PODCAST · business
Rand en sent
by RSG
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
Episodes
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 9)
Jody Hendricks praat oor die rol wat die ouditeur-generaal in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 8)
Jody Hendricks praat met Alice Miller van die OG oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 7)
Jody Hendricks praat met Andries Sekgetho van die OG oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 6)
Jody Hendricks praat met Andries Sekgetho van die OG oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 5)
Jody Hendricks praat met Alice Miller van die OG oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 4)
Jody Hendricks praat met Alice Miller van die OG oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 3)
Jody Hendricks praat met Alice Miller van die OG oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 2)
Jody Hendricks praat met Andries Sekgetho van die OG oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: Die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (Deel 1)
Jody Hendricks praat met Andries Sekgetho van die OG, oor die rol wat hulle in die land se demokrasie speel.
-
Rand en sent: SA-entrepreneurs sukkel om hulp by regering te kry
9 Augustus 2026: Jody Hendricks praat met dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI Wes-Kaap, oor ‘n internasionale studie wat bevind het dat entrepreneurs in Suid-Afrika sukkel om die nodige hulp by die regering te kry.
-
Rand en sent: Belasting op beleggingsopbrengste
2 Augustus 2026: Jody Hendricks met ‘n kenner oor die impak van belasting op beleggingsopbrengste.
-
Rand en sent: FREE SA wil lewenskoste verlaag
26 Julie 2026: FREE SA is ’n burgerlike beweging wat fokus op praktiese hervormings om Suid-Afrikaners se lewenskoste te verlaag deur meer mededinging en minder onnodige regulasies. Jody Hendricks vind meer uit oor hulle mandaat, soos om elektrisiteit goedkoper te maak deur mededinging uit te…
more -
Rand en sent: Hoe om te spaar
19 Julie 2026: Julie is Nasionale Spaarmaand. Almal weet hulle moet spaar, maar soms is dit moeilik om die kopskuif te maak. Jody Hendricks praat met ‘n finansiële beplanner oor metodes om te spaar in moeilike ekonomiese tye.
-
Rand en sent: Die 2026-belastingseisoen
12 Julie 2026: Die belastingseisoen het reeds begin, met outomatiese aanslae van 1 tot 12 Julie 2026. Die res sal van 13 Julie 2026 af hulle opgawes kan begin indien. Nie-voorlopige belastingbetalers sal tot 23 Oktober tyd hê om hulle belastingopgawes in te dien, terwyl voorlopige…
more -
Rand en sent: Skole se addisionele fondsinsameling
5 Julie 2026: Met die regering se onderwysbegroting wat jaarliks besnoei word, en duisende openbare skole wat finansieel sukkel, het addisionele fondsinsameling ‘n belangrike deel van skole se volhoubaarheidsmodel geword. Tog is daar duisende skole wat geen fondsinsamelings doen nie. Jody…
more -
Rand en sent: Die uitdagings vir SA se ekonomie
28 Junie 2026: Dr. Roelof Botha, ’n ekonoom, praat oor die uitdagings vir Suid-Afrika se ekonomie, en oor sy seun, Roelof Botha jnr, wat op 16 Junie vanjaar op die SpaceX-raad aangestel is.
-
Rand en sent: Aftrede
21 Junie 2026: Aftrede is die einde van jou aktiewe werkslewe. Jody Hendricks praat met ‘n kenner oor die faktore wat jy moet oorweeg voordat jy besluit of aftrede die regte keuse vir jou is.
-
Rand en sent: Regering slaan toe op ongedokumenteerde werkers
14 Junie 2026: President Cyril Ramaphosa sê daar sal 10 000 nuwe arbeidsinspekteurs aangestel word om werkgewers te ondersoek, en te verseker dat slegs gedokumenteerde werknemers in hulle diens is. Jody Hendricks praat hieroo met ‘n arbeidskenner.
-
Rand en sent: Beskerm jouself finansieel teen natuurrampe
7 Junie 2026: Swaar reën het weer groot gedeeltes van die Wes- en Oos-Kaap getref, terwyl baie gebiede nog herstel van die stormsterk reën en wind wat van die gebiede in Mei getref het. Jody Hendricks praat met finansiële raadgewer Yolanda Botha oor hoe jy jouself finansieel kan beskerm indien ‘n...
