Ons en die Onderwys podcast artwork

PODCAST · health

Ons en die Onderwys

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Jun 8, 2026 · Source feed

  1. 695

    Ons en die onderwys: Wanneer ’n leerder ondersteuning nodig het

    16 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Ronica Thompson, professionele adviseur van leerders met spesiale onderwysbehoeftes en inklusiewe onderwys by Professionele Dienste van die SAOU, oor wat inklusiewe onderwys prakties beteken vir leerders met leerhindernisse in hoofstroomskole. Hulle bespreek ondersteuningsplanne, assesseringsakkommodasies, en wat ouers redelikerwys van ’n skool kan verwag.

  2. 694

    Ons en die onderwys: Regte, verantwoordelikhede en beste belang van kind

    9 Augustus 2026: Johan van Lill praat met prof. Mariëtte Reyneke en dr. Juané van der Merwe-Mocke, redakteurs van die nuwe boek, Commentary on Education Law and Policy. Hulle verduidelik waarom kennis van onderwysreg noodsaaklik is vir regverdige en verantwoordelike besluitneming in skole.

  3. 693

    Ons en die Onderwys: Van tegniese skool tot ambagsloopbaan

    2 Augustus 2026: Johan van Lill praat met Paul Liddle van die Nasionale Vereniging vir Tegniese Skole, en Phillip Harmse van UXi Artisan Development oor die pad van tegniese onderwys op skool na ’n volwaardige ambagsloopbaan. Hulle bespreek die praktiese en tegniese ontwikkeling wat onderwysers nodig het, die waarde van nouer samewerking tussen skole, opleidingsinstellings en die bedryf, en hoe leerders beter voorberei kan word vir geakkrediteerde opleiding, werkplekervaring, ambagstoetsing en indiensneming.

  4. 692

    Ons en die onderwys: SA se groeiende krisis in die klaskamer

    26 Julie 2026: Johan van Lill praat met Paul Sauer van die SAOU oor die groeiende tekort aan onderwysers in Suid-Afrika se openbare skole. Hulle bespreek waarom skole onderwysers vinniger verloor as wat nuwe onderwysers aangestel word, en waarom daar terselfdertyd gekwalifiseerde jong onderwysers is wat sukkel om poste te kry.

  5. 691

    Ons en die onderwys: Hoe skole diskriminasie kan help uitwis

    19 Julie 2026: Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige, skrywer en historikus, oor die rol wat geskiedenis kan speel om vooroordeel en diskriminasie te verminder. Hulle praat oor hoe kinders reeds van jongs af idees oor hulleself en ander vorm, waarom verskille openlik bespreek moet word, en hoe die geskiedenisleerplan ’n meer gebalanseerde beeld van ons samelewing kan bied.

  6. 690

    Ons en die onderwys: Ouers en skole: Hoe herstel ons die vennootskap?

    12 Julie 2026: Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke oor die verhouding tussen ouers en skole. Hulle praat oor kommunikasie, dissipline, akademiese verwagtinge, WhatsApp-groepe en die spanning wat ontstaan wanneer ouers voel hulle word nie gehoor nie. Die gesprek vra hoe ouers, onderwysers en skoolbesture weer vertroue kan bou en saam in die beste belang van die kind kan optree.

  7. 689

    Ons en die Onderwys: Slim onderwys en tegnologie

    5 Julie 2026: Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne oor die plek van tegnologie, boeke, handskrif en kunsmatige intelligensie in die klaskamer. Hulle gesels oor waarom tegnologie nie die beginpunt van goeie onderrig moet wees nie. Die belangrike vraag is nie hoe ons meer tegnologie in skole kan gebruik nie, maar hoe ons tegnologie doelgerig kan gebruik om leer werklik te versterk.

  8. 688

    Ons en die onderwys: Die groot vaardigheidsgaping

    28 Junie 2026: Johan van Lill praat met Gerhard Olivier, bemarkingshoof van UXi Artisan Development, oor die groot vaardigheidsgaping in Suid-Afrika. Waarom sukkel werkgewers steeds om geskikte vakmanne, tegnici en beroepsvaardige werknemers te kry, al is werkloosheid in die land so hoog?

