. In ’n tyd waarin daar weer gekyk word na ’n moontlike beperking op herhaling in Graad 1 tot 3, vra hierdie…

    more
  40. Ons en die onderwys 25 Januarie 2026

    Johan van Lill praat met Gerhard Olivier, hoof van besigheidsontwikkeling by UXi Artisan Development. In ’n tyd waarin universiteit steeds as die enigste maatstaf van sukses beskou word, bevraagteken dié gesprek ’n diepgewortelde aanname in Suid-Afrikaanse onderwys. Saam verken hulle waarom...

  41. Ons en die onderwys 18 Januarie 2026

    Johan van Lill praat met onderwyskundige Celeste Labuschagne oor hoe onderwysers die nuwe jaar met Kunsmatige Intelligensie reg kan begin. In ’n tyd waar KI vinnig deel word van beplanning, assessering en administrasie, fokus die gesprek op praktiese vaardighede wat onderwysers onmiddellik kan...

  42. Ons en die onderwys 11 Januarie 2026

    Johan van Lill die nuwe onderwysjaar af saam met prof. Jannie le Roux, ‘n inspirasiespreker en akademikus in menslike hulpbronbestuur. In ’n tyd van druk, onsekerheid en vinnige verandering, fokus die gesprek op hoe onderwysers 2026 doelbewus kan binnegaan met vyf rigtinggewende waardes: om...

  43. Ons en die onderwys 4 Januarie 2026

    Johan van Lill praat met Juane van der Merwe-Mocke, adjunk-uitvoerende hoof van FEDSAS, en Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, oor wat die 2026-onderwysjaar vir skole en onderwysers inhou. Ons kyk vorentoe na geleenthede, moontlike knelpunte, en verskuiwings wat...

  44. Ons en die onderwys 28 Desember 2025

    Johan van Lill kyk saam met Juane van der Merwe-Mocke, adjunk-uitvoerende hoof van FEDSAS, en Paul Sauer, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, terug na die onderwysjaar van 2025. In ’n jaar gekenmerk deur druk, verandering en voortdurende aanpassing, reflekteer die gesprek op...

  45. Ons en die onderwys 21 Desember 2025

    Johan van Lill praat met Riaan van der Bergh, adjunkbestuurshoof van FEDSAS, oor ’n onderwyslandskap onder groot druk, maar ook vol nuwe moontlikhede. Tussen matriekeksamens, befondsingsvraagstukke, toelatings en voortdurende beleidsdebatte kyk ons na hoe tegnologie en onderwysinnovasie nuwe…

    more
  46. Ons en die onderwys 14 Desember 2025

    Ná ’n jaar van KI-ontwrigting, administratiewe druk, werkslading, befondsingsvraagstukke en nuwe wetlike debatte, kyk prof. Jannie le Roux terug op 2025, en vra of die onderwysmiernes einde ten laaste weer sy ritme gevind het. Hy vertel hoe klein dade van menslikheid en hoop in skole landswyd…

    more
  47. Ons en die onderwys 7 Desember 2025

    Johan van Lill met praat met onderwyskundige Celeste Labuschagne. Die spanning tussen menslike intelligensie en kunsmatige intelligensie in die onderwysomgewing neem toe, en beïnvloed direk hoe assessering verstaan en toegepas word. Die gesprek verken hoe KI waardevolle ondersteuning kan bied…

    more
  48. Ons en die onderwys 30 November 2025

    Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige, oor die emosionele ontwikkeling van Graad R-leerders, en hoe dit ‘n direkte invloed het op die belangrike oorgang na Graad 1.

  49. Ons en die onderwys 23 November 2025

    Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke, adjunkbestuurshoof en hoof van regsdienste by FEDSAS, oor die eerste jaar van die BELA-wet. Wat beteken die wet in die praktyk vir skole? Watter knelpunte het die afgelope jaar na vore gekom? Hoe het die nuwe regulasies oor taal, toelating…

    more
  50. Ons en die onderwys 16 November 2025

    Johan van Lill praat met Sonette Kotzé oor die belangrikheid daarvan om kinders gereed te maak vir formele leer, wat skoolgereedheid regtig beteken, en hoe vroeë, doelbewuste stimulasie ’n kind se latere skoolloopbaan en leesbegrip beïnvloed. Sy verduidelik hoekom soveel jong leerders sukkel om…

    more

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Ons en die Onderwys have?

Ons en die Onderwys currently has 713 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Ons en die Onderwys about?

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

How often does Ons en die Onderwys release new episodes?

Ons en die Onderwys releases new episodes frequently with a large back catalog of 713 episodes. Check the episode list for recent publication dates.

Where can I listen to Ons en die Onderwys?

You can listen to Ons en die Onderwys on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Ons en die Onderwys?

Ons en die Onderwys is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!