-
Rand en sent: Die gebruik van KI deur finansiële adviseurs
31 Mei 2026: Jody Hendricks praat met Duane Nienaber oor die gebruik van kunsmatige inteligensie deur finansiële adviseurs, en hoe dit jou geldsake kan beinvloed.
-
Rand en sent: Stygende brandstofpryse
24 Mei 2026: Jody Hendricks praat met ekonoom Hassan Essop oor die impak van stygende brandstofprys op die ekonomie.
-
Rand en sent 17 Mei 2026
Jody Hendricks praat met Steven Peterson oor die Wysingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes. Wat staan werkgewers te doen indien ‘n werknemer aan diens beseer word?
-
Rand en sent 10 Mei 2026
Jody Hendricks kyk na die finansiële aspekte waarmee ma’s sukkel in die tawwe ekonomiese tye.
-
Rand en sent 3 Mei 2026
Baie Suid-Afrikaners sukkel om met die stygende lewenskoste by te bly. ‘n Salaris is eenvoudig nie meer genoeg nie. Jody Hendricks praat met ‘n finansiële adviseur oor hoe om jou inkomste te diversifiseer.
-
Rand en sent 26 April 2026
Die Reserwebank sê hy het nog inligting nodig om te bepaal hoe die oorlog in die Midde-Ooste die land se ekonomiese groeivooruitsigte sal raak. Die Suid-Afrikanse ekonomie sukkel sedert die konflik begin het, en dit is veral landsburgers wat sukkel om kop bo water te hou. Jody Hendricks hoor hoe…
more -
Rand en sent 19 April 2026
Die Wes-Kaap se minister van finansies, Deidre Baartman, sê hulle teiken is om die provinsie se ekonomie tot R1 triljoen te groei teen 2035. Sy verduidelik hoe sy die provinsie se finansies bestuur.
-
Rand en sent 12 April 2026
Daar is baie faktore wat entrepreneurs in gedagte moet hou, soos die saamstel van ’n sakeplan, marknavorsing, die registrasie van die onderneming en wat die belastingimplikasies is. Jody Hendricks praat met dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHI Weskaap, oor die slaggate waarvoor nuwe...
-
Rand en sent 5 April 2026
Weet jy hoe die waarde van jou eiendom bepaal word, en hoe dit die vlak van jou erfbelasting beïnvloed? Jody Hendricks praat oor waardasies van eiendom en die belasting wat jy daarop betaal.
-
Rand en sent 29 Maart 2026
Die skerp styging in die olieprys sal deurwerk na die Suid-Afrikaanse ekonomie, hoofsaaklik deur die negatiewe impak van ’n skerp styging in die brandstofprys. Jody Hendricks praat met ekonoom Christie Viljoen oor die ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika as die brandstof se prysstyging meer as...
-
Rand en sent 22 Maart 2026
Die konflik in die Midde-Ooste het nie net ‘n direkte invloed op die lande in daardie streek nie, maar het ook grootskaalse implikasies vir wêreldwye voedselveiligheid. Die voortdurende konflik en geopolitieke spanning beïnvloed verskeie aspekte van landbou, ook hier aan die suidpunt van Afrika....
-
Rand en sent 15 Maart 2026
Die skerp styging in die olieprys ná die afgelope tyd se aanvalle deur die VSA en Israel op Iran, en Iran se daaropvolgende aanvalle op teikens in verskeie lande in die Midde-Ooste, sal deurwerk na die Suid-Afrikaanse ekonomie. Jody Hendricks praat met ekonoom Johan Els oor die ekonomiese gevolge...
-
Rand en sent 8 Maart 2026
Die 2026-nasionale begroting word beskou as positief vir die ekonomie, met verwagtinge van verdere rentekoersverlagings en belastingverligting, wat kleinsakeondernemings (KSO's) kan ondersteun. KSO's met 'n omset van tot R20 miljoen kan kwalifiseer vir verminderde inkomstebelastingkoerse, terwyl...
-
Rand en sent 1 Maart 2026
Die tweepot-aftreestelsel is ‘n hervorming wat lede toelaat om gedeeltelike onttrekkings uit hulle aftreefondse te maak voor aftrede, terwyl ‘n gedeelte behou word wat slegs by aftrede beskikbaar is. Omelia Hartzenberg van die Staatsdienspensioenfonds verduidelik hoe dit hulle lede raak.