  9. 687

    Ons en die onderwys: Hoe onderwysbesluite die klaskamer bereik

    21 Junie 2026: Johan van Lill praat met Paul Sauer, bestuurshoof van die SAOU, oor hoe onderwysbesluite in Suid-Afrika deur verskillende vlakke van regering, administrasie, skole en rolspelers beweeg. Ons praat oor waar onderwysgesag lê, wat die nasionale minister werklik kan doen, waarvoor provinsiale onderwysdepartemente verantwoordelik is, en hoe besluite uiteindelik die skoolhoof, onderwysers, leerders en ouers raak.

  10. 686

    Ons en die onderwys: Tegnologie vs papierhandboeke in die klaskamer

    14 Junie 2026: Johan van Lill praat met Riaan van der Berg, die adjunk-bestuurshoof van FEDSAS, oor tablette, elektroniese handboeke en die terugkeer na papierhandboeke in skole. Die gesprek fokus op wat skole uit internasionale voorbeelde, soos Swede, kan leer, en hoe Suid-Afrikaanse skole verantwoordelik oor tegnologie in die klaskamer moet dink.

  11. 685

    Ons en die onderwys: Skooltoelatings - wat ouers moet weet

    7 Junie 2026: Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe-Mocke, adjunkbestuurshoof van FEDSAS, oor skooltoelatings vir 2027. Die gesprek fokus op wat ouers moet weet wanneer hulle aansoek doen vir Graad R, Graad 1 of Graad 8, hoe aanlyn-toelatingstelsels werk, en watter rol toelatingsbeleid, voedingsgebiede en beskikbare plek speel. Daar word ook gekyk na wat ouers kan doen indien hulle kind nie by hulle eerste keuse geplaas word nie, of as hulle steeds onseker is oor ’n plasing.

  12. 684

    Ons en die Onderwys: Huiswerk in die grondslagfase

    31 Mei 2026: Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige, oor huiswerk in die grondslagfase. Die gesprek kyk krities na die vraag of huiswerk vir Graad 1- tot 3-leerders werklik leer ondersteun, en of dit soms onnodige spanning, konflik en moegheid in gesinne veroorsaak. Die program ondersoek wat huiswerk op hierdie ouderdom behoort te doen, hoeveel genoeg is, watter tipe aktiwiteite sinvol is, en hoe ouers kan help sonder om die leerproses oor te neem. Daar word ook gekyk na die rol van spel, rus, lees, roetine en gesinstyd in jong leerders se ontwikkeling.

  13. 683

    Ons en die onderwys: Internasionale samewerking in die opleiding van onderwysers

    24 Mei 2026: Johan van Lill praat met dr. Marinda Swart van STADIO se Skool vir Opvoedkunde oor hoe internasionale samewerking die opleiding van toekomstige onderwysers verryk. Die gesprek kyk na hoe blootstelling aan onderwyskontekste in Noorweë, Kanada en die Verenigde State toekomstige onderwysers help om met groter begrip, aanpasbaarheid en interkulturele sensitiwiteit in diverse klaskamers te werk.

  14. 682

    Ons en die onderwys 17 Mei 2026

    Johan van Lill praat met Johann Güldenpfennig, ‘n professionele adviseur by professionele dienste by die SAOU, oor vakkeuses en waarom hierdie besluit so ’n belangrike deel van ’n leerder se skoolloopbaan is. Die gesprek fokus op hoe leerders, ouers, onderwysers en skole saam kan dink oor vakkeuses, sonder dat die proses onnodige druk of verwarring skep.

  15. 681

    Ons en die onderwys 10 Mei 2026

    Johan van Lill met praat met Gregory Marais, ‘n onderwyskundige, oor hoe skole en onderwysers Graad 4- tot 6-leerders prakties kan help om sterker en meer onafhanklike lesers te word. Die gesprek volg op ’n vorige program oor lees om te leer, en beweeg nou van bewustheid na praktyk: As ons weet dat lees die sleutel tot leer in alle vakke is, hoe ondersteun ons leerders doelgerig sodat hulle werklik deur lees kan leer?

  16. 680

    Ons en die onderwys 3 Mei 2026

    Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van FEDSAS, oor die jongste onderwyssake wat tans in die nuus is. Die gesprek fokus op belangrike kwessies waarvan ouers, skole en die breër onderwysgemeenskap kennis moet neem, waaronder toelatings vir 2027, openbare kommentaar oor die Geskiedenis-kurrikulum, skoolklere, BELA-regulasies, die koste van skoolsport, en die stand van leierskap in die onderwysstelsel.

