Rapport Praat Sport podcast artwork

PODCAST · sports

Rapport Praat Sport

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Sep 2, 2026 · Source feed

  1. 116

    Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied

    In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion! Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker gevoel.En dan, op ’n ander noot, hoeveel maak die Baltimore-toets werklik saak? Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  2. 115

    Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!

    Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n vuurwarm en uiters mededingende Greatest Rivalry-reeks. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  3. 114

    Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’

    Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark. Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liewer moes doen. Ons kyk ook vorentoe na Saterdag se tweede toets. Hendrik Cronjé glo as die Bokke een of twee verstellings maak, kan hulle Saterdag in Kaapstad met 15 punte wen. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  4. 113

    Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld!

    Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks. Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in. Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  5. 112

    Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!

    Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks. Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie. Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel, maar sê dit is nog heeltemal te vroeg om Kolisi af te skryf. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport

  6. 111

    Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken

    Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels. Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  7. 110

    Loftus-losiehouers briesend vir Saru voor Bok-toets

    In dié week se episode van Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spogsege oor Engeland op Ellispark, en kyk vorentoe na die naweek se toets teen Skotland op Loftus Versfeld. Die kaartjie-konsternasie kry maar net nie end nie – nou is dit Loftus Versfeld se losiehouers wat kwaad is vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). Ons gesels daaroor, oor hoe Rassie Erasmus sy Bok-span skitterend belyn gekry het... en oor hoe dankbaar ons is daar is dié naweek net een Damian in die span, om enige Speler van die Wedstryd-verwarring te vermy. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  8. 109

    Oud-Rose-flank Hendré: ‘Pollock is puik – los net die sideshows!’

    Die Springbok-seisoen begin Saterdag in alle erns op Ellispark waar Engeland die Bokke inwag. Ons gesels op Rapport Praat Sport met die oud-Rose-flank Hendré Fourie oor dié kragmeting. Fourie het agt toetse vir Engeland gespeel, maar is nou terug in Suid-Afrika en “het weer te veel biltong en sonskyn gesien om steeds ’n bleekbeen te wees”. Hy staan vierkant agter die Bokke. Volgens hom is die Engelse se kapokhaan-flank Henry Pollock ’n uitstekende speler – “hy moet net die sideshows los”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  9. 108

    Waar is Iere wat Nienaber gas gee?

    Die Ierse media is tjoepstil oor Jacques Nienaber nadat Leinster ’n tweede agtereenvolgende seisoen die Verenigde Rugbykampioenskap gewen het. Die voormalige Springbok-afrigter was weke gelede nog die sondebok gewees. Sport | Rapport

  10. 107

    Ackers: ‘Ek het begin wonder of ek ’n fout gemaak het...’

    Die Bulle was met hul rug vierkant teen die muur vroeër in die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen ná vyf nederlae op ’n streep. Maar toe keer hulle die skip om en Vrydagaand pak hulle die magtige Leinster in die eindstryd in Dublin. “Almal sal verstaan dat as ’n mens in so ’n gat is, begin jy wonder of jy die regte besluit geneem het, want ek kon langer by die Junior Bokke aangebly het. Ek het egter nooit geloof verloor nie,” sê Johan Ackermann, die Bulle se hoofafrigter, op dié week se episode van Rapport Praat Sport. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  11. 106

    Annerie oor T20-WB: ‘Ons droom oor wat kan gebeur’

    Die Protea-vroue se jong veelsydige ster Annerie Dercksen sluit vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die T20-Wêreldbeker-toernooi wat die naweek begin. Dercksen sê die span put baie selfvertroue uit hul spogvertonings in die laaste paar Wêreldbeker-toernooie, waar hulle drie keer die eindstryd gehaal het. So nou en dan durf hulle droom oor wat dié keer kan gebeur. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  12. 105

    Sacha gekrok: Moet Manie of Pollie teen Rose begin?

    Sacha Feinberg-Mngomezulu het een van die nuutste spelers op die Springbokke se krukkelys geword. Wie moet volgende maand vir die Bokke op losskakel teen Engeland begin? Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en wie dalk in Julie hul toetsbuigings kan maak. Sport | Rapport

  13. 104

    Jimmy oor SA Beker: ‘Gee vir ons TV-blasers!’

    Jimmy Stonehouse sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy Puma-span se sege in die SA Beker-eindstryd. Hy praat breedvoerig oor die kompetisiestrukture in Suid-Afrikaanse rugby, en verduidelik die uitdagings waarmee hy te kampe het om elke jaar ’n bieliespan te probeer bou. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  14. 103

    Embrose: ‘Ek is verslaaf aan ontledings’

    Embrose Papier sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy droomseisoen. Dié skrumskakel het pas die Bulle se mees ervare nr. 9 van alle tye geword, en is boonop ná agt jaar terug in die Springbok-prentjie. Hy vertel ’n bietjie waaraan hy moes werk om terug in Rassie Erasmus se planne te kom, en sê wat van hom ’n goeie skrumskakel maak. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  15. 102

    Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’

    Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende. Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks. Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond. Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “dalk selfs sterker as die Curriebeker”. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  16. 101

    Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt

    Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie. Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi. Die Vrystaat moet Vrydagaand wen om hul deelname in vanjaar se Curriebeker-Premierliga te bevestig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor die verreikende gevolge as die Cheetahs nie kwalifiseer nie. Ons gesels ook oor Jan Serfontein se skokuittrede uit rugby, en die Junior Springbokke se segetog in die o. 20-Rugbykampioenskap. Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

  17. 100

    Lappies oor suksevolle Ludeke: ‘Hy lei van voor en het kultuur in Japan geskep’

    Die losvoorspeler Lappies Labuschagné, wat al Japan in toetsrugby aangevoer het, sluit hom vandeesweek by ‘Rapport Praat Sport’ aan om oor sy uittrede en lang loopbaan te gesels. Sport | Rapport

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.

HOSTED BY

Netwerk24 Klankgolwe

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Rapport Praat Sport have?

Rapport Praat Sport currently has 17 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Rapport Praat Sport about?

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.

How often does Rapport Praat Sport release new episodes?

Rapport Praat Sport has 17 episodes. Check the episode list to see recent publication dates and frequency.

Where can I listen to Rapport Praat Sport?

You can listen to Rapport Praat Sport on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Rapport Praat Sport?

Rapport Praat Sport is created and hosted by Netwerk24 Klankgolwe.
URL copied to clipboard!