-
Rand en sent 22 Februarie 2026
Die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) het ‘n selfdiens-webstelsel en toep bekendgestel om sy lede toegang gee tot en opdatering van hulle inligting, asook om pensioen- of ander verwante voordele en eise op te spoor. Omelia Hartzenberg vertel van die nuwe selfdiensportaal.
-
Rand en sent 15 Februarie 2026
Die jaarlikse verhoging in pensioene by die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) bestaan uit vier elemente, soos uiteengesit in die GEPF se verhogingsbeleid. Omelia Hartzenberg van die GEPF verduidelik hoe pensioenverhogings bepaal word.
-
Rand en sent 8 Februarie 2026
Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) verduidelik wanneer iemand kwalifiseer vir ’n gadepensioen.
-
Rand en sent 1 Februarie 2026
Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die verandering van die egskeidingsreël vir GEPF-lede.
-
Rand en sent 25 Januarie 2026
Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die opdatering van persoonlike inligting en nominasievorms.
-
Rand en sent 18 Januarie 2026
Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor kinder-pensioenuitbetalings en die geskiktheid en voordeeltydperk hiervan.
-
Rand en sent 11 Januarie 2026
Het jy geweet dat daar vanjaar tot 1,8% ekonomiese groei in Suid-Afrika verwag word? Jody Hendricks praat met ekonome om te hoor wat hulle ekonomiese vooruitskatting vir Suid-Afrika in 2026 is.
-
Rand en sent 4 Januarie 2026
In 2025 het Jody Hendricks met verskeie gaste en kenners oor geldkwessies gepraat. Ons luister na van die hoogtepunte wat die meeste reaksie by luisteraars ontlok het.
-
Rand en sent 28 Desember 2025
In 2025 het Jody Hendricks met verskeie gaste en kenners oor geldkwessies gepraat. Ons luister na van die hoogtepunte wat die meeste reaksie by luisteraars ontlok het.
-
Rand en sent 21 Desember 2025
In die feestyd wil mense geld spandeer op luukshede, maar nie almal kan dit noodwendig bekostig nie. Yolande Botha, ’n finansiële beplanner by Galileo Capital, vertel hoe om jou finansies in hierdie tyd van die jaar te bestuur.
-
Rand en sent 14 Desember 2025
Het jy geweet die hoofmandaat van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) is om pensioene en voordele te bestuur en te administreer, om sodoende die finansiële sekuriteit van lede ná aftrede te verseker? Ons kyk na die toenemende gevalle van onopgeëiste pensioenvoordele.
-
Rand en sent 7 Desember 2025
Het jy geweet die hoofmandaat van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) is om pensioene en voordele te bestuur en te administreer, om sodoende die finansiële sekuriteit van lede ná aftrede te verseker? Ons kyk na bedrogvoorkoming by die GEPF.
-
Rand en sent 30 November 2025
Het jy geweet die hoofmandaat van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) is om pensioene en voordele te bestuur en te administreer, om sodoende die finansiële sekuriteit van lede ná aftrede te verseker? Ons kyk na die fonds se begrafnisvoordele.
-
Rand en sent 23 November 2025
Het jy geweet die hoofmandaat van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) is om pensioene en voordele te bestuur en te administreer, om sodoende die finansiële sekuriteit van lede ná aftrede te verseker? Ons kyk na aftrede teenoor bedanking by die GEPF.
-
Rand en sent 16 November 2025
Het jy geweet die hoofmandaat van die Staatsdienspensioenfonds (GEPF) is om pensioene en voordele te bestuur en te administreer, om sodoende die finansiële sekuriteit van lede ná aftrede te verseker. Ons kyk na die volhoubaarheid van die GEPF.
-
Rand en sent 9 November 2025
In ons reeks oor die Staatsdienspensioenfonds vind ons uit wat aktuariële rente is, en hoe dit lede se aftree-uitbetaling beïnvloed.
-
Rand en sent 2 November 2025
Het jy geweet die regering se pensioenfonds is een van die grootse ter wêreld? Jody Hendricks kyk in hierdie reeks oor die Staatsdienspensioenfonds na onopgeëiste en onbetaalde voordele, begrafnisvoordele, bedrog en kinderpensioen.
We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.
No matches for "" in this podcast's transcripts.
No topics indexed yet for this podcast.
Loading reviews...
ABOUT THIS SHOW
Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.
HOSTED BY
RSG
CATEGORIES
Loading similar podcasts...