  17. 679

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Sukie van Zyl van die Noordwes Universiteit se Eenheid vir Selfgerigte Leer oor hoe onderwysers leerders kan bemagtig om verantwoordelikheid vir hulle eie leerproses te neem. Verwagtinge speel 'n belangrike rol, en opvoeders en ouers moet 'n kopskuif maak dat sekere vaardighede eintlik belangriker is as akademiese prestasie.

  18. 678

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer en prof. Neal Petersen van Noordwes-Univisersiteit se eenheid vir Selfgerigte Leer oor die rol wat inheemse kennis in selfgerigte leer speel. Daar word tans heelwat geargumenteer dat tradisionele houers van inheemse kennis as goeie selfgerigte leerders beskou kan word, en inheemse kennis sou ook baie goed kon inpas by die Suid-Afrikaanse kurrikulum.

  19. 677

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux oor hoe jy oor jou onderwysjaar kan reflekteer en dit kan afsluit. Hy kyk terug na drie fokuspunte wat aan die begin van 2019 gestel is, en dink na oor die impak wat dit kon hê op jou onderwysjaar.

  20. 676

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Erna Rheeder van SAVFamnet oor die verhouding tussen skole en pa's, en wat die impak van mentorskap deur onderwysers en onderwysleiers op leerders kan wees.

  21. 675

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Alta Greeff, die bedryfshoof van die MOS-Inisiatief, oor die belangrikheid van moedertaalonderwys en al die kompleksiteite wat dit behels. Hoe balanseer 'n mens die belangrikheid dat leerders in die elf amptelike tale onderrig word met die feit dat almal eendag in 'n uniforme besigheidstaal by die werkplek moet kan funksioneer.

  22. 674

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill het die jaarlikse selfgerigte leerkongres van die Noordwes-Universiteit bygewoon, waar rolspelers in die onderwyssektor die jongste navorsing met mekaar kom deel oor die beste praktyke vir leer en onderrig.

  23. 673

    Ons en die onderwys

    Deesdae is daar amper elke week 'n hartseer storie in die nuus oor 'n tragiese einde deur gesinsgeweld. Johan van Lill gesels met Adri Klindt van Huis Jabes oor wat die rol van skole is wanneer daar gesinsgeweld by die huis is. Hoe hanteer ek leerders in die klaskamer wanneer gesinsgeweld 'n probleem is, en watter inligting benodig die stelsel om sulke families te help?

  24. 672

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die Algemene Onderwyssertifikaat ná Graad 9 wat pas deur die Departement van Basiese Onderwys aangekondig is.

  25. 671

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Marnelda de Beer oor hoe om 'n leesstuk op die regte vlak vir leerders te kies om leesbegrip te bevorder. En Bruce Collins, 'n onderwyskundige, vertel van sy ervaring met tegnologie in die klaskamer.

  26. 670

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Marga Botha van AROS oor haar doktorale studie wat handel oor die welstand van onderwysers. Wat kan onderwysers doen om na hulle eie welstand om te sien?

  27. 669

    Ons en die onderwys

    Dis tyd vir skole om te begin beplan vir 2020. Johan van Lill praat met Paul Colditz en Jaco Deacon oor wat skole in gedagte moet hou tydens hulle beplanningsessies.

  28. 668

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, 'n onderwyskundige, oor die uitdagings van leesonderrig in skole, spesifiek waarmee plattelandse skole mee te doen kry.

  29. 667

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met dr. Lourens Erasmus oor die uitdagings en voordele daarvan om aanlyn vir 'n onderwyskwalifikasie te studeer. Opleiding van onderwysers is voortdurend aan die verander, en die moontlikhede van aanlynopleiding kan 'n groot bydrae maak om meer onderwysers beskikbaar te maak vir die professie.

  30. 666

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die belangrikheid van moedertaalonderwys. Gesprekke hieroor is tans weer druk aan die gang en ons bespreek aspekte wat in ag geneem moet word wanneer hieroor gepraat word.

  31. 665

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Chris Deneyssen, hoof van die Hoërskool Waterkloof, oor hoe hy motivering, hoop en uitreikaksies in die skoolomgewing bestuur.

  32. 664

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Johan van Breda oor e-sport. Dis wanneer leerders deelneem aan rekenaarspeletjies, individueel en/of in spanne, wat soos sportbyeenkomste bedryf word. Dit is iets wat al hoe meer by skole posvat, en word al as 'n volwaardige sport erken.

  33. 663

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met dr. Nicol Faasen oor die General Household Survey wat onderwys bekyk vanuit die oogpunt van huishoudings. DIt gee 'n baie interessante idee van hoe huishoudings onderwys in die algemeen in Suid-Afrika ervaar.

  34. 662

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die voor- en nadele van fokusskole. Dr. Jurie Joubert vertel hoe onderwysers kleingroeponderwys in die klaskamer kan gebruik.

  35. 661

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk na 'n projek wat fokus op ondersteuning en ontwikkeling van skoolhoofde. Sedrico Husselman is pas terug van oorsee waar hy Engels gegee het. Hy deel sy ervarings, en gesels ook oor die Funda-bundel wat die SBA gratis aan skole versprei om lees- en leervaardighede te ontwikkel.

  36. 660

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous van Unisa oor hoe 'n onderwyser of onderwysleier die leerproses kan ondersteun en hulp kan verleen. Daar is baie metodes en tegnieke wat jou kan help om beter te leer en te onthou.

  37. 659

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Stoffel Goosen, 'n onderwyskundige, oor 'n nuwe geleentheid vir leerders om reeds aan die einde van Graad 9 'n beroepsgerigte kwalifikasie te kan verwerf. Voorheen kon leerders dit net volg by 'n naskoolse Kollege, maar nou is dit moontlik om 'n kwalifikasie te verwerf soortgelyk aan matriek, maar met die voordeel dat jy dadelik in daardie rigtig kan spesialiseer of verder studeer.

  38. 658

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk verder na selfgerigte leer. Ná die vorige program was daar baie navrae van onderwysers oor hoe dit prakties in die klaskamer kan werk en hoe onderwysers dit kan bevorder. Prof. Elza Mentz en prof. Josef de Beer van die Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie vrae.

  39. 657

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill is by 'n kongres oor selfgerigte leer, wat die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom gehou is.

  40. 656

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill hoor by Peregrine Joynt of onderwysers voorsiening moet maak in hulle lesse en aanbiedings vir die verskil tussen hoe seuns en dogters ontwikkel.

  41. 655

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat oor selfgerigte leer, vervlegde leer en verskillende leerstyle met prof. Josef de Beer en prof. Jaco Olivier van die Noordwes-Universiteit.

  42. 654

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Petrus Jacobs, 'n onderwyskundige, oor die “mental toughness” van onderwysers. Hoe kan onderwysers kritiek, uitdagings en druk in hulle beroep hanteer.

  43. 653

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk na wetenskaponderrig en hoe om wanvoorstellings in die vak te vermy.

  44. 652

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill hoor hoekom sekere tradisionele onderrigmetodes nie meer in die wiskunde-klaskamer werk nie. Hy lê ook besoek af by Laerskool Totius in Bellville.

  45. 651

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk na die belangrikheid van liggaamlike opvoeding en fisieke ontwikkeling by skole. George Joubert vertel van 'n navorsingsprojek wat hy in hierdie verband vir sy doktorale studie gedoen het.

  46. 650

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill praat met Nico Venter van Hoërskool Hexvallei oor hoe skole vennootskappe met die privaatsektor kan sluit. Hy het ook gaan inloer by Curro Durbanville se 20ste verjaardag.

  47. 649

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk na tegnologie-projekte wat deur die WNNR Meraka Instituut in plattelandse skole aangepak word, en na die gebruik van digitale handboeke in die klaskamer.

  48. 648

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk na die uitdagings wat wetenskaponderwysers in die klaskamer moet hanteer.

  49. 647

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk na die relevansie van dit wat kinders in die skool geleer word. Hoe maak onderwysers dit wat in die kurrikulum staan, relevant vir kinders?

  50. 646

    Ons en die onderwys

    Johan van Lill kyk na twee kongresse wat in Gauteng en Kaapstad gehou word vir onderwysleiers en skoolhoofde.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Ons en die Onderwys have?

Ons en die Onderwys currently has 50 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Ons en die Onderwys about?

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

How often does Ons en die Onderwys release new episodes?

Ons en die Onderwys has 50 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Ons en die Onderwys?

You can listen to Ons en die Onderwys on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Ons en die Onderwys?

Ons en die Onderwys is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!